Print

Rus in vrede | Wat gebeur na die dood ?

Die dood van `n geliefde bring hartseer, verdriet, `n verlange na tweede kanse, en dikwels . . . . vrae.

In hierdie hartseer, kwesbare tyd van `n mens se lewe, soek die gemoed na antwoorde.
begraafplaas

"Is dit al wat daar is?"

"Is sy verewig weg?" 

"Wat gebeur nou met hom?" 

"Waar is hy?"

"Waarlik my baba is nou in die hemel... Is sy nie?"

"As ek maar net seker kan wees!"

"Ek kan nie die gedagte uitstaan dat hy in die vagevuur moet ly nie!"

"Watter soort God verbrand mense?"

"Is sy daarbo besig om my dop te hou? Al die tyd?"

"Selfs as ek  . . . . is ek nie seker of ek van die idee hou dat ek alle tyd dopgehou word nie!"

`n Liefdevolle hemelse Vader weet dat Sy aardse kinders sulke vrae sal hê. In die Skrifte, het Hy `n antwoord voorsien vir die weemoed van elke persoon. Baie mense is geleer dat wanneer iemand sterf, leef hul onsterflike siel net voort.  Maar, die Bybel gee twee beginsels wat dit openbaar as `n leuen van Satan.
 
1 Timotheus 6:16 verklaar dat dit Yahuwah is " wat alleen onsterflikheid besit, en `n ontoeganklike lig bewoon  wat geen mens gesien het of kan sien nie."  Die Bybel leer:

"Die siel wat sondig, die moet sterwe." (Esegiel 18;4,Ou Vertaling.)

Verder maak die Skrifte dit duidelik:

"Want daar is geen mens wat nie sondig nie" (1 Konings 8:46, Ou Vertaling)

"Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle van die heerlikheid van . . . [Yahuwah]. (Romeine 3:23, Ou Vertaling.)

Dood is die erfdeel van elke mens, omdat almal gesondig het. Die Skepper, wie se liefdevollle hart nooit van voorneme was dat Sy aardse kinders onder sonde moes ly nie, het alle twyfel begraafplaasverwyder van wat na die dood gebeur. `n "Siel" is nie `n liggaamlose rondswewende gees nie. In die begin het Yahuwah  "die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens dan `n lewende siel geword" (Genesis 2:7) `n "Siel" kan nie net `n liggaamlose gees wees nie, want dit vat beide `n liggaam en die asem van die lewe om `n siel te maak!

"Want my asem is nog heeltemal in my en die lewensasem van . . . [Yahuwah] is in my neus." (Job 27:3,Ou Vertaling)        

Daar is geen bewustheid na die dood nie.

"Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie daar geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op die dag [die dag van sy dood] is dit met sy planne gedaan."  (Psalm 146:3,4 Ou Vertaling)

Almal wie die duidelike Skrif verklarings ignorer, dat daar geen bewustheid na die dood is nie, stel hulle self in gevaar. Deur te kleef aan die geloofsoortuiging van lewe-na-die- dood laat mens oop om deur demone mislei te word. Séance is niks minder as bose engele wat die gedaante van `n  afgestorwe geliefde aanneem nie. Hierdie gewoonte word sterk deur die Bybel veroordeel.
 
Die karakter van die ewige Vader word baie bondig opgesom: 1Johannes 4:8 verklaar dat Yahuwah  komplete en algehele liefde is. Skone liefde verdoem nie enigiemand om verewig te brand vir sondes van `n enkele leeftyd nie.

"Die loon van die sonde is die dood." (Romeine 6:23a)

Dood, nie die ewige lewe in lyding, is die loon van die sonde nie.

"Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet."  (Prediker 9:5, Ou Vertaling)

Selfs in die dood, skemer die tedere minsaanheid van `n liefdevolle Hemelse Vader deur. Skrifte stel die dood voor as niks meer as net slaap nie. Toe die Heiland aankom by die huis van Jaïrus, wiese dogter pas gesterf het, Sê Hy vir hulle: ' Die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap." En hulle het Hom uitgelag.( Mattheüs 9:24, Ou Vertaling)
 
oop Bybel

As openhartige Bybel studente, moet ons altyd toegee aan die magdom van bewyse in die studie van die Skrifte. Handleiding en tradisie het baie gelei om te kleef aan `n verkeerdelike insig van die staat van die dode. 

Selfs die dissipels was verbaas om te hoor dat " dood" vir die Skepper net "slaap" is. Na die afsterwe van Lazarus, sê Yahushua aan Sy dissippels; "Lazarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak."  Die dissipels het nie verstaan dat Lazarus gesterf het nie. Sy dissipels se toe: As hy slaap, sal hy gesond word. Maar Yahushua het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe sê Yahushua vir hulle ronduit:  Lazarus is dood."  (Sien Johannes 11;11-14)
 
Met Adam en Eva se sondeval, het die liefdevolle Skepper weemoedig hul nuwe lot in die lewe aan hulle verduidelik:

"In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem, Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer." (Genesis 3:19,Ou Vertaling)

Wanneer `n persoon sterf, keer die lewensasem terug na die Skepper en die liggaam keer terug na die stof waaruit dit gemaak is. Teen die einde van sy lewe, het die wyse koning Salomo almal berispe:  

"En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid
Voordat die ongelukkige dae [van ouderdom] kom,
En die jare aanbreek waarvan jy sal sê, 'Ek het daar geen behae in nie.'
Voordat die silwerdraad verwyder word . . . .
En die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het,
En die gees na  . . . [die Skepper] terugkeer wat dit gegee het."
(Prediker 12:1, 6-7,Ou Vertaling)

Die gedagtes kom tot `n einde en die siel gaan slaap, as die liggaam sterwe en die asem terugkeer na die Skepper.

"Want in die dood word aan u nie gedink nie; wie sal u loof in die doderyk?" (Psalm 6:6, Ou Vertaling)

"Die dode en almal wat in die stilte neerdaal, sal . . .[Yahuwah] nie loof nie." (Psalm 115:17,Ou Vertaling) 

Wederkoms van YahushuaVir almal wie die Skepper liefhet, is die dood maar net `n slaap- `n rus van al hul arbeid terwyl hulle wag op die Lewe-Gewer om terug te keer en hulle in die lewe op te wek. Wanneer Yahushua weer kom, sal Hy almal wie op Hom vertrou het, weer lewend maak. Dan sal hulle wie opgewek is sowel as die regverdiges wat steeds lewe, saam met Hom na die Hemel geneem word.
 
Nes die apostel Paulus die Thessalonicense bemoedig het:

"Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Yahushua gesterwe en opgestaan het, dan sal die Vader ook so die wat in Yahushua ontslaap het, saammet Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van Yahuwah, dat ons wat in die lewe oorbly tot die wederkoms van Yahushua, die ontslapenes (afgestorwenes) hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want Yahushua self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van `n aartsengel  en met die geklank van die basuin van Yahuwah, en die wat in Yahushua gesterf het sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saammet hulle in die wolke weggevoer word die Verlosser tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by Yahushua wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde." (Sien 1 Thessalonisense 4: 13-18)

Onsterflikheid is die belonging wat Yahushua by Sy wederkoms aan almal gee wie Hom liefgehad en vertrou het.

"Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua, onse Verlosser." (Sien Romeine 6:23)

En Paulus deel ons mee van hulle wie lewend sal wees by die Wederkoms:

"Kyk, ek deel julle `n verborgenheid mee, Ons sal wel nie almal ontslaap nie maar ons sal almal verander word, in `n oomblik in `n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word." (1 Korinthiërs 15:51-53, Ou Vertaling)

blydskap VrouAlmal wie hul Skepper liefhet en vertrou het nie nodig om die dood te vrees nie. Yahuwah het belowe:

"Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood.
Dood waar is jou pestilensie? Doderyk, waar is jou verderf ?" (Hosea 13:14, Ou Vertaling)

In daardie blye dag sal die lied op elke nuwe onsterflike tong wees:

"Dood, waar is jou angel?
"Doderyk, waar is jou oorwinning?"
(1Korinthiërs 15:55, Ou Vertaling) 

Hoegenaamd nie iets om te vrees nie, is die dood `n rus wat die liefdevolle Vader gee aan Sy moeë kind, wie wag op die opstanding tydens die Wederkoms waar "ons nimmermeer sal skei nie."