Print

Die Sondaar se Hoop: Hy nooi sondaars uit!

Jy hoef nie te wag totdat jy sondeloos is om na Yahuwah te gaan. Gaan nou. Net soos jy is, omdat Hy sondaars uitnooi!

Ek die beste nuus vir jou om te hoor! Wil jy dit hoor? Is jy gereed daarvoor?

Is jy seker dat jy gereed is vir dit?

Let wel die goeie nuus is ... dat jy ʼn sondaar is!

Dit is heel moontlik wat jy nie verwag het om te hoor. Werklik dit is waar! Dit is goeie nuus omdat, deur Yahushua, aanvaar Yahuwah sondaars!

ʼn Geskenk net vir sondaars

Die goeie nuus van die evangelie is dat, terwyl die loon van die sonde die dood is, is die gawe van Yah die ewige lewe wat as gawe gegee is deur Yahushua. (Lees Romeine 6 vers 23).Yah wil hê dat almal gered moet word, maar die waarheid is; dat Yahushua net alleenlik vir sondaars gesterf het. Elke Christen is bewus dat almal gesondig het, en te kort skiet aan die heerlikheid van God. Daarom, is ons geneig om aan te neem dat Hy vir almal gesterf het. Die besef en ofskoon Yahushua net vir sondaars gesterwe het.

Dit gesien kan word as oorbodig, maar dit nie so is nie. Die Fariseërs gedurende die dae van Christus op aarde, was baie trots gewees met die verkondiging van hulle eie geregtigheid. Nadat Yahushua vir Mattheus geroep het as dissipel, het hy ʼn fees berei vir die Verlosser, en waarna hy baie ander tollenaars en uitgeworpenis genooi het.

Die Fariseërs was ontsteld, en het gekla:

“En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê:

“Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?”

En Yahushua antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Lees Lukas 5 verse 30 tot 32).

Met ander woorde, Christus het gesê: “As julle My nie nodig het nie, wees bewus daarvan dat Ek nie vir julle gekom het. Ek het gekom vir sondaars.”

Die Christene van vandag eerlik erken dat hulle sondaars is. Hoeveel erken waarlik dat hulle dit bedoel? Hoeveel sê dit net omdat dit van hulle verwag word? Die waarheid is, dat baie Christene hulself vergelyk met ander, en om net te ondervind dat almal daar aan te kort skiet. “Verseker,” erken hulle, “Ek mag miskien ʼn sondaar wees, maar ek is nie so sleg daar aan toe, as daardie persoon daar anderkant. Ek is versigtig oor my dieet: Ek gebruik nie te veel suiker, ek raak nie aan kafeïne, en dat varkvleis nie oor my lippe gaan. Ek mag na flieks kyk, maar die flieks waarna ek kyk bevat nie baie geweld, en ek kyk nooit na flieks wat naaktheid ontbloot. Ek vaar heel goed in my Christelike lewenswandel!”

Deur hulself te vergelyk met andere, besluit hulle dat hulle eie sondes in die werklikheid nie so sleg is.

Yahushua het gesterf om sondaars te red. Yahuwah sou daarvan hou om diegene te red wat hulle sondes ontken, maar hulle aanvaar nie vir Christus. Alleenlik sondaars kan na Christus gaan. Self geregverdigde mense kan nie, omdat vir die aanvaarding van Christus se regverdigheid, moet daar eers erken word dat hulle sondaars is, en dat hulle ʼn behoefte het aan ʼn Verlosser. ʼn Self geregverdigde persoon dink dat hy geen sonde het, dus wat is daar om te bely? Dit is alleenlik ʼn persoon wat erken dat hy homself nie kan red, wat net deur geloof vertrou op die meriete van vir verlossing. Dit is waarom, en aldus dat Christus vir almal gesterf het, God ontvang alleenlik sondaars.

Die bevordering van slegte nuus!

Niemand hou daarvan om te erken hoe verdorwe sy innerlike gedagtes is, of om te erken hoe baie kere hy/sy bely het, en om maar weer dieselfde sonde oor en oor te begaan. Jy is ʼn sondaar, dit is goeie nuus! As God sondaars ontvang sal hy jou ook ontvang! Yahuwah ontvang nie diegene wat eenvoudig net deur lippe diens bely dat hulle ʼn sondaar is, net omdat dit van hulle verwag word. Aan almal wat werklike sondaars is, en wat magteloos, en verlore voel, sal Hy hulle ontvang.

Om sondaars aan te moedig om na Yah te gaan vir verlossing, het Yahushua ʼn gelykenis vertel wat baie goed aandui wat die omstandighede is om ontvang te word.

Ook het Hy deur hierdie gelykenis gespreek met diegene wat op hulle self vertrou het, dat hulle regverdig is, en andere verag het: “EN Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel. Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o Yah, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o Yah, wees my, sondaar, genadig! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.” (Lukas 18 verse 9 tot 14).

Jy mag deur vrees gevul wees. Jy mag dink dat jy reeds te ver geval het, of dieselfde sondes so baie kere herhaal het, om daarvoor vergewe te word. As dit so is, is jy die besonderse een wat Yah roep! Jy benodig nie om weg te bly vanaf Yahuwah totdat jy die sonde in jou lewe oorwin het. Jy hoef nie te wag om na Yah te gaan totdat jy met sukses versoeking ʼn aantal X – kere weerstaan het nie. Jy

Yah se uitnodiging aan jou is: “Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees.” (Jeremia 3 vers 22). “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” (Johannes 6 vers 37)

Moenie wag om na Yahuwah te gaan. Die begeerte wat jy het om na Yah te gaan, het Hyself in jou hart geplant. Jy kan die nodige vertroue hê, dat Yahuwah jou sal aanvaar net soos jy is, omdat Hy alreeds so baie ander voor jou aanvaar het: Noag die dronkaard; Lot; die vader met bloedskande, die moordenaar, Moses; Ragab; die hoer; Dawid; die egbreker en moordenaar .... almal het vergiffenis en aanvaarding ontvang in Yahushua.

Jy kan vertrou dat Yahuwah jou sal aanvaar, omdat Yahushua nie net gesterf het, en net om jou te laat om te vergaan.

Aanvaar as ʼn Geliefde

Ons hou nie daarvan om onwaardig te voel. Ons hou nie daarvan om sondig te voel. Die goeie nuus is, dat Yahushua gesterf het om sondaars te red. Dit beteken as jy ʼn sondaar is, het Hy vir jou gesterwe!

Die Fariseërs het gekla: “Hierdie man ontvang sondaars.” (Lukas 15 vers 2).

Is jy ʼn sondaar? Besef dan dat Hy vir jou gesterwe het. Moenie probeer om jou sondigheid te ontken. Erken dit. Dit is jou erkenning dat jy ʼn sondaar is en ʼn behoefte het van ʼn Verlosser wat waarborg dat jy deur Yahuwah aanvaar sal word.

Moenie wegbly van die Verlosser omdat jy ʼn sondaar is. Moenie wegbly omdat jy nie ʼn Bybelse geleerdheid het. Moenie wegbly omdat jy skaam is, nadat Yah jou vergewe het, het jy gegaan, en oor en oor dieselfde foute begaan. Gaan na die Vader net soos jy is.

Daar is nie ʼn beperking op die aantal kere wat jy gesondig het, en wat jy nog sal doen, en tog nog sal Yah steeds jou aanvaar en vergewe. Yah se liefde en genade is onbeperk.

Struikel jy onder die las van skuldgevoelens? Oefen Satan druk op jou uit van die gewaarwording van jou onwaardigheid? Prys Yah oor dit omdat jy die besonderse een is waarvoor Hy, Sy Eniggebore Seun gegee het.

Daar is niks wat jy gedoen het of ooit kan doen wat sal veroorsaak dat Yahuwah, sy rug op jou sal keer. Die enigste ding wat ooit in jou weg mag staan is jou persoonlike keuse. Dus maak die keuse? Reik die hand van geloof en gryp die belofte aan! Verlossing is joune. Al wat jy benodig om te doen is om dit in geloof te aanvaar.

“En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” (Openbaring 22 vers 17).