Print

Wat Luther van Romeine Geleer Het

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Wat Luther van Romeine Geleer Het

Luther se lewe was een van storm en kalmte. Die Ryk en kerk was daarop uit om hom te vermoor, maar in die genade van Yahuwah, het hy met 'n wonderlike dame getrou wat die klooster verlaat het. Hy het probeer om haar met iemand anders te laat trou, maar sy het gesê: "Ek sal met niemand anders as Dr. Luther trou nie," en sy het.

Die Boek van Romeine is nes Luther se lewe. Dit is `n reënboog met beide donker, sombere kleure, en helder, opgewekte kleure. Oor die algemeen is die reënboog `n kombinasie van reën en die son.

Die boek van Romeine is omtrent die storm van Yahuwah se toorn teenoor die bose. God het die sondaar lief, maar Hy haat die sonde. En dan skyn die son deur –

“Hierdie man,” die Seun, “ontvang sondaars.” “Hy het gegaan om `n gas te wees van hom wie `n sondaar was.” …Vrou, het niemand jou veroordeel nie?” “Niemand nie Here.” “Ook veroordeel Ek jou nie.” “En aan die bekeerde rower, wie so ver heen was as enigeen kon wees, “Jy sal saammet my in die Paradys wees.”

Luther het uit die boek van Romeine geleer dat Yahuwah`n God is wie die goddelose regverdig. Ons sou nie verwag het dat dit so sou lees nie… Ons is verbaas en sê, “Yahuwah, u moet net die goddelikes regverdig! Wat is u planne?” Maar in hoofstuk 4, vers 5, sê die boek dat onse God regverdig die goddelose.

Kan ek iets noem waaraan jy nie mag gedink het nie? Baie min predikante preek oor Ananias en Saffira. Hier is twee kerklede, wie in `n goeie en standvastige toestand was, en wie dood geslaan is! Waarom?

Nie omdat hulle deel van die geld van die verkoop van die eiendom teruggehou het nie, hoegenaamd nie! Petrus het aan hulle gesê: “Dit is in jul hande.” Hulle was dood geslaan omdat hulle hul geestelike toestand voor Yahuwah wan voorgestel het. Hulle het in Sy teenwoordigheid gekom asof hulle heilig en sondeloos was, toe slaan Yahuwah hulle dood.

U weet, barmhartigheid en onheil gaan hand aan hand. Dit is `n hartseer wet in ons wêreld dat dit veral wanneer onheil ons hande leeggemaak het van “dinge” dat ons die genade van Yahuwah kan ontvang. Genade en onheil gaan hand aan hand, en dit is waarom die eerste drie hoofstukke van Romeine donker en somber is - `n reeks donderslae -

“Want almal het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah. Daar is niemand wat goed doen nie; daar is niemand wat soek na Yahuwah, hulle het almal van die weg afgedwaal. En wat die wet ookal sê, sê hy dit aan hulle wie onder die wet is sodat elke mond gestop kan word en die hele wêreld onderwerp sal word aan die oordeel van Yahuwah.”

Dit is stormagtig! Dink daaraan om vertel te word dat jy ontbreek aan die heerlikheid van Yahuwah is om onder veroordeling te wees.


Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Desmond Ford

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span