Print

Die Sabbat | Deel 4 – Eensame Aanbidding

Skrifte stel `n baie spesiale groep mense voor wie hul Skepper eer deur Hom te aanbid op Sy heilige Sabbat, terwyl die res van die wêreld dit verwerp. Hulle word die Seuns van Sadok genoem. Die Seuns van Sadok is uniek. Hulle het hul lewens só toegewy aan Yahuwah, sodat hulle wil met Sy wil verweef is. Hul  lewens is `n perfekte weerkaatsing van die goddelike beeltenis. Die Seuns van Sadok klee,  praat en tree op soos Yahuwah dit wil hê. Hulle is Syne ,en Hy is hulle s`n. Alhoewel hulle aan hul medemens `n diens verrig, doen die Seuns van Sadok, in `n baie spesiale wyse diens aan  Yahuwah.

“Die kinders van Sadok, .  .  .  hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor My aangesig staan .  .  . spreek Meester Yahuwah. Hulle moet in My heiligdom ingaan, en hulle moet na My tafel toe nader kom om My te dien, en My diens waarneem.

“En oor `n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens My verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet My wette en My insettinge hou op al My feestye en My Sabbatte heilig.”  (Esegiël  44:14-16, 24, OV)

eensame wandeling

Seuns van Sadok het `n baie hoë roeping. Regdeur die eeue was daar maar slegs `n handjie vol van sulke mense, so deeglik is hulle toegewy om die Allerheiligste te dien, dat hulle een is met die Ewige. Die woorde wat hulle spreek en die dade wat hulle doen is `n openbaring van die denke en gevoelens van die Een wie hulle liefhet en dien. Só `n hoe roeping benodig `n spesiale voorbereiding. Hierdie opleiding kan nie verkry word in die wêreldse universiteite nie. Nie eens `n seminaar kan diegene wie Seuns en Dogters van Sadok uitmaak, opvoeding verskaf nie.

Elke man, vrou en kind wie hom – of haarself toewy aan die goddelike wil, kom onder die tutorskap van die Hemel. Dit is Yahuwah persoonlik wat die lewens-ondervinding wat hul karakter vorm vir die groot werk om Hom te dien, onderrig. Die lewens van die Seuns en Dogters van Sadok is baie verrykend, vervullend en geestelik belonend.  .  . maar dit is ook `n baie eensame weg. Moses het  40 jaar in die Woestyn as `n herder deurgebring , alvorens hy gereed was om as mondstuk vir Yahuwah op te tree. Daardie 40 jaar se opleiding in die Skool van die Hemel , is wat hom voorberei het vir hierdie enorme lewenstaak. Moses was uitermate vereer deur die Hemel. Op versoek om Yahuwah se aangesig te sien , was die genadevolle antwoord gegee:

“Ek sal My majesteit by jou laat verbygaan .  .  . Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en lewe nie .  .  .Hier is `n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan .  .  .Ek sal jou in die skeur van die rots stel en jou met My hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar My aangesig kan nie gesien word nie.” (Exodus 33:20-23)

 So spreek Yahuwah van hierdie Seun van Sadok:

“Hoor tog My woorde. As julle profeet van Yahuwah is, sal Ek deur `n gesig My aan Hom bekend maak, deur `n droom sal Ek met hom spreek. So is dit nie met My kneg Moses nie: in My hele huis is hy getrou. Mond tot mond spreek Ek met hom, en nie deur aanskouing en deur duister woorde nie, en hy sien die verskyning van  Yahuwah.” (Numéri 12:6-8)

man wat alleen in die woestyn loop

Moses se voorbereiding vir sy hoë roeping was nie verkry in die koninklike howe van Egipte , onder die wêreld se beste opvoeders nie. Dit was ontvang in die eensame verlatenheid van die woestyn, waar die siel van aangesig -tot-aangesig met Sy Maker kan kommunikeer. 

Moses se voorbereiding vir sy hoë roeping was nie verkry in die adelike howe van Egipte, onder die wêreld se beste onderwysers nie. Dit was verkry in die eensame gewestes van voorbereiding wat vereis word van almal wie Seuns van Sadok wil wees. Dit  is `n  baie eensame wandel,  weg van die prestige van die wêreldse eer, of die twyfelagtige “kameraadskap” van skyn heiliges wie nie toegewy is om totaal en al net vir Yahuwah te leef nie.

Almal wie hulleself ten volle wy aan Yahuwah, sal aan elke partikel van die goddelike Wet gehoorsaam wees – insluitende die Sabbat van die vierde gebod. Maar, nes gehoorsaamheid op hierdie punt gegee word , moet elkeen alleen staan. Die sewende dag Sabbat kan slegs bereken word deur die gebruik van die antieke luni-solar kalender van die Skepping. Dit is  uitermate ongewild by priesters, pastore, vriende, en net so by familie. Almal wie die plig versuim om die Skepper op Sy Sabbat te aanbid sal optrek teenoor hulle wie daarop uit is om dit te gehoorsaam. So  was dit maar altyd tussen hulle wie Yahuwah dien en hulle wie Hom nie dien nie. Die gevolg is dat hedendaagse Seuns en Dogters van Sadok, nes hul broeders en susters van die verlede, dikwels alleen aanbid. In die begin mag dit verkeerd voel.

Wanneer `n mens gewoond is aan die inspirerende preke onder baie mooi getinte glasvensters en met luide koor musiek wat opstyg , is die stilte van die meer `n bietjie minder “godsdienstig.” Wanneer `n vrou gewoond is aan etes wat vooraf berei is,  na die kerk dienste, om kinders die Sabbat Skool lesse te leer, en om bidure te besoek, kan aanbidding alleen in mens se eie kamer oorweldigend eensaam voel.  Mensgemaakte aanbiddings gewoontes vereer nie noodwendig die Skepper nie. `n Lied wat baie mooi gesing word voor `n volgepakte gemeente, bereik nie die ore van Yahuwah as dit met `n hart gesing word wat vol is van self-verheffing nie. Die eenvoudige loflied wat in die eensaamheid van mens se eie huis gesing word, ontvang Yahuwah se seën as dit vloei uit `n hart met gewyde liefde. Engele wie só `n lied aanhoor, verbly hulle om hul stemme te voeg by die nederige gelowige en die koor swel uit tot `n magtige danklied, wat weerklink deur  die sale van die Hemel en verleen eer en heerlikheid aan die geliefde Een.

Moenie aan die versoeking toegee om te voel dat jou aanbidding, in die eensaamheid  geoffer, van minder waarde is aan Yahuwah as jy sou kniel of met honderde saam sing nie. Dit is die indiwiduele hart wat  ontvanklik is vir Yahuwah, en dit is die indiwiduele hart wat Hy aantrek. Skrifte het `n belofte aan almal wie in eensaamheid aanbid.

“Want waar twee of drie in My naam vergader, daar is Ek in hul midde.”  (Matthéüs 18: 20)

Dit sluit nie diegene uit wie nie`n tweede persoon by hom het met wie hy kan aanbid nie. Yahuwah roep spesiale engele skanse op om tree vir tree te wees met Sy aards-gebonde kinders. Yahushua het na hierdie persoonlike gidsengele verwys met Sy berisping:

“Pasop dat  julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die Hemele is.” (Matthéüs 18:10)          

Engele skaar hulle aan die kant van die kind Yah, wie in die woud oopte, langs die sanderige strand, of in die stilte van die kamer aanbid.

“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word terwille van die wat die saligheid beërwe nie. (Hebreërs 1: 14)

Die nederigste huis ekklesia met baie of met een, kan soos `n paleis voorkom want die wat ryk is aan geloof vertoef daar. Omdat opregte aanbidding `n handeling van toewyding is, wat vloei van `n hart wat oorloop van liefde en dankbaarheid, is dit eintlik beter om alleen te aanbid as in die teenwoordigheid van traak-my-nie-agtige of oppervlakkige aanbidders. Skrifte dikteer nie watter vorm die aanbidding moet aanneem nie. Enigiets wat die hart en die siel trek in meegevoel en lojaliteit tot mens se Skepper is aanvaarbaar vir aanbidding.

“Die Sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die Sabbat nie.”  (Markus 2:27)

Wees bereid om nuwe dinge in jou aanbiddingsdienste te probeer. Wat moontlik is met `n groep, mag nie moontlik wees met `n enkele gesin of `n indiwidu nie. Nogtans verminder dit nie die impak op die hart, nóg is dit minder aanvaarbaar omdat dit van `n indiwidu óf net `n gesin alleen kom, as van `n volgepakte kerk groep, nie. As dit moontlik is, kan die heilige ure in die natuur spandeer word. Dit is een van die beste maniere om die hart opwaarts na die Hemel te rig.

Elia was ook `n Seun van Sadok wie `n baie afgesonderde lewe geleef het, ter voorbereiding van sy lewenstaak in die skool van die Hemel. Yahuwah het hom as indiwidu geleer dat die Hoë en Verhewe Een wat die ewigheid bewoon, nie te vinde is in die wind, aardbewing of vuur nie. Nie in luidrugtige beroeringe of opstokerige optredes vind die gemeenskap van die mens met die goddelike plaas nie. Yahuwah het met Elia gespreek in die “gesuis van `n sagte koelte.” (1 Konings 19:12) So`n stil, sagte stem kan nie gehoor word wanneer aanbidding begrawe word onder die vorme van tradisie of voorgesê word deur die verwagtinge van ander nie. Dit is vér weg van die rumoer van die moderne samelewing, verwyderd van die afleidings van die ongelowiges, dat die hart die beste gehoor kan verleen aan die stem van die Geliefde. Hierdie kosbare gemeenskapstye saam met die Skepper van die heelal is daar om die Seuns en Dogters van Sadok voor te berei om te staan as getuies op die aarde vir die Koningkryk van die Hemel.

verheugde man langs `n meer

Yahushua self het van die ryke geestelike beloning gepraat wat aan diegene gegee sal word wie in nederigheid voor die Ewiglewende neerbuig in die stilte van eensame aanbidding.

“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (Matthéüs 6:6)

Bring jou lofprysinge en jou gebede na jou Vader in die Hemel. Rus in die versekering van Sy liefde vir jou, en die aanvaarding van jou aanbidding.

Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Yahushua die Verlosser is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Sien Romeine 8:1.)

Aanbid die Skepper in gees en in waarheid op Sy heilige Sabbat dag. Hy het jou met `n nimmereindige liefde lief wat jou nooit sal verlaat nie. Jou aanbidding, eenvoudig en alleen, vry van wêreldse vertoon, is aanvaarbaar vir Hom.

Sy uitnodigings woorde aan jou is:

Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! .  .  . Kom, my beminde laat ons uitgaan in die veld,.  .  . laat ons vroeg na die wingerde gaan, .  .  . Daar sal ek aan u my liefde gee.” (Hooglied van Salomo, 2:10, 7:11-12)