Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Indien u wil demonstreer dat die Aarde `n bol is gebaseer op die Bybel, moet jy `n ander vers as Jesaja 40:22 gebruik, want hierdie vers ondersteun nie daardie aanmatiging nie. Indien jy van voorneme is om die vers te gebruik om `n bolvolmige aarde te bewys, is daar tenminste drie hoofredes met dit: die kring, die sprinkane, en die tent.
Jes. 40:22 Hy sit bo die KRING van die Aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos `n dun doek en sprei dit uit soos `n TENT om in te woon.
Frisbies en borde is gevorm soos kringe, wat inderwaarheid rond is. `n Sirkel is nie dieselfde as `n aardbol, `n bal, of `n sfeer nie, selfs as `n bal soos `n sirkel mag lyk as dit net van een dimensie bekyk word.
Die term “Kring” in die verse hierbo vertaal uit die Hebreeuse selfstandige naamwoord chug (Strong`s 2329), wat kring, koepel, of horison beteken. (Neem notisie dat dit nie vertaal is as bal of sfeer nie.) Behalwe hierdie vers, verskyn dit nog twee keer meer in die Bybel. In Job 22:14, lees ons omtrent Yahuwah wie wandel op die kring/koepel van die hemel (wie wandel oor die hemelgewelf), en in Spreuke 8:27, vind ons dat hierdie kring uitgeteken was op die oppervlakte van die wêreldvloed. Die NKJV fraseer dit “toe Hy die horison oor die see afgemerk het.” Dit is uitdagend, (of te wel eerder onmoontlik) om `n sfeer of `n bol op iets te teken, maar dit is sekerlik moontlik om `n kring te trek of te teken op iets.
Job 22:14 Wolke is `n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie, en oor die hemelgewelf wandel Hy. (OV)
Spreuke 8:27 Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het. (NV)
Neem notisie dat dit nie sin sou maak om “`n bol” op die oppervlakte van die wêreldvloed te teken nie. Vergelyk ook: -
Job 26:10: “Hy het `n kring afgetrek (Strong`s 2328) op die water oppervlak, aan die grense van lig en duisternis. (NASB)
Bogenoemde werkwoord (chug) is verbind met die Hebreeuse werkwoord met dieselfde naam, wat chug gespel word (Strong`s 2328), wat beteken om te omkring en `n kring te trek. Dit is net in Job 26:10 te vinde, waar ons kan lees dat Yahuwah `n kring oor die oppervlak afgetrek het, of (soos in die KJV) “afgetrek oor die watervlak.”
Verder stel Jesaja 40:22 voor dat die bewoners soos sprinkane is terwyl Yahuwah sit bo die kring (die hemelgewelf). Dit vereis `n sekere hoogte, wat goed werk met `n fisiese koepel hoog bokant `n ronde Aarde. `n Verhoog word ook voorgestel in Job 22:12, waar ons kan lees: “Is Elohim nie hemelhoog [shamayim] nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.” Neem notisie dat dit sê dat Yahuwah neerkyk op die sterre wanneer Hy sit op of wandel oor die hemelgewelf.
Die môrester (Lucifer) wou sy troon stel bo die sterre van Yahuwah, en hy praat nie omtrent die top van die heelal nie maar bokant die hoogte van die wolke. Dit is waar hy hom voordoen waar die troon van Yahuwah moet wees – bokant die wolke. Die troon van Yahuwah word inderdaad beskryf as net bokant die hemelgewelf in die lug, en gebaseer op die skeppings verslag in Genesis, was die sterre in die hemelgewelf geplaas.
Jes. 14:2 Hoe het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, en my troon verhef bo die sterre van El en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Eség. 1:26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van `n troon; en op die troongestalte `n gestalte wat soos `n mens gelyk het.
Gen. 1:14 En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 15 En laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die Aarde. En dit was so. 16 En Elohim het die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. 17 En Elohim het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die Aarde.
Dieselfde vers (Jes. 40:22) gebruik ook die analogie van die hemele uitgestrek soos `n doek en uitgesprei soos `n TENT om in te woon – want die bewoners is soos sprinkane. Dit is byna onmoontlik om `n prent voor te stel van `n tent op `n aardbol geplaas waar al die bewoners lewe. Dit is `n volmaakte analogie as ons `n plat Aarde verbeel met `n uitspansel daaromheen, en veral as ons ook die Tabernakel insien tydens die Eksodus.
Hoewel chug nie die vertaling vir bal is nie, is daar, wel `n woord vir “bal” wat Jesaja kon gebruik het as dit was wat hy wou sê, maar hy het dit nie in bogenoemde vers gebruik nie. Maar wel in Jes. 22:18 waar die bal `n vertaling is van dur (Strong’s 1754):
Jes. 22:18 18 jou vas inmekaar draai soos `n tol garing, jou soos `n BAL wegslinger na `n land wat na alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer.
Jesaja beskryf ook dat Yahuwah die Aarde as `n voetbank het. Dit is moeilik om Yahuwah voor te stel met `n voortdurende bewegende spinnende bal onder sy voete, maar die analogie werk volmaak as ons insien dat die Aarde plat is, met `n uitspansel en met vier pilare, wat ook natuurlik stilstaan.
Jesaja 66:1 So sê die Here: Die hemel is is my troon en die Aarde is die voetbank van voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek waar my rusplek sal wees?
In die Bybel, word die Aarde beskryf as onbeweeglik, staande op vier pilare, met `n uitspansel daarbowe, gestasioneer in die einste senter van Yahuwah se skepping, eerder as `n bewegende voorwerp soos `n bal wat spin, wat roteer teen 1,000 mpu vinniger as `n koeël rondom die son teen 67,000 mpu. Dit is waarom mense glo dat die voormalige ten minste gerespekteer moet word, eerder as bespotting. Maar sê dit nie ook dat die Aarde aan niks hang nie? Hoe pas dit albei modelle?
Job 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die Aarde ophang oor niks.
Ander vertalers gebruik die woord “chaos,” wat die leser mag lei om die skepping verslag en die frase te beskou as “die Aarde was sonder vorm en woes.” Dalk verwys Job se beskrywing na die oomblik toe Yahuwah pas die Aarde geskep het, wat dit hang aan niks, en toe voortgaan om die waters te skei en dit geheg aan pilare. Hierdie vers resoneer goed as ons `n spinnende bal voorstel wat roteer rondom die son, nes so `n voortdurende sfeer nie hang aan enigiets nie en vereis nie pilare nie.
Jesaja 13:13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die Aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die Here van die leërskare, vanweë die dag van sy toorngloed.
Ps. 104:5 5 Hy het die Aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
Die Bybel verwys na die vier hoeke in verskeie verse, wat albei die hele Aarde en spesifieke lande betref, soos Israel. Die land is nie gevorm soos `n aardbol nie maar kan as plat ingesien word. Die term “vier hoeke” mag letterlik ingesien word of as `n analogie deur die skrywer gebruik om volkomenheid te beskryf. Soos byvoorbeeld, in Handelinge 10:11 en 11:15, sien Petrus `n doek aan vier hoeke vasgebind, wat verskeie diere bevat. Natuurlik, moes hierdie laken wel baie plat gewees het, en dat alles binne sy vier hoeke vir Petrus aanvaarbaar moes wees as voedsel. Net so word Israel vergelyk met vier hoeke van die Aarde as `n fisiese realiteit in Eségíël 7:2, selfs as dit nie vierkantig soos lakens is nie. Openbaring 7:1 blyk of dit verwys na die vier hoeke van die Aarde as `n fisiese realiteit, met vier engele wat die vier hoeke van die wind vashou.
Handelinge 10:11 hy sien die hemel geopend en `n voorwerp soos `n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die Aarde neergelaat word. + Handelinge 11:15
Eseg. 7:2 En jy, mensekind, so spreek die Here Yahuwah tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.
Open. 7:1 En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die Aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die Aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die Aarde of op die see of teen enige boom nie.
Kyk ook hierdie vers omtrent die vier hoeke, en neem notisie van die woord “breedte” wat interessant is.
Open. 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die Aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die BREEDTE van die Aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van Yahuwah uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Die woord “breedte” hierbo beskryf die oppervlak van die Aarde, nie gedeeltes daarvan nie. Dit is `n vertaling van die werkwoord πλάτος/platos (Strong’s 4114) en kan beskou word as wydte of breë plein. Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is πλατύς/platus (Strong’s 4116), wat `n straat kan beskryf, soos in Matt. 7:13 (plat en uitgestrek). Die verwante werkwoord is πλάσσω/plassó (Strong’s 4111), wat vertaal word as vorm. Die Franse woord “plateau” dui op `n gelyke deel van die Aarde se opppervlakte. Hierdie term kom van platel, wat `n plat voorwerp beskryf, soos `n bord. In Sweeds, is die woord vir “flat” “platt,” soortelyk soos in die Germaanse tale.
Die Bybel sluit gelykenisse en analogieë in, en selfs as hulle nie altyd werklike dinge of gebeure beskryf nie, dui dit op iets en word dit gebruik vir `n doel. Die skrywer se doel vir die leser is om `n sekere beeld te visualiseer terwyl analogieë, poësie, of gelykenisse gelees word. Gevolglik, kan ons nie die analogieë waarvan ons nie hou nie, verwerp, en net dit waarvan ons hou, beklemtoon nie. Volgens die Bybel, sou `n taamlik hoë boom sigbaar wees van die verste reikwydtes op die Aarde. Alhoewel dit `n oordrywing (of hiperbool) mag wees, indien die Aarde `n bol sou wees, waarom het die duiwel nodig gehad om Yahushua selfs na `n hoë plek te neem?
Dan. 4:11 Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die eindes van die hele Aarde sigbaar was.
Matt. 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na `n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid.
Dit beteken nie dat ons bewys het dat die Aarde plat is nie, maar dit lyk sekerlik dat die Bybel dit so voorstel (deur dit eerlik te lees), veral as ons ook die boek van Henog oorweeg.
Interessant genoeg, het Werner von Braun (die Duitse lugvaart ingenieur en ruimte argitek deur NASA gehuur) die volgende psalm op sy grafsteen laat grafeer, wat die psalmdigter se bewondering vir Yahuwah se skepping van die uitspansel beskryf, wat Yahuwah se handewerk openbaar:
Ps. 19:1 Die hemele vertel die eer van Yahuwah en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Annika Björk. Hierdie artikel is verkort uit die volgende bron: https://blogs.crossmap.com/stories/circle-of-the-earth-not-a-ball-globe-or-sphere-is-4022-ZzWXD_2UTtyy1yppF9pkg
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons in die Skrifte die name van die Vader en Seun aangehaal, vervang, soos hulle oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span