Print

Die Sabbat | Deel 1 – Openbaring van Yahuwah se Karakter

Die Wet van Yahuwah is `n perfekte transkripsie van Sy karakter, Sy diepste gedagtes en gevoelens. Yahuwah se Wet is ewigdurend en onveranderlik. Dit sal vir ewig bestaan.

Satan weet dat die goddelike Wet die maatstaf is vir die regering van beide die Hemel en die aarde. Hy weet ook dat niemand wie die Wet oortree die Hemel sal beërwe nie. Daarom mislei Satan mense met die gedagte dat hulle nie langer die Wet hoef te gehoorsaam nie. Satan leer dat die Wet “nie langer bindend is nie. Hy maak daarop aanspraak dat dit “aan die kruis vasgenael is.” Dit is nie net `n leuen nie, maar dit is in teenstelling met die Skrifte!

“Want Ek, Yahuwah het nie verander nie.” Sien Maléagi 3:6.)

Skrifte sê dit van die goddelike Wet:

“Dus is die Wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12, OV)

Die Wet kan nie verander of “afgeskaf word nie” want dit is heilig. Dit is regverdig!  Dit is goed – nes Yahuwah.  

heuning en heuningkoekDie wet van Yahuwah is volmaak : dit verkwik die siel; die getuienis van Yahuwah is gewis : dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Die bevele van Yahuwah is reg : hulle verbly die hart : die gebod van Yahuwah is suiwer : dit verlig die oë.

Die vrees van Yahuwah is rein : dit bestaan tot in ewigheid ; die verordeninge van Yahuwah is waarheid – tesame is hulle regverdig.

Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud ; en soeter as heuning en heuningstroop.

Ook word u kneg daardeur gewaarsku : in die onderhouding daarvan is groot loon. (Sien Psalm 19: 8 – 12.)   

Die Wet is heilig en volmaak. Om dit te verander of opsy te sit sal wees om dit te verswak tot `n wet wat ontheilig en onvolmaak is.  As die Wet kon verander of opsygesit word, sou dit beteken dat daar iets verkeerd of onregverdig met die Wet is.  Dit impliseer dat daar iets verkeerd of onregverdig is met die Wetgewer.

Baie opregte Christene aanbid op Sondag, met die oortuiging dat die Wet aan “die kruis vasgenael is” met die kruisiging van Yahushua. Inderwaarheid is die kruis die grootste bewys dat die Wet vir ewig is en kan nie “afgeskaf word nie”!

 Die Skrifte verklaar:

“Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah. (Romeine 3:23.)

Yahuwah laat niemand in die onkunde omtrent wat sonde is nie.

“Want die sonde is wetteloosheid.” (1 Johannes 3: 4.)

Die straf wat gegee word vir die oortreding van die Wet word in die Bybel duidelik gemaak:

Die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua die Gesalfde, onse Meester. (Sien Romeine 6:23.)

Dit was om die wêreld te red van sy regverdige loon dat Yahuwah Sy eie Seun opgeoffer het om die kruisdood te sterf.

“Want so lief het Yahuwah die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Sien Johannes 3:16.)

Hier is die bewys dat die goddelike Wet nooit verander kan word, opsy gesit of “aan die kruis vasgenael” kan word nie. As dit moontlik was om die Wet te verander, sou Yahushua nie hoef te gesterf het nie! Die Vader sou eenvoudig net die Wet verander het, sodat die straf vir die oortreding van die Wet nie die dood hoef te wees nie. Om daarop aanspraak te maak dat die wet “ afgeskaf is by die kruis” is om die ontsaglike onkoste van verlossing te minag. Dit is omdat die heilige, regverdige en goeie wet NIE verander kon word NIE, dat Yahuwah gewillig was om Sy eie Seun te offer om sondaars te red van die regverdige doodstraf wat hulle verdien het. Yahushua is ons plaasvervanger. Hy, die Seun van die Wet-gewer, het vir Wets-oortreders gesterf, sodat ons gered kan word!

hand, spyker en die Tien Gebooie

As dit moontlik was om die Wet te verander, sou Yahushua nie hoef te gesterf het nie! Dit was omdat die Wet NIE verander kon word nie, dat Yahuwah gewillig was om Sy eie Seun op te offer om sondaars te red van die regverdige doodstraf wat hulle verdien.

Die Bybel is gevul met raadgewing en instruksies oor geregtigheid. “Geregtigheid” beteken eenvoudig maar net om “reg te doen.” Met ander woorde, diegene wie in die Bybel as “regverdig beskou word, is hulle wie die Wet van Yah onderhou! Die ryke beloftes van die Skrifte is aan hulle wie die hemelse Wet gehoorsaam: die regverdiges.

“Want U seën die regverdige, o Yahuwah, U omring hom met welbehae soos met `n skild.”  (Psalm 5:13)

“Gewis, daar is vrug vir die regverdige.” (Psalm 58:12)

“DIE oë van Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hul hulpgeroep. Die aangesig van Yahuwah is teen die kwaaddoeners, [wie Sy wet oortree] om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. Hulle [die regverdiges] roep en Yahuwah hoor,en Hy red hulle uit hul benoudhede. (Psalm 34:16-18.)

Yahuwah het dit duidelik gestel dat geen rebelse Wets-oortreder in die Hemel toegelaat sal word nie. Net hulle wie regverdig is, wie die Wet onderhou deur “reg te doen” sal die ewige lewe beërwe.

“Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen [die Wet oortree], en sal hulle in `n vuuroond gooi. Daar sal geween en gekners wees van die tande.

“Dan sal die regverdiges [wie die goddelike Wet onderhou] skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.” (Mattheus 13: 41-43)

Alle aardse regerings het wette. Die hemelse Regering verskil nie hiervan nie. Deur die goddelike Wet opsy te sit, deur te sê dat dit “vasgenael is aan die kruis” en dat dit nie “meer langer bindend is nie,” is niks meer as om net te sê dat dit aanvaarbaar is om te rebeleer en die Wet te oortree nie .Die Skrifte stel die oortreding van die Wet gelyk aan goddeloosheid en is baie duidelik dat niks “sondigs”die Hemel sal ingaan nie. Deur die doek terug te trek wat die toekoms van die menslike oog verberg, sê die Bybel die volgende van die Hemelse stad: En die stad het die son en die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van. . . [Yahuwah] het hom verlig, en die Lam is sy lamp. .  .  .  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam [want om Sy wet te onderhou sal daar ingang gevind word].” (Openbaring 21: 23, 27) Laat dit hier ten volle verstaan word; ons onderhou nie die Wet om Hemelse burgerskap te verkry nie. Maar ons hou die Wet omdat ons Hemelse burgers is, wedergebore in Yahushua.

Ten Commandments

Deur die goddelike Wet op sy te sit en te sê dat dit “vasgenael is aan die kruis” op een of ander wyse “nie meer langer bindend is nie” is niks meer as om te sê dat dit aanvaarbaar is om te rebeleer en die Wet te oortree nie.

Die doel van hierdie baie duur Verlossings Plan was om die Wets-oortreders te versoen en hulle terug te bring as Wet-houers.

“Want dit het die Vader behaag dat in Hom [Yahushua] die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis – ek sê deur Hom – die dinge op die aarde sowel as die dinge in die Hemel.”  (Kolossense 1:20.)

 Die Hemel sal nie gevul wees met onsterflike Wets-oortreders nie. Met die verlossings plan betaal deur die Hemelse Plaasvervanger, mag Wets-oortreders die gawe ontvang van gereinigde, suiwer gedagtes. Dan word hulle Wets-Gehoorsames.

“Want nadat Hy tevore gesê het : Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek Yahuwah verder : Ek sal My wette gee in hulle hart, en aan hulle sondes en hulle oortredinge sal Ek nooit meer dink nie.” (Hebreërs 10:16, 17)

Dit is die finale einddoel van die Vader en die Seun: om Hulle se Hemelse Wet, die transkripsie van Hulle heilige karakters, weereens die karakters van Hulle mense kinders te maak. Wanneer hierdie transformasie vervul is, dan sal die gebed van Yahushua vervolmaak wees, wat Sy ganse getroue volgelinge tot aan die einde van tyd omhels.

“Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons een mag wees. . . . En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het, sodat  hulle een kan wees, net soos Ons een is.” (Johannes 17: 20-23)

Toe Moses Yahuwah versoek “Laat my tog U heerlikheid sien,” was die genadevolle antwoord:

Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die naam van Yahuwah uitroep. (Sien Exodus 33: 18, 19.)

En toe het Yahuwah by hom verbygaan, het Hy geroep : Yahuwah, Yahuwah, barmhartige en genadige El, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou: wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtighede en oortredinge en sondes vergewe.” (Sien Exodus 34: 6, 7.)

Die Bybel is gevul met instruksies en raad oor regverdigheid. “Regverdigheid” beteken eenvoudig net “om reg te doen.” Met ander woorde, diegene waarna in die Bybel verwys word as “regverdig” is hulle, wie die Wet van Yahuwah onderhou! Die ryke beloftes van die Skrifte is vir hulle wie die goddelike Wet gehoorsaam: die regverdiges.

Wanneer die Heiland se “heerlikheid” (of Sy karakter, Sy gedagtes en gevoelens) aan die bekeerde Wets-ootreders gegee word, word hulle Wet-houers. Dan is hulle EEN met Yahushua, nes Hy EEN is met die Vader. Yahuwah in Yahushua; Yahushua in die regverdiges; die regverdiges in Hulle. Dit is die bestemming vir almal wie die heilige Wet gehoorsaam, wie Satan se leuen verwerp dat dit “vasgenael is aan die kruis.” Oortreders van die Wet sal nooit die ewige koninkryk beërwe nie, maar die regverdiges, reg-doenende Wet-houers sal vir ewig lewe, juig in die teenwoordigheid van die Vader en die Seun, met wie hulle EEN is, want in elkeen is die heilige, reine en regverdige Wet.  

“Wanneer `n stormwind verbygaan is die goddelose nie meer nie; maar die regverdiges is vir ewig gegrondves. Die regverdiges sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.” (Spreuke 10: 25, 30)

“En jou volk sal almal regverdig wees: hulle sal die land vir ewig besit.”(Jesaja 60: 21)

jong glimlaggende meisie wat die Bybel in die natuur lees