Vele Christene is bang vir egte bybelse spiritualiteit omdat Satan hierdie oefeninge gesteel het sodat, baie gelowiges nou veronderstel dat hierdie vorme van spiritualiteit hulleself satanies is. Dit is tyd om hierdie verlore spirituele oefeninge terug te eis. |
Die boodskap was kort en dringend: “Liewe Mamma en Pappa, moet asseblief nie meer na Enya luister nie. Ek sal verduidelik waarom wanneer ek tuis kom.”
Die brief was van ons oudste kind, weg op `n Bybel kamp. Blykbaar het die pastoor die jong kampgangers vertel dat Nuwe Era musiek jou denke meesleur wanneer jy daarna luister, dit nooi demone in om beheer van jou denke te neem. Hy het selfs die Keltiese musiek van die Ierse sanger genoem, Enya, by name as voorbeeld van watter soort musiek om te vermy.
Karma. Meditasie. Holistiek. Transendensie. Indien jy soos ek is, was jy vertel dat dit sataniese gebruike is wat ontleen is van Oosterse godsdienste. Natuurlik wil Christene niks te doene hê met enigiets satanies nie, daarom vermy meeste Christene hierdie gebruike.
Dit is ongelukkig deur so te maak, het gelowiges wettige geestelike gebruike vermy wat in die Skrifte geleer word. Onthou dat Satan nie kreatief is nie. Hy kan net dwaalleer met waarheid inweef en hoe hoër die ratio van waarheid met dwaalleer is, hoe meer verleidend die dwaalleer.
Satan het hierdie egte geestelike gebruike van die Christene gesteel deur dit te klee in Nuwe Era terminologie. Dit is tyd om hierdie lewensbelangrike gebruike terug te neem en ons nalatenskap van suiwere bybelse geestelikheid terug te eis.
Moenie julleself mislei nie: [Yahuwah] laat nie met Hom spot nie. Wat `n mens saai, dit sal hy ook oes.” (Galásiërs 6:7)
|
“Moenie julleself mislei nie: [Yahuwah] laat nie met Hom spot nie. Wat `n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.” (Galasiërs 6:7-10, NV)
Jy kan nie `n meer “Oosterse Godsdienstige” konsep kry as die idee van wat `n persoon ervaar die gevolg is van sy of haar vorige optredes nie. Natuurlik leer Hindoeïsme dat dit oor veelvuldige leeftye uitspeel, wat nie waar is nie. Maar as `n geestelike beginsel, leer die Skrifte dat handelinge gevolge het.
“Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, O Yahuwah, my Rots en my Verlosser.” (Psalm 19:15 NV)
"Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees…." Psalm 19:15 NV
|
Die definisie van “oordenking” is “Om te dink aan enigiets; te bepeins; te studeer; om dit te draai en te oordink in die gedagte; behoorlik maar nie uitsluitlik te gebruik vir vrome oorpeinsing nie, of `n oordenking van die puik waarhede van godsdiens” (American Dictionary of the English Language).
Die woord “oordink” verskyn 14 keer in die Skrifte. Nege hiervan in die psalms. Die woord “oordenking” verskyn ses keer in die Skrifte, almal hiervan in die psalms. Oordenking word nou verbind met gebed en is een van die mees belangrikste geestelike oefeninge waarin ons kan betrokke raak. Dit is in die oordenking van Yahuwah se woord dat die Heilige Gees ons verstande kan verlig met die waarheid en ons vestig sodat ons nie uitgeskud kan word nie. Psalm 49:3 ondersteun dit, deur te sê: “My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.”
“Mag die God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer onse Here Yahushua Christus weer kom!” (1 Thessalonicense 5:23, NV)
The American Heritage Dictionary beskryf “holisme” as “`n Teorie of oortuiging dat die geheel beter is as die som van die dele.” Hierdie konsep, lank reeds besef in die Ooste, het onlangs eers invloedryk geraak in mediese kringe in die Weste. Skrifte leer ook dat daar `n hegte verband is tussen die liggaam, die verstand en die gees. Spreuke 3:7-8 leer: Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees Yahuwah, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking wees vir jou gebeente.” Yahuwah wil hê dat ons volledig afgeronde individue moet wees: liggaam, verstand en gees. Enigiets wat `n impak op die liggaam het, sal `n rimpeleffek hê op die verstand en gees.
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van jou gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van [Yahuwah] is. (Romeine 12:2, OV)
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van jou gemoed…” (Romeine 12:2)
|
Transendensie mag nie bekend klink nie, maar wat van “transendentale oordenking”? Transendensie beteken eenvoudig maar net “Die toestand daarvan om verby die reikwydte van normale persepsie te wees” (The Century Dictionary). Dit is verstaanbaar dat Christene versigtig sal wees vir enige gebruik wat die verstand en emosies na Satan trek – en daar is baie wat dit doen. Terselfdertyd, is die hele rede waarom die duiwel Christene bevrees gemaak het vir transendensie, omdat dit magtig en eg, goddelik en spiritueel is. Tweede Korinthiërs 12:2 beskryf net so `n ondervinding.
Maar die wat op Yahuwah wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie. hulle wandel en word nie mat nie.” (Jesaja 40:31)
Natuurlik is daar `n verskil tussen die geestelike gebruike wat Satan probeer koöpteer het en die suiwere geestelike oefeninge deur die Skrifte geleer. Die verskil is in die effek wat dit het op die praktisyn. Nuwe Era geestelike oefeninge verhef die eie ek, dikwels tot op die punt van aanspraak op goddelikheid. Ek is nie `n god nie. Jy is nie `n god nie. Daar is net een God, en dit is Yahuwah. Valse geestelike oefeninge hou daarvan om die gevalle menslike natuur te bevredig. Dit kontrasteer voortdurend die Skrifte en kan selfs misleidend wees. Nie so met die geestelike oefeninge onvermeng met menslike foute nie. Dít lei gelowiges in `n hegter en intiemer verhouding met ons Skepper en berei ons voor vir die dae vorentoe.
“En ek het `n ander stem hoor sê uit die hemel, Gaan van haar uit, my volk, dat julle nie ontvangers van haar sondes mag wees nie, en julle van haar plae ontvang nie.” (1599 Geneva Bible)
Dit is nie `n uitnodiging om by `n ander denominasie aan te sluit nie; dit is `n bevel om alle georganiseerde godsdienste te verlaat. Dit is ook `n uitnodiging om die Lam te volg in `n dieper waaragtiger spiritualiteit as enige ander wat jy ooit voorheen ervaar het. Dit is tyd om die geestelike oefeninge wat Satan gesteel het, terug te eis en om `n hegter wandeling met die hemelse Vader te hê as wat jy ooit voorheen gehad het.
Vir meer inligting, kyk uit vir die WLC Radio program “Walking with Yah: Reclaiming Your Spiritual Heritage!” |