Hierdie is `n nie – WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Regverdigmaking bring `n geregtigheid wat 100% is, maar dit is nie toegedien nie. Wat bedoel ek met “toegedien”? Dit is nie in ons uitgestort nie. Dit is nie binne-in ons nie. Regverdigmaking bring 100% regverdigheid mee, en word by ons rekening gevoeg.
Ek is bly dat Hy dit nie in my sak gesit het nie omdat ek dit mag verloor, of iemand kan dit steel. Sou Hy dit in my gesit het, mag ek dit maklik misplaas. Maar die regverdigmaking wat die bloed van Christus ons bring word as regverdig verklaar, wat in Christus gevind is, in die hemel. Hy is my geregtigheid, en dit is 100% perfek. Jy word as volmaak gereken as jy `n Christen word, vir al jou dae, solank as wat jy vertrou in die bloed. Solank as jy in die boed van Christus vertrou, word jy as 100% volmaak gereken, selfs as jy nie is nie. Dit is regverdigmaking. Dit is 100% maar nie toegedien nie.
Heiligmaking bring `n regverdigheid wat “toegedien,” “ingesit” is. Die Heilige Gees kom in en verander ons gewoontes, gedagtes, liefdes, en haat. Dit is inwendig, maar dit is nie kompleet nie. Verstaan jy? Regverdigmaking is `n volmaakte regverdigheid, maar dit is nie binne-in my nie. Heiligmaking is `n regverdigheid wat binne-in my woon – die teenwoordigheid van die Heilige Gees en die veranderinge wat Hy bring – maar dit is nie volmaak nie. Heiligmaking is `n lewenslange proses. Met elke tree vorentoe, is daar meer om te neem. Daarom, moet jy nie alleenlik staatmaak op jou heiligmaking nie. Jy word nie mismoedig en sê, “Kyk, ek het weer so gemaak nie! Ek het iets gesê wat ek nie moes gesê het nie,” of “Ek is maar net nie wat ek moet wees nie.” Jy moet jouself nie toelaat om mismoedig te wees nie.
Hoe meer jy mismoedig voel, hoe makliker word dit om weer te sondig. Hoe gouer jy weer opstaan uit jou sondes en sê, “Here, ek is jammer. Vergewe my vir die onthalwe van die bloed van Christus, en help my op my weg. Dankie, Here” – hoe gouer jy dit doen, hoe minder geneig sal jy wees om weer te sondig. Niks is so suksesvol soos sukses nie, en niks broei mislukking uit soos mislukking nie.
Wanneer ons sê dat die regverdigheid van heiligmaking binne-in ons is, maar nie op 100% nie, sê ons dit sodat jy alleenlik vertrou in die regverdigheid van regverdigmaking. Dis waar jou hoop woon. Wanneer jy binne-in kyk, mag jy dink, “Ek`s `n ellendige uitvaagsel! Hoe kan die Here met my klaarkom?” Maar wanneer jy na die geregtigheid van Christus kyk, sê jy, “Daar`s dit! Deur Hom!” Onthou wat Paulus omtrent Onesimus aan Filemon gesê het? Jy reken my as `n medegenoot, ontvang hom dan asof hy ek is.” Dis wat Yahuwah doen; Hy behandel ons asof ons Christus is.
Die regverdigheid van verheerliking, wanneer Hy ons nuwe liggamme en nuwe gedagtes gee, is absoluut en inwendig. Jy verloor die ou sondige natuur en raak self ontslae van die inwendige verraaier. Van daardie punt vorentoe, is jy volmaak van nature en sal nie langer gepla wees deur versoekings om te sondig nie.
Ter opsomming, is die regverdigheid van heiligmaking 100%, maar dit is nie binne-in my nie. Dit bestaan in Yahushua, en ek kan dit nie verloor solank ek op Hom vertrou nie. Die regverdigheid van heiligmaking woon binne-in my. Die Heilige Gees bring dit in en transformeer my; maar, dit is nie 100% nie, daarom steun ek nooit daarop nie. Dit is nie die regverdigheid van geloof wat slegs betrekking het op regverdigmaking nie.
Heiligmaking vereis meer as geloof; dit vereis merkwaardige aktiwiteit, pogings en samewerking. Ons werk na buite wat die Heilige Gees na binne werk. Die Heilige Gees doen nie die gewilligheid of die daad nie. Hy werk in ons om te wil en te doen, maar Hy doen nie die wil en die dade nie. Net die regverdigheid van verheerliking is 100% binne-in ons.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr. Desmond Ford.
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorsponklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span