Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Vra enige Christen, en hulle sal jou vertel wie Yahushua Christus is. Vra hulle wat “Christus” beteken, en jy sal waarskynlik `n verkeerde antwoord kry. Sommige veronderstel dat Christus Yahushua se laaste naam is. Maar, die Skrifte vertel ons sy van, as jy wil, “seun van Josef” is.”1 Ander glo, “Christus” is `n aanwysing vir godheid, maar soos ons binnekort sal sien, is dit ook verkeerd. Wat beteken “Christus” dan?
Die woord “Christus” is `n transliterasie van die Griekse Christos, en dit beteken gesalfde.
|
Die woord “Christus” is `n transliterasie van die Griekse Christos,2 en dit beteken gesalfde. Dit kom van `n stamwoord wat smeer of invryf met olie beteken en dra die konnotasie van `n heilige of godsdienstige handeling.3 Sy Hebreeuse eweknie is Messiach,4 of die meer bekende Anglisisme, messias. Ons sien die twee terme word uitruilbaar deur Johannes gebruik wanneer hy Andreas se stelling vir sy lesers verduidelik:
Johannes 1:42: “Hy [Andréas] het eers sy eie broer gekry en vir hom gesê: ´Ons het die messias gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus.’”5
Of dit nou Grieks of Hebreeus was, was die term gebruik vir diegene uitgesonder vir verskeie rolle in Yahuwah se diens, veral priesters, konings, en profete6 – ampte wat Yahushua self gevul het.7 In die Skrifte, het die handeling van salwing van iemand met olie gewoonlik saamgeval met `n “salwing” van die Heilige Gees, wat die ontvanger bemagtig het om die werk van die Here [Yahuwah] te doen.
1 Samuel 16:13: “Samuel neem toe die horing en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van Yahuwah het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaar gemaak en na Rama gegaan.
Die term “gesalfde” kan ook verwys na iemand gevul met die Gees van Yahuwah maar nie met olie gesalf nie. Soos ons in Yahushua se lewe as voorbeeld sien. Daar is geen verslag van Hom waar hy `n “inwydings diens” deurmaak waar hy met olie gesalf was vir sy bediening nie. Maar met sy waterdoop, het die Heilige Gees oor hom gekom.8 Verder vertel Petrus ons dat Yahuwah Yahushua met die Heilige Gees en met krag gesalf het.9
Handelinge 10:38 “Met betrekking van Yahushua van Násaret, hoe Yahuwah hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat Yahuwah met Hom was.
Christene mag verras wees dat die woord “messias” nie uitsluitlik vir Yahushua gebruik was nie.
|
Christene mag verras wees dat die woord “messias” nie uitsluitlik vir Yahushua gebruik was nie. In die Ou Testament, is Mashiach byna altyd vertaal as “gesalfde.” Die eerste koning wat Mashiach of messias genoem was, was Saul. Toe Saul vir Dawid agtervolg, het hy `n geleentheid gehad om die rebelse koning dood te maak, maar uit wysheid het hy besluit om dit nie te doen nie. Dawid het gesê:
1 Samuel 26:11: “Mag Yahuwah my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde [mashiach, messias] van Yahuwah sou slaan! …”
Toe Koning Dawid die verbondsark in die tent van samekoms gebring het in Jerusalem, het hy `n dankseggings psalm geoffer in lofprysinge aan Yahuwah vir beskerming van Sy “messias”:
1 Kronieke 16:21-22 het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.”10
Koning Salomo was ook Mashiach genoem:
Psalm 132:10 Wys u gesalfde nie af nie, terwille van Dawid, u kneg. [ maschiach of messias].
Selfs Cirus,11 die paganistiese koning van die Meders en die Perse, was deur Yahuwah, Sy “messias” genoem omdat Hy hom sou gebruik om die Isaeliete te hervestig in die Beloofde Land na die sewentig jaar ballingskap.
Met tyd, het mashiach of messias sy eintlike vervulling gevind as die aanwysing van die koning wie se heerskappy geen einde sou hê nie.
|
Met tyd, het mashiach of messias sy eintlike vervulling gevind as die aanwysing van die koning wie se heerskappy geen einde sou hê nie. The Oxford Companion to the Bible sê:
In sy primêre Bybelse gebruik, is “gesalfde,” dan, werklikwaar `n sinoniem vir ´koning´veral Dawid en al sy nakomelinge…eintlik het koninklike taal en beeldspraak primêr van toepassing geword aan `n vooruitsig vir `n toekomstige koning, wie se heerskappy gekenmerk sou word deur ewige regverdigheid, sekuriteit, en vrede.12
Een van die meer gewilde gedeeltes aangaande die toekoms van Yahuwah se Messias praat van die verskriklike teenstand wat hy sal aanskou as Yahuwah se gekose koning. Eintlik sal Yahuwah en Sy Mashiach triomfeer. Let op hoe die psalm digter “gesalfde” en “koning” as sinonieme gebruik.
Psalm 2:2, 4-6, 9 en 12 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen Yahuwah en teen Sy gesalfde [mashiach of messias] …4 Hy wat in die hemel woon, lag; Yahuwah spot met hulle.5 Dan sal Hy hulle aanspreek in Sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ék tog het My Koning gesalf oor Sion, My heilige berg. …9 ‘U sal hulle verpletter met `n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos `n erdepot.’” … 12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.
In die Nuwe Testament, verskyn die woord “Christos” of “Christus” meer as 516 keer. 13 In gevalle, word dit in `n ongespesifiseerde wyse gebruik as verwysing na die komende Messias. Soos byvoorbeeld, toe die Fariseërs hoor dat Johannes die Doper in die wildernis gedoop het, het hulle boodskappers gestuur om hom te vra wie hy was. Hy het geantwoord deur te sê: “Ek is nie die Christus nie.”14Meer as 500 keer, word “Christus” geassosieër met Yahushua, wat Hom dus identifiseer as die lang-verwagte Messias. Die Nuwe Testament skrywers gebruik die woord “messias,” wat die Griekse vorm van messias is, slegs twee keer, en beide kere, is dit omtrent Yahushua as die geantisipeerde koning:15
Johannes 4:25-26 Die vrou sê vir Hom: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.” 26 Yahushua *sê vir haar, “Dit is Ek wat met jou spreek!”
Yahushua is inderdaad die Christus, maar baie Christene is nie bewus dat die rol van Christus of gesalfde koning was nie inherent syne nie.
|
Yahushua is inderdaad die Christus, maar baie Christene is nie bewus dat die rol van Christus of gesalfde koning nie inherent syne was nie. Op die dag van Pinkster, het Petrus voor die skare gestaan en ronduit verklaar dat Yahuwah het Yahushua die Christus gemaak:
Handelinge 2:36: “Laat die hele huis van Israel weet dat Yahuwah Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Yahushua wat julle gekruisig het.”
In die brief aan die kerk te Filíppi voorsien Paulus ons met die rede waarom Yahuwah Yahushua beide Here en Christus gemaak het:
Wat beteken “Christus” en “Messias”? 2:9-11 Daarom het Yahuwah Hom ook uitermate verhoog en Hom `n naam gegee wat bo elke naam is. 10 sodat in die Naam van Yahushua SOU BUIG ELKE KNIE van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Yahushua Christus die Here is tot heerlikheid van Yahuwah die Vader.
Wat was die rede dat Yahuwah Yahushua verhoog het? Die vorige vers vertel ons dat dit was omdat Yahushua Yahuwah gehoorsaam was, selfs tot met die dood aan die kruis. Hierom, het Yahuwah Yahushua verhoog tot aan Sy regterhand en hom die naam (of gesag) vir elke naam gegee. Yahuwah het Yahushua die Messias-Koning gemaak. Wanneer hy in sy koninkryk kom, sal elke tong bely dat hy Here is, tot verheerliking van Yahuwah, die Vader.
Ter afsluiting beteken die term Christus of Messias “gesalfde een.” Dit is nie `n aanduiding van goddelikheid nie maar verwys na diegene aangewys en bemagtig om die wil van Yahuwah te doen. Alhoewel die term nie net uitsluitlik vir Yahushua gebruik word nie, vind dit sy eintlike betekenis en vervulling in die man van Nasáret wie deur Yahuwah tot koning verhef is.
Johannes 18:37 Pilatus sê toe vir Hom: Is u tog dan `n koning?” Yahushua antwoord: U sê dat Ek `n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem.”
1 Yahushua van Nasaret, seun van Josef – John 1:45
2 Christos, #5547, New American Standard Exhaustive Concordance of the Bible.
3 Chriô is not to be confused with aleiphô (which means to anoint or rub with oil but is used in a mundane or non-sacred context). See “chriô, #5548″, The Complete Word Study Dictionary, Spiros Zodhiates, (Chattanooga, TN: AMG Publishers, 1993) p. 1486
4 Mashiach, #4899 New American Standard Exhaustive Concordance of the Bible.
5 Sien ook Johannes 4:25-26
6Byvoorbeeld: priester Levítikus 4:3; profete 1 Kings 19:16
7Hebreërs 3:1; Johannes 19:21; Lukas 24:19
8 Matthéüs 3:16-17
9 Sien ook: Jesaja 61:1-2 vervul in Lukas 4:18-21; Handelinge 4:27
10 Dieselfde stelling verskyn in Psalm 105:15
11 Jesaja 45:1 – die woord “gesalfde” is mashiach in Hebreeus, of getranslitereer as messias in Afrikaans
12 “Messiah,” The Oxford Companion to the Bible, Bruce M. Metzger, ed. (New York: Oxford University Press, 1993), p. 514.
13 New American Standard Bible, 1995
14 Johannes 1:19-28, vers 20 in besonders; Sien ook Lukas 3:15
15 Christ (Yahushua Christus, Christus die Here, ens) deur Yahushua 503 keer in die Nuwe Testament gebruik. Messias word twee keer gebruik (messias in Greek). Herbert Lockyer, All the Divine Names and Titles in the Bible, (Grand Rapids, MI: Zondervan Publishing House), 1975, p. 101-102; 104-105, en 206.
16 Johannes 1:41 en 4:25
Hierdie is `n nie-WLC bron: https://onegodworship.com/what-does-christ-and-messiah-mean/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span