Print

Die Sabbat | Deel 2 – Vir Ewig & Altyd

Die Sewende–dag Sabbat, as deel van die goddelike wet, is op alle mense van toepassing,  regdeur die eeue heen. Van al die wette, is geen ander wet so dikwels en met soveel vermetelheid, oortree soos die vierde gebod nie.

“Gedenk die Sabbat Dag dat jy dit Heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Yahuwah jou Elohim; dan mag jy geen werk doen nie... (Exodus 20:8-10)

Christene wie nie sal droom om afgode te aanbid, te vloek,  leuens te vertel, te steel,  moor of om egbreuk  te pleeg nie, skroom nie om die Sabbat gebod  te breek nie. Menigtes is deur Satan mislei om te glo dat die Sabbat “slegs vir die Jode”  was en dat dit op die een of ander manier  “teen die kruishout vasgenael was”  Deur die sewende-dag Sabbat op sy te sit, aanbid die meerderheid Christene in die  wêreld op Sondag  “ter ere van  die dag waarop Yahushua uit die dood opgestaan het.’’ Sulke redenasies weerspreek Skrifte wat vir ons leer dat Elohim “is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.’’ (Hebreërs 13:8 ) Die Geestelike Wetgewer verklaar: “Want Ek, Yahuwah het nie verander nie. (Sien Maleági 3:6) Verder leer  die Skrifte dat ongeag  hoe versigtig `n persoon die wet hou, as hy net een oortree, hy skuldig is aan die oortreding van die hele wet!

 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy `n oortreder van die wet geword.” (Jakobus 2:10, 11) 

Die persoon wat die hele wet hou, maar die Sabbat breek, oortree nog steeds die wet!

Yahuwah verwag van almal om Sy wet te hou, nie net die Jode nie. Die Sabbat was deel van die ewige wet vir meer as 2,000 jaar voor daar `n Israelitiese nasie, bestaan het! Die Sabbat was ingestel by die Skepping, nie by die Uittog nie. Dit is `n herdenking van die Skepping, want die instelling daarvan op aarde was verbind met die voltooiing van die Skeppingsweek.

‘’So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En . . .[Elohim] het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En . . . [Elohim] het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk wat . . . [Elohim] geskape het deur dit te maak.’’ (Genesis 2:1-3)

Deurdat dit tydens die Skepping ingestel is  kon die Sabbat nie aan die  “kruishout vasgenael” wees nie, nóg kon dit net die eksklusiewe  “eiendom’’ van die Jode wees. Na die sondvloed het die wêreld weer vinnig teruggesink in afvalligheid en afgodery. Slegs `n paar het getrou gebly  aan die Hemelse beginsels. Yahuwah het vir Abram uitverkies as voorvader van die volk waar deur die Messias gebore sou word.

“En . . . [ Yahuwah] het vir Abram gesê: . . . En Ek sal van jou `n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy `n seën sal wees . . . En in jou sal al die geslagte van die aarde geseën wees.” (Genesis12:1-3)

Die Israelitiese volk, as nakomelinge van Abraham, was bo alle nasies van die aarde wie teen die hemel in opstand gekom het vereer. Hulle was as rentmeesters van die goddelike wet  toevertrou. Gedurende die lang jare van Egiptiese ballingskap, het die Israeliete meerendeels die Sabbat vergeet. Moses het die Israeliete geleer dat om die geestelike wette te hou `n  noodsaaklike vereiste was vir hul bevryding. Dit was om hierdie rede dat Farao Moses en Aaron daarvan beskuldig het dat hulle die slawe beïnvloed het om op te hou werk.

“Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? .  .  . Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?” (Exodus 5: 4, 5. OV)

Die woord “rus” (shavath, #7637) het `n noue verwantskap met die oorsprong woord “Sabbat” (Shabbath, #7676). Die Sabbat was nie voorgehou as `n nuwe vereiste by die Exodus nie. Dit was heringestel as `n ewig bindende vereiste van die goddelike wet.

‘’Verder het .  .  . [Yahuwah] met Moses gespreek en gesê: Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is `n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek .  .  . Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees .  .  . Ses dae lank moet werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees `n dag van volkome rus, heilig aan .  .  . [Yahuwah].   .  .  . En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in al hulle geslagte as `n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit  vir ewig `n teken; want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus, en Hom verkwik.” (Exodus 31:12-17, O.V.)

Biblical FeastsYahuwah het hulle nasie in `n belangrike geografiese ligging geplaas sodat hulle al die omliggende nasies die bindende vereistes van die goddelike wet kon leer. Ongelukkig het hulle  uit jaloesie die einste wet wat hulle aan ander moes leer, weerhou. Die idee dat die wet van Yahuwah die uitsluitlike eiendom van die Jode is, het sy oorsprong onder die Israliete gekry. Tot op hede, spog die Jode dat hulle “die kinders van Abraham is” en “ erfgename van die belofte.” Paulus het sulke sieninge verwerp. Hy het pront uit gesê:

“Want hulle is nie almal Israel wat in Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: Dit wil sê, nie hulle is kinders van Yahuwah wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.  .  .  . Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Elohim tog is Elohim van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van Yahuwah aanroep, sal gered word.” (Romeine 9: 6-8, 10: 12, 13.)

Diegene van Israelitiese bloed wie nie die wet onderhou nie, sal verlore wees met almal wat die goddelike wet verwerp. Almal wat die wet hou word beskou as kinders van Abraham en sal die belofte van die ewige lewe erf.

Want julle is almal seuns van Yahuwah deur geloof in Yahushua die Gesalfde.   .  .  . Daar is nóg Jood nóg Griek, daar is nie slaaf of vrymens nie, nog minder man of vrou; want julle is almal een  in die Gesalfde, Yahushua. En as julle in Yahushua is, dan is julle die nageslag van Abraham, en erfgename volgens die belofte. (Sien Galasiërs 3:26, 28-29.)

Die sewende-dag Sabbat, nes die goddelike wet, is ewig-bindend op die mensdom. Dit sal `n aanbiddingsdag regdeur die eeue heen wees.

“En elke maand op die Nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê  .  .  .  [Yahuwah].” (Jesaja 66: 23)

Die verwysing na die Nuwe Mane dui aan watter kalender sal gebruik word om die sewende dag Sabbat vas te stel: die luni-solar kalender ingestel by die Skepping. Die laaste generasie sal Yahuwah eer deur Hom te aanbid op Sy Sabbat terwyl die res van die wêreld `n ander dag verkies en dit afdwing as `n dag van aanbidding. Die boek Openbaring wys ons dat die finale stryd wat aan die einde van die wêreld sal plaasvind, sal `n valse sisteem van aanbidding tesame met `n valse dag van aanbidding, afgedwing deur die staat, instel.

“En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid .  .  . en hy oefen [al die mag van die eerste dier] uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon , die eerste dier aanbid . . . En hy verlei die bewoners van die aarde . . . En dit [mag] is hom gegee om . . . en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.” (Openbaring 13: 4, 12, 14-15)

spiral clockTenspyte van die gevare, staan die finale generasie vas vir die wet van Yahuwah, en aanbid Hom op  die ware Sabbat.

“En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van Gebreekte Mure, Hersteller van Paaie, om Bewoonbaar te maak.  As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat `n verlustiging noem en die heilige dag van [Yahuwah] hooghou; en as jy dit eer . . .” (Jesaja 58: 12, 13)

Diegene wie bekeer tot die aanbidding van die Skepper op Sy heilige Sabbat, herstel die gebruik van Sy antieke luni-solar kalender,  terwyl die res van die wêreld verkondig dat die Sabbat mee weggedoen is, sal in oorvloed deur die Hemel vereer word.

Die Skrifte sê:

“Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar.”(Sien Openbaring 14:12.)

Die Sabbat sal deur die hele getroue volk van Yahuwah, regdeur die eeue heen,  onderhou word. Dit sal vir ewig hul teken van lojaliteit aan hul Skepper en Verlosser wees. Kies jy vandag nog vir wie jy wil dien en aanbid. Hom wat die hemele en die aarde, die see en alles daarin gemaak het.