Print

Johannes 3:16: Pasop vir `n Vae Misverstand

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. Ons koester waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

“Yahuwah het die wêreld op die manier liefgehad: dat Hy Sy uniek gebore Seun gegee het, sodat elke persoon wie in hom glo nie verlore moet gaan nie maar lewe kan hê in die Tyd wat sal Kom.” – Johannes 3:16, One God the Father vertaling (OGF)

In die moderne tyd is Johannes 3:16 die mees dikwelse aangehaalde vers (buite konteks) van die Bybel, soos dit Amerikaanse sports gebeure beklee (op plakkate) en as `n bondige opsomming deur welmenende entoesiastiese evangeliste herhaaldelik gebruik word. Alhoewel dit `n beeldskone stelling (uit homself is), aangaande Yahuwah se oorweldigende liefde wat Hy aan Sy Seun gee, en die uitsluitlike doelwit daarby betrokke, kan dit gebruik word in `n gevaarlik misleidende wyse! Die inhoud van die Evangelies verbied ons om van hierdie vers `n kits, maklike formule vir verlossing te maak.

Om ten volle die bedoelde betekenis van hierdie baie gewilde vers te begrip, moet die konteks van Yahushua se gesprek met Nikodemus omtrent “wedergeboorte” (of gebore van daarbowe) versigtig vergelyk word met die breër konteks van Yahushua se bediening om die Evangelie van die koms van die Koninkryk van Yahuwah. Die begrip van die nuwe geboorte konsep (in Johannes hoofstuk 3) moet nie geskei word van die aller-belangrike waarheid gekommunikeer deur die gelykenis van die saaier (in Markus 4:13-20) nie. Daar is geen “geloof in Yahushua” as jy nie in die Evangelie van die Koninkryk glo nie.

En hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al hierdie gelykenisse verstaan? Die saaier saai die woord.’” (Markus 4:13-14)

Volgens Lukas 8:10-11 beteken “die woord” “die woord van Yahuwah” wat `n sinoniem is met “die verborgenhede van die koninkryk van Yahuwah.” In Mattheüs 13:19 kan mens maklik sien dat “die woord” van Markus 4:14 parallel is aan “die woord van die Koninkryk.” In al drie hierdie weergawes van die gelykenis van die saaier, is dit baie duidelik dat die enigste waardige respons oor die boodskap van die Evangelie aangaande die komende Koninkryk is die laaste van die vier moontlike grond tipes. Met ander woorde, in plaas daarvan om “die woord” mis te verstaan, en dat dit vinnig weggegryp word deur die bose een; of dit te ontvang met vlietende vreugde (maar dat dit wegval weens verdrukking/vervolging op grond van die woord), of om dit op `n wyse te ontvang dat “die lewenssorge van die wêreld en die verleiding van die rykdom die woord verstik, en word hy onvrugbaar”; mens kan verkies om in die vierde kategorie te wees! Mens kan die woord van die Koninkryk van Yahuwah verstaan met `n goeie eerlike hart – en “daaraan vasklou,” aanhou in aktiewe deelname aan wat die boodskap vereis tot aan die einde van ons lewe, voortdurend vrug te dra!

In die volgende aanhaling uit `n voetnota (bl. 245 van die One God, the Father, One Man Messiah Vertaling) is sommige relevante verbindings aangaande Johannes uitgewys, aangaande hoofstuk 3:

Gebore van bo, dit is, met die Vader as die outeur van hierdie herlewing afhanklik van ons geloof in die waarheid [van die Evangelie van die Koninkryk] en bekering. Wedergeboorte is dus die nie-onderhandelbare grondslag om `n Christen te word. In die sinoptiese evangelies, Mattheüs, Markus, en Lukas, word geestelike wedergeboorte beskryf as die nuwe lewe wat voortspruit uit die saad van die Evangelie (Lukas 8:11). Met Nikódemus gebruik Yahushua die biologiese metafoor, en met die publiek wie die gelykenis aangehoor het, die landboukundige metafoor. Hulle word in skoonheid verenig in 1 Petrus 1:22-25 waar wedergeboorte gebaseer is op die saad wat die Evangelie [van die Koninkryk] is. Dus bevat die NT `n enkele verenigde teologie om `n gelowige te word. Dit begin met die geloof in Yahushua se Evangelie van die Koninkryk (Markus 1:1-2, 14-25)

Nes die leser versigtig is om die ware konteks van Yahushua se figuurlike taal in Johannes, hoofstuk 3, saammet die “saad” metafore in die sinoptiese Evangelies, en die hele Nuwe Testament tema van “wedergeboorte,” kan hulle weet dat selfs die onmiddelike konteks van Johannes 3:16 bevestig die kritiese behoefte vir `n algemene pro-aktiewe respons: die vasberade poging van voortdurende bekerende gehoorsaamheid, nes in die gelykenis van die saaier.

"En nes Moses die slang in die woestyn opgehef het, op dieselfde manier, moes die Seun van die Mens opgelig word, sodat almal wie glo in hom die lewe van die Tyd wat sal Kom, mag win. Yahuwah het die wêreld op hierdie manier liefgehad: dat Hy Sy uniek gebore Seun gegee het sodat elke persoon wie in hom glo nie verlore mag gaan nie, maar dat die wêreld deur hom gered mag word Die persoon wie in hom glo, word nie verdoem nie. Maar die een wie nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die openbaring en die hele agenda van Yahuwah se uniek-gebore Seun. Dit is die rede vir verdoemenis: die lig het in die wêreld gekom, en die menslike wesens is liewer vir duisternis as die lig omdat hulle aktiwiteite boos is. Elke persoon wie bose dinge doen haat die lig en sal nie kom na die lig nie, sodat sy werke nie openbaar gemaak word nie. Maar die een wat waarheid uitvoer kom na die lig toe, sodat sy werke gedemonstreer mag word as gedoen onder Yahuwah se leiding” (Johannes 3:14-21, OGF).

Deur eenvoudig Johannes 3:16 binne sy onmiddelike konteks te hou, sou mens nie skuldig gewees het om ander te mislei om te dink dat geloof in Yahushua” verwys na `n newelagtige, ondervinding van `n goeie gevoel van oombliklike verstandelike aanvaarding dat Yahuwah vir Yahushua gestuur het nie. Ware geloof in Yahushua behels beslissende koms na die lig in mens se aktiwiteite. Om na die lig te kom behels volhoudende keuses om te verander en om vorige optredes van afdwaling na duisternis stop te sit. Die doop as `n handeling van bekerende toewyding is `n versoenbare, lewensbelangrike deel van hierdie gehoorsame prentjie, asook`n relevante deel van die onmiddelike konteks van hierdie Skrifte (in Johannes 3:22-30 en 4:1-3). Om aan boord te wees in `n groeiende vrugdraende wyse sal vereis dat gelowiges oorwinnaars moet wees wanneer hulle voortdurende uitdagings in die gesig staar (Handelinge 14:22).

Nog `n Skriftuurlike konteks met soortgelyke bewoording, in terme van teenstrydige wandeling in die lig met die groewe van die lewe in die duisternis, is Johannes 1:5-2-2. Na uiteindelike bekering deur te glo in die Evangelie van die Koninkryk (Markus 4:11-12), om nie vaagweg van enigiets te bekeer wat ons dink verkeerd is nie, en beslissend na die lig te kom (terwyl daar weggedraai word van die atiwiteite van duisternis), mag gelowiges steeds struikel en mislei word deur sonde wat hulle van die pad af laat dwaal. Nogtans word ons wonderbaarlik uitgenooi om nie op te gee aan ons toegewydheid – wanneer ons foutiewelik van die waarheid afgedwaal het nie. In plaas daarvan om “in ontkenning” te wees en vir onsself te bedrieg (en andere) deur voor te gee om steeds op die regte weg te wees, kan ons ons sonde nederig belei terwyl ons met selfvertroue besef dat ons betroubare Yahuwah (deur die bloed offerande van Yahushua) ons van ons sondes vergewe en ons reinig van alles wat nie pluis is binne in ons nie. Yahuwah is totaal en al regverdig wanneer Hy ons, ons sondes vergewe en ons op hierdie wyse reinig, weens die uitgebreide effekte van Yahushua se volmaakte sondoffer!

Tenspyte van ons moeilike omstandighede en onse menslike swakhede, het ons betroubare Elohim en Sy getroue Seun steeds hul oog op ons rug, namate ons weier om op te gee en voort te beur in die bybelse, liefdevolle lewensstyl --- volgens die Evangelie van Yahuwah se Koninkryk.


WLC spesiale nota re die DUIDELIKE betekenis van sommige woorde en frases in bogenoemde geskrewe gedeelte.

[a] “sonde = duisternis = alles wat nie reg is binne-in ons nie”

1 Johannes 2:2 En Hy is `n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons sondes, en nie alleen vir ons s`n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

“Sonde” is enige oortreding of versaking van die wet = alle gebooie = Torah wat die liggaam van reëls en regulasies is vereis vir die onderhouding deur alle inwoners in Yahuwah se Koninkryk.

[b] “die bybelse, liefdevolle lewenstyl” = onderhouding van die gebooie.

Deuteronómium 7:9 Jy moet dan weet dat Yahuwah jou G-d G-d is, die getroue G-d wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar My gebooie.

Johannes 14:23 Yahushua antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en ons sal na hom toe kom en by hom kom woon.

Johannes 5:2-4 2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van Yahuwah liefhet, wanneer ons Yahuwah liefhet en Sy gebooie bewaar. 3 Want dit is die liefde tot Yahuwah, dat ons Sy gebooie bewaar, en sy gebooie is nie swaar nie. 4 Want alles wat uit Yahuwah gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.


Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Kenneth LaPrade.

Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikels gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span