Print

My Vader Se Koninkryk

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

My Vader Se Koninkryk

Baie Christene glo dat Yahushua die koninkryk vir ewigheid sal regeer omdat hy God is; dus, behoort die koninkryk inherent aan hom. Aan die ander kant, openbaar die Skrifte `n ander prentjie aangaande die komende koninkryk, aan wie dit hoort, en die rede vir Yahushua se heerskappy.

Die Koninkryk Behoort aan die Vader

As die soewerein, behoort die koninkryk aan God. Maar aan watter God? Die Drie-eenheid? Nie volgens Yahushua nie.

Die Psalms praat dikwels van Yahuwah in terme van koninklikheid:

Psalm 47:3 Want Yahuwah, die Allerhoogste, is gedug, `n groot Koning oor die hele aarde.

Psalm 103:19 Yahuwah het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

As die soewerein, behoort die koninkryk aan God. Maar aan watter God? Die Drie-eenheid? Nie volgens Yahushua nie. In sy instruksionele gebed, het Yahushua gesê dat die koninkryk aan die Vader behoort:

Matthéüs 6:9-10 “So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.”

In dieselfde konteks identifiseer Yahushua weereens die koninkryk van die Vader as eiendom van die Vader, wat dit Sy koninkryk noem:

Matthéüs 6:33 “Maar soek eers die koninkryk van Yahuwah en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Weereens, op `n ander geleentheid, het Yahushua bevestig dat die koninkryk inderdaad die Vader s`n is:

Matthéüs 26:29 29 “Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.”

Yahuwah het Heerskappy Gedelegeer in die Koninkryk

As koning oor die ganse Skepping, het Yahuwah besluit om die beheer van Sy Koninkryk te delegeer na die mensdom:

Génesis 1:26 en 28 “En Elohim het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat oor die aarde kruip”… En Elohim het hulle geseën, en Elohim het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, en onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat oor die aarde kruip.”

Vanaf die begin, was Yahuwah se plan vir die mens om te heers oor die aarde in sy onthalwe.

Die woord “heers” in hierdie gedeelte is radah in Hebreeus, en dit beteken: om heerskappy te hê.1 Vanaf die begin, was Yahuwah se planne dat die mens oor die aarde moes heers in Sy onthalwe. Inderdaad beskou geleerdes Adam as Yahuwah se koninklike agent wie gestuur was om oor die aarde te heers, maar moes bly onder gesag van Yahuwah. Die Wycliffe Bible Commentary praat hiervan wanneer dit sê:

[Mens] moes God se verantwoordelike verteenwoordiger en rentmeester op aarde wees, om sy Skepper se wil uit te voer en goddelike doel te vervul. Wêreld heerskappy sou aan hierdie nuwe skepsel gegee word…Hierdie verhewe skepsel, met sy ongelooflike voorregte en moeilike verantwoordelikhede, moes leef en handel in `n koninklike wyse.2

The New Oxford Annotated Bible stem saam dat die mens se rol was om oor die aarde te heers as Yahuwah se verteenwoordiger:

Geskape na die beeld van God, is die mens die skepsel deur wie God sy heerskappy op aarde manifesteer. Die taal weerkaats “koninklike teologie” … As God se verteenwoordiger, word die mens heerskappy gegee (Ps 8:6-8).3

The Spirit Filled Bible lewer ook kommentaar oor die mens se unieke plek as Yahuwah se agent op aarde:

God het die mens geskape om Sy koninkryks agent te wees, om te heers en die res van die skepping te onderwerp, insluitende die aggressiewe sataniese magte, wat binnekort daarop inbreuk sou maak.4

As koning homself het Dawid bewondering en lof uitgespreek oor hierdie goddelike plan vir die mensdom om te heers in Yahuwah se onthalwe.

Dawid, homself `n koning, het bewondering en lof uitgedruk vir hierdie goddelike plan vir die mensdom om te heers in Yahuwah se onthalwe.

Psalm 8:5-10 Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 6 U het hom `n weinig minder gemaak as `n goddelike wese5 en hom met eer en heerlikheid gekroon. 7 U laat hom heers oor die werke van U hande; 8 U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld, 9 die voëls van die hemel en die visse van die see. 10 O HERE [Yahuwah], onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

Alhoewel Adam `n spesiale plek as heerser onder die Allerhoogste gehad het, het hy ongehoorsaam geraak en was hy gevolglik onttroon en uitgedryf uit die Tuin van Eden. Sy oorweldiger, Satan, het die heerser of “God” van hierdie wêreld geword:

1 Johannes 5:19 Ons weet dat ons uit Yahuwah is, en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

Maar Yahuwah het nie Sy plan laat vaar vir die mens om oor die aarde te heers in Sy onthalwe nie. Ná Adam se sondeval, het Yahuwah vertel van `n ander mens, gebore uit `n vrou, wie, hoewel gewond deur Satan, hom uiteindelik sal oorwin.6 Boonop sou hierdie man `n nakomeling van Koning Dawid wees 7 en hy sal vir ewig oor die koninkryk regeer. Paulus noem hierdie man die laaste Adam, 8 maar hy is beter bekend as Yahushua van Nasáret, wie die Christus genoem word. Christus en sy ekwivalent, Messias, wat Yahuwah se gesalfde, beteken, `n benaming vir die een Yahuwah gekose om te heers oor die komende koninkryk.

Messias sal heers in Yahuwah se onthalwe

Yahuwah het die profeet Miga gebruik om te voorspel dat, nes die eerste Adam, sal die komende koning heers in Yahuwah se onthalwe:

Miga 5:1 “En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan Een wat `n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.”

Psalm 2 bied verdere magtige bewys dat die Messias sou heers as Yahuwah se gesalfde koning.

Psalm 2 bied verder magtige bewyse dat die Messias sou heers as Yahuwah se gesalfde koning. Hier, ten dele, is die profesie waarvan Petrus gesê het sy vervulling vind in Yahushua:

Psalm 2:1-2, 6-8, 10-12 Waarom woel die nasies en bedink die volk nietige dinge? 2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen Yahuwah en teen sy Gesalfde en : … 6 Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.” 7 Ek wil vertel van die besluit: Yahuwah het aan my gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer 8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting… 10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! 11 Dien Yahuwah met vrees, en juig met bewing. 12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.

Jesaja het van die Messias se heerskappy gepraat onder Yahuwah se gesag. In die profeet se gewilde gedeelte oor die lyding van Messias, vra hy, “Wie het ons boodskap geglo? En aan wie was die arm van Yahuwah openbaar?” Jesaja gebruik die frase “arm van Yahuwah” om die komende Messias aan te dui. Dit is hierdie “arm van Yahuwah,” wat vir Yahuwah sal heers:

Jesaja 40:10 Kyk, die Heer Yahuwah sal kom as `n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.

Eségiël stel ook die komende koning voor as iemand wie sal dien, nie as Yahuwah nie, maar as Yahuwah se dienskneg:

Esegiël 34:23 “En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik My kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle `n herder wees. 24 En Ek, Yahuwah sal vir hulle `n God wees, en my kneg Dawid `n vors in hul midde. Ek, Yahuwah het dit gespreek.

Eségiël 37:25 25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daar woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.

Yahushua is die goeie herder en die kneg van Yahuwah wie verhef was na die regterhand van Yahuwah as Prins en Heiland.

Die naam Dawid is `n metafoor vir die komende Messias. Hy sal hul herder en prins wees, terwyl Yahuwah hul God sal wees. Inderwaarheid is Yahushua die goeie herder en die kneg van Yahuwah9 wie verhef was tot Yahuwah se regterhand as Prins en Heiland.

Handelinge 5:30-31 “Die God van ons vaders het Yahushua opgewek, wat julle omgebring het deur hom aan `n kruishout te hang. 31 Hom het Yahuwah as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sonde te skenk.

Dit is belangrik om op te let dat Yahuwah Yahushua aangestel het in hierdie posisie; hy was nie koning totdat Yahuwah hom aangewys het as sulks nie:

Psalm 89:28 “Ja, Ek sal hom `n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

Maar ortodoksie leer dat Yahushua die wêreld sal regeer, nie omdat Yahuwah hom aangestel het nie, maar omdat hy homself Yahuwah is. Sommige stel voor dat beide Yahushua en Yahuwah Konings van Konings en Here van Here genoem word as bewys van Yahushua se goddelikheid. Maar diegene wie hierdie bewering maak blyk onkundig te wees dat hierdie frases eenvoudige Hebreeuse spreekwoorde is wat die beste van die bestes beteken. Boonop, is hul gebruik nie beperk tot godheid nie maar kan gebruik word vir enige groot koning. Soos byvoorbeeld, Koning Artásasta, van Persië en Koning Nebukadnésar van Babilon was “konings van konings” genoem, weens hul rykdom, mag, en uitgebreide koninkryke. Hoeveel te meer die Messias!

Ander het aangevoer dat Yahushua Yahuwah moes wees omdat net Yahuwah die wêreld kan regeer. Ongelukkig openbaar hierdie idee `n tekort aan insig aangaande Yahuwah se plan vir die mens om die aarde te regeer as Sy agent. Boonop reflekteer dit die mislukking om die totaliteit van die Skrifte oor hierdie saak te bepeins. Soos byvoorbeeld, skryf Paulus dat Yahushua verhef was tot hierdie verhewe posisie deur Yahuwah, nie omdat hy Yahuwah is nie, maar weens sy uiterste gehoorsaamheid aan sy God:

Filippense 2:8-11 En in gedaante gevind as `n mens, het Hy homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis. 9 Daarom het Yahuwah Hom ook uitermate verhoog en Hom `n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die naam van Yahushua sou BUIG ELKE KNIE van wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Yahushua Christus die Here is tot heerlikheid van Yahuwah die Vader.

Yahushua was deur Yahuwah verhoog en die hoogste naam gegee, die hoogste gedelegeerde mag. Inderwaarheid het Yahushua verskeie kere erken dat Yahuwah hom gesag verskaf het.

Yahushua was deur Yahuwah verhoog en die hoogste naam gegee, die hoogste gedelegeerde mag. Inderwaarheid het Yahushua verskeie kere erken dat Yahuwah hom gesag verskaf het. Soos byvoorbeeld:

Matthéüs 11:27 [Yahushua het gesê] “Alles is aan My oorgegee deur my Vader…

Matthéüs 28:18 [Yahushua het gesê] “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

Johannes 3:35 “Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

En volgens die Pauliniese gedeeltes vroeër aangehaal, was dit Yahuwah die Vader wie alle dinge onderwerp het aan Christus. Met ander woorde, daar was `n tyd toe alles nie onderwerp was aan die man van Nasáret nie, maar nou is hulle. Boonop is Yahushua se verheffing oor alle dinge gesê om tot verheerliking van Yahuwah, die Vader te wees, nie tot die Seun nie. Waarom? Want dit was alles net Yahuwah se toedoen. Yahuwah het vir Christus gekies. Yahuwah het vir Christus gesalf en bemagtig. Yahuwah het Christus uit die dood opgewek. Yahuwah het Christus verhef tot aan Sy regterhand en het alle dinge aan hom onderwerp.

Die feit dat Yahushua deur Yahuwah verhef was om aan sy regterhand te sit, die hoogste moontlike mag gegee is, en alle dinge onderworpe aan hom demonstreer Yahushua se menslikheid, nie `n vierde-eeuse, teoretiese godheid nie. Want as Yahushua inderdaad Yahuwah was, sou hy alreeds hierdie dinge besit het. Dit is onsinnig om te sê dat Yahuwah verhef was na `n posisie en rang wat hy inherent gehad het. Aan die ander kant is Paulus se geïnspireerde stelling lynreg in harmonie met Yahuwah se plan vir die mens om te heers oor die aarde.

Yahuwah het aan Yahushua die Koninkryk gegee.

Dat Yahushua nie inherent die koninkryk van Yahuwah besit het nie word verder beskryf in die Skrifte. Die profeet Daniël het `n visioen aangeteken waarin hy die Seun van die Mens sien, voorgestel aan Yahuwah en heerskappy, heerlikheid en `n koninkryk gegee word:

Die profeet Daniël het `n visioen aangeteken waarin hy die Seun van die Mens sien voorgestel aan Yahuwah en heerskappy, heerlikheid en `n koninkryk gegee word.

Daniël 7:13-14 “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van `n Mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. 14 “En aan Hom was gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en tale en nasies het Hom vereer; sy heerskappy is `n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sou word nie.

Ons sien hierdie profesie herhaal word in Yahushua se geboorte verslag:

Lukas 1:32 “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here Yahuwah sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee

Die frase, “die troon van Sy vader Dawid” is aanduidend van die Messias en die komende koninkryk. Verderaan getuig Yahushua homself dat dit Yahuwah die Vader is wie aan hom `n koninkryk voorsien:

Lukas 22:28-30 “Dit is julle wat altyddeur by My gebly het in My versoekinge; 29 En Ek beskik vir julle `n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, 30 sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My koninkryk en op die trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Indien Yahushua Yahuwah was, sou hy nie nodig gehad het dat enigeen hom `n koninkryk gee nie, want dit sou inherent syne wees. Maar Yahushua is die laaste Adam wie die verlore mensdom gered het, daarom het Yahuwah die koninkryk aan hom onderwerp.

In die Koninkryk, Bly die Seun Onderworpe aan die Vader

Nes Adam heerskappy gegee was oor die aarde terwyl steeds onder die gesag van Yahuwah, het Yahushua soortgelyk `n onderhewige rol in die koninkryk beset.

1 Korinthiërs 15:23-28 Maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan Yahuwah die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy [Christus se] voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom [Yahuwah, die Vader] onderwerp is, dan sal ook die Seun self, Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat Yahuwah alles in almal kan wees.

Skrifte verklaar dat die Seun onderhewig sal wees aan die Vader in die komende koninkryk.

Skrifte verklaar dat die Seun onderhewig sal wees aan die Vader in die komende koninkryk. Dit moet as geen verrassing kom nie, want Yahushua het gesê dat die Vader groter is as almal, selfs groter as hyself:

Johannes 14:28 “Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Hierdie gedeeltes maak geen sin indien Yahushua Yahuwah is nie. Maar hulle word duidelik wanneer ons verstaan dat Yahushua nie Yahuwah is nie, maar die Christus van Yahuwah.

Yahushua mag heers as Yahuwah se agent, maar eintlik, behoort die koninkryk aan Yahuwah die Vader.

Die Vader Sal Aan Ons die Koninkryk Gee

Yahushua die laaste Adam, was getrou aan Yahuwah in elke aspek. Sy gehoorsaamheid het `n weg vir ons geopen om terug te keer na die koninkryk, nie net as inwoners maar as deel van sy heerskappy:

Daniël 7:18 en 27 “En die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid’27 ‘Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste, hulle koninkryk is `n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

Lukas 12:32 “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het `n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Lukas 22:28-30 “En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. 29 En Ek beskik vir julle `n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, 30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Openbaring 3:21 ‘Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op sy troon gaan sit het.

Indien, soos sommige pogings aanwend om te redeneer, dat heerskappy in die komende koninkryk geidentifiseer word as een om godheid te hê, dan kan jy en ek net sowel ook God genoem word. Maar die Skrifte getuig dat gedeelde heerskappy is nie aanduidend van `n gedeelde God-essens nie. Dit is eerder `n bewys dat Yahuwah Sy belofte nagekom het vir die mens om te heers in Sy heerlike koninkryk. Laat ons daarom by ons koning aansluit in die gebed, “Vader, laat U koninkryk kom!”


1 New American Exhaustive Concordance of the Bible, #7282a radah.

2The Wycliffe Bible Commentary, Charles F. Pfeiffer, ed., (Chicago, IL; Moody Press, 1962), p. 4.

3 The New Oxford Annotated Bible (RSV), (Oxford University Press,1977), p. 2-3.

4 The Spirit-Filled Bible (NKJV), Jack W. Hayford, ed., (Nashville, TN: Thomas Nelson, 1991), p. 5.

5 The Masoretiese teks sê, "elohim." Die KJV en andere vertaal dit as "engele," maar dit is dieselfde woord vertaal as "God/god" (2,366 keer) iewers in die OT. (The Geneva Bible, RSVA, RV, LITV, en andere vertaal dit as "God.")

6 Genésis 3:15; Johannes 12:31.

7 Handelinge 2:29-32; Lukas 1:33, ens.

8 1 Korinthiërs 15:45; Romeine 5:14.

9 Johannes 10:10, 14; Handeling 3:26; 4:27, 30.


Hierdie is `n nie-WLC artikel Bron: https://oneGodworship.com/my-fathers-kingdom/

Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span