Print

Die Shema: Die Geloofsbelydenis van Yahushua

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werk van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

`n Paar weke gelede het ek onderrig in “Die Shema” gegee. Ter voorbereiding van hierdie les, het ek die verskeie Joodse tradisies rondom die sentrale geloofsbelydenis van Israel nagevors. Maar voordat ons enigsins verder gaan, weet u wat “die Shema” is? Die woord “Shema” is die imperatiewe vorm van die Hebreeuse woord wat “hoor” of “luister,” beteken en is die eerste woord in Deuteronómium 6:4. Hier is die gedeelte uit die Bybel:

Hoor, Israel, die HERE onse God is `n enige HERE. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit vir jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as `n teken bind op jou hand, en dit moet as `n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op jou deurposte en op jou poorte skrywe.” (Deut. 6:4-9).

Hoor, Israel, Yahuwah onse Elohim, is een!

Die eerste punt is dat “die HERE is onse God.” Die woorde “die HERE” is hoe die meeste vertalers die naam van God aandui – YAHUWAH – teenstrydig met “die Here,” wat `n titel is, nie Yahuwah se persoonlike naam nie. Weens sensitiwiteit jeens die Joodse volk wie glo dat die naam nie uitgespreek moet word nie (alhoewel ek nooit hul argument oortuigend gevind het nie) het die vertalers van byna al die Engelse Bybels God se naam – Yahuwah – as “die Here” met net hoofletters, vertaal. Dus is dit stap een: YAHUWAH is ons God, nie Apis, Hathor, Ra, Nut, Issis, Baäl, Astherah, Dagon, Kemosh, nie eens Yahushua nie, maar Yahuwah. Yahuwah is die enigste God vir Israel -- daar is geen ander Gode vir ons behalwe Yahuwah nie. Paulus die Rabbi bevestig dit wanneer hy sê:

“Wat dan die eet van offervleis aan die afgode betref, weet ons dat `n afgod niks in hierdie wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit nou in die hemel en of dit nou op die aarde is – soos daar baie gode en baie here is – tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Yahushua Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom.” (1 Korinthiërs 8:4-6).

Met anderwoorde, daar mag ander “sogenaamde gode” wees, maar vir ons is daar net een God -- die Vader. Verder is daar net een Here – Yahushua die Messias. Dus, voeg Paulus langsaan die Shema `n stelling omtrent Yahushua. Die Heer Yahushua het `n afsonderlike verpligting – here. Dit is baie duidelik dat ons een God en een heer het. Onse een God is die Vader en onse heer is Yahushua die Messias.

Terug by die Shema. Die tweede punt is net so eenvoudig: “Die HERE is een!” Yahuwah is een. Yahuwah is onverdeelbaar. Hy is `n enkele wese wie nie gefragmenteer kan word nie. Toe Yahushua die Shema aanhaal het hy gesê: “Hoor, Israel! Die Here, onse God, is `n enige Here” (Markus 12:29). Baie teoloë het vir baie jare probeer om die woord “een” drie te laat beteken, tevergeefs. Gelukkig is die woord “een” hoegenaamd nie `n snaakse woord nie, want dit is `n kardinale getal – die woord waarmee iemand begin tel. Yahuwah is een, nie twee, nie drie nie. Hierdie eenvoudige onweerlegbare punt word deur tien duisende enkelvoudige bynaamwoorde en werkwoorde beklemtoon deur Yahuwah gebruik. Yahuwah is `n “Hy,” nie `n “Hulle” nie. Wanneer Hy spreek, sê Hy nie “ons”nie, maar “Ek.” Hierdie punt is nadruklik in Deuteronómium en Jesaja.

1 =/= 3

Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die Here God is; daar is geen ander buiten Hom nie. … Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE Yahuwah is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.” (Deuteronómium 4:35, 39).

“So sê die HERE, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die hemel uitspan.” (Jesaja 44:24).

“Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geen een is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie…Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het – Hy is Yahuwah – wat die aarde gemaak en geformeer het, Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word.- Ek is Yahuwah, en daar is geen ander nie.’” (Jesaja 45: 5-7, 18)

“Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek Yahuwah is, en daar is geen ander nie; Ek is Yahuwah, en daar is niemand soos Ek nie.” (Jesaja 46:9).

Die Skrifte is onweerlegbaar duidelik oor hierdie punt (en daar is veel meer verse wat aangehaal kan word om hierdie saak te demonstreer). Yahuwah alleen is God. Hy is `n “Ek,” nie `n “Ons” nie en Hy is baie ernstig om hierdie feit na sy volk oor te dra. Hy wil hê dat hulle moet weet “Ek is Yahuwah, en daar is niemand anders nie.” Maar die Shema eindig nie in Deuteronómium 6:4 nie; dit gaan voort na vers 5 wat sê: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” (Deut: 6:5)

Net soos Deuteronómium 6:4 ons vertel Yahuwah is een en hoe veel Hy is, vertel vers vyf die behoorlike handelinge teenoor Hom. Ons moet Hom liefhê met elke ding. Nie net onse harte en mag maar met ons einste lewens! Ons het Yahuwah, onse God lief, met ons emosies, handelinge, en hele wesens. Hierdie tweede gedeelte van die Shema is onmoontlik sonder die eerste deel. So, as daar dan drie is wie God is, dan kan jy nie enige van hulle met alles liefhê nie. Ten beste, kan ons elkeen van hulle gelyk liefhê (een derde vir elkeen). Maar, die voordeel van strenge monoteïsme is dat ons onse heel-hartige fokus op Yahuwah kan plaas en Hom heelhartig – met elke vesel van ons wese liefhê.

In ondersoek van die Shema en hoe die Hebreeuse volk gekleef het aan hierdie eenvoudige, sentrale geloofsbelydenis, het ek afgekom op `n ongelooflike verhaal omtrent `n tweede eeuse Joodse martelaar. Sy naam was Rabbi Akiva, en hy mag bekend wees aan jou omdat hy Simon Bar Kokhba as die Messias beskou het in die tweede Joodse opstand, wat in 135 A.D. `n ramp geëindig het.

rabbi-akivaWel, in elk geval, ná die mislukte revolusie van die Jode teen die Romeine, was die beleid opgestel dat die Torah (die Wet) nie langer in lesse oorgedra mag word nie met die doodstraf as vonnis. Rabbi Akiva het Yahuwah so baie lief gehad dat hy die Torah steeds onderrig het, tenspyte van die verbod daarop deur die Romeinse wet. Toe die Romeine daarvan uitvind, het hulle hom gevonnis met `n pynlike dood. Hulle het `n groot yster kam geneem en sy 90- jarige-vlees van hom afgeskraap. Toe Rufus, [die Romeinse bevelvoerder] die verheerlikte Akiva aan die hand van die laksman oorlaat, was dit net die tyd om die Shema op te sê. Gevul met eerbied, het Akiva sy gebede met kalmte opgesê, alhoewel lydende pyne gely was; en toe Rufus hom vra of hy `n towernaar is omdat hy geen pyn gevoel het nie, het Akiva geantwoord, “Ek is geen towernaar nie; maar ek verbly myself in die geleentheid wat nou aan my gegee is om my God lief te hê ´met alles wat ek het’ en ‘met al my mag’” en met die woord ‘Een!’ het hy gesterf.” Akiva wou Yahuwah liefhê met alles, insluitende om Yahuwah so lief te hê en sy siel uitstort tot die dood toe.

Joodse Encyclopedia van 1906: “Dit [die Shema] is die laaste woorde van die sterwende in sy geloofsbelydenis. Dit was op die lippe van diegene wie gemartel en gely het vir die Wets onthalwe. Rabbi Akiva het langsaam verduur terwyl sy vlees met ysterkamme geskeer was en die ‘Shema’ opgesê het. Met sy laaste asem het hy die laaste woord van die Shema ‘Echad’ (een) uitgespreek. Tydens elke vervolging en marteling, vanaf die tyd van die Inkwisisie tot die slagting van Kishinef, ‘Shema’ Yisrael’ was die laaste woorde oor die lippe van die sterwendes.”

Inderdaad was die ‘Shema’ die kosbare geloofsbelydenis dat Yahuwah ons enigste God is, dat Hy een is, en dat ons Hom met alles moet liefhê, selfs as ons die dood in die gesig staar.

Maar, dit is nie al nie! Die Joodse insig van die Shema sluit nie net Deuteronómium 6:4-5 in nie, maar ook verse 6-9: “En hierdie woorde wat Ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as `n teken bind op jou hand, en dit moet as `n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op jou deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe” (Deut. 6:6-9).

Die Shema moes in die Israelitiese harte wees; dit moes aan hul kinders geleer word. Joodse kinders was die Shema geleer so gou as wat hulle dit kon leer. Verder aan was die Shema ten minste twee maal daagliks opgesê, in die oggend en aand. Die Shema was bevat in die tefillin, swart leer dosies gedra op die hoof en arm gedurende gebed. Op hierdie wyse, was die gebooie as `n teken gebind. Ten laaste was die Shema op `n boekrol geskryf en geplaas in die mezuzah geïnstalleer in die deurposte van die huise.

Genoop om te sê dat die Shema was en is die sentrale geloofsbelydenis van Judaïsme. Maar, dan, wat van ons? Moet Christene die belydenis van Israel as ons belydenis aanneem? Ek het twee response op hierdie vraag: een van Yahushua en een van Paulus.

In Markus 12: 28-34 vind ons `n skrifgeleerde Yahushua `n ernstige vraag vra, “Wat is die eerste gebod van almal? En Yahushua antwoord hom deur die Shema aan te haal, “Hoor, Israel, die Here, onse God, is `n enige Here; en jy sal die Here jou Yahuwah liefhê uit jou hele hart, en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.” Yahushua het tot die Shema `n tweede gebod gevoeg uit (Levitíkus 19:18) met die woorde, “Die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die Shema is die sentrale belydenis vir Yahushua! Dit hoef hoegenaamd nie te skokkend te wees nie, omdat Yahushua `n Jood was wie die gebooie uitgeleef het, vervat in die Hebreeuse Geskrifte. As die Shema die sentrale belydenis van Judaïsme is, dan sou Yahushua dit as Sy eie sentrale belydenis aangeneem het. So, as die Shema Yahushua se eie sentrale belydenis was en Yahushua is onse Here en voorbeeld, moet ons dit nie as ons belydenis aanneem nie? Moet ons dieselfde God aanbid wat deur Yahushua aanbid word? Ons mag ander waarhede aanneem behalwe die belydenis van Yahuwah en Israel, maar ons mag nie die waarhede vervat binne-in die Shema kontrasteer nie.

Ons mag nie sê dat God drie is nie omdat die Shema aanvoer dat onse God een indiwidu is – Yahuwah – maar ons mag langsaan die Shema, voeg, nes Paulus in 1 Korinthiërs 8:6 gedoen het, dat Yahushua is ons here Messias.

Met ander woorde, ons mag nie sê dat God drie is nie omdat die Shema aanvoer dat onse God een indiwidu is – Yahuwah – maar ons mag langsaan die Shema, voeg, nes Paulus in 1 Korinthiërs 8:6 gedoen het, dat Yahushua is ons here Messias.

Die tweede respons tot die vraag oor of ons die Shema moet aanneem of nie as ons fundamentele belydenis aangaande Yahuwah kan kortliks opgesom word deur hierdie woorde: “Of behoort Yahuwah net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad net een Yahuwah is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.” (Romeine 3: 29-30).

As die God van die Shema – die God van die Jode – onse God is, dan doen ons goed om te glo soos die Jode en Yahushua geglo het, aangaande Sy identiteit, eenheid, en onse liefde vir Hom. Indien ons die volk van Yahuwah is, dan dien ons dieselfde God as die Jode, die God van Abraham, Isak, en Jakob. Inderdaad is Hy ook die God van Yahushua, wie Hom alleen aanbid het. Mag ons wees soos ons meester.

laggende-seun


Dit is `n nie-WLC artikel deur Sean Finnegan

Ons het alle paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was. – WLC Span