Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werk van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Wat bedoel Paulus wanneer hy sê dat die hele Israel gered sal word (Romeine 11:26)? Bedoel hy, soos sommige voorgestel het, dat aan die einde van tyd sal `n algehele herlewing opkom onder die Jode en hulle almal gered sal word? Sekerlik nie.
Vroeër in die boek van Romeine, was Pualus versigtig om te definieër wie `n ware Israeliet was. Joodsheid is nie uiterlik en fisies nie, om gedefiniër te wees deur besnydenis en etniese identiteit nie (Romeine 2:28). Om `n openhartige Jood te wees is die gevolg van die werk van Yahuwah, nie die resultaat van wie jou oupa of ouma is nie.
Dit is dieselfde as Paulus se leerstelling in Romeine 9:6, waar hy sê, “Nie almal van Israel … is van Israel nie.” Eenvoudig gestel, om `n fisiese nakomeling van Abraham te wees maak jou nie `n deel van die beloofde geslagslyn nie. Dit was Yahuwah se belofte wat jou `n deel gemaak het van die geestelike familie van Abraham (Romeine 9:8).
So wat bedoel Pualus dan as hy sê dat die hele Israel gered sal word (Romeine 11:26)? Dit is die hoofpunt van `n argument wat begin in Romeine 11:16-24. Hier, vergelyk Paulus Israel met `n boom. Daardie boom het bestaan uit etniese Israel. In daardie boom was baie takke. Sommige van die etniese nasate van Abraham (Paulus ingesluit) was ook geestelike nasate van Abraham, omdat hulle Yahuwah se beloftes geglo het. Ander takke van daardie boom was net etniese Israel, omdat hulle nie Yahuwah se geestelike roeping omhels het nie om Yahuwah se beloftes in Christus te glo het nie. Die etniese nakomelinge van Abraham wie nie geglo het nie was afgbreek van die boom van Israel (Romeine 11:17, 20). Heidene wie geglo het was ingeënt in die boom van Israel. (Romeine 11:17).
…wanneer al die Heidene wie ooit hul geloof in Yahushua sal sit, saammet al die Heidene wie ooit hul vertroue in Yahushua sal plaas, uiteindelik hul vertroue in Yahushua geplaas het, dan sal die hele ware Israel gered word.
|
Ons geestelike toestand is nie onveranderlik nie. Om takke af te breek of dit in te ent is nie noodwendig permanent nie. Ons kan ons ons status verander deur geloof of deur die versaking van ons geloof. As diegene wie afgebreek is geloof wil beoefen, kan hulle weer in Israel ingeënt word. (Romeine 11:23). Addisioneel, as hulle wie ingeënt is spog in Yahushua en die geloof versaak, sal hulle afgebreek word (Romeine 11:20, 21). Wanneer die volle getal van die Heidene in Israel ingeënt word in die boom van geestelike Israel (Romeine 11:26), dan sal die hele Israel gered word. (Romeine 11:26).
Wat dan bedoel Paulus wanneer hy sê dat die hele Israel gered sal word (Romeine 11:26)? Hy bedoel dat wanneer al die Heidene wie ooit hul geloof in Yahushua plaas, saammet al die Jode wie ooit hulle vertroue in Yahushua sit, uiteindelik hulle vertroue in Yahushua sit, dan sal die ware Israel gered word.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://www.inversebible.org/rom09-4
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span