Print

Yahushua: Ons Groot Hoë Priester

Hebreërs 6:17-20 


Die oneidige wysheid en onbeperkte liefde van Yahuwah het `n plan ontwerp waardeur die sondige, afvallige mens weer tot die goddelike guns herstel kan word. Hierdie plan omsluit ver meer as die wettiese verlossing van die mensdom uit die beheer van Satan. Dit doen ook `n beroep vir die herstel van die goddelike karakter binne-in die menslike siel. Dit is hierdie hoop, algehele herstel terug na die goddelike beeltenis, waarna Paulus verwys het. En dis hierdie werk waarmee Yahushua tans besig is.   

Om die intriges van die verlossingsplan, te leer, het Yahuwah Moses bevel om `n tabernakel te bou waarvan die dienste en einste oprigting die mens in die waarhede van verlossing onderrig het. “Hulle moet vir My `n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon.” (Eksodus 25:8, NV) Die hoogtepunt van hierdie heilige dienste was die jaarlikse seremonie op die Versoendag gevier.

Dit was die plegtigste dag van die ganse jaar. Dit was `n dag van vrees en bewing . . . sowel as uitnemende geestelike seëninge. Dit was voorafgegaan deur `n diepsinnige en hartlike siels-ondersoek en gebedvolle bekering van sonde. Dit was op die Versoendag dat daardie sondes waarvan bekeer is, uitgewis was – beide uit die verslagboeke in die Hemel sowel as die karakter van die indiwidu.  

Hierdie uitnemende geskenk, in geloof aanvaar, het die mense toegelaat om elke jaar met `n nuwe blaadjie te begin. Diegene wie hulle sondes voor die tyd, deur belydenis en bekering na die heiligdom gebring het, kon deur geloof op `n nuwe hart Tabernakel in die woestynaanspraak maak. Dit is die werk, die spesiale werk van reiniging, op die Versoendag gedoen en is steeds vandag beskikbaar aan almal wie, nes Israel van ouds, wil deelneem aan die werk van siels-ondersoek en bekering.

Tydens die daaglikse tabernakel dienste, was die sondes van die bekeerdes wettiglik oorgedra na die heiligdom deur die bloed van diere: lammetjies, bokke en verskalwers. Bloed was binne-in die Heiligdom gedra en die sondaar was as vergewe beskou, alhoewel die verslag van sy sonde gebly het. Op die Versoendag, het die Hoë Priester binne-in die Allerheiligste van die tabernakel inbeweeg. Net een maal per jaar het hy ingegaan maar dit was hierdie diens wat die uitwissing van sondes, beskikbaar, aandui.  

Só . . . het die priesters gereeld die voorste gedeelte van die verbondstent [die Heilige] binnegegaan om die dienste te verrig.

Maar in die agterste gedeelte [die Allerheiligste] het alleen die hoëpriester ingegaan, en dit net eenkeer in die jaar, en dan nie sonder bloed nie, om vir hom self te offer en die sondes wat die volk onwetend gedoen het. Hiermee maak die Heilige Gees bekend dat die pad na die Allerheiligste toe nie oop is solank die voorste gedeelte van die verbondstent bestaan nie. (Hebreërs 9:6-8, NV)

Die aardse tabernakel was gegee om van die wettige transaksies te leer, gedoen in die Hemelse heiligdom om sondaars te red. Die dienste van die aardse tabernakel was deur die bloed van lammers gedoen. Die dienste van die Hemelse is met die bloed van Yahushua Self gedoen, die Lam van Yah wat die sondes van die wêreld wegneem.” (Sien Johannes 1:29.) Die aardse heiligdom was simbolies van wat gedoen sou word in die Hemelse na die dood van Yahushua.

Dit [die aardse heiligdom] alles wys vooruit na die huidige tyd waarin offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir die een wat dit bring, `n volkome skoon gewete kan gee nie. Dit het net betrekking op voedsel, drank en `n verskeidenheid reinigingsgebruike. Dit is voorskrifte wat slegs die uiterlike raak en wat opgelê is tot die tyd dat Yahuwah `n beter orde sou instel. (Hebreërs 9:9, 10, NV)

In werklikheid kon die bloed van diere, geeneen van sonde reinig nie. Dit het nie daardie mag gehad nie. Hulle was maar net simbole wat vooruit gewys het na die eintlike slagoffer vir sonde: Yahushua.

Want die wet, wat `n skaduwee van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle eenmaal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Maar in dié offers is daar jaar na jaar `n herinnering van die sondes; want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. (Hebreërs 10:1-4, OV)   

Net die bloed van Yahushua kan van sonde reinig. Diegene wie na die aardse heiligdom gekom het, het geloof beoefen vir wanneer die Heiland sou kom, sal die finale vergifnis, reiniging en herstel kan plaas vind.

Maar [Yahushua], wat opgetree het as Hoë Priester van die toekomstige weldade, wat deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en `n ewige verlossing teweeggebring het.

Want as die bloed van stiere en bokke en die as van `n vers wat verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van [Yahushua], wat Homself deur die ewige Gees aan Yahuwah sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende [El] te dien?

En daarom is Hy Middelaar van `n nuwe testament, sodat, terwyl daar `n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. (Hebreërs 9:11-15, OV)

As die diere aanvaar was om mense van hulle sondes te reinig, hoeveel te meer is die bloed van die Seun van Yah aanvaarbaarder om vergifnis en reiniging van die mens?

twee jong lammetjies“Volgens die wet is alle dinge gereinig deur bloed, en sonder storting van bloed is daar geen reiniging” van sonde nie. (Hebreërs 9:22) Omdat die bloed van Yahushua gestort is, is daar geen veroordeling vir hulle, wie deur geloof in Hom, van hulle sondes bekeer het en Sy vergifnis en reiniging aanvaar het nie.

Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Yahushua die Gesalfde is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Sien Romeine 8:1) 

Nadat Yahushua, die Lam van Yah, vir die sondes van die wêreld gesterf het, het Hy na die Hemelse Heiligdom teruggekeer. Daar het Hy die Hemelse Heiligdom binnegegaan om vir jou en my versoening te doen vir almal wie na Hom soek. Wat gedoen kon word aan die gelowiges deur geloof in die beloofde Heiland, kon nou in realiteit gedoen word.

Die aardse afbeeldings van die hemelse dinge moes dus noodwendig deur hierdie middele gereinig word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. [Yahushua] het nie ingegaan in `n heiligdom wat deur mense gemaak is en `n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel ingegaan om nou terwille van ons voor [El] te verskyn. Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met die bloed wat nie sy eie is nie. Dan sou Hy immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net eenkeer in die voleinding van die tye verskyn om deur Sy offer die sonde weg te neem. (Hebreërs 9:23-26, NV)

Yahushua se dood aan die kruis was `n eenmalige dood. Hy hoef nooit weer te sterf nie. Hy, die volmaakte Lam, was eenmaal geoffer vir die oortredinge van vele. Vergifnis, volmaak en vry, is nou aan almal gegee wie na Hom kom en, deur geloof, die gawe aanvaar, met so `n hoë koste betaal, nogtans so vryelik en goedgunstiglik geskenk. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe, en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1 Johannes 1:9, OV)

`n Mens is bestem om net eenmaal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is [Yahushua] ook net eenmaal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. (Hebreërs 9:27-28, NV)

Skrifte stel Yahushua voor waar Hy in die teenwoordigheid van Yahuwah staan, en nou selfs Sy bloed vir die versoening van ons sondes offer. Hy wag, met verlangende hart, om amal wie deur geloof na Hom kom, te reinig en te genees. Die aardse heiligdom het vooruitgewys na wat NOU beskikbaar is en net wag vir jou aanvaarding daarvan deur geloof.  

“Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sonde kan wegneem nie. Maar [Yahushua die Gesalfde] het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van [El] gaan sit. Nou wag Hy daar totdat Sy vyande aan Hom onderwerp is. Deur die één offer [Sy dood] het Hy die wat vir [Yahuwah] afgesonder word, vir altyd van sonde vry gemaak.   

Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons, Eers sê Hy: “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê [Yahuwah]: Ek sal hulle die wet in die hart gee, in die verstand sal Ek dit skrywe,” Dan sê Hy verder: “Aan hulle oortredinge sal Ek nooit meer dink nie.”Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.” (Hebreërs 10: 11-18, NV)

Wanneer Yahushua in die wolke van die Hemel kom, sal die oordeel verby wees. Dit sal alreeds besluit wees wie as vergewe beskou is, en wie skuldig sal bly. Een van die laaste stellings van Yahushua in die Skrifte opgeneem stel dit duidelik: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saammet My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.” (Openbaring 22:12, NV)

biddende vrouVir die Heiland om die loon met Hom saam te bring, volg dit daarop dat dit alreeds vas gestel is wie watter loon ontvang: aan wie die ewige lewe geskenk word, en wie in die poel van vuur, saam met die duiwel en sy engele gewerp sal word.

Terwyl genadetyd steeds talm, is dit tyd om jou roeping en verkiesing seker te maak. Deursoek jou hart, bely jou foute en bekeer jou. Pleit met Yahuwah in gebed: “Deurgrond my, O [El], en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my `n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! 

Die finale generasie bestaan uit diegene wie uit Babilon geroep is. Hulle is uit die gevalle kerke geroep; hulle is uit tradisie, dwaalleer, sonde en afvalligheid geroep. En, namate hulle gehoor gee aan die oproep om Babilon te verlaat en terug te keer na hulle Skepper, word `n wonderlike verandering teweeggebring; reiniging word aan hulle geskenk, volmaak en geheel. Aan hulle word `n nuwe hart en nuwe gees geskenk. Die weerkaatsing van die goddelike beeld skyn uit hulle.

“Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land toe bring.

“Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van julle afgodery.

“Ek sal julle `n nuwe hart en `n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle `n hart van vleis gee.

“Ek sal My Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens My voorskrifte leef en My bepalings gehoorsaam en nakom . . . julle sal My volk wees en Ek sal julle [El] wees. Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het.” (Esegiël 36:24-29, OV)

Dit is waarop jou Heiland wag om vir jou te doen. Hy wil `n rein hart, en `n opregte gees aan jou gee. Hy wil die goddelike beeld van Yahuwah in jou herstel.

Aanvaar die lieflike uitnodiging vandag nog. Bekeer. Wees gereinig. En jy sal in die Geliefde aanvaar word.