Print

Die Tien Gebooie

Die tweede vernaamste leerstellings van vyf wat deur die “Review and Herald” gedurende 1854 bekragtig is was die “Wet van.... Yahuwah volgens die Ou en Nuwe Testamente, en is dit onveranderlik geplaas. Terwyl daar dan deur ons gedink word dat ander morele, sosiale en gesondheid verwante wette ook dieselfde bedoeling het, en ook in die Bybel voorkom, is die mees uitstaande en sigbare van al die wette waarvan daar oor Yahuwah geleer word, in die Ou en Nuwe Testamente, en is dit die Tien Gebooie.  Hulle is as onveranderlik verklaar.

Die is doel van hierdie artikel is om die tien gebooie te identifiseer en wat hulle is, en ʼn kort historiese  oorsig van hulle belangrikheid, en ook om daarop te wys dat daar van  hulle geleer word in die Ou en Nuwe Testamente, en laastens om daarop te wys dat hulle onveranderlik is.

Wat is die Tien Gebooie?

Die teks wat ons ken as die tien gebooie word gevind in Eksodus 20 verse 1 tot 17,maar hulle word nie daar as die Tien Gebooie genoem.  Die uitdrukking Tien Gebooie word net drie keer in die Bybel aangehaal. (Eksodus 34 vers 28.) “Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.” ( Deuteronomium 4 vers 13) “En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat Yahuwah op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en Yahuwah het dit aan my gegee.” (Deuteronomium 10 vers 4) En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was...En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat Yahuwah op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en Yahuwah het dit aan my gegee.”

Deur hierdie teks gedeeltes in Deuteronomium, kan ons sien dat die Tien Gebooie die woorde bevat soos dit in Eksodus 20 is, en nie soos ander dit verstaan as in Eksodus 34. Dit is nie woorde wat verwys na offerandes, jaarlikse feeste, en nie die gebruik om ʼn kind in moedersmelk te kook. Hulle is die woorde wat openbaar verklaar “te midde van vuur op die dag van die byeenkoms,” en is dit die gebooie van Eksodus 20,

Wat was die Doel van die Tien Gebooie in die Geskiedenis?

ten commandmentsDit is verstommend dat die tien gebooie so baie aandag geniet in die onlangse jare, en tog deur die dieselfde persone wat hierdie saak geopper het, neem hulle dit nie ter harte wat die ernstige bedoeling van die gebooie is. Die tien gebooie is opgeteken in Eksodus 20, en handhaaf dit die obsolete enigheid van Yahuwah. Die meeste van diegene wat die wens koester om die tien gebooie op openbare geboue te vertoon glo in die Drie-Eenheid, ʼn leerstelling wat geheel en al vreemd is tot die tien gebooie en sy verwante tradisies. Buitendien, ongeveer ʼn derde van die teks van die tien gebooie is verwant tot die sewende dag Sabbat. Die meeste van diegene wat die groter sigbaarheid ondersteun van die tien gebooie, is Sondag onderhouers. Laastens, een van die tien gebooie is: “jy mag nie doodslaan nie.” Beide die doodstraf en voorbehoedende oorlog van aggressie blyk om gewilde sake te wees onder sommiges van dieselfde mense, wat met gladheid van die tong ten gunste is van die Dekaloog.

Dit is net redelik alhoewel hierdie teenstrydigheid so moet wees. Die tien gebooie word deurgaans gebruik deur bykans alle Christen “kerke” wat is nog te sê oor die Jode. Selfs Islam erken dat hulle aan Moses gegee is as ʼn norm van verkeerd of reg. Dit is ooglopend dat die meeste van hierdie godsdienstige instansies, ten spyte van hulle lippediens van die tien gebooie, hulle dit nie onderhou. Die feit is, dat almal van hierdie tradisies van geloof van die wêreld onderhou ten minste helfte van die gebooie. Tog is daar geen geloof tradisie wat al tien letterlik onderhou op enige manier. Die tien gebooie kom voor in byna in al die Christen kategismus wat daar geskryf is, maar sommiges verduidelik dit teenstrydig en ooglopend teenoor die duidelike wese van die teks. So vêr dit Martin Luther in sy korter weergawe van die Kategismus oor die Sabbat gebod, beteken dit om kerk toe te gaan en te bly wat die prediker verkondig. Hierdie besonderse gebooie bevestig die gesag van Yahuwah en is dit gegee ter ondersteuning oor die gesag van die mens. Selfs die Katolieke Kerk voorsien aan die gee van die tien gebooie, deur ʼn verkorte en veranderde weergawe as ʼn plek in sy kategismus.

Die tien gebooie is uniek, omdat dit in al die klassieke godsdienstige literatuur van die wêreld voorkom, en is daar  geen ander teks wat dit kan eis, dat dit openbaar is deur Yahuwah persoonlik en ook aan ʼn enorme samekoms van mense direk geopenbaar is. Alle ander gedeeltes is geopenbaar deur middel van ʼn individu, en dikwels deur die voorsiening van visioene, drome, of individuele instellings. Deur engele en profete is dit bekend dat daar deur hulle gespreek is maar nooit deur Yahuwah direk.    

moses and ten commandmentsEksodus 20 vermeld dat Yahuwah persoonlik en in die openbaar op die Berg van Sinai gespreek met Israel kort nadat hulle Egipte land verlaat het. Hier is verwysings wat te kenne gee van so ʼn goddelike openbaring regoor die wêreld, in ʼn mondelinge oorlewerings tot in die verre geweste van mense. Stamme in Afrika, Noord en Suid Amerika, en ook ander gedeeltes van die wêreld het die verhaal van Yahuwah se boodskap wat Hy gegee aan die mensdom op die berg bewaar. Somtyds is die besonderhede van sulke verhale, en stem dit merkwaardig ooreen volgens die Bybel. Die verhaal soos dit vertel word onder die Amerikaanse Indiane sluit in die vernietiging en die vervolging van vyande deur hulle te begrawe en te versmoor deur wonderbaarlike fonteine van water, die verbond, die donder op die berg en die spreek van die Skepper vanaf die berg, en die gee van die klip aandenking asook die gebeure wat daar plaas gevind het.    

Terwyl die gedeeltes van die tien gebooie nie in ander heilige boeke voorkom, verwys die meeste van hulle direk na die gebooie. Geen godsdiens ondersteun doodmaak, steel, egbreek of die oneer aan ouers. Hulle heilige boeke verwys na die beginsels op so ʼn manier dat hulle baie ooreenkom met die tien gebooie. Elkeen van hierdie gebooie word gevind in die Koran, insluiting die Sabbat in verskeie hoofstukke. Die meeste godsdienste tradisies is soos die Christendom en bevat die beginsels van die tien gebooie in hulle heilige geskrifte, maar misluk in die onderhouding daarvan. Die Koran verwys na Sabbat verbrekers as ape, maar dit verhoed nie Moslems in die algemeen om die Sabbat te ignoreer, en net soos hulle medegelowiges die Christene. Op die ander kant, gedurende die antieke tye blyk dit dat die beginsels van die tien gebooie, en was dit merkwaardig welbekend en ook geonderhou. Die onderhouding van die Sabbat deur nie- Joodse volke was wydverspreid.

Die belangrikheid van die tien gebooie tydens die antieke Joodse tradisie is onberekenbaar. Sommige mense het hulle so hoog geag, dat hulle dit beskou het dat daar niks anders van belang is. Met die tyd dat boeke skaars en duur was, was die versoeking groot vir die oorweging dat openbaring net uit tien gebooie moet bestaan. Het die Rabies hierdie gedagte met wortel en tak vanuit Judaïsme uitgeroei, maar teen ʼn baie groot prys. Alleenlik nadat die voordrag van die tien gebooie verbied is as deel van die daaglikse gebede, was hulle in staat om die Joodse bevolking op te voed om na ander pligte van die Torah kyk as gelykwaardig. Hierdie geskiedenis word in sy besonderhede beskryf in die Joodse Liturgie en sy Ontwikkeling, A.Z. Idelsohn, bladsye 91 en 92.    

“Gedurende die Tempel Diens was die Tien Gebooie gelees voor die Sema. Hierdie gebruik, alhoewel dit nie aangeneem is buite die Tempel, is dit op gesag van die Sekretarisse wat beveel het en dat dit alleenlik hierde gebooie is wat goddelik geopenbaar is (b.Ber.12a.)  Volgens die Nash- Papirus  van  wat ongeveer in die eerste eeu n.C. in Egipte gevind is, is die Tien Gebooie voorgehou voor die Sema.”

“Daar is voortgegaan om die Tien Gebooie voor te lees in die Palestynse sinagoge in Egipte tot en met die dertiende eeu.

“Daar word ʼn meer duidelike rede gegee in (Jer.Ber.1, 3c), die rede vir dit is dat, “hulle (die minderheid) nie sal nie kan sê dat hierdie (die Tien Gebooie) wat  aan Moses gegee is op die Berg Sinai.” Kohler voeg by: “Alleenlik omdat die vroeë Judese – Christene  uitsluitlik die goddelike openbaring van die Tien Gebooie, vir hulle op eis, en dat daar weggedoen is met ander Mosaïese wette as tydelike voorskrifte, en was dit die lees van Dekaloog as die daaglikse liturgie en  waarna en daarna daarmee weggedoen is.”

Dit is ʼn belangrike ooreenkoms wat hier verklaar en geïmpliseer  word, maar miskien die mees toepaslike tot hierdie artikel is die feit dat die Tien Gebooie was eens op ʼn tyd meer net as die middelpunt tot Judaïsme en die Christendom as wat hulle vandag is. Die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word oor die diepgaande afvalligheid. Dat daar   ʼn klein groepie mense is wat die vroeë “Judese – Christen” geloof onderhou, en dat die Tien Gebooie die middelpunt is vir die bepaling van goddelike openbaring vir alle tye en orals.  

Diegene wat uit Babilon kom en die huis Ekklesia stig om te aanbid in suiwerheid sal goed doen om dit te oorweeg om die Tien Gebooie voor te lees by elke byeenkoms van aanbidding. 

Wat Sê die Bybel In verband met die Tien Gebooie?

ten commandmentsOns het alreeds drie gedeeltes wat die Tien Gebooie omskrywe as die woorde wat uitgespreek is in die openbaar; “ in ʼn vuur, “ deur Yahuwah voor miljoene van mense, en dit is geskrywe met Yahuwah se eie vinger. Dit word ook  herbevestig deur baie ander gedeeltes.

“Toe sê Yahuwah vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.” (Eksodus 24 vers 12) “En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van Yahuwah.” (Eksodus 31 vers 18) “En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.” (Eksodus 32 vers 15)

Dit is van belang om te weet  dat die gebooie aan beide kante van die kliptafels beskrywe is. Dit is nie aan ons bekend hoe groot en in watter vorm die stene was, maar as hulle vergelyk word met die antieke kleitablette wat gevind is op verskeie plekke in die Midde Ooste en ook vergelyk word met die antieke verbondstene wat gevind is van die Hetiete was hulle meer langwerpig as in ‘n kubus vorm, en dat hulle ses kante gehad het waarop die skrywes voorgekom het.  Verbondooreenkomste was gedurende die antieke tye somtyds as identiese tekste  geplaas op elk van twee verskillende stene, as ʼn kopie van die ooreenkoms vir beide partye. Volgens hierdie geval was dit nie so volgens Joodse en Christen tradisies, wat die gebooie verdeel het tussen twee stene.  Dit is ook deur Ellen White bevestig: “ Die vyfde gebod is heilig, maar as jy enige een van die eerste vier gebooie van die    dekaloog oortree  waarin die plig van die mens geopenbaar is teenoor sy Skepper, sal jy nie in ʼn gunstige posisie verkeer vir die heilige onderhouding van die laaste ses gebooie wat die plig van die mens teenoor sy medemens spesifiseer. Deur die verbreking van enige gebod wat die plig van die mens teenoor Yahuwah spesifiseer is om die beginsels van die wet geheel en al te verbreek. Die die pilaar van inspirasie noteer dat hy wat oortree op enige punt is skuldig aan die oortreding van almal.   Sodoende, as die Sabbat van die vierde gebod buite rekening gelaat word, en die mens betoon in lafhartigheid aan die eise van. . . [Yahuwah] wat van hom gevra word, sal hierdie ongehoorsaamheid hulle voorberei om aan die vereistes van die wet wat spesifiseer wat hulle plig is teenoor hulle  aardse ouers dit vervul? Sal sy hart toegerus word deur die oortreding van 'n eenvoudige gebod van die Yahuwah op die eerste tafel van die klip, en dan die eerste gebod op die tweede tafel te onderhou. Daar word  deur hierdie gebod vereis, om ons ouers te eer, en is ons onnatuurlik as kinders as ons nie hierdie gebod gehoorsaam. Maar as die liefde en eerbied betoon word aan ons aardse ouers, hoeveel te meer is die eerbied en liefde verskuldig  aan ons hemelse Ouer." {ST, 28 Februarie 1878 par. 5}

Wat die belangrike feit is, dat Yahuwah Self die boodskap op die kliptafels geskrywe het en dit aan Moses oorhandig het om te hou as die woorde van verbondooreenkoms aan die mens. “En die tafels was die werk van Yahuwah. Die skrif was ook die skrif van Yahuwah, wat in die tafels gegraveer is. (Eksodus 32 vers 16)

moses on sinai with ten commandmentsAlmal is bekend wat die lot was van die eerste stel van gebooie en hoe dit nodig was vir die maak van ʼn nuwe stel. Die teorie dat die tweede stel tafels ʼn verskillende stel van gebooie bevat het kan nie gestaaf word, en is dit in konflik met die verhaal in die Bybel. “En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.” (Eksodus 32 vers 19.) “Toe het Yahuwah aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.” (Eksodus 34 vers 1) “Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos Yahuwah hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.” (Eksodus 34 vers 4) “En hy was daar by Yahuwah veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.” (Eksodus 34 vers 28)

“En toe Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.” (Eksodus 34 vers 29.)

Die Tien Gebooie soos dit deur Yahuwah geskrywe en bekend gemaak is, en deur Moses bevestig is in sy opsomming aan die Israeliete net voor hulle intog in die beloofde Land: “Met hierdie woorde het Yahuwah julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ‘n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.” (Deteronomium 5 vers 22)

Die verhaal van die verbreking en die hernuwing van die stene word herhaal in Deuteronomium hoofstuk nege en tien. Die plasing van die gebooie in die ark word in volle besonderhede beskryf hoe dit gedoen is: ”In dié tyd het Yahuwah vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook ʼn ark van hout.” (Deuteronomium 10 vers 1.) “En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.” (Deuteronomium 10 vers 2.) “Toe het ek ʼn ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.” (Deuteronomium 10 vers 3.)” En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat Yahuwah op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en Yahuwah het dit aan my gegee.” (Deuteronomium 10 vers 4)”  En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos Yahuwah my beveel het.” (Deuteronomium 10 vers 5.)

Die kliptafels met die gebooie daarop het vir baie jare in die ark gebly. ”Daar was niks in die ark nie, as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toe  ‘n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.” (1 Konings 8 vers 9.) ( Lees ook 2 Kronieke 5 vers 10.)

Die Nuwe Testament gebruik nie die uitdrukking “die tien gebooie.” Dit vermeld die wet van Yahuwah, en verwys na die kliptafels, die verbond, en verwys na elkeen van die gebooie afsonderlik verskeie kere. Die gebruik van die uitdrukking “tafels van klip” kom voor in: “omdat julle duidelik ʼn brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende Eloah nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.” (2 Korinthiërs 3 vers 3.)

Dit is ʼn verwysing na die Nuwe Verbond wat deur Jeremiah geprofeteer is: “Kyk, daar kom dae, spreek Yahuwah, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ʼn nuwe verbond sal sluit.” (Jeremiah 31 vers 31)  “nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek Yahuwah.” (Jeremiah 31 vers 32) “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek Yahuwah: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n Elohim wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees.” (Jeremiah 31 vers 33.) “En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken YAHUWAH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek Yahuwah; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” (Jeremiah 31 vers 34.)

Daar word baie gemaak van die Nuwe verbond deur diegene wat wens om te verklaar dat die tien gebooie, en waardeur hulle die betekenis uitspreek dat die sewende dag Sabbat nie meer bindend is. Maar wat sê die teks? Dat Yahuwah Sy wet gee in hulle binneste en dit skrywe op hulle harte. Dit vermeld nie dat Yahuwah ʼn nuwe wet sal gee, en dat verskillend is van die een wat Hy by Sinai gegee het. Die een wat hy by Sinai gegee het misluk omdat die mense dit nie onderhou nie, omdat daarmee nie iets verkeerds is met die gebooie. Dieselfde Eloah wat dit met Sy eie vinger geskrywe het op die tafels van klip, het belowe om dieselfde wet met Sy eie vinger op ons harte te skrywe. Die tien gebooie is geskrywe op die hart in plaas daarvan dat dit op klip geskrywe is, en is dit die Nuwe Verbond.

Die Nuwe Testament vermeld nie baie oor die kliptafels as ʼn geheel. Maar wat dit vermeld is duidelik en belangrik. Die eerste en mees belangrikste is dat die tien gebooie, onder die Nuwe Verbond op die hart geskrywe sal word. Daar is net eenkeer waar daar na die tafel van klip verwys word, en dit is in (Hebreërs 9 vers 4.) ”waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond.”  

ark of the covenantDie tafels met die wet was geplaas in die ark in die tabernakel. Hulle het daar gebly as ʼn herinnering aan die verbond tussen Israel en Yahuwah. Maar dit was nie die oorspronklike wet. Baie dink dat die tien gebooie alleenlik vir die Jode gegee is by Sinai. Eerste van alles is dit nie waar nie, omdat die Jode die enigste stam is van twaalf wat by die Berg Sinai vergader het. Tweedens was daar ook ʼn gemengde groep van verkillende volke. Hulle het gekom van die grootste wêreldburgerlik sentrum van die wêreld van daardie dag, en dit is Egipte. Hulle het die al die mense van die wêreld verteenwoordig, en van elke stam, taal en nasie. Dit is ook waar dat die kliptafels wat by Sinai gegee is nie die oorspronklike is. Die oorspronklike weergawe van die tien gebooie is in die hemel, waar dit sal bly as die ewige wet van Yahuwah. Dit is waarom dat die Nuwe Testament ons ʼn blik gee op die tien gebooie in die hemel: ”En die tempel van Yahuwa het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.” (Openbaring 11 vers 19)

Die tien gebooie is bewaar in die in die ark van getuienis in die hemel. As ons toelaat dat die wet van Yahuwah op ons harte geskryf word, kan ons ook die tempel van Yahuwah word, as die weerkaatsing van die heerlikheid van die hemel. Die tien gebooie is onveranderlik in die hemel. Yahuwah kan en sal hulle onveranderlik maak in die tempel van die menslike hart.