Print

Verkryging van Yahuwah se Geregtigheid

In Sy afskeids rede het Yahushua Sy dissipels hierdie instruksies gegee “gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” (Markus 16:15)

Wat is hierdie evangelie wat aan elke persoon verkondig moes word? 

Paulus, een van Sy dissipels wie beopdrag was om hierdie boodskap te verkondig, het bevestig dat die evangelie van Yahushua “is `n krag van Yahuwah tot redding vir elkeen wat glo.” (Romeine 1:16)

Hoe verteenwoordig die evangelie van Yahushua die mag van Yahuwah om elkeen te red? 

gelukkige groepie mensePaulus verskaf die geheim: “Want die geregtigheid van Yahuwah word daarin [die evangelie] geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.’” (Romeine 1: 17) Diegene wie in die evangelie glo, sal gered word. Diegene wie nie in die evangelie glo nie, sal verlore gaan.

Yahushua het ons gewaarsku: “Maar soek eers die koninkryk van Yahuwah en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.” (Matthéüs 6:33) Die evangelie maak die weg om Yahuwah se geregtigheid te verkry, bekend, en wanneer ons Sy geregtigheid het, sal ons niks kortkom nie!

“Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie.” (Jesaja 51:7)

 

“Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek Yahuwah verder: Ek sal My wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.” (Hebreërs 10:16-17)

Yahuwah se geregtigheid is in Sy Wet bekend gemaak.  Diegene wie geregtig, is sal Sy Wet in hulle harte hê, en sal sodoende dan by magte wees om in geregtigheid voor Hom te wandel.

Hoe kan ons dan die werke van Yahuwah doen? Hoe kan ons dan Sy geregtigheid bekom?

Tien Gebooie

Deur geloof in Sy Seun.

“Toe vra hulle vir Hom: ‘Wat moet ons doen om die werke van Yahuwah te volbring?’ Yahushua antwoord en sê vir hulle: ‘Dít is die werk van Yahuwah, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.’” (Johannes 6:28-29)

Deur in Yahuwah se verlossingsplan in Sy Seun gesentreerd, geloof te hê, sal ons die mag waaraan ons behoefte het, kry. Met ander woorde, ons sal die mag kry om Sy Wet te onderhou.

Kan ons ooit voor Hom regverdig word deur ons eie werke?

Nooit. 

 “Die regverdiges sal deur geloof lewe.” (Romeine 1:17)

As ons glo dat ons werke enige rol speel in die verkryging van Yahuwah se geregtigheid, voeg ons dan by Sy evangelie. En ons word uitdruklik gewaarsku om nie by Sy woord te voeg nie.  

“Voeg by Sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as `n leuenaar openbaar word nie.” (Spreuke 30:6)

Al wat Yahuwah vereis om op ons al Sy geregtigheid uit te stort is die geloof in die evangelie van Yahushua. Sy geregtigheid alleen bemagtig ons om Sy Wet te onderhou. Daar is geen plek vir ons eie werke in Sy evangelie nie.

“En ons almal het geword soos `n onreine, en al ons geregtighede soos `n besoedelde kleed, en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.” (Jesaja 64:6)

Nou waarom sit World`s Last Chance soveel klem op die lunar Sabbat die leerstellinge aangaande die staat van die dode, die millennium, ens. . . ?

Die onderhouding en die insig oor hierdie Bybelse leerstellings is op een ding afhanklik: die inwoning van Yahuwah se geregtigheid, wat slegs verkry kan word deur geloof in die reddende evangelie van Yahushua.

“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van Yahuwah in Hom.” (2 Korinthiërs 5: 21)

Enige evangelie wat verkondig dat verlossing verkry word deur die verbinding van ander elemente met geloof, is `n valse evangelie. 

lofprysinge – man met arms omhoog wat na die hemel kyk

Die beste nuus wat in die sluitings oomblikke van die Aardse  geskiedenis verkondig kan word, is dat Yahuwah se geregtigheid vryelik beskikbaar is aan ENIGEEN wie glo dat Yahushua, as ons Heiland, by magte is om ons te bemagtig om Sy Wet TE ALLE TYE te onderhou, wanneer ons ons lewens ten volle aan Hom oorgee.

Ons hou nie die Wet om gered te word nie; ons hou die Wet omdat ons gered is! HalleluYAH!

Wanneer ons Yahuwah se Wet deur Sy bemagtigende genade onderhou, word ons as geregtig beskou, omdat Sy Wet Sy geregtigheid weerkaats. Dít is die kern van die evangelie, die beste nuus wat aan die verlore gaande wêreld in hierdie laaste dae gegee kan word. 

Geen wonder dat Paulus jubelend kon sê:

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Yahushua nie, want dit is die krag van Yahuwah tot redding vir elkeen wat glo, . . .  Want die geregtigheid van Yahuwah word daarin geopenbaar, uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Romeine 1:16-17)