Print

Plat Aarde: Laat Vaar die Bolvormigheid!

Die Aarde Is Nie`n Sfeer Nie!


Die waarheid sal jou skok

“Mag die naam van Yahuwah geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en krag is syne. . . Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.” (Daniël 2:20, 22)

Leaning Tower of Pisa

Enigiets wat op `n foutiewe fondasie gebou is sal uiteindelik val. 

Die skewe Toring van Pisa is `n Italiaanse ikoon. Sy rede tot bekendheid, is `n foutiewe fondasie wat die toring met 5.5 grade na die kant toe laat oorhel het, voordat die laaste pogings dit teruggebring het na `n veiliger 3.99 grade heling. Wanneer enige instelling op `n foutiewe fondasie gebou is, sal dit uiteindelik val.

NASA seruimte program” was gebou op `n enkele oorspronklike leuen: die teorie dat die aarde `n bal is, wat om die son wentel.Dit is nou tyd dat daardie leuen, en alles wat daarop gebou is, in een tuimel.

Sedert sy begin, was WLK se doel van bestaan om `n platform van vrystelling van waarheid aan soveel mense as moontlik te voorsien. Meer nog, om aktief te wees in die

soeke nawaarheid en dit te deel namate dit ontdek word. Om dit effektief te doen, het WLK onafhanklik gebly van enige denominasionele bande, Ter voorbereiding van `n volk vir die Heiland se spoedige wederkoms.

Die engel het Daniël meegedeel dat teen “die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.” (Daniël 12:4) Hierdie aanduidende belofte van meer lig wat sou kom het die WLK span geïnspireer in hul werk. Dit het die volgende ingesluit:

Dit was voorheen nodig om oortuigings wat in die verlede op foutiewe veronderstellings  gebaseer was reg te stel. Meer as eenkeer namate nuwe waarhede ontbloot was, moes die WLK span bekeer van hul verkeerdelike leerstellings uit die verlede. Nou het `n nuwe konsep opgeduik: die ware vorm van die aarde. Hierdie spesifieke onderwerp in soos geen ander wat vooraf gebeur het nie. Geen ander waarheid wat deur die WLK span studeer was, het in die eerste oogopslag, met soveel teenstrydigheid gevlieg in die aangesig van wetenskaplike“feit” nie.

Die oortuiging dat die wêreld `n sfeer is, wat om die son wentel is `n teorie wat vir solank aanvaar is dat dit `n “oupa” geword het en nou wyd as “feit” aanvaar word. Ywerige ondersoek het die skokkende waarheid bekendgemaak dat die aarde eintlik nie `n sfeer is wat deur onmeetlike gebiede van die ruimte spin nie. Hoewel dit nie “plat” is in die sin dat mens tot aan die rand daarvan gaan en afval nie, nóg is dit die oop sferiese bol waarvan almal vir die laaste 500 jaar geleer is. Maar, dit is presies wat die Skrifte en al die mense van ouds geleer het dit is: `n vaste massa land en oseane, wat omsluit is met `n beskermende koepel.

Kulture regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis het almal die bestaan van `n geosentriese, onbeweeglike plat aarde beskryf en verduidelik. Die Egiptenare, Indiaane, Mayane, Chinese, Inheemse Amerikaners, en letterlik elke antieke beskawing op aarde het `n geosentriese plat, aard kosmologie gehad. Vóór Pythagoras, was die idee van `n spinnende aardbol ondenkbaar, en selfs ná Pythagoras, het dit `n verborge, minderheids seining gebly tot 2,000 jaar later toe Copernicus die heliosentriese teorie begin laat herleef het.1

WLK aanvaar die waarheid van `n ingeslote, onbeweeglike aarde slegs na ywerige navorsing van die beskikbare wetenskaplike en astronomiese data. Die Bybelse ondersteuning van `n onbeweeglike aarde was maar altyd daar maar was misgekyk as poëtiese vryheid. Die WLK span bekeer van die versuim om hierdie beeldskone Skriftuurlike waarheid nie voorheen aan te neem nie. Yahuwah is die Skepper. Hy werk binne Sy eie wette van wetenskap. Inderwaarheid ondersteun wetenskap, astronomie en toegepaste wiskunde `n onbeweeglike aarde binne `n koepel omsluit....   nes die Skrifte ons leer! Maar selfs as die wette van die wetenskap nie die waarhede ondersteun het nie, sou WLK dit steeds omhels het. Die woord van die Almagtige is genoeg bewys om enige oortuiging of leerstelling te ondersteun.

Met hierdie nuwe insig oor die ware uitleg van die aarde, is boonop meer lig aangaande die profesieë uitgebring, nes die Skrifte voorspel het: “Julle moet weer profeteer” (Openbaring 10:11), die kennis van `n ingeslote aarde gee die volmaakte en finale vervulling van die drie engele boodskap waarvolgens die wêreld geroep word om die Skepper te aanbid (eerste engel se boodskap). Namate die waarheid versprei, sal die verskeie godsdienstige organisasies wat Babilon uitmaak, sonder uitsondering die heerlike waarheid verwerp. Sodoende sal die tweede engel se waarskuwing van die val van Babilon sy algehele vervulling bereik. Almal wie staan vir hierdie waarheid sal vervolging in die gesig staar, soos deur die derde engel voorspel, wanneer die pous die leier van die nuwe een wêreld godsdiens gemaak is, wie `n leersteling van `n sferiese aarde verkondig.

“Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas sodat dit nie wankel nie.”

(1 Kronieke 16:30)

Oor die opkomende weke en maande, sal WLK alle artikels en video`s korrigeer wat verwys na die foutiewe feit van `n heliosentriese aard bol teorie. Die span vra vir jou geduld tydens hierdie proses. Weens die omvang van hierdie webtuiste, is dit `n skrikwekkende taak wat tyd sal verg. Maar, WLK is toegewy om elke Hemelse toenemende waarheid wat openbaar gemaak is, te bevoordeel.

Die WLK span sien daarna uit om u uit te nooi om die bewyse vir u self uit te studeer.2  Dit is wel om die onderwerp op die spreekwoordelike  lange baan te skuif, terwyl u meer inligting versamel. Dit is ook wel om te erken, “Ek weet nie!” Maar moet asseblief nie jou denke sluit vir die moontlikhede sonder om eers noukerige hersiening van al die bewyse wat beskikbaar is te hersien nie.

Die gevaar van nuwe lig is nie dat dit nuut is en dus, deur versuim, verkeerd is nie. Nie een openhartige soeker na waarheid sal so `n Laodisense verondersteling maak nie. Die gevaar lê in die emosionele en selfs fisiologiese beswaar om `n splinter nuwe, verskriklike anderste paradigma. Dit kan chaos in die denke skep en `n streng verbetenheid om nooit weer so mislei te word nie. Die versoeking is om al mens se oortuiginge te verwerp, selfs die waarhede wat mens alreeds het. Verstaan hierdie reaksie vir die self verdedigings meganisme wat dit is en moenie oorhaastig ander vasgestelde waarhede verwerp nie.

Moet asseblief nie hierdie onderwerp of enige ander een sonder noukerige , deeglike en gebedvolle ondersoek verwerp nie. Wees voorbereid om die waarheid te volg waar dit ookal mag lei. 

Flat Earth AE Map

Deur Strebe (Eie werk) [CC DEUR-SA 3.0 (http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0)]. Via Wikipedia Commons

 


1 Eric Dubay,200 Proofs Earth Is Not A Spinning Ball. WLK waardeer die goeie navorsing wat Dubay gemaak het oor die vorm van die aarde, ons stem nie saam of bevorder nie ander, onchristelike oortuiginge wat deur hom verdedig word nie.

2 Wees asseblief attent daarop dat sommige ingeslote-aarde navorsers vas hou aan ander oortuiginge wat nie altyd in harmonie is met die Skrifte nie. Alhowel baie kosbare inligting geleer kan word, is die ywerige student bemoedig om aan te neem wat goed is en die ander opsy te sit. Die skoonheid van die waarheid is so dat selfs sommige ateïste, in die studering van die ingeslotenheid van die aarde, Christene geword het, wie die woord van Yahuwah aanvaar.