Print

Wat dit Beteken om “Onder die Wet” te wees

Hierdie is `n nie – WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie -WLC inhoud [artikels/episodes], hou in gedagte Spreuke 4:18. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Ek wil met `n waarskuwing begin dat hierdie studie bietjie diep is. Hierdie studie sal `n sekere mate van konsentrasie verg. Bid asseblief voordat dit gelees word. Mag Yahuwah ons almal lei! (Yahuwah is die naam van ons Hemelse Vader.)

Aan almal wil ek die vraag vra “Is u onder die wet?”

Volgens die skrifte, AS jy ‘onder die wet is’ …dan:

  1. Was die wet net vir jou geskryf
  2. Het sonde heerskappy oor jou
  3. Is u sonder geloof
  4. Het u behoefte aan verlossing

Hoewel die studie diep is, kan ons nie die belangrikheid daarvan onderskat nie. Diegene wie onder die wet is, is in `n klomp moeilikheid! Hulle het geen redding nie!

onder-die-wet

Maar die interessantste ding omtrent hierdie 4 karaktertrekke wat ek genoem het is dat hulle onmoontlik kan praat van iemand wie wandel in gehoorsaamheid aan die wet.

Insteenstelling daarmee dui dit daarop dat diegene wie ‘Onder die Wet’ is, is ongelowig, ongered, onbekeerd met sonde wat oor hulle heers.

Kom laat ons nou die skrifte onder bespreking studeer:

Romeine 3:19- Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir hulle wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor Yahuwah doemwaardig kan wees.

Hierdie vers spreek van hulle wie ‘onder die wet’ is. Dit is aan hierdie groepie mense met wie die wet praat. Bv. “alles wat die wet sê, hy sê dit vir hulle”

Een karaktertrek van hierdie groep mense is dat wanneer die wet met hulle praat is, “sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor Yahuwah doemwaardig kan wees.”

Kan dit praat van diegene wie wandel in gehoorsaamheid aan Yahuwah se wet?

Heeltemal onmoontlik! Indien hierdie groep mense sou wandel in gehoorsaamheid aan Yahuwah se wet, waarom sou hulle monde gestop word en as skuldig voor Yahuwah verklaar word indien dit aan hulle voorgelees word?

Natuurlik sal dit nie sin maak nie. Inderwaarheid sê dit maar net die teenoorgestelde. Dit is nodig om te sê dat diegene wie ‘onder die wet’ is, is hulle wie nie die wet gehoorsaam nie…daarom word hulle monde gestop en is hulle skuldig voor Yahuwah.

Kom ons kyk weer na hierdie vers:

Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir hulle wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor Yahuwah doemwaardig kan wees.

Dit sê hier dat die ‘hele wêreld’ doemwaardig is voor Yahuwah. Beteken dit dat elke persoon in die hele wêreld wie Sy wet gehoor het of onder die wet is of onder die wet was, een of ander tyd? Dit moet so wees!

Maar waarom?

Die antwoord is dat ELKEEN, hetsy Jood of Heiden, eens op `n tyd in hul lewens gesondig het.

1 Johannes 1:8- As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie.

Daarom is dit baie duidelik dat diegene wie ‘onder die wet’ is, diegene is wie gesondig het. Hulle is “skuldig voor Yahuwah”

Kom ons kyk nou na die volgende vers:

Romeine 3:20- Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

Hierdie punt word verder ingedryf deur hierdie vers. Die belangrike woord hier is “Geregverdig”. “Uit die werke van die wet (elders vertaal “dade van die wet”), sal niemand geregverdig word nie.” Waarom is dit so?

Die antwoord is in die vorige vers. “die Hele wêreld” is doemwaardig voor Yahuwah weens die wet. Die wet kan ons nie regverdig indien ons dit nie onderhou het nie. Die wet deel ons net mee wat sonde is! Paulus het selfs gesê “deur die wet is die kennis van die sonde”!

Kom ons lees verder:

Romeine 3:20- Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21- Maar nou is die geregtigheid van Yahuwah geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig.

Daar is `n sekere geregtigheid wat voorspel was in die wet en die profete wat aan die mens gegee moes word. Maar dit is in die wet en die profete geskryf dat sy geregtigheid nie sou kom uit die wet nie.

Die geregtigheid sou kom van Yahushua Self:

Jeremia 23:5- Kyk, daar kom dae, spreek Yahuwah, dat Ek van Dawid `n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal hy regeer en regverdig handel en reg en geregtigheid doen in die land. 6- In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: Yahuwah ONS GEREGTIGHEID.

Dit is die profesie omtrent Yahushua (algemeen bekend as “Jesus”) die Messias. Waarom word Hy genoem “Yahuwah tzidkenu” (Yahuwah ons geregtigheid)?

Jesaja 45:23- Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit My mond, `n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal bely.

Slegs in Yahuwah kan ons geregtigheid en krag hê deur Yahushua die Messias!

Dit is omdat Yahushua vir ons sondes gesterf het en die boete vir ons sondes betaal het dat ons die ewige lewe kan hê! Waarom kan ons die ewige lewe hê? Want wanneer ons Hom aanneem, is dit nie ons geregtigheid wat Yahuwah sien nie…maar die geregtigheid van Yahushua die Messias wat ons reinig!

Galasiërs 2:20 Ek is met Messias gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Messias leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Yahuwah wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Hierin het Yahuwah ons geregtigheid geword in Yahushua die Messias. Inderwaarheid is dit wat die volgende vers in konteks sê: Romeine 3:21- Maar nou is die geregtigheid geopenbaaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig.

22- die geregtigheid naamlik van Yahuwah deur die geloof in Yahushua die Messias vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23-Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah.

Hierdie verse som goed op wat die ware betekenis hier is. Dit is nie ons geregtigheid nie (onderhouding van Sy wet) wat ons verlos nie. Dit is nie ons geregtigheid (onderhouding van Sy wet) wat ons regverdig nie.

Dit is Sy Geregtigheid waarop ons moet steun… deur geloof…wat ons gaan red, ons regverdig en ons Sy seuns en dogters maak! Dalk het sommige van julle gedink dat dit net `n Pauliese leerstelling was…maar dit is nie waar nie! Dit is regstreeks van die wet en die profete.

Jesaja 54:17- Elke wapen wat teen jou gesmee word sal niks uitrig nie, en elke tong wat teen jou draai in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van Yahuwah en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek Yahuwah.

Kepha (Petrus) het ook hierdie leerstelling geken:

2 Petrus 1:1- Simon Kepha, `n dienskneg en apostel van Yahushua Messias, aan die wat net so `n kosbare geloof gekry het deur die geregtigheid van onse Yahuwah en ons Saligmaker Yahushua die Messias.

Moet dan nie vir `n oomblik dink dat die leerstelling omtrent ‘nie geregverdig deur die werke van die wet’ was Paulus se idee en as voorheen ongehoord nie. Hierdie leerstelling is duidelik uiteengesit in wat genoem word die “Ou Testament” as sulks. Laat ons nou aanbeweeg na `n ander skrifgedeelte wat handel met diegene wie ‘onder die wet’ is.

Romeine 6:12- Laat die sonde in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Paulus deel die Romeine mee om nie sonde te laat heers in hul “sterflike liggamme” nie. Ja, ons is in hierdie tyd in ons lewens “sterflik”. Daar sal `n tyd kom dat ons nie meer langer sterflik sal wees nie… maar onsterflik sal wees wanneer opstaan uit die dood…teen daardie tyd sal ons `n totaal en alle sondelose volk wees…maar ons moet nou só lewe!

Volgende vers:

Romeine 6:13- En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van Yahuwah as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van Yahuwah.

Ons moet onsself nou oorgee aan Yahuwah soos mense onsterflik, lewend uit die dood en toelaat dat ons lede instrumente van geregtigheid moet wees…nie ongeregtigheid nie.

Volgende vers:

Romeine 6:14- Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade

Dit is belowe dat sonde oor ons die oorhand nie sal hê nie, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder genade/begunstiging

Volgens die ander skrifte in Romeine deur ons bespreek, om onder die wet te wees verwys na diegene wie staat maak op hul eie geregtigheid/wetsonderhouding om geregverdig te wees op daardie laaste dag…hulle sal skuldig verklaar word vir hul sondes.

Maar hulle wie Yahuwah se geregtigheid deur Yahushua die Messias aanvaar het, is ‘onder genade/begunstiging’.

Hulle was van hul sondes vergewe en steun op Yahushua se geregtigheid om hulle te regverdig. Nou dat dit gebeur het, is ons vry om terug te gaan en doelbewus te sondig/die wet weereens te versaak?

verhewe-bo-die-wet

Romeine 6:15- Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Waarom sal ons weereens teruggaan na die lewe wat ons voorheen gelei het? Ons het gesondig! Sonde is die oortreding van Sy wet!

1 Johannes 3:4- Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

Ons het gesondig, en daarom moes Yahushua in die eerste plek vir ons sterwe! Soos Paulus gesê het: “Yahuwah behoed!” of meer akkuraat vertaal “Daar`s nie `n manier nie!”

Romeine 6:16- Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte beskikbaar stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte van hom aan wie julle gehoorsaam is nie – óf van die sonde tot die dood—óf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

Gaan ons dan sonde ‘tot die dood toe’ dien of diensknegte van Yahuwah word wie wandel in gehoorsaamheid tot geregtigheid?

Bejammeringswaardig dat die idee van ongehoorsaamheid aan Yahuwah se wet omdat ons ‘onder genade’ is, is `n algemene leerstelling onder gelowiges in die Messias deesdae. Dit hoef nie so te wees nie!

Laat ons nou kyk na een laaste skrif wat baie gewild is onder diegene wie in hierdie leerstelling glo:

Galasiërs 3:21- Is die wet dan teen die beloftes van Yahuwah? Nee, stellig nie! Want as daar `n wet is wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.

In konteks van Galasiërs 3, is die wet nie teen die beloftes van Yahuwah nie (daardie belofte wat is dat ons geregverdig en geseend is deur `n seun van Abraham…Yahushua die Messias). Ons KAN NIE geregverdig word deur die onderhouding van Sy wet wanneer ons dit verontagsaam het nie.

Ons BENODIG die geregtigheid van Yahuwah

Galasiërs 3:22- Maar die skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die beloftes uit die geloof van Yahushua die Messias gegee kan word.

Ons is almal ‘onder die wet’ en ‘onder sonde’

Galasiërs 3:23- Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24- Die wet was dus ons tugmeester na die Messias toe, sodat ons geregverdig word uit die geloof.

Hierin was die wet ons tutor en tugmeester…wat ons behoed teen sonde. En dus in ons mislukkinge het dit ons ook geleer dat ons sondaars was! Dit het ons geleer dat ons geen ander keuse gehad het om deur Yahushua alleen in geloof geregverdig te word nie. Ons het `n behoefte gehad van `n Regverdige Een as middelaar tussen ons en `n heilige Magtige Een!

Galasiërs 3:25- Maar noudat die geloof gekom het, is ons nie meer onder `n tugmeester nie.

Die wet was ons tugmeester, ons was “onder die wet.” Maar nou dat ons geloof in Yahushua die Messias het, vertrou in die een wie “Yahushua ons Geregtigheid” genoem word en gereinig, geheilig en verlos is deur Sy bloed…is ons nie meer langer ‘onder die wet’ nie!

As ons onder die wet was, sou die enigste wyse waarin ons moontlik gered kan word, wees as ons NOOIT GESONDIG het nie

Daar is net Een wie nooit gesondig het nie. Hy was onder die wet gebore…nogtans sonder sonde.

Galasiërs 4:4- Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het Yahuwah sy Seun uitgestuur, gebore uit `n vrou, gebore onder die wet, 5- om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

Ons is aangenome kinders van Yahuwah deur die geregtigheid van Yahushua die Messias! Ons is verlos om van die verpligting om `n volmaakte en sondelose lewe te lei…Daarom, kan ons verlossing weereens nie kom deur ons eie geregtigheid/wetsonderhouding...maar deur Sy geregtigheid alleen.

Galasiërs 5:18- Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

As ons dan nou die slotsom aanneem wat baie lief is om in hierdie vers te aanvaar, sal ons sê “As ons deur die Gees gelei is, hoef ons nie gehoorsaam te wees aan die wet van Yahuwah nie”. Maar hoe kan dit moontlik wees? Elke vers wat ons tot dusver ondersoek het, sê presies net die teenoorgestelde.

Die feit is, dat ons gevind het dat diegene wie ONGEHOORSAAM en onafhanklik is van die Messias, is hulle wie onder Sy wet is.

In werklikheid bewys die volgende verse in Galasiërs 5 dat iemand wie in die Gees wandel NIE vry is om ongehoorsaam te wees nie!

Galasiërs 5:18- Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 19- En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 20- afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 21-afguns, moord, dronkenskap, brassery, en dergelike dinge waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen die koninkryk van Yahuwah nie sal beërwe nie. 22- Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23- Teen sulke dinge is die wet nie.

Die werke van die vlees in ongehoorsaamheid aan Yahuwah se wet. Die vrugte van die Gees is gehoorsaamheid aan Sy wet…hoe duidelik! Om te sê dat ons nie ‘onder die wet’ is nie, kan onmoontlik beteken dat ons vry is om dit te breek!

In werklikheid beteken dit net die teenoorgestelde! Wie is dan hierdie groep mense wie ‘onder die wet’ is?

Paulus se dag, was dit daardie Jode wie op hul geregtigheid gesteun het om gered te word eerder as om Yahushua die Messias te aanvaar en om Yahuwah toe te laat om hul geregtigheid te wees.

Maar deesdae is dit diegene wie nie vir Yahushua het nie, maar hulle wie dit so verkies het om doelbewus te sondig/Sy wet te verbreek na die aanneming van die Messias. Hulle plaas hulself weer reg onder die wet!

As dit is wat ons geleer was om te doen, waarsku ek jou vandag dat jy `n ernstig dwaalleer geleer is!

Die wet van Yahuwah was belaster en geïgnoreer vir 2000 jaar lank. Dit is hoogtyd dat dit opgehef word as die maatstaf waarvolgens elkeen moet leef. Wanneer jy eers geregverdig is deur die Geregtigheid van Yahuwah, het ons behoefte om alle mense te laat weet dat ons nie na daardie ou sonde moet terugkeer nie.

Ons mag nie ‘onder die wet’ wees nie, maar dit beteken nie dat ons moet “Verhewe bo die wet” lewe nie

Yahuwah het nie die maatstaf verwyder nie, Hy het ons maar net vergewe omdat ons nie volgens daardie standaard lewe nie.

Om Yahuwah as ons geregtighid te hê…het ons werklikwaar geen groter seën in hierdie wêreld nie! Yahushua het vir jou gesterf dat jy vergewe mag word omdat jy gefaal het om op daardie maatstaaf te leef.

Laat ons nie terugkeer en die gees van genade te beledig nie…maar dat ons `n nuwe lewe leef…Wandelend in Sy gehoorsaamheid…Wandelend in Sy genade…Wandelend in Sy Gees!

wandelend-in-sy-gees


Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Tom Martincic.

Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit met die oorspronklik gegewe name vervang. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif aangehaal herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span