Print

`n Opsomming om die Evangelie te Verstaan

Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

`n Opsomming om die Evangelie te Verstaan

As ons `n opsomming wil hê om die evangelie te verstaan, moet ons hierdie dinge onthou. Ons is geregverdig (regverdig verklaar) gebaseer op verdienste deur die bloed van Christus. Wat ons ontvang is wat die bloed van Christus verdien. So, is ons verdienstelik geregverdig gebaseer op die bloed, en net die bloed. Ons word nie regverdig verklaar omdat ons vir 20 jaar kerk toe gegaan het, en goeie tiendes en offergawes gegee het, of ons `n goeie lewenstyl het nie – niks hiervan nie, so belangrik soos hulle is. Ons word verdienstelik geregverdig gebaseer op die bloed alleen.

Ons word instrumenteel geregverdig deur geloof alleen. Die enigste wyse wat jy dit kan beetneem is deur geloof alleen. Jy vat dit nie vas deur `n hele reeks dinge soos vas, gebed, offergawes, deur dit, dat, en ander dinge te doen nie. Nee, ons word geregverdig instrumenteel (hoe ons dit kry).

Geloof is die leë hand. `n Groot man hou `n appel uit na `n klein kind en sê, “Seun, wil jy `n appel hê?” “Ja, meneer”, sê die seun, en steek sy hand uit. Deur sy hand uit te steek het hy dit nie verdien nie, dit nie gemaak nie, het nie gemaak dat hy dit verdien nie. Hy het dit net geneem. Dit is wat geloof is – die leë bedelaarshand.

So, is ons geregverdig deur geloof alleen. Enigeen kan dit vat. Daar is geen deug in geloof nie. Die deug is in die objek. Nes die bril op jou neus – haal dit van jou neus af en dit beteken niks. Fokus dit op hul objek, en dit sal tot sy eie reg kom. Dis geloof.

Laastens word ons duidelik geregverdig deur werke. Wat bedoel ek hiermee? Die bewys van of ons regverdig verklaar is, is in die manier hoe ons lewe. Dis die bewys–dis nie die oorsaak nie, nóg is dit die middel, óf die instrument, nóg is dit wat meriete gee aan ons verlossing – dis die gevolg.

Dus, word ons op meriete geregverdig net weens die dood van Yahushua en Sy bloed. Ons word instrumenteel geregverdig net weens die hand wat uitgereik het en die geskenk geneem het. Jy het nie nodig om gevoelens te hê nie. Ons word nie gered deur wat ons voel nie, maar deur wat Yahushua vir ons gevoel het. “Wat my gevoelens ook mag wees, Yahushua is my Heiland steeds.” Derdens, word ons geregverdig deur goeie werke.

Indien ons Yahushua liefhet, kom die Heilige Gees na binne, en Hy verander ons liefdes sodat ons goeie dinge liefhet en begin om slegte dinge te haat, en ons lewens sal dit wys. Hulle sal nie wees – geen een is perfek behalwe Yahushua nie. Ons sal moet vra vir vergifnis van sondes elke dag, maar ons sal nie sonde koester en daarna soek nie. Ons mag daarin struikel, maar ons sal dit haat en daaruit gaan, en onmiddelik vra vir vergifnis en krag om te oorwin. Die rigting van ons lewens is waarvolgens Yahuwah ons mee oordeel – nie `n goeie daad of slegte een so nou en dan nie, maar die hoof rigting – dis hoe Hy ons oordeel.

In watter rigting is ons oppad? Hy sal nie vra hoeveel keer jy gestruikel het nie, maar waarheen gaan jy? Ons dade sal dit wys.


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr. Desmond Ford.

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span