Die Skrifte sluit af met `n basuin signaal aan almal wie hier op aarde lewe.
“Vrees [Yahuwah] en gee Hom heerlikheid want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.” (Openbaring 14:7, NV)
As die Gewer en Onderhouer van alle lewe, is dit Yahuwah se reg om aanbidding van Sy skepsele te ontvang. As die ontvanger van daardie aanbidding, is dit ook Sy reg om sekere dae op sy te sit as heilige dae.
Skrifte noem hierdie dae van aanbidding “feeste” en “heilige samekomste” Daar is `n lys van hulle almal gemaak in Levitíkus 23, wat begin met die weeklikse fees, die sewende-dag Sabbat.
“Verder het Yahuwah met Moses gespreek en gesê: “Spreek met die kinders van Israel, en sê vir hulle: die feestye van Yahuwah wat julle moet uitroep as heilige samekomste - dit is My feestye. Ses dae sal werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit `n dag van volkome rus, `n heilige vierdag; geen werk mag julle doen nie – dit is `n Sabbat van Yahuwah in al julle woonplekke.’” (Sien Levitíkus 23: 1-3.)
Die weeklikse Sabbat is nie die enigste tyd wat vir aanbidding aan die Skepper vasgestel was nie. Bykomend tot die sewende-dag Sabbat, is daar ander aanbiddingsdae wat ook “heilige samekomste” genoem word. Levitíkus 23 maak `n lys van hulle almal:
- Pasga
- Fees van Ongesuurde Brode
- Beweeg Offer
- Fees van Weke (Pinkster)
- Fees van Basuine
- Versoendag
- Fees van Tabernakels
“Dit is die fees tye van [Yahuwah], die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.” (Levitíkus 23:4.)
Daar word geen verskil tussen die jaarlikse en die weeklikse feeste gemaak nie. Almal is Yahuwah se vasgestelde tye vir aanbidding.
Die woord wat vir “fees” vertaal is, kom van die Hebreeuse woordmo`ed.
Mo`ed of Mo`ada; gemeente, feestelike vergadering, afspraak, sein. . . . Omdat die Joodse feeste op gereelde tussenposes plaasgevind het, het hierdie woord nou verbind geraak met hulle. . . . Mo`ed word in `n breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was nou verbind met die tabernakel self. [Yahuwah] het Israel op spesifieke tye daar ontmoet met die doel om Sy wil te openbaar. Dit is `n algemene term vir die aanbiddings samekomste van [Yahuwah] se volk. (Hebrew-Greek Key Word Study Bible,“Lexical Aids to the Old Testament, #4150.)
Baie mense glo dat dit verkeerd vir Christene is, om die feeste van Yahuwah na die dood van Yahushua te hou. Hulle voer aan dat om die feeste te onderhou onteer en maak Sy dood van nul en gener waarde.
Die ganse Hebreeuse staathuishoudkunde het die diepe waarhede van verlossing geleer. Die slagoffers het vooruitgewys na die finale vervulling in Yahushua as:
Die Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegneem. (Sien Johannes 1: 29.)
Yahushua was die groot Teë-beeld waarvan die teenbeelde voorafskaduwings was.
Yahushua “nadat Hy eenmaal geoffer is om die sonde van baie weg te neem.” (Hebreërs 9:28 OV)
Die offerstelsel, die seremonie wat bloed vereis het, was by die kruis vervul. Sodoende, was die slagoffers wat daarna vooruit gewys het nie meer langer nodig nie, omdat al die beelde in hulle groot Teenbeeld vervul was. Maar die jaarlikse feeste, was veel meer as beelde. Hulle is gedenkfeeste beide herdenkend sowel as vooruitwysend na belangrike gebeure in die verlossings geskiedenis.
Die feeste, as jaarlikse aanbiddings dae, moes regdeur tyd en die ewigheid onderhou word. Nes die weeklikse Sabbat, is die jaarlikse feeste vasgestel vir tye van aanbidding. Yahuwah het gesê dat die onderhouding van die feeste `n “ewige insetting vir al julle geslagte in al julle woonplekke,” moes wees. (Sien Levitíkus 23:14, 21, 31, 41.) Gehoorsaamheid aan Yahuwah se direkte gebooie maak niks tot niet nie. Het Yahushua gesê: “As julle My liefhet, bewaar My gebooie.” (Johannes 14:15, NV) Gehoorsaamheid aan die goddelike wet is die beste manier waarop ons die Skepper kan eer betoon.
Gehoorsaamheidbevestig die wet as iets waardevols!
“Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie! Ons laat die wet reeds tot sy reg kom.” (Romeine 3:31 NV)
Menigte Christene, wie verlang om Yahuwah te aanbid, oortree die goddelike wet deur die jaarliks-ingestelde feeste te ignoreer, waarvan almal goddelike insettinge is. Die verwarring oor insettingswette spruit uit die feit dat Yahuwah dit in die privaat met Moses gekommunikeer het. Die veronderstelling is dat sedert die insettingswet nie luid uitgespreek is aan die ganse samekoms toe die 10 Gebooie gegee was nie, was dit “slegs vir die Jode.” Maar insettingswette is steeds deel van die goddelike wet. Te Sinaï, het die Israeliete die stem van Yahuwah gehoor, die 10 Gebooie uitspreek. Die geluid was so oorweldigend, dat die Israeliete uit vrees vir Moses gesmeek het dat Yahuwah net met hom moes praat, en dan kon hy aan hulle vertel wat hulle as volk moes weet.
Kyk, Yahuwah onse Elohim het ons Sy heerlikheid en Sy grootheid laat sien, En ons het Sy stem uit die vuur gehoor; . . . Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van Yahuwah ons Elohim nog langer hoor, sal ons sterwe. Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende Elohim uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het? Gaan ú naderby en hoor alles wat Yahuwah onse Elohim sal sê; dan kan ú ons alles meedeel wat Yahuwah onse Elohim met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.” (Sien Deuteronómium 5: 24-27.)
Yahuwah het ingestem aan die versoek van die volk. Sy respons aan die volk se versoek verbind die wette wat Hy deur Moses gespreek het met die wet wat Hy direk aan die volk uitgespreek het:
Ag as hulle maar so `n hart gehad het om My te vrees om al My gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hulle kinders goed kan gaan. Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe. Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen . . . Sorg dan dat julle doen soos Yahuwah julle Elohim julle beveel het; jy mag nie links of regs afwyk nie. (Sien Deuteronómium 5:29-32.)
Aan Moses het Yahuwah die insettinge gegee wat hy op sy beurt weer aan die volk herhaal het. Maar Yahuwah se bedoeling was dat die insettinge altyd as deel van die goddelike wet onderhou moes word.
Gebooie, insettinge en verordeninge word dikwels in die Skrifte verbind met die waarskuwing om hulle te onderhou en te gehoorsaam.
Die WET van Yahuwah is volmaak: dit verkwik die siel;
Die GETUIENIS van Yahuwah is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Die BEVELE van Yahuwah is reg: hulle verbly die hart;
Die GEBOD van Yahuwah is suiwer; dit verlig die oë. ...
Die VERORDENINGE is waarheid – tesame is hulle regverdig.
Hulle is begeerliker as goud, ja, as fyn goud; . . .
Ook word u kneg daardeur gewaarsku;
In die onderhouding daarvan is groot loon. (Sien Psalm 19: 7-11.)
Die goddelike wet was ten bate van alle volke gegee. In die Skrifte, beveel Yahuwah elkeen aan om Sy hele wet te onderhou:
“Ek het aan hulle My voorskrifte gegee en My bepalings aan hulle bekendgemaak, sodat elkeen wat daarvolgens optree, in die lewe sou bly. Ek het ook My Sabbatte aan hulle gegee om vir hulle `n teken te wees tussen hulle en My, sodat hulle sou weet dat Ek, [Yahuwah], hulle geheilig het.
“Ek, [Yahuwah, is julle Elohim]. Leef volgens My voorskrifte, kom My bepalings na en leef daarvolgens, hou My Sabbatte heilig sodat hulle dieteken kan wees van die verhouding tussen My en julle, sodat julle kan weet dat Ek, Yahuwah julle Elohim is.” (Esegiël 20: 11-13, 18-20, NV)
Dieteken tussen Yahuwah en Sy volk is die onderhouding van die hele goddelike wet, wat die jaarlikse feeste insluit. Daar kan geen skeiding tussen die 10 Gebooie en die insettinge wees wat dit verduidelik nie. Hulle is die goddelke Wet. Die oortuiging dat die onderhouding van die jaarlikse feeste oneer aan Yahuwah bring en Yahushua se kruisdood tot niet verklaar, kontrasteer die duidelike getuienis van die Skrifte wat herhaaldelik verklaar dat hulle vir ewig moet wees. Moses het onder aanvoering van die Heilige Gees met besieling gesê:
“Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam [Yahuwah julle Elohim].’ ” (Esegiël 4:2, NV)
Verdeling van die aanbiddings dae, en om te sê dat die weeklikse Sabbat onderhou moet word, maar nie die jaarlikse feeste nie, is om vandie goddelike wetweg te neem. Skrifte kombineer die insettings wette en die gebooie duidelik: albei is integrale dele van die goddelike wet wat ewig bindend op alle mense regdeur alle eeue is.
“Ek het ingesien dat alles wat [Yahuwah] doen vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg word en daar kan niks van weggeneem word nie; en [Yahuwah] het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor Sy aangesig. (Prediker 3:14, OV)
Die vreugde van alle geskape wesens is verweef met die onderhouding van die goddelike Wet. As `n liefdevolle Vader, het Yahuwah Sy wet gegee sodat Sy kinders gesond en gelukkig kan wees.
“Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat [Yahuwah julle Elohim] my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe . . . So sal jy [Yahuwah jou Elohim] jou lewe lank dien en gehoorsaam wees aan Sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy `n lang lewe hê. As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens My gebooie, sal jy voorspoedig wees. (Deuteronómium 6:1-3, NV.)
As die Skepper, het Yahuwah Sy wette neergelê wat ten bate en vir die blydskap van al Sy geskapenes is. Insettingswette, wat uitbrei op die 10 Gebooie, moet steeds onderhou word. Bring hulde aan jou Skepper deur Hom op AL Sy vasgestelde tye te aanbid: weeklikse en jaarlikse aanbiddingsdae. Staan vir die waarheid, en deur jou voorbeeld van gehoorsaamheid, wys die lofprysinge aan jou Verlosser uit.
“Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.” (Spreuke 3:8, OV)
“Ek wil my verlustig in U gebooie wat ek liefhet, en U insettinge oordink.” (Psalm 119:47, 48, OV)
Verwante Artikels: