Print

DIE SLEUTEL VAN DAWID

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ook al gevind mag word.

DIE SLEUTEL VAN DAWID

In gesprek met die apostel Johannes, sê Yahushua dat Hy die sleutel van Dawid het” (Open. 3:7). Anders as Jesaja 22:22, is dit die enigste plek in die Bybel wat praat van “die sleutel van Dawid,” en daarom is daar baie spekulasie omtrent wat die sleutel was en is.

Sommige lesers mag hierdie artikel beskou as spekulasie, maar ek dink ek weet wat die sleutel van Dawid was. Laat ek verduidelik.

Dawid het as koning in Hebron oor die stam van Judah vir sewe jaar regeer. Toe het al die stamme byeengekom om hom koning oor die hele land te maak. Sy inhuldiging as koning oor die hele Israel is opgeteken in 2 Samuel 5:1-5.

Tydens sy inhuldiging het die stad Jerusalem finaal onder sy jurisduksie gekom. Sy eerste optrede as koning, dus, was opgeteken in die verse wat onmiddelik volg op (2 Sam. 5:6-8). Dawid het die vestings van Sion aangeval.Waarom? Omdat Yahuwah aan hom bekend gemaak het, blykbaar deur Samuel, dat hy eendag koning van Israel sal wees, en dat die vesting van Sion sy hoofstad sal wees, sy “Wit Huis.” Sion was deur Yahuwah aangestel om die regerende setel van Dawid se koninkryk te wees.

sions poortToe Joab die water skeiding bestyg (1 Kronieke 11:1-9), het hy na die poort van die vesting gegaan om dit van binne oop te maak. Toe die poort eers oop was, kon die hele Israelietiese leer die fort binnegaan en die vesting van Sion onderwerp.

Joab se uitdaging was om die sleutel te vind en om Sion se poort oop te maak. Terug in daardie dae, was `n fort soos daardie van `n ysterhek voorsien, en die hek was versterk met stawe. Die stawe was onbeweeglik gemaak met `n pen, en `n slot sou voorkom dat die pen verwyder word deur `n ongemagtige persoon. Enigiemand met die sleutel kon dit oopsluit en die pen verwyder, die stawe na die open posisie skuif, en die poort wyd oopmaak.

Die sleutel van Dawid was die sleutel na die vesting van Sion. Toe Joab eerste opgeklim het, die sleutel gevind het, die poort oopgesluit het, en toe die poort van Sion van binne oopgemaak het, het hy Dawid en sy troepe bemagtig om in te kom en die vesting oor te neem. Dawid het die sleutel in sy hand geneem en Sion, “die stad van Dawid” genoem. Daardie vesting het sy Wit Huis geword.

Die sleutel van Sion verteenwoordig die sleutel tot die regerende gasag van die Dawidiese koninkryk. Dawid het die sleutel gekry toe Sion binnegedring en verower was.

Op dieselfde wyse dat Joab opgeklim het en die vesting van binne oopgemaak het, het Yahushua gesterf, was begrawe, neergedaal het na die hel, en toe opgeklim het uit die hel en die poorte van die binnekant af oopgemaak. Dit was tydens Sy opstanding dat Hy die sleutels van Hades en die Dood” gekry het. (Open. 1:18). Met Sy versoeking, het Satan aangebied om aan Yahushua die sleutels te gee as Hy hom sal aanbid; maar, Yahushua het verkies om die sleutels van Satan af te vat.

Yahushua is die Koning wie die troon van Sy voorvader, Dawid, geërf het, en Hy het die reg om te administreer en te heers oor alle sake van sy ewige koninkryk.

Nou, het Yahushua die sleutel van Dawid — dit is, die sleutel van die regerende gesag van die Dawidiese koninkryk. Hy is die Koning wie die troon van sy voorvader, Dawid, bestyg het en Hy het die reg om te administer en te regeer oor al die sake van sy ewige koninkryk. Daardie gesag is verteenwoordig deur die sleutel van Dawd wat hy verkry het met Sy opstanding.

Dawid het die sleutel gekry van die vesting van Sion; Yahushua het die sleutel gekry van die vesting van Hades en die Dood.

Die Man met die sleutels het aan ons gesê, “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee” (Matt.16:19). Wanneer ookal Yahushua jou `n koninkryk sleutel gee, beteken dit: Hy gee jou die gesag om`n spesifieke element te ontsluit binnein die koninkryk van Yahuwah. Met daardie sleutel kom die gesag om Sy soewereine heerskappy te bring na daardie area in die koninkryk.

Staar jy `n vesting in die gesig, en weet jy nie hoe om die hekke oop te maak nie? Vra Yahushua om jou die koninkryk steutel van daardie vesting te gee.

En onthou altyd, `n klein sleutel kan `n groot deur oopmaak.


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Bob Sorge

Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. - WLC Span