Print

Yahushua se Geregtigheid: Enigste Hoop vir Sondaars

Een van die mees ontnugterende verse in die Skrifte is wanneer Yahushua verklaar:

 Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen; en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly. (Openbaring 22:11, NV)

Hierdie ernstige stelling sê dat daar ‘n tyd sal kom wanneer alles verby is. Yahuwah het aan almal genadetyd voorsien sodat  almal kan demonstreer aan wie se kant van die groot stryd hulle staan. Hoe dit ook al sy, die tyd sal kom dat die genadetyd sal eindig. Dit sal plaasvind voor die Tweede Koms omdat die volgende vers verklaar:  

En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. (Openbaring 22:12 , Ou Vertaling)

Wanneer Yahushua op die wolke van die Hemel verskyn om Sy wagtende volk te ontvang, bring Hy Sy beloning saam met Hom. Dus sal almal se keuse alreeds voor daardie tyd gemaak wees, vir die lewe of dood en daardie keuse is finaal.

 “Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly . . . .”

As jou sonde met die sluiting van genadetyd nog nie vergewe is nie, omdat jy nie erken en bely het nie, sal jy ook deur versuim, Satan se kant gekies het. Ongeag van hoeveel tyd vir jou bygevoeg word, sal jy BLY aan sy kant.

 “Maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.’’

jong peinsende man wat Bybel vashouAs jy aan die ander kant, dan nader na jou Verlosser kom, met oorgawe aan Sy wil in alle dinge, en jy ooit heiligheid bereik, probeer om jou lewe in harmonie met die geestelike wil te bring, vind heiligheid dan niks meer om te vereis nie. Wanneer Yahushua Sy Hoë Priesterlike wierookpan neergooi, sal die onherroeplike uitslag  uitgespreek word. Jy sal EEN met jou Verlosser bly regdeur die onophoudelike siklusse van die ewigheid heen en geen toekomstige versoekings sal ooit maak dat jy swaai in jou getrouheid tot Hom nie.

Geeneen weet vir seker wanneer die afsluiting van genadetyd is nie. Soos met die dag van die Tweede Koms, is dit kennis wat die Vader verkies het om nie bekend te maak nie. 

“Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.”  Markus 13:32, Ou Vertaling)

Hoewel dit onmoontlik is om te sê wanneer die genadetyd eindig meer nog as wat dit moontlik is om te sê wanneer Yahushua sal terugkeer, is die tyd voor die deur. 

Die verborge dinge is vir die Yahuwah onse Elohim; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet. (Sien Deuteronómium 29:29).

Die jaarlikse feeste van Yahuwah is gegee om ontsaglike, meesleurende waarhede omtrent die verlossingsplan. te leer. Die werk op die Versoendag gedoen was `n teenbeeldige werk wat met die sluiting van genadetyd uitgevoer sal word, wanneer elkeen verseël is in hul keuse omtrent wie hulle wil gehoorsaam, dien en aanbid: Yahuwah of Satan. Versoendag, nes die afsluiting van genade, was die plegtigste dag van die ganse jaar. Dit was vanaf die Fees van Basuine op die eerste dag tot die Versoendag op die tiende van die maand.

En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie – die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van Yahuwah rein word. `n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet julle verootmoedig. Dit is `n ewige insetting.  (Levítikus 16:29-31 Ou Vertalling).

Die hart-voorbereiding was van uiterste belang. Almal wat nie deel neem aan hierdie werk van verootmoediging en berou sal ‘n verskriklike straf ontvang.

Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet onder sy volksgenote uitgeroei word. Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit. (Levítikus 23:29,30 Ou Vertaling).

Die rede hoekom die Versoendag ‘n dag van sodanige plegtigheid was, was omdat dit ‘n tyd was toe die Hemel nader getrek het om die beste van alle seëninge uit te stort: totale vergifnis en herstelling van sonde! Op die Versoendag is die sondes van diegene wie berou oor hul sondes getoon het, uitgewis. Om hul sondes uitgewis te kry, was baie meer as ‘n geregtelike handeling in Hemelse verslagboeke. Troetelsonde waarmee  hulle gesukkel het en ‘n aanhoudende struikelblok vir hulle was het  hul gedagtes besoedel! Hulle was terug gebring tot waar hulle was as hulle nooit aan daardie spesifieke sondes toegegee het nie. Die bloed van die Lam, geslag op die  Versoendag, bedek hul sondes en hulle staan voor Yahuwah asof hulle nie gesondig het nie. Dit is wat die Hemel  aan jou wil gee, nou, voor die sluiting van genadetyd.

Yahushua, die sondelose Seun van Yah, “die Lam van [Yah], wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29, Ou Vertaling). Net die bloed van die lammers het die sondes van antieke Israel bedek, die bloed van Yahushua bedek almal wat  uit berou en deur geloof na Hom kom. Sy geregtigheid bedek hulle tekortkominge en hulle staan voor Yahuwah asof hulle nooit gesondig het nie. Geregtigheid in geloof is die enigste tipe geregtigheid wat daar is.

Skrifte verklaar:

 “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie.” (Romeine 3:10, NV)

 “En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed”. (Jesaja 64:6, Ou Vertaling)

As sondaars is dit  ontmoontlik om uit ons self geregtigheid te verkry. Al wat enig iemand kan doen is om te vra en die geregtigheid van Yahushua deur geloof te ontvang. glimlaggende landbouer in die reënVoor die Versoendag was die Pinksterfees. Op Pinkster was die Heilige Gees uitgestort oor die dissipels om hulle in staat te stel om die evangelie regoor die wêreld te verkondig. Dit het dan verwys na die “vroeë reëns.” Christene het lank uitgesien na ‘n “Pinkster” ondervinding wanneer, die Gees van Yahuwah weereens uitgestort word in die vorm van die “laat reëns” krag oor  almal wat gewillig is om dit te ontvang. Dit moet verstaan word, hoe ook al, dat die laat reëns nie gegee sal word vir die verwydering van sondes uit die lewe nie. Nes die vroeë reëns is dit gegee om die evangelie boodskap te verkondig, die laaste oproep na sondaars om te berou te toon en gered te word. Net die wat lewe in die bewuste gehoorsaamheid van die geestelike wet – sal die magtige uitstorting van die geestelike krag ontvang. Dit sal nooit uitgestort word op die gedagte van ‘n onrein persoon wat sonde aankleef nie.  

Dit is nou die aangewese tyd om die Laodicense gebed te bid en uit geloof die boodskap van die ware getuie  aan jou gegee,  te ontvang. Almal is “ellendig, beklaenswaardig, arm, blind, en naak.” Almal neem aan dat hulle is “aan niks gebrek het nie.” Alle mense neig om na hul “goeie werke” te kyk en veronderstel dat hulle nie in die Laodicense toestand is nie. Die slegste deel van daardie diagnose is dat almal geestelik blind is! (Sien Openbaring 3:17.)  

Almal het behoefte aan die geneesmiddel aangebied vir diegene wie ly aan die Laodicense toestand:

Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk kan word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. (Sien Openbaring 3:18, Ou Vertaling)

Die goud wat in vuur gelouter is, is geloof en liefde; die kleed is Yahushua ons geregtigheid; die oogsalf is geestelike onderskeidingsvermoë, alles verniet gegee deur die Verlosser. Sodra die onberekenbare geskenke deur geloof ontvang is en die Laat reëns kragdadig uitgestort word, dan sal jy instaat wees om in die aangesig van die heilige Yahuwah te lewe sonder ‘n voorspraak gedurende die sewe laaste plae.  

Geregtigheid deur geloof, ten volle aanvaar en verstaan, is om sondeloos te lewe. Wanneer die bloed van Yahushua deur geloof aanvaar word, word mens deur geloof met Hom gekruisig. Daarom, nes Hy opgewek was tot die lewe, net so is ‘n gelowige siel ook opgewek om in die nuutheid van die lewe met Yahushua te wandel. Dit is gedoen deur geloof in Sy geregtigheid. Dit is baie meer as ‘n verstandelike begrip van die gedagtes. Dit is ‘n ondervinding.

Ek is met Yahushua gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Yahushua leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Yahuwah wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Ek verwerp nie die genade van Yahuwah nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Yahushua tevergeefs gesterwe. (Sien Galásiërs 2:20, 21.)

Want “almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van [Yahuwah]’’ (Romeine 3:23), dit is nie moontlik vir ‘n sondaar om gelowig te word om skielik te begin om die wet te hou nie. Dit kan nie versoen vir sondes wat verby is of kan ook nie die natuurlike neiging van die gedagte verander nie. Elkeen het oorerflike en aangekweekte neigings na sonde. Dit is slegs deur die kruisdood van Yahushua te aanvaar tot eie belang en  die geregtigheid wat Hy op aarde uitgeleef het, sodoende is dit glimlaggende vrou wat Bybel vashoumoontlik vir ‘n sondaar om herskep te word in die beeld van die Skepper. Die goot en kosbaarste beloftes in die Skrifte verduidelik,  kan daagliks aanspraak op gemaak word, elke uur, elke minuut. Wanneer die versoeking na die gedagte kom, dan is daar altyd twee moontlikhede: om sonde te pleeg of om tot hulp te roep. Die Vader en die Seun waarborg hul krag om elke persoon met die begeerte om oorwinning te skenk om die Satan te weerstaan.   

Onderwerp julle dan aan Yahuwah; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot Yahuwah en Hy sal tot julle nader. (Sien Jakobus 4:7, 8.)

Kleef aan die belofte, laat die woorde van die Bybel soos ‘n suiwerende golf deur jou gedagtes spoel, dan sal jy die geregtigheid ontvang om gered te word. Dit is die Hemelse Vader se grootste begeerte om elke kind van Hom te beklee, skoon en wit, met die geregtigheid van Sy Seun. Dit is nie iets wat enigiemand vir hulself kan doen nie. Yahuwah sal almal wat na Hom draai reinig en in geloof herstel, glo dat Hy hulle sal aanvaar omdat Hy belowe het om so te doen. Hy sal vir hulle se:  

Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. (Sagaría 3:4 Ou Vertaling)

Dit is duidelik gedoen net deur die krag van die Heilige Gees:

Nie deur krag of nie deur geweld nie, maar deur my Gees, sê Yahuwah van die leërskare. (Sien Sagaría 4:6.)

Redding, deur geloof, is ‘n gratis geskenk. Kies vandag om dit te aanvaar.