Print

Skuil saam met Christus by Yahuwah

Die geheim van verandering is om saam met Christus by Yahuwah te skuil. Dit is die voorsiening wat Yahuwah genadiglik gemaak het, sodat die gelowige die goddelike wet volkome kan onderhou.

Wanneer die meeste Christene aan die goeie nuus van die evangelie dink, dink hulle aan die onskatbare gawe van vergifnis, en waar die sondes van die gelowige deur die bloed van Christus uitgewis word en hy voor Yahuwah staan asof hy nog nooit gesondig het nie. Sonder Yahuwah se geskenk van verlossing, dit veel meer is as een of ander goddelike inkpot is wat die bloed van Christus oor die individu se rekord in die Boek van die Lewe sprinkel.

die lees van die Bybel in die bed

Is gehoorsaamheid nodig?

Openbaring dit duidelik stel wat die voorwaardes is vir die ewige lewe: “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openbaring 22 vers 14)

Satan weet wat die voorwaardes vir die ewige lewe of die ewige dood is, en dat dit nooit verander het nie: wees gehoorsaam en leef; wees ongehoorsaam en sterf. Hy het verwarring oor die aangeleentheid van die goddelike wet geskep. Aan die een kant het hy baie toegewyde Christene laat glo dat hulle in hierdie lewe sondeloos moet wees om gered te word. Omdat hulle opreg Yah wil eer en doen wat reg is, is dit baie maklik vir hierdie groep van Christene om vasgevang te raak in die bog en modderpoel van werke. Aangesien Yahuwah heilig is en hulle weet dat hulle dit nie is nie, beoefen hulle steeds meer selfverloënende pogings om heilig te wees, asof die selfverloëning ‘n sleutel is tot die lewe van ʼn goddelike lewe.

Die ander groep van Christene, net so in opregtheid hulle tot die uiterste toe wend. Hulle sien die onmoontlikheid van dat enige gevalle mens sondeloos kan wees. Aangesien, en sedert dit onmoontlik is, dring hulle daarop aan dat Yahuwah nie meer gehoorsaamheid benodig nie. Vir hierdie groep Christene, het Satan die leuen voorberei dat die wet “aan die kruis vasgespyker” was, en nie meer bindend is nie.

van een hand na die ander

Sondeloos om gered te word    --------------------------------------------------------------  Die wet is nie meer langer Bindend

Beide groepe in verkeerdheid verkeer. Aan Johannes was die oorwinnaars gewys en verklaar hy onomwonde dat hulle die goddelike wet onderhou het: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Yahushua bewaar.” (Sien Openbaring 14 vers 12).

Die antwoord is Christus!

Die antwoord op hierdie skynbaar onmoontlike dilemma dit Yahushua is. As u kies om die gawe van verlossing te aanvaar, word u meer aangebied as net die vergifnis van sondes uit die verlede. Yahushua se sondelose lewe van volmaakte gehoorsaamheid aan die wet van Yah word ook vir u rekening as krediet gegee. Paulus skrywe:

AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in Yah. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. (Sien Kolossense 3 verse 1 tot 4).

gebed

Deur saam met Christus in Yah te skuil. Dit is die enigste manier is waarop iemand kan hoop om 'n wetgehoorsame te word. Net soos die bloedbedekking vir sonde, is dit ook 'n genadegawe wat vryelik beskikbaar is vir almal wat dit deur die geloof sal aanvaar. Om saam met Christus in Yah te skuil beteken dat ons so volledig verswelg word deur die geloof in die versoeningsoffer dat ons sondes bedek word deur die geregtigheid van Yahushua. Dit is nie net vir die sondes van die verlede nie. Dit is ook vir die sondes en onvolmaakthede en mislukkings wat die natuurlike oorsaak is van 'n gevalle natuur.

Almal wat hulself saam met Christus byYah geskuil het, sal met Yahushua se wederkoms 'n hoër natuur geskenk word. Dan, en eers dan, sal hulle ʼn algehele sondelose lewe kan leef.

Paulus het aan die Korinthiërs vertel:

Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van Yah nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar Filip. 3:21ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. (sien 1 Korinthiërs 15 verse 50 tot 53)

Hoe word dit gedoen:

gehoorsame kindDawid was 'n sondaar. Hy was 'n veelwywer, 'n leuenaar, 'n egbreker en 'n moordenaar. Tog, ten spyte van sy vele sondes, sê die Skrif dat hy 'n man na die hart van Yah was. Hy was 'n man na die hart van Yah, omdat hy die wet van Yah liefgehad het.

Die wet van Yahuwah is nie net ʼn lang lys van doen en nie doen nie. Dit is ʼn afskrif van Sy besonderse karakter van liefde! Dawid het dit besef en sing: “Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.” (Psalm 119 vers 97). As jy ʼn persoon wil wees na Yah se eie hart, en jou verlustig in Sy wet (Sy karakter), dit nodig is om tyd met Sy woord te spandeer. Dit is eenvoudig soos dit en dit is jou keuse. “Die wet van Yahuwah is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van Yahuwah is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.” (Psalm 19 vers 8).

As u kies om tyd aan Yah se woord te spandeer, verander Sy gees u. U Skepper word u Herskepper.

Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. (Esegiël 36 verse 25 tot 27)

Hoe meer tyd u aan Yah se woord bestee, en deur nadenke aan Sy karakter spandeer, hoe meer sal u sien om dit te bewonder en lief te hê. As u die punt bereik om niks meer te verlang as om ʼn eenheid met Yahuwah te hê nie, aanvaar Hy dit as u grootste poging. Die sondes en mislukkings wat met 'n gevalle natuur onvermydelik is, word nie teen u verreken nie. 'n Wonderlike ooreenkoms vind plaas waar die volkome lewe van Yahushua vir u rekening as krediet gegee word. Dit was dit wat Paulus beskryf toe hy geskryf het:

Aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. (Romeine 4 verse 5 tot 8).

Yahushua se bloed bedek ons sondes. Ewe wel, en meer nog, sy volmaaktheid bedek ons onvolmaaktheid. Sy volmaakte nakoming van die wet en die wil van Yahuwah bedek ons onvolmaakthede, sodat Yahuwah ons kan aanskou asof ons Sy gebooie volkome onderhou het, desondanks die feit dat ons aan hierdie kant van verheerliking staan, en altyd op een of ander punt sal faal as gevolg van ons gevalle natuur.

Dit is hierdie onbeskryflike geskenk waarmee ons, ons name in die boek van die Lam, en die Boek van die Lewe kan behou. Deur die volkome gehoorsaamheid van Yahushua wat vir ons rekening as krediet gegee is, sal ons die reg kry om in die stad in te gaan en te eet van die boom van die lewe, en terwyl: “Daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.” (Openbaring 21 vers 27).

die lees van die bybel in die aand
 

Vir meer inligting oor die gawe om deur Yahushua se volmaaktheid bedek te word, luister na: “ Hid with Christ in Yahuwah” op WLC Radio.