Print

Servetus Se As Roep Uit Teenoor Johannes Calvyn

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik. Publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Servetus se As Roep Uit Teenoor Johannes Calvyn

Hierdie artikel handel oor `n mins-bekende maar baie belangrike deel van kerk geskiedenis uit die Hervormings tydperk. Hierdie inligting was so weggesteek vir die publiek in ons dag dat min mense enigiets weet omtrent hierdie verbasende feite. Fluitjies moet geblaas word. Maak jou klaar vir `n skok.

Op 27 Oktober 1553 het Johannes Calvyn, die stigter van Calvynisme, Michael Servetus, die Spaanse dokter, net buite Geneva aan die brandstapel laat sterf oor sy doktrinale kettery.1 Johannes Calvyn, die uitvinder van die gewilde leerstelling van “eenmaal gered, altyd gered” (bekend in sekere sirkels as “die volharding van die heiliges”) het die kreet van die Hervorming – sola Scriptura” verontagsaam – deur `n doktrinale “ketter” te vermoor sonder skriftelike regverdiging. Die moord op Servetus was iets wat Calvyn al `n lang tyd voordat Servetus gevange geneem was, beplan het. Aan sy vriend, Farel, het Calvyn op 13 Februarie 1546, geskryf (sewe jaar voor die arrestasie van Servetus). Hy het op rekord gegaan deur te sê: “Indien hy [Servetus] na Geneva kom, sal ek hom nooit lewend daaruit laat gaan as my gesag gewig dra nie.”2 Waarskynlik het Calvyn se gesag in daardie dae in Geneva, Switserland veel “gewig” gedra. Dit is waarom sommige verwys na Geneva as die Rome van Switserland”3 en na Calvyn as die Protestantse “Pous van Geneva”4

Tydens Servetus se verhoor, het Calvyn geskryf: “Ek hoop dat die uitspraak die doodstraf as vonnis het.”5 Dit alles openbaar `n kant van Johannes Calvyn wat onbekend en glad nie mooi is nie, om maar die minste te sê! Natuurlik, het hy `n verlengde, moordenaars hart en was gewillig om die Skrifte te oortree om `n ander mens te vermoor op `n baie wrede wyse. Alhoewel Calvyn toegestem het tot Servetus se versoek om onthoof te word [gedagtig dat dit beter is as om lewend verbrand te word], het hy toegegee aan die wyse van teregstelling wat gebruik is. Maar waarom het Calvyn `n doodswens vir Servetus gehad? “Om vir Servetus van sy ketterye te red, het Calvin geantwoord met sy laaste uitgawe van sy Institutes of the Christian Religion, wat Servetus onmiddelik teruggestuur het met beledigende kantlyn aantekeninge. Tenspyte van Servetus se pleidooie, het Calvyn, wie `n intense haat vir Servetus tydens hulle korrespondensie ontwikkel het, geweier om enige van die inkrimenerende materiaal terug te gee.”6

“Skuldig bevind aan kettery deur die Rooms Katolieke gesag, het Servetus die doodstraf ontwyk deur `n tronk ontsnapping. Oppad na Italië, het Servetus onverantwoordelik gestop in Geneva, waar hy deur Calvyn en die Hervormers verwerp is. Hy was die dag na sy aankoms inhegtenis geneem, as ketter veroordeel en toe hy weier om te herroep, in 1553 verbrand met die stilswyende goedkeuring van Calvyn.”7

“In die tyd van sy vlug van Vienna, het Servetus in Geneva gestop en die fout gemaak om `n preek van Calvyn by te woon. Hy was erken en na die diens in hegtenis geneem.”8 Calvyn het hom [Servetus] as ketter gearresteer, verhoor en op die brandstapel veras.”9

Vanaf die tyd dat Calvyn hom gearresteer het op 14 Augustus tot sy veroordeling, het Servetus sy oorblywende dae “in `n gruwelike kerker met geen lig of hitte, min kos, en geen sanitêre geriewe, deurgebring.”10

Laat dit opgelet word dat diegene wie verantwoordelik was vir die dood van Servetus in Geneva het half-groen hout rondom die voete van die slagoffer geplaas en `n ruiker met swawel bedek op sy hoof gesit. Dit het meer as dertig minute geneem om hom leweloos te vind in so `n vuur, terwyl die mense van Geneva daarom gestaan het om hom te aanskou in sy lyding en stadig sterf! Net voor dit gebeur het, wys die verslag:

Farel het langs die veroordeelde man geloop, en het `n konstante stortvloed van woorde gehad, in totale onsensitiwiteit aan wat Servetus moes deurmaak. Al wat hy in gedagte gehad het, was om van die prisonier `n erkenning van sy teologiese fout uit te kry --`n skokkende voorbeeld van die siellose heling van siele. Na `n paar minute daarvan, het Servetus opgehou om enige antwoord te gee en saggies tot homself gebid. Toe hulle aankom by die plek van teregstelling, het Farel aan die toeskouers gesê: ‘Hier sien julle watter mag Satan het wanneer hy `n mens in sy mag het. Hierdie man is `n uitsonderlike geleerde, en hy glo dalk dat hy reg optree. Maar nou beheer Satan hom heeltemal, soos hy julle ook mag beheer, sou julle in sy strikke trap. [Yahushua was reg toe Hy sê: “Diegene wat julle doodmaak sal dink dat hulle vir Yahuwah`n diens doen”!]

michael servetus lewend verbrand op die brandstapel“Toe die laksman sy werk begin, het Servetus met `n bewende stem gesê: ‘O Yahuwah, O Yahuwah!’ Die gedwarsboomde Farel het hom toegesnou: ‘Het jy niks anders te sê nie?’ Dié keer het Servetus hom geantwoord: ‘Wat anders mag ek doen, as om van Yahuwah te praat!’ Daarna was hy op die stapel gelig en aan die paal vasgebind. `n Ruiker gestrooi met swawel was op sy hoof gesit. Toe die flikkers aangesteek was, het `n vreeslike angskreet van hom uitgegaan. ‘Genade, genade!’ het hy uitgeroep. Vir meer as `n half uur het die pyn aangehou. Want die brandstapel was gemaak van stadig brandende half-groen hout. ‘Yahushua, Seun van die ewige Yahuwah, wees my genadig,’ het die gemartelde man uitgeroep te midde van die vlamme.”11

Alhoewel ons wesenlik dieselfde uitroep van die bekeerde, boetvaardige rower aan die kruis gehad het (Lukas 23:42-43, cf. Lukas 18:13) met die Skrifte wat sê: “En elkeen wat die naam van die Here aanroep, sal gered word.” Handelinge 2:21; (Rom. 10:13), het Farel steeds gereken dat Servetus `n ongeredde man tot aan die einde van sy lewe was: “Farel het geskryf dat Servetus kon gered gewees het deur die posisie van die byvoeglike naamwoorde te verskuif en Christus erken as die Ewige Seun eerder as die Seun van die Ewige Yahuwah.”12

Calvyn het dus sy vyand vermoor, en daar was niks om te toon dat hy ooit van sy misdaad bekeer het nie. Die jaar daarna het hy `n verdediging gepubliseer waarin verdere beledigings op sy voormalige vyand gehoop is in die wraaksugtigste en onbeheersde taal.13

Nes die Roomse Katolieke van 1415 Johannes Huss14 aan die brandstapel verbrand het oor leerstelling, het Johannes Calvyn, die Protestant, net so Michael Servetus aan die brandstapel veras. Maar was leerstelling die enigste kwessie? Kon daar `n ander rede wees, `n politiese een?

As `n ‘hardkoppige ketter’ was sy ganse besittings gekonfiskeer sonder enige rede. Hy was sleg behandel in die tronk. Dit is verstaanbaar, daarom, dat Servetus so onbeskof en beledigend in sy konfrontasie was met Calvyn. Ongelukkig vir hom, was Calvyn in hierdie tyd besig om te baklei om sy kwynende mag in Geneva te behou. Calvyn se opponente het Servetus as `n voorwendsel gebruik om die Geneva Hervormer se diktatoriale regime aan te val. Dit het `n prestige saak geword – altyd `n seer punt vir elke diktatoriale regime – vir Calvyn om sy mag in hierdie geval te verseker. Hy was geforseer om die veroordeling van Servetus te verhaastig met alle middelle tot sy beskikking.”15

Ironies genoeg, het die veroordeling van Servetus nie regtig die mag van die Geneefse Hervormer versterk nie. Daarenteen, soos Frith Barth dit gestel het, ‘het dit Calvynisme gruwelik gekompromiteer en in die hande van die Katolieke geplaas, aan wie Calvyn sy Christen ortodoksie wou demonstreer, die beste wapen vir die vervolging van die Hugenote, wie niks anders as ketters in hul oë was nie.’ Die prosedure teen Servetus het gedien as `n model van `n Protestantse ketter verhoor…Dit het in geen wyse verskil van die metodes van die middeleeuse Inkwisisie nie. Selfs die seëvierende Hervorming, ook, kon nie die versoekings van mag weerstaan nie.”16

Is dit moontlik vir so `n man soos Johannes Calvyn om `n “groot teoloog” te wees en terselfdertyd op te tree in hierdie verwerplike wyse om agterna geen berou te toon nie? Liewe leser, het jy `n hart wat soos Johannes Calvyn, `n ander persoon aan die bandstapel laat sterf? Keer jy hierdie brutale moord goed?

Golden retriever hondjieKom ons illustreer dit op `n ander wyse. Veronderstel `n man uit jou gemeente met `n reputasie daarvan om `n geestelike leier te wees vang u buurman se hond, ketting dit vas aan `n brandstapel, en dan `n klein hoeveelheid groen vuurmaakhout gebruik om die hond stadig tot as te verbrand? Wat sou u van so `n persoon dink, veral as hy agterna geen berou getoon het nie? Sou u hom aanstel om die Bybel aan u te verduidelik? Om die saak selfs slegter vir Johannes Calvyn te maak, is `n mens, anders as `n hond, geskape in die beeltenis van Yahuwah! Of jy nou daarvan hou of nie, kan ons maar net tot die slotsom kom uit hierdie bewyse, dat Johannes Calvyn se hart duister was, en nie verlig was, weens die moordadige haat vir Servetus. Op die beste was Calvyn geestelik verblind deur sy haat en daarom, geestelik verhinder om die woord van waarheid reg uit te lê.17

“Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en die gruwelikes en die moordenaars en die hoereerders en die towenaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” (Open. 21:8).

“En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie – is `n leuenaar en in om is die waarheid nie.” (1 Joh. 2:3-4).

“en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie” (1 Joh. 3:15 NV).

Die Grieke voeg `n belangrike woord by 1 Johannes uitgelaat in die Engelse vertalings. Daardie woord is “blywends” of “in hom” (NV) en sê dat moordadige mense nie die ewige lewe blywends in hulle het nie.

Liewe leser, omdat moordenaars ongered is en Johannes Calvyn `n moordenaar was, dan is Calvyn ongered! Omdat die ongereddes duister is in hul geestelike begrip (Ef. 4:18) en Calvyn was ongered volgens die Skrifte, was Calvyn dan nie verduister in sy geestelike begrip nie? Yahushua het gesê dat ons mense “ken” aan hulle vrugte (Matt. 12:33) – of dit nou Johannes Calvyn is of enige iemand anders!

“Hierin is die kinders van Yahuwah en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit Yahuwah nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.” (1 Joh 3:10).

Kan u sê dat Johannes Calvyn “reg” was omtrent Servetus? Indien nie, dan maak dit van hom `n “kind van die Duiwel” volgens hierdie vers en andere reeds genoem? Alhoewel sommige sal te kere gaan oor hierdie slotsom, kan ons geestelik tot `n ander een kom?

Geen ander bewys om Calvin se geestelike status objektief te assesseer, is nodig nie. Maar twee ander mense moet ook kortliks genoem word:

Twee ander gewilde episodes gaan oor Jacques Gruet en Jerome Bosec. Gruet, wie deur Calvyn beskou was as `n Liberale, het kritiese briewe geskryf van die Konsistorie, en het die Katolieke koning van Frankryk ernstiger gevra om in te tree in die politieke en godsdienstige sake van Geneva. Met Calvyn se instemming was hy onthoof oor verraad. Bolsec het Calvyn se leerstelling oor predestinasie in die publiek uitgedaag, `n leerstelling wat Bolsec, met baie ander, moreel verfoeilik gevind het. Verban uit die stad in 1551, het hy homself gewreek in 1577 deur die publikasie van `n biografie van Calvyn wat hom van vraatsug, fanansiële wanbestuur en seksuele afwykings beskuldig het.18

Hoe moet `n ketter of valse leermeester behandel word, dit is, indien iemand gewillig is om te wandel in die bybelse riglyne? Paulus het aan Titus geskryf en geraak aan die einste saak, wat eers uit begin as kwalifikasie vir ouderlingskap in die kerk:

(Titus 1:9-11). “een [die ouderling] wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê. Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is; hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, terwille van vuil wins” (Titus 1:9-11).

Dit is duidelik dat `n valse ouderling “stilgemaak”, moet word nie deur hom te vermoor nie, soos Calvynisme se uitvinder gedoen het, maar deur hom te verwys na die Skrifte. Dit is die ware Christen metode. [Lesers moet in gedagte hou dat Calvyn die ketter was sowel as die een wie die draer van Waarheid omtrent Yahuwah aan die brandstapel laat sterf het!]

Indien Calvyn se voorbeeld die standaard is, sal die volgende keer as die Jehowah se Getuies of die Mormoonse sendelinge weer aan ons deure klop, ons hulle fisies sal oorrompel, hulle aan `n brandstapel vasmaak, en menslike kerse van hulle maak. Kan jy jou indink `n belydende Christen dit doen, meer nog `n gerekende teoloog? Sou dit gedoen was, kan jy jouself forseer om te glo so `n persoon werklik gered was en vashou aan sy unieke doktrinale eiesoortigheid?

Ook moet valse leermeesters openlik genoem word nes Paulus Himenéüs en Filétus openbaar het wie die geloof van sommige van die Christene vernietig het, deur Paulus bekend: “en hulle woord sal voortwoeker soos `n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om. (2 Tim 2:17-18).

johannes calvynWaarom het Calvyn hierdie skriftelike riglyne so gruwelik oortree? Sedert Paulus se gees-vervulde aanwysings (en voorbeeld) oor hoe om met `n ketter te handel diametries deur Calvyn teëgestaan word, is dit nie veilig om te veronderstel dat Calvyn deur `n anderste gees beheer was as Paulus nie? Waarom was hierdie feite aangaande Johannes Calvyn se lewe skaars genoem in ons dag? Die antwoord op hierdie laaste vraag is voor die handliggend. Dit is beide `n verleentheid en weerlegging van Calvynisme wie hulle self na sy naam vernoem! Omdat hulle die evangeliese meerderheid is en dit hul mag en invloed is wat die grootste beheer oor wat versprei is, regdeur ons land en selfs die wêreld, is hierdie inligting oor hul stigter weinig, of selfs nooit, van gehoor nie. Baie mense leer nou eers die skokkende feite omtrent Calvynisme se stigter soos hulle dit vir die eerste keer lees!

“Geen gebeurtenis het geskiedkundige oordeel so beïnvloed van Calvyn soos die rol wat hy gespeel het in die inhegtenis name en veroordeling van die Spaanse dokter en amateur teoloog Michael Servetus in 1553 nie. Hierdie gebeurtenis het alles wat Calvyn bereik het oorskadu en duur voort om sy moderne bewonderaars in die verleentheid te stel.”19

Drie belangrike vrae staan uit: (1) Kan Johannes Calvyn skriftuurlik regverdig word vir die moord op Michael Servetus? (2) Volgens die Skrifte, word iemand as geestelik onbevoeg verklaar om die Skrifte akkuraat uit te lê, deur moordadige haat te hê? (3) Kan `n moordenaar gered word volgens Openbaring 21:8?

Al hierdie antwoorde het `n invloed op die geloofwaardigheid van Calvyn se gewilde “volharding van die heiliges” leerstelling, onder andere. Ongelukkig is Calvyn se weergawe van Christelikheid die oorheersende siening in ons land, maar is die siening Skriftuurlik? Om ja te antwoord is om te sê dat Calvyn se dubbele voorafbestemming waar is, dit is, sommige is vooraf bestem vir die Hemel [Hemel in die Bybel is nêrens in die Skrifte die bestemming van die verlostes nie -- uitg.] en andere is voorafbestem vir die Hel sonder vrye keuse aan hul kant! Dit sal baie Skrifte oortree, veral 2 Petrus 3:9: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”

Servetus“Boonop verklaar Calvyn se leerstellings dat Yahushua se werk aan die kruis nie oneindig was nie, want volgens daardie leerstelling, het hy nie sy bloed gestort vir elke mens nie, maar net vir die uitverkorenes – diegene wie voorafbestemd was vir redding. Dit word duidelik weerlê deur 1 Johannes 2:2: “En Hy is `n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s`n nie, maar ook vir die hele wêreld.”

Ook sy “volharding van die heiliges” leerstelling sou daarop dui dat Yahuwah se mag die ware verlostes sal bewaar, tenspyte van gruwelike sondes wat na herskepping gepleeg is en/of enige doktrinale kettery aangeneem sou word, en sodoende enige Skriftelike voorbeelde en waarskuwings te oortree wat net die teenoorgestelde bewys!

Dit moet voor die handligend wees dat, vanaf die stigter tot by ons vandag, die “volharding van die heiliges” leerstelling (algemeen bekend as “eenmaal gered, altyd gered”) dikwels `n “proefskrif vir immoraliteit” was geleer onder die banier van goedertierenheid (sien Judas 3,4). Nes Calvyn se eie teologie vir sy optrede teen Servetus, is baie in ons dag gevul met seksuele immoraliteit, leuens, dronkenskap, gierigheid, ens., terwyl hulle verlossing bely. Dit is die gevolge van Calvyn se verwronge genade boodskap - `n leerstelling wat soos “kanker versprei het” van `n man wat `n ander openlik tot as verbrand en vir die oorblywende 10 jaar en sewe maande van sy lewe, nooit in die publiek van sy misdaad bekeer het nie.

“Servetus se as sal uitroep teen hom [Calvyn] so lank as wat hierdie twee manne bekend in die wêreld is.”21


1 “Op slegs twee punte, in besonders, was Servetus veroordeel – naamlik, anti-Trinitarianisme en anti-baba doop” (Roland H. Bainton, Hunted Heretic, The Beacon Press, 1953, bl. 207). Kommentaar: Aangaande sy verwerping van baba doop het Servetus gesê, “Dit is `n uitvindsel van die Duiwel, `n helse valsheid vir die vernietiging van die hele Christendom” (Ibid., bl. 186.) Baie Christene van ons dag kan net `n hartlike “Amen” gee aan hierdie stelling gemaak oor baba doop. Maar, dit is ten dele waarom Servetus ter dood veroordeel is deur die Calvyniste!

2 Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge, Baker Book House, 1950, p. 371.

3 The Wycliffe Biographical Dictionary of the Church, Moody Press, 1982, p. 73.

4 Stephen Hole Fritchman, Men of Liberty, heruitgawe Kennikat Press, Inc., 1968, p. 8.

5 Walter Nigg, The Heretics, Alfred A. Knopf, 1962, p. 328.

6 Who's Who In Church History, Fleming H. Revell Company, 1969, p. 252.

7 Steven Ozment, The Age Of Reformation 1250-1550, Yale University Press, 1980, p. 370.

8 The Heretics, p. 326.

9 The Wycliffe Biographical Dictionary of the Church, p. 366.

10 John F. Fulton, Michael Servetus Humanist and Martyr, Herbert Reichner, 1953, p. 35.

11 The Heretics, p. 327.

12 Hunted Heretic, p. 214. Kommentaar: Nêrens in die Bybel sien ons hierdie tipe klem vir mens se verlossing nie. Die rower aan die kruis, die Filippense bewaarder en Cornelius was almal gered deur `n baie basiese vertrouelike-onderwerpings geloof in Yahushua.

13 Michael Servetus Humanist and Martyr, p. 36.

14 Johannes Huss het vele Rooms Katolieke ketterye soos die transubstansiasie, onderwerping aan die Pous, geloof in heiliges, voldaanheid van kwytskelding deur die priesterskap, onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan aardse heersers en simonie, aangeval. Huss het ook die heilige Skrifte die enigste reël in sake van godsdiens en geloof gemaak. Sien The Wycliffe Biography Dictionary of the Church, bl. 201.

15 The Heretics, p. 326.


16 Ibid., pp. 328, 329.


17 Byvoorbeeld, in skrille kontras tot die betekenis wat Yahushua van die gelykenis van die onkruid in die veld (Matt. 13:24-43) waar die Here ons vertel dat “die veld die wêreld is” (v.38), leer Johannes Calvyn “die veld is die kerk.” Sien Calvyn se vers tot vers kommentaar oor Matthéüs se evangelie.

18 The Age of Reformation 1250-1550, pp. 368,369. Bolsec se boek waarin hy Calvyn beskuldig van sy dade soos aangeteken in Histoire de la vie, moeurs, actes, doctrine, constance et mort de Jean Calvin,. pub. a Lyon en 1577, ed. M. Louis-Francois Chastel (Lyon, 1875).

19 Ibid., p. 369.

20 Augustine van Hippo, die Katolieke teoloog, was `n vroeë voorstander van predestinasie van wie Calvyn idees gekry het.


Hierdie is `n nie-WLC artikel geskryf deur Dan Corner

Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal, en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is - WLC Span.