Hierdie is `n nie – WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Die Bybel leer dat daar een God is, die Vader, en een Messias en Heer, Yahushua Christus, die goddelik ontvangde Seun van Yahuwah. Dít is grondliggende waarhede en hierdie artikel sal bewyse voorsien om dit te ondersteun. Deur so te doen, sal dit ook wys dat Yahushua Christus `n ten volle menslike “Seun van Yahuwah” is, en nie “God die Seun” nie. Ook sal dit bewyse lewer dat die Bybel nie die leerstelling van die Drie-eenheid verkondig nie.
Die Bybel leer dat daar net een God is, die Vader, en een Messias en Here, Yahushua Christus, wie die goddelik gebore Seun van Yahuwah is.
|
Vir klarigheids onthalwe, is dit hulpsaam om te verstaan wat die Drie-eenheid is. Die ortodoks leerstelling van die Drie-eenheid is dat die Vader God is, die Seun is God, en die Heilige Gees is God, en die drie is ewe-gelyk, ewe-ewig, en deel dieselfde essens, en saam is hierdie drie indiwiduele “Persone” een Drie-enige God; en, Yahushua is beide 100% God en 100% mens, en beide Yahushua se goddelike natuur en sy menslike natuur lewe saam in sy vlees liggaam. Alhoewel wyd geglo, is die leerstelling van die Drie-eenheid nêrens in die Bybel te vinde nie.
Ons stel nie hierdie artikel voor om enigeen te antagoniseer of aan te val nie, maar eerder omdat ons glo `n eerlike en ywerige ondersoek van die bybel bewyse sal steun verleen dat die Vader alleen God is en Yahushua Sy enig-gebore Seun is. Boonop is dit belangrik vir Christene om die waarheid omtrent Yahuwah, Yahushua en die Heilige Gees te ken.
Daar is waarde in waarheid, en Yahuwah en Yahushua verdien om geken te word vir wie hulle werklik is. Wetend dat daar net een God is, en dat Hy nie drie-ledig is nie en dus Sy identiteit met ander deel nie, verhef Hom tot Sy regmatige posisie as die een God van die Bybel, die Skepper van die heelal, en die Een wie ons met ons hele hart, siel en verstand, en krag liefhet. Netso, wetend dat Yahushua is wie Petrus gesê het Hy was, “`n man deur Yahuwah vir julle aangewys.” (Handelinge 2:22, OV) verhoog hom na sy regmatige posisie. Hy is die enig-gebore Seun van Yahuwah, wie ons soveel liefgehad het, dat hy `n sondelose, gehoorsame lewe gelei en aan die kruis vir ons gesterf het, wie Yahuwah uit die dood opgewek het en nou staan aan Yahuwah se regterhand as Yahuwah se tweede in bevel, wat die dinge van Yahuwah uitvoer.
Iets wat openlik erken is deur teoloë maar nie bekend aan baie Christene nie is dat die leerstelling van die Drie-eenheid nie deur die Bybel gestaaf word nie maar is eintlik “ingebou” deur stellings bymekaar te pas wat gesê word dit ondersteun. Maar, iets wat algemeen geglo word deur die Christene is dat die Drie-eenheid `n verborgenheid is. Niemand kan dit verstaan nie, sodat doktrinale besprekings dikwels vermy of opsy geskuif en geïgnoreer word. Slegter nog, leerstelling dat die Drie-eenheid `n “verborgenheid” is, was gebruik as `n roede om die twyfelagtiges en andersdenkendes te slaan, en hierdie mense dikwels as “ketters” te brandmerk en hul rol in die Christenskap word geminimaliseer.
Dus staan die Drie-eenheid as `n onweerlegbare maar mins-verstane vesting in die senter van Christelikheid. Maar Christene moet hul leerstelling uit die Bybel kry. Wat as `n versigtige ondersoek van die Bybel geen Drie-eenheid wys nie? Wat as die noukerige studie wys dat Yahuwah die een God van die Bybel is, en Yahushua is wat Petrus sê Yahushua was “`n man deur Yahuwah vir julle aangewys” en nie `n “God-mens” nie? Wat as die “verborgenheid” van die Drie-eenheid nie `n verborgenheid was nie maar verkeerdelik oor die tyd geformuleer is? Hierdie ondersoek sal toon dat Yahushua inderwaarheid `n volle menslike wese was aanbevel deur Yahuwah.
Die woord “Drie-eenheid” is nie in die Bybel nie. Alhoewel dit nie die Drie-eenheid se moontlike bestaan uitkanseleer nie, ondersteun dit bewyse dat die leerstelling onbybels is.
`n Ondersoek van die geskiedenis van die Christen Kerk wys `n definitiewe ontwikkeling in die leerstelling van die Drie-eenheid oor die eeue heen.
|
Drie-eniges verskil soms merkwaardig, in hul definisies van die Drie-eenheid. Die Oosterse Ortodokse Kerk verskil in verhouding van die Heilige Gees tot die Vader en die Seun. Boonop, die Drie-eniges wat vashou aan die “klassieke” definisie van die Drie-eenheid, dat Yahushua 100% God was, en 100% mens terwyl op aarde, glo anders as die Kenotiese Drie-eniges, wie oortuig is dat Yahushua sy godheid opsy gesit het. Terselfdertyd was hy `n mens op Aarde. Eenheids Pinkster gelowiges sê die klassieke formule van die Drie-eenheid is heeltemal verkeerd. Maar hulle almal doen daarop aanspraak dat Christus God is en dat die Bybel hul posisie ondersteun.
`n Ondersoek van die geskiedenis van die Christen Kerk wys `n definitiewe ontwikkeling in die leerstelling van die Drie-eenheid oor die eeue heen. Soos byvoorbeeld, die Apostels se Geloofbelydenis, in haar vroeë vorm geglo as terugdaterend tot kort ná die tyd van die apostels self, noem nie die Drie-eenheid of `n dubbel-natuur van Christus nie. Boonop, sê dit net, “Ek glo in die heilige gees nes dit kan van `n derde “Persoon” in die Drie-eenheid. Die Belydenis van Niceae, geskryf 325 AD en later verbeter, voeg materiaal by van Yahushua Christus wat “ewig gebore” en “ware God” is en die Heilige Gees wat “Here” is. Maar dit was die Athanasiese Belydenis, waarskynlik opgestel in die laat 400s of vroeë 500s AD, wat die eerste belydenis was wat die leerstelling van die Drie-eenheid uitdruklik gestaaf het, en dit sluit in dat as `n persoon dit nie glo nie, sal hy vir ewig verlore wees. Tog blyk dit dat hierdie punt deur die Bybel weerlê is, omdat Petrus die Jode op die Pinksterdag toegespreek het, alhoewel Petrus nie die Drie-eenheid genoem het nie of dat Yahushua God in die vlees was nie, was omtrent 3,000 mense in die gehoor gered. (Handelinge 2:41).
Dit lyk of die leerstelling van die Drie-eenheid oorspronklik en sentraal was tot die Christen geloof, en veral indien oortuiging daarin noodsaaklik was vir verlossing soos baie Drie-eniges leer, sou dit duidelik gestaaf word in die Bybel en die vroeë Christen belydenisse.
Yahuwah het die Skrifte aan die Joodse volk gegee, en die Joodse godsdiens en aanbidding wat uit daardie openbaring kom bevat nie enige verwysing van of leerstelling omtrent `n drieledige God nie.
|
Yahuwah het die Skrifte aan die Joodse volk gegee, en die Joodse godsdiens en aanbidding wat kom van daardie openbaring bevat nie enige verwysings of leerstellings omtrent `n drieledige God nie. Omdat Yahuwah die Ou Testament aan die Jode gegee het, was hulle inderdaad, bevoeg om dit te lees en te verstaan, maar hulle het nooit die leerstelling van die Drie-eenheid daarin raakgesien nie; in werklikheid, heeltemal die teenoorgestelde. Regdeur hul geskiedenis, het die Jode die feit dat daar net een God is, moedig verdedig.
Yahushua homself het die grootste gebod in die Wet gekoppel met die idee dat daar net een God is. `n Ekspert in Ou Testament wet het Yahushua gevra watter van die gebooie was die mees belangrikste. Yahushua antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is; Hoor, Israel, die Here, onse God, is `n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê….” (Markus 12:29-30 OV).
Die Ou Testament profesieë omtrent die komende Messias voorspel dat hy `n menslike wese is. Hy sal uit die nageslag van Eva kom (Gen. 3:15); `n afstammeling van Abraham (Gen. 12:3; 18:18; 22:18) `n afstammeling van Juda (Gen. 49:10); `n profeet nes Moses (Deut. 18:15); `n seun van Dawid (2 Sam. 7:12-13; Jes. 11:1); `n koning wat heers onder Yahuwah (Ps. 110:1); en `n heerser van uit die volk van Israel (Jer. 30:21). Dit verduidelik waarom die mense almal `n menslike Messias verwag het.
Selfs Maria, die moeder van Yahushua, het `n menslike Messias verwag en het nie geweet hoe sy geboorte kon skenk aan die Messias sonder om seksuele omgang met `n man te hê nie (Lukas 1:34-3). Alhoewel sommige Drie-eniges aanspraak maak dat daar `n paar Ou Testament profesieë is, soos Jesaja 9:6 en Miga 5:2, wat wys dat Yahushua God is, is dit belangrik om op te let dat die antieke Jode, aan wie dit gegee is, nooit verstaan het dat dit beteken dat hul Messias beide mens en God sou wees nie. Daardie paar profesieë kan vertaal en verstaan word in `n Bybel Unitariese wyse.
Psalm 110:1 verkry spesiale aandag omdat dit veral duidelik is maar verkeerd verstaan en verkeerd voorgestel is.
|
Psalm 110:1 verkry spesiale aandag want dit is veral duidelik maar was misverstaan en wan voorgestel. Meeste Engelse weergawes soos die ESV lees: “Die HERE het aan my Here gesê….” Die woord “HERE” is Yahuwah, maar baie Drie-enige kommentators argumenteer dat “my Here” in hierdie vers is die Hebreeuse woord vir adonai, `n ander naam vir Yahuwah, en is daaroor bewys van die goddelikheid van die Messias. Maar die Hebreeuse teks gebruik nie die woord adonai nie, dit gebruik adoni (uitgespreek “a-do-nee”), wat altyd in die Skrifte gebruik word om menslike meesters en here te beskryf, maar nooit Yahuwah nie.
Die Hebreeuse woorde Adoni en Adonai het dieselfde oorsprong, adon, en dit is die woord aangeteken in die konkordansie en meeste leksikons, wat een rede is dat ons die eintlike Hebreeuse teks moet gebruik om te sien wat Psalm 110:1 sê. Die verskil tussen adon (die “oorspronklike” woord) adoni (“here,” altyd gebruik vir mense en engele) en adonai (wat gebruik word vir Yahuwah en soms adonay geskryf word) is krities tot die insig van Psalm 110:1.
Die Nuwe Testament leer dat Yahushua `n mens was. Vir een ding, het Yahushua homself so gesê. Soos byvoorbeeld, in Johannes 8:40, het Yahushua gesê dat hy was iemand wat aan julle die waarheid vertel het.” [klem ons s`n]. Yahushua was nie oneerlik en het nie die “goddelike natuur” verberg nie. Hy het `n feitelike stelling gemaak wat versterk het wat die Jode verwag het van die Messias—dat hy `n volle menslike man sou wees.
Die dissipels het ook geleer dat Yahushua `n mens was. Soos byvoorbeeld, in sy preek aan die menigtes vergader op die Dag van Pinkster, het die Apostel Petrus dit baie duidelik gemaak in sy verklaring dat Yahushua `n man aangewys deur God: “Israeliete, luister na hierdie woorde! Yahushua, die Nasaréner, `n man deur Yahuwah vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens van Yahuwah deur Hom onder julle gedoen….” (Handelinge 2:22 OV). Hier leer Petrus duidelik dat Yahushua `n man was, en dat Yahuwah wonderwerke “deur hom” gedoen het.
Dit wil voorkom dat indien daar `n Drie-eenheid was, toe Petrus die ore van die Joodse volk bymekaar gehad het op Pinkster Dag `n goeie tyd sou wees om dit aan die Jode bekend te stel. Maar instede daarvan het Petrus die Jode vertel dat Yahushua die Messias was deur hulle verwag: iemand deur Yahuwah vir julle aangewys.
Dit wil voorkom dat indien daar `n Drie-eenheid was, toe Petrus die ore van die Joodse volk bymekaar gehad het op Pinkster Dag `n goeie tyd sou wees om dit aan die Jode bekend te stel. Maar instede daarvan het Petrus die Jode vertel dat Yahushua die Messias was deur hulle verwag: iemand deur Yahuwah vir julle aangewys.
|
Nes Petrus, het Paulus ook geleer dat Yahushua `n mens was. Soos byvoorbeeld, toe hy in Athene was, het Paulus `n gehoor van ongeredde Heidene geleer omtrent Yahushua Christus en gesê dat God die wêreld sal oordeel “deur iemand deur Hom aangewys” (Handelinge 17:31). Paulus het nooit gesê of geïmpliseer dat Yahushua enigiets anders was as “iemand” nie. Maar, veral omdat Paulus se Griekse gehoor politheïsties was, wil dit voorkom indien daar `n Drie-eenheid was, sou Paulus dit vir die gehoor vertel het. Waarvolgens die Jode waarskynlik ongelukkig moes gewees het as iemand geleer het dat daar `n Drie-eenheid is, hierdie politheïstiese Grieke sou byna sekerlik nie ongelukkig gewees het nie, dus sou dit `n volmaakte tyd wees om die onderwerp aan die mense te leer. Maar, Paulus het gesê dat Yahushua iemand was deur Yahuwah aanbeveel.
Daar is verskeie ander Nuwe Testament verse wat sê dat Yahushua iemand was. Soos byvoorbeeld, Romeine sê dat `n man, Adam, gemaak het dat sonde in die wêreld ingekom het, en dat `n man dit moes loskoop van sonde. Romeine 5:15 (ESV) sê: “Want as baie gesterf het deur een mens se oortreding, het die genade van Yahuwah en die vrywillige gawe deur die genade van daardie één man Yahushua veel meer vir baie oorvloedig geword.”
1 Timóthëüs 2:5 sê dat dit Yahushua is, iemand, wat die middelaar was tussen Yahuwah en die mens. 1 Timothéüs 2:5 (ESV) sê, “Want daar is een God, en daar is een middelaar tussen Yahuwah en die mens, die man Christus Yahushua.” Hierdie einste vers noem Yahushua Christus `n “mens” selfs ná sy opstanding.
Drie-enige leerstelling probeer om die verse te verduidelik wat sê dat Yahushua `n mens was deur te sê dat hy `n mens was, maar hy was terselfdertyd ook 100% God. Maar daar is `n probleem hiermee. Een daarvan is dat daar geen enkele vers is wat sê dat Yahushua beide God en mens was nie. Die God-mens leerstelling is gebou op baie verse. Geleerdes erken boonop dat slegs omtrent agt verse in die ganse Nuwe Testament verstaan word om te sê dat Yahushua God is. Elkeen daarvan kan eerder vertaal word op `n manier wat die Bybel Unitariese posisie ondersteun, of tekstueel betwis, of verduidelik word vir die gebruik van die woord “God” in die kultuur. In teenstelling waar die duidelike tekse sê dat Yahushua `n “mens” is, soos wanneer Petrus of Paulus die gehoor leer dat Yahushua iemand was deur Yahuwah vir julle aangewys, word nie betwis nie, en in die konteks, lyk dit nie of daar enige goeie rede is dat daardie manne nie sou gesê het dat Yahushua `n God-mens was as dit is wat hy werklik is.
Eintlik lyk dit of Hebreërs die onderwerp duidelik maak wanneer dit sê dat toe Yahushua op aarde was, was hy soos ons gemaak in elke opsig: “Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy `n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot Yahuwah staan” (Heb. 2:17 ESV) Hierdie vers wys dat Yahushua nie ten volle menslik en tenvolle God terselfdertyd was nie. Indien hy was, sou hy nie soos ons in elke aspek gewees het nie. As ons glo dat Yahushua `n volle menslike man was, kan hierdie vers gesien word as volle waarheid, maar as Yahushua ten volle God was en ten volle menslik, is dit ten beste verwarrend. Niemand van ons sou die bekommernisse, vrese, en twyfel gehad het wat ons het, as ons God was nie. Die Bybel sê dat Yahushua was soos ons gemaak in elke opsig, in `n baie reguit wyse, en dat Yahushua was nie “beide God en menslik nie.”
Yahushua word die “laaste Adam” genoem (1 Kor. 15:45), maar dit lyk dat hierdie toekenning nie toepaslik was indien Yahushua nie tenvolle menslik was in dieselfde wyse as Adam nie.
|
Adam, die eerste mens, was ten volle menslik en, deur sy sonde, het hy sonde in die wêreld gebring. Yahushua word die “laaste Adam” genoem (1 Kor. 15:45), maar dit lyk dat hierdie toekenning nie toepaslik was indien Yahushua nie tenvolle menslik was in dieselfde wyse as Adam nie. Ook was Adam `n teenbeeld van Yahushua Christus genoem (Rom. 5:14). Die woord vertaal as “teenbeeld” in baie Engelse weergawes is die vertaling van die Griekse woord tupos (#5179 τύπος), wat gedefinieer kan word as `n tipe, prototipe, of patroon van Christus omdat hy ten volle menslik was en begin het sonder `n sondige natuur—en Yahushua was dieselfde: ten volle menslik en gemaak sonder `n sondige natuur. Die rede waarom geen menslike man ná Adam `n “teenbeeld” van Christus kan wees nie is omdat almal met `n sondige natuur gebore is. Maar as Yahushua 100% mens en 100% God was, dan kon Adam nie `n “teenbeeld” van Christus wees nie, omdat Adam nie `n “God-natuur” gehad het nie.
Die Bybel sê in baie verse dat daar was net een God, en “God” het nie `n God nie. Soos byvoorbeeld, in Jesaja 44:6, sê Yahuwah, “…. buiten My is daar geen God nie.” Yahushua in teenstelling hiermee, het `n God. Toe Yahushua aan die kruis hang, het hy uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Matt. 27:46). Hy het ook van sy God gepraat met Maria Magdalena deur te sê, “…ek gaan na my Vader en julle Vader, en my God en julle God” (Johannes 20:17) (klem voorsien)
Selfs terwyl hy gestaan het aan die regterhand van Yahuwah en die dinge van God bedien het, het Yahushua God steeds “my God” genoem. In die boek van Openbaring, sê Yahushua aangaande diegene wie oorwin dat hy die “naam van my God” en “die naam van die stad van my God” wat kom uit die hemele van “my God.” (Open. 3:12). Dat Yahushua `n God het, is `n soliede bewys dat hy nie ewe-gelyk, ewe-ewig “God” in `n drie-enige God is nie.
Yahushua het die Vader “die enigste God” genoem (Johannes 5:44).
Dit kom oneerlik, of ten minste verwarrend voor, dat Yahushua na sy Vader verwys as “die enige ware God” as hy weet dat beide hy en “die Heilige Gees” ook “Persone” was in `n drieledige God, en dat die Vader Sy posisie deel met hulle.
|
Netso in die nag van sy arrestasie, het Yahushua gebid tot Yahuwah dat mense “U ken, die enige waaragtige God” (Johannes 17:3). Dit kom oneerlik, of ten minste verwarrend voor, dat Yahushua na sy Vader verwys as “die enige ware God” as hy weet dat beide hy en “die Heilige Gees” ook “Persone” was in `n drieledige God, en dat die Vader Sy posisie deel met hulle. Dit lyk meer geneig dat Yahushua die eenvoudige waarheid praat wanneer hy sy Vader “die enige waaragtige God” noem.
Kolossense 1:15 (ESV) noem Yahushua “die Eersgeborene van die hele skepping.” Geleerdes stem nie ooreen oor wat die frase beteken nie, maar dit is primêr omdat die leerstelling van die Drie-enigheids leerstelling verberg sy eenvoudige betekenis. Drie-enigheids leerstelling staaf dat Yahushua “ewig” is, maar as dit waar is dan kan hy nie die eersgeborene “van die hele skepping wees nie,” want dit sou hom deel van die skepping maak—Yahushua sal `n geskape wese wees. Maar die eenvoudige les van Kolossense 1:15 blyk duidelik te wees: Yahushua is `n geskape wese. Die BDAG Grieks-Engelse leksikon [inskrywing onder “skepping”] verduidelik die Griekse woord vertaal as “skepping” as “dit wat geskep is…van indiwiduele dinge of wesens, skepping.” Nie net was Yahushua `n geskape wese nie, hy was ook die “eersgeborene” van die dood omdat hy die eerste was in God se skepping wie uit die dode opgewek was tot die ewige lewe`n punt wat ook in Kolossense 1:15 ESV en Openbaring 1:5 gemaak word.
Yahuwah was nie verwek nie; Hy is ewig. In teenstelling met die ewige Yahuwah, is Christus “verwek,” dit is, gebore. Yahushua Christus het `n begin. Yahushua is nooit “God die Seun” in die Bybel genoem nie, maar hy is die “Seun van God” genoem, meer as 50 keer, en `n “seun” het `n begin. Die einste feit dat Yahushua die “Seun van God” is, wys dat hy `n begin het. Drie-enigheids leerstelling ontken dit en is die uitvinders van die frase “ewig geborene.” Maar “ewig geborene” in nie in die Bybel nie; dit was uitgedink as hulp ter verduideliking van die Drie-eenheid maar is eintlik `n onsinnige frase; die woorde is bymekaar gesit, maar hulle kanseleer mekaar uit. “Ewig” beteken sonder begin of einde, waar iets wat “verwek” is het, deur definisie `n begin.
Ons kan nie die na die Bybel kom in wysheid en die “saak uitmaak” met Yahuwah, (Jes. 1:18), as ons on-bybelse frases uitdink om ons teologie te ondersteun nie. En addisionele bewys dat Yahushua `n begin het word voorsien in verse soos Matthéüs 1:18, wat praat van die “begin” van Yahushua Christus, en Kolossense 1:15 (hierbo aangedui), wat sê dat Yahushua die “Seun” van God vir die eenvoudige rede is dat hy `n begin het. Yahushua was deel van Yahuwah se plan sedert die begin van die wêreld, maar hy het sy eintlike lewe begin toe Yahuwah hom “verwek het” en Maria hom in haar baarmoeder ontvang het.
Daar is baie tekse waar Yahuwah en Yahushua voorgestel word as twee aparte wesens. Daar is te veel voorbeelde om te lys, soos byvoorbeeld, in Markus 10:18, vertel Yahushua die ryk jongman dat hy nie goed was nie, maar Yahuwah was goed; in Lukas 2:52, neem Yahushua toe in guns met “Yahuwah” en met die mens; Yahushua het aan die Jode gesê dat hy was “`n mens wat julle die waarheid vertel het wat ek van Yahuwah gehoor het” (Johannes 8:40 ESV); en hy het aan sy dissipels gesê, Glo in Yahuwah, glo ook in my” (Johannes 14:1 ESV).
Daar is baie teks verse waar Yahushua en Yahuwah as twee aparte wesens uitgebeeld word.
|
Dan was die Kerk se sendbriewe goedgekeur deur beide Yahuwah en Christus. As voorbeeld, (1 Korinthiërs 1:3 ESV) sê: “Genade aan jou en vrede van Yahuwah onse Vader en Here Yahushua Christus.” Die boek van Openbaring wys beide Yahuwah en “die Lam” wie heers in die ewige stad (Open. 22:1,3). In al hierdie voorbeelde, word Yahushua gewys as om apart en afsonderlik van Yahuwah te wees.” Wat is, wat die mense van daardie tyd geglo en verwag het.
Die Drie-eenheid verduideliking van hierdie verse is dat Yahushua Yahuwah is, so wanneer Yahushua van homself en “God” praat dan beteken “God,” “die Vader.” Maar die Bybel het dit nooit gesê nie. Dit is slegs omdat die Drie-enigheids leerstelling beweer dat Yahushua God is dat die veronderstelling gemaak word dat wanneer Yahushua en God saam verskyn, beteken “God” “die Vader.” Maar die dood eenvoudige lees van die Skrifte is dat daar Yahushua is en daar is “Yahuwah,” so Yahushua is nie Yahuwah nie.
Yahushua en Yahuwah het aparte wille. Yahushua het tot Yahuwah gebid, “nie my wil nie, maar U wil geskied” (Lukas 22:42 ESV; ooreenk. Johannes 5:30). Indien en die Vader dieselfde is “een God,” dan sou hulle een wil gehad het. Drie-enige leerstelling maak aanspraak dat Lukas verwys na Yahushua se menslike wil, nie sy goddelike wil nie, wat problematies is. Om een ding te sê, praat die Bybel nie van so iets nie, dit is `n uitgevinde verduideliking. Dit sou ook beteken dat Yahushua twee wille het wat met mekaar twis binne in hom, een menslik en een goddelik. Maar dit kan sekerlik nie die geval wees nie: Yahushua het geleer dat `n koninkryk wat met homself verdeel is, kan nie staan nie (Markus 3:24).
Die Bybel sê Yahushua is `n “erfgenaam” van Yahuwah (Heb. 1:2), en `n “mede erfgenaam” met ons (Rom. 8:17). Maar indien Christus `n mede-ewige “Persoon” in die “Godheid” is, dan kan Hy nie `n erfgenaam “van Yahuwah” wees nie want, om Yahuwah te wees, sal hy volle eienaar wees van alles en daar is niks om te “erf” nie. Yahushua kan nie Yahuwah wees en `n erfgenaam van Yahuwah terselfdertyd wees nie.
Die Bybel sê dat Yahushua Christus die “beeld van Yahuwah” is (Kol. 1:15; 2 Kor. 4:4). Maar indien Christus die beeld van Yahuwah is, dan kan hy nie Yahuwah wees nie, want `n persoon kan nie homself en terselfdertyd `n beeld van homself wees nie. Yahushua kan die “beeld” van Yahuwah genoem word omdat hy altyd die wil van Yahuwah gedoen het en opgetree het soos Yahuwah Homself sou doen. feit dat Yahushua die beeld van Yahuwah is, was waarom Yahushua kon sê dat as jy hom gesien het, het jy die Vader gesien.
Yahushua kan die “beeld” van Yahuwah genoem word omdat hy altyd die wil van Yahuwah gedoen het en opgetree het soos Yahuwah Homself sou doen.
|
Efesiërs 4:4-6 word deur baie Christene herken as lysend van sewe baie belangrike leerstellings van die Christen Geloof. Dit sê dat daar een God is en een Here en een gees. Hierdie vers leer presies wat die Jode verwag het gebasseer op die Ou Testament en wat Yahushua, Petrus, Paulus, en andere geleer het: dat daar een God was, een Here, die Messias, en een gees van Yahuwah. Daar word van drie aparte dinge hier gepraat, maar nie “een God” saamgestel uit beide Yahushua en God, en sowel as “die Heilige Gees” nie.
1 Korinthiërs 8:6 begin so, “tog is daar vir ons maar een God,” en as die leerstelling van die Drie-eenheid waar was, sou ons verwag dat dit in `n tipiese Drie-enigheids manier eindig, soos, “die Vader, die Seun, en die Heilige Gees.” Ons kon sekerlik nie verwag het om net die Vader alleen as “God” te noem nie, en “die Heilige Gees” heeltemal uitlaat.
Yahushua het gesê: “…die Vader is groter as Ek” (1 Johannes 14:28 ESV). In teenstelling, sê die ortodokse formule van die Drie-eenheid dat die Vader en die Seun “mede-gelyk” is. Ons sien geen rede om nie Yahushua se eenvoudige stelling te glo nie.
Die Bybel leer dat Yahuwah die “hoof” van Christus is, dit is, Hy is Christus se leier: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus is die hoof van elke man, en die man die hoof van die vrou, en Yahuwah die hoof van Christus.” (1 Kor. 11:3 ESV). Die Drie-enigheids verduideliking van hierdie vers is dat Yahuwah die hoof van Christus was net terwyl hy op aarde was, maar die Bybel het dit nooit gesê nie. Inteendeel wys die Bybel ons die teenoorgestelde: Yahuwah is steeds die hoof van Christus en gee hom aanwysings al het hy ook in die hemel opgevaar. (Open. 1:1; 14:14-15).
Yahuwah het Yahushua Here “gemaak.” In Petrus se lesse aan die Jode op Pinkster, het hy geleer “dat Yahuwah Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Yahushua wat julle gekruisig het.” (Handelinge 2:36 ESV). Om Yahushua Here te maak, moes Yahuwah meer mag besit het as Yahushua. En, indien Christus God was, was Hy alreeds “Here"— in welke geval God nie nodig gehad het om hom Here te “maak” nie.
Dit was ook geleer dat omdat Yahushua “Here” genoem is, moet hy God wees. Maar “Here” (die Griekse woord is kurios) is `n manlike titel van respek en adellikheid, en baie andere behalwe Yahuwah en Yahushua word “Here” genoem. Maar dit kan moeilik gesien word in Engelse Bybels want baie keer is kurios nie vertaal as “Here” nie, en dit verwar die kwessie.
1) besitters van eiendom word Heer genoem (Matt. 20:8, kurios is “eienaar”)
2) hoofde van huishoudings was Heer genoem (Markus 13:35, eienaar=kurios)
3) slaaf eienaars was Heer genoem (Matt. 10:24, meester=kurios)
4) manne was Heer genoem (1 Pet. 3:6, heer (NIV)=kurios).
5) `n seun het sy Vader Heer genoem (Matt. 21:30, meneer=kurios).
6) die Romeinse Keiser was Heer genoem (Hand. 21:30, My Heer=kurios)
7) Romeinse gesaghebbers was Heer genoem (Matt.27:63, my heer=kurios)
Christene beskou Yahushua as hul “Heer,” maar dit is nie dieselfde as om te sê hy is “God” nie.
Christene beskou Yahushua as hul “Heer,” maar dit is nie dieselfde as om te sê hy is “God” nie.
|
Die Bybel sê dat die Seun onderworpe tot die Vader sal wees selfs in die toekoms. “En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat Yahuwah alleen in almal kan wees.” (1Kor.15:28 ESV) Indien Yahushua onderworpe sal wees aan die Vader in die ewige toekoms, dan lyk dit asof die leerstellings van hulle albei as mede-gelyk, verkeerd is.
Yahushua was ingewy (geheilig) deur Yahuwah. Johannes 10:36 sê: “sê julle vir Hom wat die Vader ingewy en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik- omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God’?” (Joh.10:36 ESV). Die feit dat Yahushua ingewy was, of soos dit vertaal is in ander weergawes, “geheilig,” deur Yahuwah wys dat Hy nie God was nie, want Yahuwah het nie behoefte om geheilig te word nie.
Filippense 2:6 (ESV) sê dat Christus “het gelykheid met Yahuwah nie as iets gesien wat gegryp moes word nie.” Daar is `n mate van verskil onder die geleerdes oor hoe om die Griekse teks te vertaal, sodat ander Engelse weergawes die vers ietwat anders vertaal. Maar nietemin, was die punt van die vers dat Yahushua Christus hoog aangeskryf deur Yahuwah omdat hy nederig was en nie daarop uit was na gelykheid met Yahuwah nie. Indien Yahushua God was, hoef hy nooit in die eerste plek behoefte gehad het om gelykheid met Yahuwah te soek nie—dit sou inherent aan hom wees.
Yahushua het sy aanwysings en sy leerstelling van die Vader, Yahuwah gevind. In Johannes 5:19 (ESV), sê hy: “die Seun kan niks uit sy eie doen nie, maar net wat hy sien die Vader doen.” het dit in verskeie maniere herhaal. “Ek kan niks uit my eie doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek…omdat Ek nie my eie wil soek nie maar die wil van hom wie my gestuur het” (Johannes 5:30 ESV). “My leringe is nie myne nie, maar syne wie my gestuur het” (Johannes 7:16 ESV). “Ek doen niks uit my eie gesag nie, maar praat net soos die Vader my leer” (Johannes 8:28 ESV). “Want Ek het nie gepraat uit my eie gesag nie, maar die Vader homself wie my gestuur het, het my `n gebod gegee—wat om te sê en wat om te spreek” (John 12:49 ESV). Indien God was, mede-gelyk en mede-ewig met die Vader, dan was dit nie nodig dat hy van sy Vader aanwysings kry nie.
Die Ou Testament het verwys na die Messias as die dienskneg van Yahuwah. Soos byvoorbeeld, in Jesaja 52 en 53, wat praat van die lyding en dood van Yahushua, verwys die Bybel na die Messias as God se “dienskneg” (Jes. 52:13). Wanneer die dissipels tot God gebid het in Handelinge, het hulle Koning Dawid Yahuwah se “dienskneg” genoem (Handelinge 4:25), en later in dieselfde gebed Yahushua as “u heilige dienskneg” genoem (Handelinge 4:30 CSB). Hulle het die Messias gelykgestel as dienskneg van Yahuwah, nes Dawid was—eerder as verwysend na Yahushua asof hy God homself was (cp. Matt. 12:18; Handelinge 3:26). Yahushua is nie God nie, wel die dienskneg van God, nes die Bybel sê.
Baie verse dui daarop dat Yahushua se mag en gesag aan hom gegee is deur die Vader.
|
Baie verse dui daarop dat Yahushua se mag en gesag aan hom gegee is deur die Vader. Indien Yahushua die ewige God was, sou hy altyd daardie dinge gehad het wat in die Skrifte aan hom “gegee” was. Christus was:
Hierdie verse en andere nes hulle maak geen sin indien Christus “mede-gelyk” is met die Vader. Op sigself geneem, wys hulle dat Yahushua `n man is deur Yahuwah aangewys.
`n Ryk jongman het na Christus gekom en hom genoem, “Goeie meester” (Lukas 18:18 ESV). Yahushua antwoord, “Waarom noem jy my goed? Niemand is goed nie behalwe Yahuwah alleen” (Lukas 18:19 ESV). As Yahushua mense vertel het dat hy God was, waarom het hy nie hierdie jong man gekomplimenteer omdat hy hom “goed” genoem het nie? Dat Yahushua die man berispe het deur te sê dat niemand goed is behalwe “God” nie, is bewys dat Yahushua nie mense geleer het dat hy God was nie. Yahushua was baie vinnig om die onderskeid tussen homself en Yahuwah te maak, en deur so te doen bevestig wat hierdie Joodse man alreeds geglo het; dat daar een God was, en Yahushua was seersekerlik nie daardie een God nie.
Tenspyte van die gewildheid van die term “Deïsme van Christus,” verskyn die frase nêrens in die Bybel nie, en Christus word nooit “Godheid” in die Bybel genoem nie. “Deist” is van die Latynse woord “Deus” wat “God” beteken, en die frase “die Deïsme van Christus,” soos dit algemeen gebruik word (maar nie Bybels is nie), beteken die “Godheid” van Christus.
Kolossense 2:9 (ESV) sê dat in Christus “woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.” Hierdie vers staaf dat God (die Godheid) al Sy volheid in Christus geplaas het, wat heel anders is as om te sê dat Christus homself `n Deïst is. Vroeg in , word die konsep alreeds duidelik gemaak: “Want Yahuwah was bly om al sy volheid in hom te laat woon” (Kol. 1:19 NIV84). Dit is waar. Maar die feit dat Christus “al die volheid” van Yahuwah het, maak nie van hom God nie. Efesiërs 3:19 sê dat Christene sou ook gevul word met “al die volheid van Yahuwah” maar dit beteken nie dat Christene op een of ander wyse Yahuwah sal word nie.
Yahushua het toegeneem in wysheid, maar Yahuwah is alwetend. Die Bybel sê: “En Yahushua het toegeneem in wysheid” (Lukas 2:52). En Yahushua het “gehoorsaamheid aangeleer” (Hebr.5:8). Yahuwah het nie nodig gehad om te leer nie.
|
Yahushua het toegeneem in wysheid, maar Yahuwah is alwetend. Die Bybel sê: “En Yahushua het toegeneem in wysheid” (Lukas 2:52 ESV). En Yahushua het “gehoorsaamheid aangeleer” (Hebr.5:8). Yahuwah het nie nodig om te leer nie. Drie-eniges veronderstel dat dit Yahushua se menslike deel was wat gegroei en geleer het, maar geen enkele vers maak daardie onderskeid nie.
Yahushua het beperkte kennis gehad, terwyl Yahuwah nie. (Markus 13:32 (ESV) sê: “Maar aangaande daardie dag of daardie uur, weet niemand nie, nie eens die engele in die hemel nie, nóg die Seun, maar alleenlik die Vader.” Selfs ná Sy opstanding, het Yahushua steeds kennis ontvang van Yahuwah: “Die openbaring van Yahushua Christus, wat God hom gegee het” (Open. 1:1 ESV).
Die Skrifte leer dat dit gepas was dat “Yahuwah” Yahushua “volmaak maak deur lyding” (Hebreërs 2:10). Yahuwah is en was altyd deur “volmaak,” maar vir Yahushua was dit om volmaaktheid te bereik deur lyding.
Om Yahuwah perfek te gehoorsaam regdeur sy bediening, het Yahushua behoefte gehad aan die gawe van die heilige gees en hy het dit ontvang met sy doop (Matt. 3:16; Markus 1:10; Lukas 3:22) en het dit op hom gehad toe hy sy bediening begin. (Lukas 4:18). Indien Yahushua God was, sou hy nie die heilige gees benodig nie, wat die einste natuur van Yahuwah is. Yahuwah het die gawe van die heilige gees op sy leiers en profete van die Ou Testament geplaas sodat hulle geestelike mag het en van Hom hoor via die Gees oor hulle (soos bv., Num. 11:17-29; Rigters 3:10; 6:34; 11:29; 1 Sam. 10:6, 10; 16:13; 1 Kron. 12:18; 2 Kron. 15:1; Miga 3:8). Boonop, dui die Ou Testamentiese profesies aan, soos Jesaja 11:2; 42:1; en 61:1, dat Yahuwah Sy gees op die Messias sal sit, wat wys dat hy nie ten volle toegerus is sonder dit nie. Yahushua het die gawe van die Heilige Gees benodig om geestelik by magte te wees, nes die ander profete. Handelinge 10:38 (REV) sê: “Yahushua, die een van Nasaret—hoe het Yahuwah hom gesalf met die heilige gees en met krag, en hy het uitgegaan om goed te doen, en almal genees wie verdruk was deur die Duiwel, want God was met hom.”
Yahushua was “een wie in elke opsig versoek was nes ons, maar sonder sonde” (Heb. 4:15 ESV), maar die Bybel is duidelik dat Yahuwah nie versoek kan word nie: “want God kan nie deur sonde versoek word nie” (Jakobus 1:13 ESV).
Ten tye van swakheid of moeilikheid, het engele Yahushua bedien en versterk. Lukas 22:43 (ESV) sê: “En daar het engele uit die hemel aan hom verskyn en hom versterk” [in die tuin van Getsémane]. Mense het behoefte om versterk te word; Yahuwah het nie nodig om versterk te word deur engele en deur enigeen of enigiets anders nie (op.ooreenk. ook Matt. 4:11, Markus 1: 13).
Skrifte sê baie duidelik dat Yahushua gesterf het. Yahuwah kan nie sterf nie. Romeine 1:23 en ander verse sê dat Yahuwah onsterflik is. Ortodokse Christen leerstelling is dat net die menslike deel van Yahuwah gesterf het, maar hierdie aanmatiging is gebaseer op veronderstelling. Daar is geen vers in die Skrifte wat enigiets sê soos, “Net Yahushua se menslike natuur het gesterf”
Hebreërs 2:10-11 leer dat ons “broeders” van Yahushua is en “seuns van God,” en Yahushua is nooit beskaamd om ons so te noem nie.
|
Hebreërs 2:10-11 leer dat ons “broeders” van Yahushua en “seuns van God” is, en Yahushua is nooit beskaamd om ons so te noem nie. Hebreërs maak `n onderskeid tussen God en Yahushua wat baie belangrik is en wat ons sou verloor as ons dink Yahushua is God. As dit die geval is, sou ons “broers van God” wees, maar ons is duidelik nie dit nie.
Ons word beopdrag om “groter werke” as Yahushua te doen. In Johannes 14:12 (ESV), vertel Yahushua sy dissipels dat “wie in my glo sal ook die werke doen wat Ek doen; en groter werke as dit sal julle doen.” As Yahushua God was, dan sal sy stelling `n opdrag wees vir ons om groter werke te doen as wat God gedoen het — wat nie moontlik is nie.
Indien Yahushua Christus Yahuwah was, sou hy die karaktertrekke van Yahuwah gehad het. Meeste teoloë stem ooreen dat sommige van Yahuwah se kenmerke onoorspronklik, self-bestaand, onsterflik, alwetend, alles-goed, almagtig, en alomteenwoordig is. Maar Yahushua het nie een van hierdie hoedanighede nie.
Hy was nie alomteenwoordig nie. Nadat Lasarus gesterf het, vertel Yahushua sy dissipels “En Ek is bly dat Ek nie daar was nie” (Johannes 11:15).
Yahuwah is Gees (Johannes 4:24) maar selfs na sy opstanding, het Yahushua van homself gesê dat hy nie `n gees was nie, maar vlees en been. Toe Yahushua aan sy dissipels verskyn het, het hy gesê, “Kyk na my hande en voete, want dit is Ek self. Voel aan my en kyk, want `n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie” (Lukas 24:39 ESV). Dat Yahushua vandag steeds vlees en been is, is presies wat ons sou verwag indien Yahushua `n “man is aangewys deur .” Deel van die groot hoop wat ons as Christene het is dat in die toekoms Yahushua ons “vernederde liggaam van gedaante sal verander” (Fil. 3:21 ESV). So, in die toekoms, sal ons liggame hê nes Yahushua s`n, maar dit lyk skaars gepas indien Yahushua God in die vlees is.
Johannes 1:18 sê dat Yahushua het “Yahuwah” aan die mense bekend gestel. Maar as “Yahuwah” `n drieledige God is bestaande uit die Vader, Seun en Heilige Gees, dan het Yahushua nie Yahuwah bekend gemaak nie. Yahushua het nooit die Drie-eenheid verkondig nie, selfs as hy goeie geleentheid daarvoor gehad het. Soos byvoorbeeld, toe Yahushua die Samaritaanse vrou by die put ontmoet het, (Johannes 4:1-42), het hy haar vertel dat hy die Messias was (Johannes 4:26), niks meer nie. Net so, toe Yahushua die Apostels vra wat dink hulle wie hy is, en Petrus sê dat Yahushua die Christus is, het Yahushua nie daardie geleentheid geneem om hulle die Drie-eenheid te leer nie. (Matt. 16:17-20). En ook toe Yahushua die man genees het wie van geboorte af blind was, het hy hom vertel dat hy die Messias is maar nie `n woord oor die Drie-eenheid gerep nie (Johannes 9:35-38). Toe die ryk jongman Christus begroet het met “Goeie Meester,” het Yahushua nie die man die Drie-eenheid geleer nie, het hy hom berispe en gesê dat die enigste een wat goed is, is God (Markus 10: 17-18).
Toe Yahushua die geleenthede gehad het om die Drie-eenheid te leer, het hy dit nooit gedoen nie. Dit is verstommend indien die leerstelling van die Drie-eenheid korrek was, omdat die mense `n menslike Messias verwag het, nie “God in die vlees nie.”
|
Ander geleenthede kan ook gegee word, maar die punt hier is dat selfs toe Yahushua geleenthede gehad het om die Drie-eenheid te leer, hy dit nooit gedoen het nie. Dit is verstommend indien die leerstelling van die Drie-eenheid korrek was, omdat die mense `n menslike Messias verwag het, nie “God in die vlees nie.” So, toe Yahushua hulle vertel dat hy die Messias is maar niks gesê het omtrent dat daar `n Drie-eenheid is nie, het hy maar net versterk wat hy alreeds geleer het. Dit lyk of daar nie blyk enige dwingende rede te wees om nie Yahushua se woorde opsigself te neem nie; dat hy die menslike Messias was wie deur die Jode verwag was.
Daar word soms gesê dat die wonders van Yahushua bewys dat hy God was. Maar byna alle wonderwerke van Yahushua op aarde gedoen was gedoen in een of ander vorm van deur vroeë profete of deur die apostels. Dit sluit in genesing van siekes, opwekking van die dode, vermeerdering van kos, en selfs water wandelings. Feitlik het die Ou Testamentiese profete wonderbaarlike wonders gedoen wat Yahushua nie gedoen het nie, insluitende die verdeling van `n oseaan in twee (Moses), wat `n rivier stop (Joshua), wat die sonstilstand in die lug laat plaasvind (Joshua), en vuur uit die hemel laat neerdaal (Elia). God was die een wat die wonderwerke deur die profete laat gebeur het, en Hy het dit deur Yahushua ook laat gebeur (Handelinge 2:22).
Daar word gesê dat geen mens die leerstelling van die Drie-eenheid verstaan nie, omdat dit `n verborgenheid is. Maar die Bybel gebruik nooit eens die woorde “Drie-eenheid” of “dubbel-natuur” van Christus, en wat hulle nog minder omskryf as verborgenhede. Boonop verwys die Griekse woord mustērion (#3466 μυστήριον) na `n “geheim” in die godsdiens of heilige ryk, dit beteken nie “verborgenheid” in die moderne sin van die woord nie. Hierdie feit kan gedokumenteer word in enige getal van leksikons of Bybel woordeboeke, en dit is ook duidelik in die Bybel homself. Die Bybel sê dat baie van die mustērion van God is nou bekend gemaak, wat bewys dat dit nie onbekende “verborgenhede” is nie, maar dat dit God se geheime is wat nou openbaar gemaak is (b.v., Rom. 16:25, 26; 1 Kor. 2:7-10; Ef. 3:4, 5, Kol. 1:26).
Die rede waarom baie Engelse Bybels mustērion as “verborgenheid” vertaal, tenspyte van die feit dat die geleerdes en baie geestelikes weet dat “verborgenheid” `n onakkurate vertaling is, is grootliks weens die vele onbybelse en self-teenstrydige leerstellings wat die Kerk ingesluip het oor die tyd. Wanneer selfs die geestelikes nie hierdie leerstellings kan beskryf en verduidelik nie, is die vertaling “verborgenheid” algemeen aanvaar omdat die konsep van `n “verborgenheid” `n handige wyse was om onverklaarbare leerstellings van die gemiddelde Christene te verduidelik. Mense wie dit en ander tradisies van die Kerk uitdaag, was vinnig gemerk as “ketters” en vervolg, sodat die vertaling “verborgenheid” meestal onbetwis voortbestaan het.
Alhoewel die Bybel sê dat sekere dinge geheime is, soos die Heidene wat in die Kerk ingesluit is (Rom. 11:25; Ef. 3:4-6), of die wyse dat lewende gelowiges verander sou word in die Wegraping (1 Kor. 15:51), sê geen vers dat die dubbel-natuur van Christus `n mustērion (geheim) is nie. Maar as die leerstelling van die Drie-eenheid of die dubbel natuur van Christus waar was, sou ons sekerlik verwag dat die Bybel dit moet insluit onder die mustērion van God. Vir ons is die mees logiese rede dat die Drie-eenheid en die dubbel natuur van Christus nie na verwys word in die Bybel as `n mustērion, nie (`n geheim) is omdat hulle nie in die eerste plek Bybel leerstellings is nie.
Nie net is die Drie-eenheid en die dubbel natuur van Christus nie “geheime” nie, hulle is teenstrydighede. Doktrinale stellings soos “ewig-gebore,” “drie ‘Persone’ in Een God,” en “Yahushua is beide 100% God,” is eintlik maar net eenvoudig teenstrydighede. Dit was erken vir `n lang tyd, en meer as `n honderd jaar gelede, het William G. Elliot geskryf: “Verborgenhede en teenstrydighede is twee verskillende dinge. Die eerste is iets buite ons sig, of onvolmaak gesien. Die laaste word as onjuis gesien …. Ons weet genoeg dat twee teenstrydige stellings kan nie altwee waar wees nie. … So wanneer Christus beweer dat hy nie `n sekere toekomstige gebeurtenis ken nie (sien Markus xiii. 32), is die bewering dat hy nietemin Alwetend is, klaarblyklik `n ontkenning van wat hy gesê het”” (Discourses on the Doctrines of Christianity, American Unitarian Association, Boston, 1870, p. 6).
Om Yahuwah en Yahushua ten volle lief te hê en te aanbid, is dit van belang om te weet wie hulle is.
|
Om Yahuwah en Yahushua ten volle lief te hê en te aanbid, is dit van belang om te weet wie hulle is. Yahuwah, die Vader is die Skepper van die heelal, die Argitek van die Verlossings plan, die Vader van Yahushua Christus, en ons Een God, en deur Hom te verwyder uit daardie verhoogde posisie deur Hom Sy posisie met twee ander “Persone” te deel as “God” verminder wie Hy is en wat Hy alleen gedoen het. En om Yahushua `n God te maak, eerder as hom te verhoog, verminder eintlik wie hy was en is en wat hy bereik het en wat hy steeds doen. Dit kraak Yahushua af omdat sy waagmoed, geestelike volharding, liefde, en groot geloof ongeëwenaard is in die menslike geskiedenis. Hy het deur die lewe gegaan nes elke mens, met twyfel, vrese, bekommernisse, en die moontlikheid van sonde. Sy ware grootsheid is verlore as hy God is, want “met Yahuwah is alle dinge moontlik.” Deur te glo dat Yahushua God is demonstreer ook ongeloof in Yahushua se eie woorde toe hy stellings gemaak het soos “my Vader is groter as Ek” en toe hy bid tot die Vader “die enigste ware God.” Dan maak dit dit onmoontlik vir ons om met hom te identifiseer en te streef om soos hy te wees, want hoe kan ons hoop om ooit soos Yahuwah te leef?
Deur die Vader tot Sy unieke en enkele posisie te herstel as God, ontvang Hy al die aanbidding, krediet, respek, en ontsag wat Hy verdien as die Een Ware God. Deur Christus tot sy posisie as die mens aangewys deur Yahuwah te herstel—die enig-gebore Seun van Yahuwah, die laaste Adam, die een wie kon sondig maar vrywilliglik gehoorsaam gebly het, die een wie kon opgegee het, maar ons so liefgehad het dat hy nooit opgegee het nie, en die een wat Yahuwah hoog verheerlik het om ons Here te wees—dan sal Christus al die aanbidding, krediet, respek en ontsag ontvang wat hom toekom, en kan ons veel krag en deursettings vermoë put uit sy voorbeeld.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://www.biblicalunitarian.com/articles/Yahushua-is-the-son-of-god-not-god-the-son
Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was. – WLC Span