Print

Matthéüs 24 - Einde van die Wêreld of Einde van `n Era?

Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Matthéüs 24 - Einde van die Wêreld of Einde van `n Era?

Inleiding

Wanneer ons gedeeltes van Matthéüs 24 lees, mag ons gou veronderstel dat Yahushua praat van sy Wederkoms en die einde van die wêreld. Sulke veronderstellings is dalk heeltemal gebaseer op die vraag deur die apostels gevra, soos aangeteken in 24:3: “En toe hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” Ons word ook sterk beïnvloed deur die bewoording van sy antwoorde in verse soos hierdie:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemel sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemel af tot die ander einde daarvan.” (Matthéüs 24:29-31).

Onthou dat `n basiese reël van hermeneutisme (bybelse interpretasie) is dat ons moeilike gedeeltes in die lig van eenvoudiger gedeeltes interpreteer op dieselfde onderwerp, nie andersom nie.

Jislaaik! Yahushua moes die beskrywing gee van die einde van die wêreld – reg? Laat ons nie te haastig wees om hierdie slotsom te bereik nie. Ons sien merkwaardige verskille raak wanneer ons kyk na die parallelle verslae van Markus en Lukas. Laat ons begin deur te kyk na die vrae deur die dissipels aan Yahushua gevra in daardie gedeeltes en die antwoorde wat hy hulle verskaf het. Onthou dat `n basiese reël vir hermeneutisme (bybelse interpretasie) is dat ons moeilike gedeeltes in die lig van eenvoudiger gedeeltes oor dieselfde onderwerp interpreteer, nie andersom nie. Daarom sal ons goed doen as ons begin met Markus se verslag, geskryf aan `n Romeins tipe Heiden leser, en dan gaan na Lukas se verslag. Nadat ingedelf is in hierdie parallelle gedeeltes, sal ons in `n baie beter posisie wees om die verslag van Matthéüs te ondersoek, wat die moeilikste een is. Die moeilikheid lê daarin dat hy baie Joodse terminologie gebruik omdat Jode die primêre lesers was wat hy ingedagte gehad het toe hy sy Evangelie skryf.

Markus 13 – Die Eerste Parallel met Matthéüs 24

Daarom, begin ons met Markus 13, wat ons hier sal insluit om te help met die studie van die besonderhede van die gedeelte.

“En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van Sy dissipels vir Hom: Meester kyk, watter klippe en watter geboue! 2 En Yahushua antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal seker nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! 3En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik: 4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken dat al hierdie dinge volbring sal word? 5 En Yahushua antwoord en sê vir hulle: Pasop dat niemand julle mislei nie. 6 En baie sal onder My Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei. 7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie. 8 Want die een nasie moet teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is `n begin van die smarte. 9 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot `n getuienis. 10 En die evangelie moet eers aan die nasies verkondig word. 11 En wanneer hulle julle weglei om julle oor te lewer, moenie vir julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. 12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 13 En julle sal deur almal gehaat word terwille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 14 En wanneer julle die gruwel van verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie hoort nie – laat hom wat lees oplet – dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; 15 en wie op die dak is, moet nie afgaan in die huis en nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; 16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie. 17 Maar weë die vrou wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae! 18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie. 19 Want daardie dae sal daar `n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat Yahuwah geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. 20 En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort. 21 En as iemand dan vir julle sê: Kyk hier is die Christus! of Kyk daar! – moet dit nie glo nie. 22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei 23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. 24 Maar in daardie dae ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, 25 en die sterre sal van die hemel val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. 26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. 27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal Sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde tot by die einde van die hemel. 28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare al uitbot, weet julle dat die somer naby is. 29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur. 30 Voorwaar, Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voor al hierdie dinge gebeur het nie. 31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 32 Maar van daardie dag en uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. 33 PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. 34 Dit is soos `n man wat op `n reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. 35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; 36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. 37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak! (Markus 13:1-37)

Dit is onmiddelik hier opmerklik dat Markus twee vrae aanteken deur die apostels en nie drie, soos Matthéüs 24 blyk te doen nie. Yahushua het pas die verwoesting van die tempel voorspel, waarop hulle geantwoord het: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?” Hulle het `n tyd vraag (wanneer sal hierdie dinge wees?) en `n teken vraag (al hierdie gebeure plaasvind?) Beide verwys na “hierdie dinge,” die verwoesting wat Yahushua so pas van die tempel voorspel het. Geen melding word gemaak deur die dissipels oor die wederkoms of die einde van die wêreld nie, so ver as wat Markus se verslag aangaan.

Yahushua se opmerking aan die einde van Markus 12 gaan al hierdie kommentaar aangaande die weduwee vooraf wie haar laaste munte binne-in die skatkis van die tempel gegooi het. Yahushua wou seker maak dat die dissipels nie die les mis deur haar voorbeeld daar gestel nie, toe roep Hy sy dissipels en sê vir hulle: Voorwaar, Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hul oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.” (Markus 12:43-44) Hulle was geskok oor wat hy gesê het en het genoop gevoel om hom te korrigeer deur hom saggies te herinner. “En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester kyk, watter klippe en watter geboue!`” (Markus 13:1) Lukas maak dit selfs presieser – hulle wou seker maak Yahushua onthou dat die tempel gebou was deur die offergawes van die rykes, nie deur die pennies van arm klein weduwees nie. Dit het Hom aangespoor om die algehele verwoesting van die tempel aan te kondig in die nabye toekoms. Materieële dinge mag opspraakwekkend wees in die oë van die mense (selfs geestelik veronderstel te wees), maar dit beteken niks vir die Glorieryke Koning nie! Ons kan nie bekostig om daardie les te mis terwyl ons probeer om `n moeilike gedeelte te verstaan nie.

Yahushua het begin om die twee vrae te antwoord deur eerstens te sê dat die teken nie (verse 6-13) is nie. Dit is nie valse Christusse nie (vers 6). Dit is nie oorloë en rewolusies nie (verse 7-8). Nie natuur rampe nie (vers 8). Dit is nie vervolging nie (verse 9-13). Dan vertel Hy wat die teken is, met vers 14 as begin. Eerstens, noem Hy die “gruwel van verwoesting.” Dit klink vreesaanjaend, nie so nie? – soos iets geassosieër met die einde van tyd. Indien Yahushua sy wederkoms aan die einde van die wêreld in die tydstip beskryf het, sou niks enigsins in hierdie verse sin gemaak het nie. Wanneer Yahushua terugkeer, hoe kan enigeen versoek word om na sy huis terug te keer om sy jas of enigiets te kry, en waar sal hy die tyd kry om dit te doen? In `n gedeelte wat duidelik praat van die Wederkoms, sien ons dat alles wat met Christus se wederkoms te doene het, is vining-vinnig! “Kyk, ek deel julle `n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in `n oombliklik, in `n oogwink met die laaste basuin, want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word.” (1 Korinthiërs 15:51-52) `n Oogwink sal nie enige tyd toelaat om bekommerd te wees oor afklim van jou dak, en jy sal sekerlik nie besorgd wees oor of dit winter is of nie!

Lees net Markus 13 :14-20 met dit ingedagte. Yahushua het gepraat omtrent `n gebeurtenis van groot verdrukking waarvan hy gewaarsku het om weg te vlug. Geen mens kan wegvlug van die wederkoms van Christus aan die einde van tyd nie. Neem notisie in vers 20 dat die Here die dae van verdrukking sou verkort. Toe Yahushua die Romeinse leermag stuur om Jerusalem en die tempel in 70 AD te vernietig, het Hy inderdaad die dae verkort om die Christene in Jerusalem en Judéa te beskerm. In `n beleg teen die stad wat byna `n jaar geduur het, het Cestius Gallus, die Romeinse generaal, na Ceseréa teruggeval en`n groter leermag teruggebring. Hierdie pose in die oorlog het die Christene toegelaat wie Yahushua se profesie verstaan het, om te vlug uit die stad, en Josefus, die Joodse historikus en ooggetuie van die gebeurtenis, het gesê dat baie het, wat die Jode in die stad agtergelaat het wie vasbeslote was om tot die dood te veg (wat hulle gedoen het).

Volgende het Yahushua sy aandag gekeer na die tyd kwessie – omtrent wanneer hierdie ramp sal plaasvind (verse 24-32). In hierdie gedeelte, gebruik hy “apokaliptiese” taal, gebruik hy simbole om hierdie oproer te beskryf. Dit is `n gedeelte waarskynlik gewaarborg om verkeerd verstaan te word deur enigeen nie bekend met dieselfde tipe taal in die Ou Testament nie. Maar, vir diegene vertroud met die OT Profete, word dit verstaan dat hierdie soort taal was gereeld gebruik om Yahuwah se oordele teen nasies te beskryf. Ons moet `n paar voorbeelde gee om seker te maak dat hierdie punt duidelik is.

Hulp Van die Ou Testament

Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as `n verwoesting van die Almagtige. 7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt. 8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte. 9 Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde `n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. 10 Want die sterre van die hemel en hulle Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgaan, die maan laat sy lig nie skyn nie. 11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hul ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van die tiranne verneder. 12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir. 13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal beef uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die Heer van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed. (Jesaja 13:6-13).

In vers 1 van Jesaja 13, moet notisie geneem word dat dit alles gespreek is teenoor Babilon eeue voor Christus.

Godspraak oor Egipte. Kyk die Here ry op `n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste. (Jesaja 19:1)

Want die toorn van die Here is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leerskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word. 3 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed. 4 En al die leërskare van die hemel vergaan en die hemele word inmekaar gerol soos `n boek en al sy leërskare val af soos `n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom. 5 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom, en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word. 6 Die swaard van die Here is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van die lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die Here het `n slagoffer in Bosra en `n groot slagting in die land Edom. 7 Dan val die buffels saammet hulle, en die jongstiere saammet die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet. 8 Want die Here hou `n dag van wraak, `n jaar van vergelding in die regsaak van Sion. (Jesaja 34:2-8).

En in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê: 2 Mensekind, hef `n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! jy was soos `n draak in die groot water, en jy het uitgebreek en die strome van die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak. 3 So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur `n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet. 4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger oor die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig. 5 Ek sal sal jou vlees weggee op die berge en die dale volmaak met jou hoogheid. 6 Ek sal die stroomland nat maak met jou bloed tot by die berge, en die klowe sal vol word van jou. 7 as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en die sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. 8 Al die skynendende ligte aan die hemel, die sal Ek vir jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE. 9 Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie. 10 Ek sal maak dat baie konings oor jou verstom sal staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val. (Esegiël 32:1-10)

Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby – 2 `n dag van duisterheid en donkerheid, `n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom `n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. 3 Voor hom uit verteer`n vuur, en agter hom brand `n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit `n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie. 4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle. 5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van `n vuurvlam wat die kaf verteer, soos `n magtige volk wat vir die geveg opgestel is. 6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek. 7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie. 8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan in sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle, maar hulle bly in gelid. 9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos `n dief. 10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in. 11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leer, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? (Joël 2:1-11).

Vele soortgelyke verslae uit die OT kan aangehaal word, maar hierdie is genoegsaam om ons te help verstaan net hoe sulke taal gebruik was en hoe dikwels dit gebruik was. Jy sal onthou dat die laaste gedeelte uit Joël 2 aangehaal is in Handelinge 2 op Pinkster toe die kerk gestig was en verwys na die uitstorting van die Heilige Gees op daardie geleentheid. Die taal in al hierdie gedeeltes is baie soortgelyk aan díe gebruik in Matthéüs 24 en parallel ook net so goed met die Boek van Openbaring. Dit kan (en was) toegepas aan Yahuwah se oordele teen enige volk in rebellie. Deur letterlik opgeneem te word sal lei tot meer misverstand en verdraaiing van Skrifte as wat jy jou kan indink. As jy probeer om simboliese taal letterlik te maak, sal jy, op een of ander punt geforseer word om letterlike taal simbolies te maak. Baie moderne interpretasie van Openbaring voorsien nie`n duidelike voorbeeld van sulke teenstrydige uitleg nie. Maar, die hoof punt hier is dat niemand toegerus is om met Matthéüs 24 te doene te hê (of Openbaring) sonder `n redelike goeie greep van die geskrifte van die OT Profete nie.

Laat ons nou terugkeer na Markus se verslag. Deur voort te gaan om te antwoord op die tyd vraag, vertel Yahushua die gelykenis van die vye boom (verse 28-31). Alhoewel geen spesifieke tyd gegee is nie, is die algemene tyd binne-in een generasie (vers 30). In daardie era, was `n generasie beskou as veertig jaar. Yahushua het hierdie woorde in omtrent 30 AD gespreek; die tempel was in 70 AD verwoes – 40 jaar later. Nogtans het Yahushua gesê dat niemand ken die presiese tyd nie – uitgedruk deur die term “dag” of “uur” nie (vers 32). Dus, het Yahushua ingesluit deur te praat van die behoefte om te kyk vir die teken (verse 33-37). Indien hierdie materiaal net te vinde was in Markus en Lukas, sou die verwarring merkwaardig verminder wees. In hierdie geval, is een ding om geleer te word om minder moeilike gedeeltes oor enige onderwerp te studeer en hulle toe te laat om ons te help om die meer moeilikes oor dieselfde onderwerp, te verstaan. Dit is, oor die algemeen, een van die algemeenste beginsels van bybelse interpretasie, maar verloof meer as beoefen in die poging om gedeeltes te interpreteer soos hierdie wat ons hier ondersoek. Te veel mense hou van spekulerende “eind tyd” interpretasie om duidelike bybelse eksegese of algemene sin te maak.

Lukas 21 – Die Tweede Parallel aan Matthéüs 24

Lukas is selfs meer basies en meer prontuit as Markus in die beskrywing van hierdie gebeure. Soos vroeër genoem, is hy `n Heidense skrywer wie skryf aan Heidene, wat `n hele paar dinge vereenvoudig vir sy voorgenome oorspronklike lesers. Hy is duidelik die mins “Joods” in skryfstyl en terminologie, wat `n groot hulp is in die begrip van hierdie spesifieke seksie van die Skrifte. Weereens, om dit duidelik te maak om te volg, laat ons Yahushua se woorde insluit nes hulle beskryf.

En toe Hy opkyk sien Hy die rykes wat hul gawes in die skatkis gooi. 2 Hy het ook `n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi. 3 Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het. 4 Want hulle het almal uit hul oorvloed by die gawes van Yahuwah ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe. 5 toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.7 hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit sal gebeur? 8 Hy antwoord: Pasop dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is Ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie. 9 wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie. 10 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.11 daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. 12 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam. 13 dit sal vir julle uitloop op `n getuienis. 14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. 15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. 16 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. 17 julle sal gehaat wees deur almal terwille van my Naam. 18 geen haar van julle hoofde sal ooit verlore gaan nie. 19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. 20 wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. 21 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad, is moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. 22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. 33 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae, want daar sal `n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. 24 hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. 25 daar sal tekens wees aan son, maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies en in hulle radeloosheid, wanneer see en brander dreun. 26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 27 dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in `n wolk, met groot krag en heerlikheid. 28 as hierdie dinge gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. 29 Toe vertel Hy hulle `n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. 30 Net soos hulle bot, weet julle vanself as julle dit sien, dat die somer al naby is. 31 So moet julle ook weet dat die koninkryk van Yahuwah naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. 32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. 33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 34 Maar pasop vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. 35 Want soos `n skrik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. 36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Die orde is dieselfde as dié van Markus 13. Yahushua beveel eerstens die klein weduwee aan, waarna die apostels hom herinner van die beeldskone tempel en hoe dit gebou was met die geskenke van die rykes. Hy vertel van die tempel se vernietiging, en Lukas doen verslag van die twee vrae deur die apostels aangaane die tekens en die tye wanneer hulle sal plaasvind. Lukas se orde volg baie na aan Markus s`n - dus het ons nie nodig om in detail daarheen terug te keer nie – behalwe vir die effense verskillende dinge was al help om wat Yahushua sê beter te verstaan. vrae verwys na “hierdie dinge” waarvan Yahushua pas gepraat het. Indien die Wederkoms hier te sprake was, sou Teofilus, aan wie die Boek van Lukas geaddresseer was, (1:3) mislei gewees het. Die tekens was nie valse Christusse nie (vers 8); oorloë en gerugte van oorloë (vers 9); natuurrampe (verse 10-11; of vervolgings nie (verse 12-19).

Vers 20 verwyder enige verwarring in bespreking van wat die ander twee verslae noem die “die gruwel van verwoesting.” Ouer weergawes noem dit die “gruwel van verwoesting,” `n term algemeen gebruik deur die “eind tyd” spekulante. Lukas kon dit nie duideliker gemaak het nie: “En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.” Yahushua volg hierdie stelling op met met die waarskuwing om te vlug wanneer die leërs opmarsjeer na Jerusalem. Met hierdie kommentaar, skakel hy oor na wat die tekens was, en gaan hy aan om in simboliese taal die groot ophef van Yahuwah se oordele teen die Jode en Jerusalem te beskryf. Die vyeboom gelykenis is volgende, met die algemene tyd voor die verwoesting wat `n generasie is. Yahushua sluit af met die waarskuwing om te wag vir die teken en om die lewe daarvolgens te lewe – regverdig en nie losbandig nie (verse 34-36).

Matthéüs 24 - `n Eg Joodse Gedeelte

Eintlik praat Matthéüs 16:28 van `n ander koms van Yahushua, wat nie die wederkoms kan wees soos ons dit ken nie. “Voorwaar, Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.” Alle “komste” van Yahuwah en Yahushua was nie met die einde van die wêreld geassosiëer nie.

Laat ons direk gaan na die sleutel geval in Matthéüs se bewoording van die vraagstuk. Het Yahushua se dissipels drie vrae gevra, of het Matthéüs Joodse terminologie gebruik om dieselfde twee vrae opgeteken in Markus en Lukas te vra? Teen nou, word die laaste moontlikheid duidelik. Wanneer ons “die tekens van u koms” in vers 3 lees, moet dit opgelet word dat die Griekse woord wat as koms vertaal word parousia is, oor die algemeen teenwoordigheid beteken. Lesers met `n Joodse agtergrond sou hierdie woorde verstaan het as beskrywing van `n koms in veroordeling (soos ons lees omtrent die OT gedeeltes soos Jesaja 19:1). Entlik praat Matthéüs 16:28 van `n ander koms van Yahushua, wat nie die wederkoms kan wees soos ons dit ken nie. “Voorwaar, Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die Mens in sy koninkryk sien kom het nie.” Alle “komste” van Yahuwah of Yahushua was nie geassossieër met die einde van die wêreld nie. Sien ook Lukas 19:44 vir “die tyd van Yahuwah se koms na julle,” `n skynbare verwysing in konteks na die verwoesting van Jerusalem in 70 A.D.

Wat omtrent die “einde van die era?” Die Griekse term is aion, vir “era,” nie kosmos, vir “wêreld” nie. Die presiese frase word gebruik in Matthéüs 28:20. Wat ookal gesê mag word van Yahushua se antwoorde in Matthéüs 24, dit is feitlik seker dat die dissipels onmoontlik kon gevra het omtrent `n wederkoms na aanleiding van ons konsep omdat hulle nog nie hul gedagtes om selfs sy dood of opstanding gevorm het nie, minder nog `n “wederkoms” aan die “einde van die wêreld”. Sien Lukas 9:45 en 18:34, wat wys dat hulle insig van selfs sy duidelik-vertelde dood absoluut nil was.

Die woord einde hier is dieselfde oorspronklike woord in Grieks vertaal as volbring in Markus 13:4. Dit verwys in Matthéüs 24:6, 14 na dieselfde gebeurtenis, wat in konteks, wys na die verwoesting die stad. Indien die dissipels nie gevra het omtrent die wederkoms en die einde van die kosmos, waarna het hulle gevra? Twee moontlike interpretasies het kontekstuele meriete. Een, die dissipels kon veronderstel het dat so `n groot gebeurtenis sal die einde van die Joodse wêreld wees (of dalk die wêreld wees) – as die Jode (23:34-36) en die tempel (24:1-2) vernietig moes word, sou hulle wêreld eindig. Twee, omdat koms van parousia (teenwoordigheid), dikwels in kontemporêre Grieks gebruik om `n koning se aankoms aan te dui, mag hulle Yahushua letterlik na Jerusalem sien kom het vir oorlog, en sodoende die ou era ten einde bring en `n nuwe inlei. Hierdie siening stem ooreen met algemene Messiaanse verwagtinge van die dissipels baie nou in verband met mekaar. In ieder geval verwys die vraag na daardie dinge nes in Lukas 21 en Markus 13, die verwoesting van die tempel waarvan Yahushua so pas gepraat het.

Matthéüs voeg `n paar dinge by behalwe `n anderste bewoording van die apostels se basiese vrae. Hy noem van afvalligheid wanneer die liefde van baie koud word (verse 10-12). Hy praat ook van die evangelie verkondig aan die hele wêreld voor die “einde” kom (vers 14). Natuurlik gee Kolossense 1:6, 23 ons `n eerste-eeuse vervulling van daardie voorspelling. Anders as die valse Christusse, sal Christus se koms definitief wees (verse 26-27). Die plek van hierdie koms sal wees waar die aasvoëls vergader vir die verwoesting van die verrottende karkas (van Judaïsme – vers 28). Vergelyk hierdie stelling met Hebreërs 8:13; 12:25-29. Judaïsme, met haar offerstelsels. Het sy einde genader toe al hierdie stellings gemaak en geskryf was.

In vers 29, lei Yahushua die apokaliptiese taal gedeelte in met die frase “En dadelik ná die verdrukking van daardie dae.” Dadelik is van die Griekse “eutheos”, wat meteens of binnekort beteken, en dit verwys na iets wat gou sou gebeur. Pogings om dit binne-in `n 2000 jaar periode te plaas, sal die woord se betekenis merkwaardig afwater! “Teken” in vers 30 is van die Griekse woord semeion, wat verwys na `n teken of iets wat binnekort sal gebeur eerder as die ding vanself. Met ander woorde, `n teken van Christus se koms sal gesien word in die gebeure wat hy voorspel eerder as van die Seun van die Mens persoonlik. Ween in vers 30 is in die toekomstige passiewe tyd en kan vertaal word as “ween oor hulleself.” Die engele wat die uitverkorenes versamel (vers 31) kan figuurlik verwys na die verkondiging van die evangelie versameling aan die wêreld na die verwoesing, of dit kan verwys na `n versameling van die uitverkorenes uit die stad voor haar verwoesting. Sien die volgende verse vir die versamelings konsep: Deuteronómium 30:4; Psalm 22:27; Jesaja 27:13; 45:22.

Die behoefte om te kyk vir die teken deur Yahushua voorspel word beskryf in die ander gedeeltes. Die bose word gekontrasteer met Noag, die regverdige (verse 37-39). Noag was nie onvoorbereid gevang nie – net die goddelose was. Daarom maak die vergelyking tot die verwoesting van Jerusalem sin. Hy sê dat een geneem word, en die ander agtergelaat in verse 40-41. Die bose word geneem, nie die regverdiges nie, want die regverdiges het gevlug voor die aankomende soldate. Natuurlik is hierdie teks `n gunsteling vir diegene wie die “Wegraping” leerstelling verkondig, `n leerstelling met baie bybelse moeilikhede – maar een wat ons nie in detail hier kan bespreek nie. Die berisping om te waak word ingesluit in verse 40-51.

Onthou dat die Bybel oorspronklik geen hoofstuk verdelings gehad het nie. Omdat vers 44 `n opbouende stelling is, gaan hierdie gedeelte beter met hoofstuk 25. Drie sienings van koninkryke word gegee in Matthéüs 24 en 25: die koninkryk vernietig (Joods) – hoofstuk 24; die koninkryk oorblywend op aarde (Kerk) – 25:1-30; en die ewige koninkryk (verheerlik by Yahuwah se troon) – 25:31-46.

Lukas 17:22-37 – Onverklaarbare Verborgenheid of Verborgenheid Verklaar?

Hierdie gedeelte is nie `n parallel met Matthëüs 24, Markus 13, en Lukas 21 nie, maar dit bevat vele van dieselfde tekens. Maar, die volgorde waarin hulle plaasvind is verskillend – feitlik verskyn hulle eerder in willekerige orde in vergelyking met die ander drie dele wat in eenderse formaat volg. Dit sal die moeite werd wees om hierdie gedeelte ook te lees voordat u voortgaan.

En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van Yahuwah sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van Yahuwah kom nie met sigbare tekens nie. 21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of Kyk daar! nie; want die koninkryk van Yahuwah is binne-in julle. 22 En Hy sê vir Sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie. 23 En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie. 24 Want soos die weerlig wat aan die eenkant van die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees. 25 Maar eers moet Hy baie ly en deur baie in hierdie geslag verwerp word.26 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: 27 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het. 28 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. 29 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. 30 Net so sal dit wees wanneer die Seun van die mens geopenbaar word. 31 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. 32 Dink aan die vrou van Lot! 33 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou. 34 Ek sê vir julle: In daardie dag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. 35 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. 36 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. 37 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

`n Aantal bybelse geleerdes verdeel Matthéüs 24 in twee hoof dele: die vernietiging van Jerusalem (verse 1-34); en die einde van die wêreld (verse 35-51). Kom ons noem die eerste deel Seksie A en die twee Seksie B. Wanneer jy Lukas 17 parralel lê met Matthéüs 24, is dit wat jy vind.

Lukas 17 verwys in totaliteit na die verwoesting van Jerusalem. Hierdie siening is die enigste logiese in die lig van al die bewyse. Daarom verwys
- Matthéüs 24,
- Markus 13,
- en Lukas 21
t
otaal en al na die verwoesting van Jerusalem en die einde van die Joodse era eerder as die wederkoms van Christus en die einde van die wêreld.

Lukas 17 in parallel met Matthéüs 24, met die bewoording in klasse opgedeel in Seksie A of B:

1. Lukas 17:24 – Matthéüs 24:27 (A)

2. Lukas 17:26-30 – Matthéüs 24:37-39 (B)

3. Lukas 17:31-33 – Matthéüs 24:17-18 (A)

4. Lukas 17:34-36 – Matthéüs 24:40-41 (B)

5. Lukas 17:37 – Matthéüs 24:28 (A)

Die tekens in Lukas 17 is redelik deurmekaar wanneer dit vergelyk word met Matthéüs 24 en die parallelle verslae. Ons word gelaat met drie moontlikhede wanneer ons sin wil maak van Lukas. Een, Lukas 17, is `n deurmekaarspul wat nie verstaan kan word nie, wat negatief reflekteer op die Heilige Gees wat dit geïnspireer het. Twee, die hele gedeelte verwys na die wederkoms - `n siening met vele probleme, om dit sagkens te stel. Soos byvoorbeeld, die presiese bewoording is te vinde in Matthéüs 24 en parallelle, verwysend na die verwoesting van Jerusalem. En dan waarom (en hoe) kan mens in `n huis ingaan vir materiale goedere (vers 31) wanneer Christus kom? Ons het alreeds vroeër op daardie punt uitgebrei. Lot is as voorbeeld gebruik in verse 28-29, wat presies ooreenstem met die geval van Jerusalem, waar die regverdiges vlug, en die goddelose agterbly om in die stad vernietig te word. Op die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar sal word (vers 30), moet die waaksames ontsnap as om eerder na hul huise terug te keer (vers 31). Natuurlik sal geen sulke keuse bestaan wanneer die wederkoms plaasvind nie!

Derdens, Lukas 17 verwys totaal en al na die verwoesting van Jerusalem. Hierdie siening is die enigste logiese en volhoubare in die lig van al die bewyse. Daarom, verwys Matthéüs 24, Markus 13, en Lukas 21 in totaliteit na die verwoesting van Jerusalem en die einde van die Joodse era eerder as na die wederkoms van Christus en die einde van die wêreld.


Hierdie is `n nie – WLC artikel deur Gordon Ferguson

Ons het alle paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel geneem en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was – WLC Span