Print

Yahuwah se Woord is Lewend & Betroubaar

Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span

Is die Bybel perfek? Die boodskap van die Bybel is perfek. Die vertalings van die Bybel is nie perfek nie maar dit maak nie die Bybel foutief nie.

Die Bybel bevat baie skynbare foute en inkonsekwenthede. Maar, die Bybel openbaar net so `n Heiland waaraan elke mensehart behoefte aan het. Hoe kan `n ongeïnspireerde boek al die beginsels bevat wat so volmaak aangepas is by die verlangens en begeertes van `n afvallige wêreld?

Die volgende is sewe redes waarom ons oortuig is dat die Bybel die enigste bron van waarheid is:

Inspirasie van die Skrifte

1. Na watter naam of titel het Yahushua en heilige manne van Yahuwah verwys in hul gesprekke van die gewyde geskrifte van die Ou Testament, die Bybel in hul dae?

"Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het `n hoeksteen geword?” Matthéüs 21:42. “Daarom staan dit ook in die Skrif, Ek lê in Sion `n uitverkore kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaamd staan nie.” 1 Petrus 2:6. “Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid.” Daniël 10:21. “Maar Yahushua antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van Yahuwah.” Lukas 4:4. “Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van Yahuwah hoor en dit doen.” Lukas 8:21. “Maar in dieselfde nag kom die woord van Yahuwah tot Natan en sê:” 1 Kronieke 17:3. “Elke woord van Eloah is gelouter; Hy is `n skild vir die wat by Hom skuil.” Spreuke 30:5.

Antwoord: Hulle almal verwys na die heilige geskrifte as die “Skrifte,” die “woord van Yahuwah,” of die “woord van Elohim/Eloah.”

2. Hoe was die Skrifte ingegee?

“Die hele skrif is deur Yahuwah ingegee.” 2 Timothéüs 3:16.

Antwoord: Deur Goddelike ingewing of leiding.

Heilige Skrifte kom na ons in drie stappe van Yahuwah Homself. “Die Openbaring van Yahushua, die Gesalfde, wat Yahuwah Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy [Yahushua] deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het: wat getuig het van die woord van Yahuwah … Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor.” Openbaring 1:1-3.

3. Deur watter agentskap het gewyde manne van Yahuwah vir Hom gespreek?

“Want geen profesie is ooit deur die wil van die mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van Yahuwah gespreek.” 2 Petrus 1:21.

“Die Gees van Yahuwah spreek in my, en sy woord is op my tong.” 2 Samuel 23:2.

“En hulle het nagespeur op watter en hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het. . .” 1 Petrus 1:11.

Antwoord:Deur die Heilige Gees - Die Gees van Yahuwah en Yahushua, Sy enig-gebore Seun. “Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die gees, as naamlik die Gees van Yahuwah in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie.” Romeine 8:9. “En omdat julle kinders is, het Yahuwah die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba Vader!” Galasiërs 4:6.

4. Wie, dan, het deur die manne gespreek?

“Nadat Yahuwah baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in die laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” Hebreërs 1:1-2.

Antwoord: Die Gees van Yah.

Die Bybel Gee Ware Kennis Uit

5. Waarom was die Skrifte geskrywe?

“Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.” Romeine 15:4. “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as`n waarskuwing aan ons wat aan die einde van die eeue gekom het.” 1 Korinthíërs 10: 11 “Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees vir elke goeie werk, volkome toegerus. 2 Timóthéüs 3:16, 17.

Antwoord:

A. Vir ons lering

B. Waarskuwing aan ons

C. Vir leerstelling

D. Vir weerlegging

E. Vir teregwysing

F. Onderwysing in geregtigheid

G. Om volkome te wees

H. Om volkome toegerus te wees vir elke goeie werk.

6. Wat is Yahuwah se ontwerp in ons dat Sy woord vir ons sal wees in hierdie wêreld van duisternis, sonde, en dood?

“U woord is `n lamp vir my voet en `n lig vir my pad?” Psalm 119:105. “Want die gebod is `n lamp en die onderwysing `n lig en die teregwysinge van die tug `n weg tot die lewe.” Spreuke 6:23.

Antwoord: Sy woord sal wees `n lamp vir ons voete en `n lig vir ons pad.

7. Watter drie algemene afdelings het Yahushua na verwys in die geskifte van die Ou Testament?

" “En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gepreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.” Lukas 24 :44.

Antwoord:

A. Die Wet van Moses

B. Die Profete

C. Die Psalms

“Die wet van Moses” was `n algemene Joodse term vir die eerste vyf boeke van die Ou Testament. In “die profete” hulle het Jesaja, Jeremia, Eségiël, en die twaalf kleiner profete ingesluit, ook Joshua, Rigters, 1 en 2 Samuel, en 1 en 2 Konings. “Die Psalms” insluitende al die oorblywende boeke.

Yahushua het ook gesê:

“Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af was die evangelie van Yahuwah verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Lukas 16:16

Die geskrifte van die apostels was ook erken as deel van die Skrifte.

2 Petrus 3:15-16 sê: “Soos die geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaardige mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.”

Hier neem Petrus die Apostel Paulus se geskrifte in ag as deel van die Skrifte, en ongetwyfeld voel hy dieselfde omtrent die geskrifte van ander apostels.

8. Op watter bewys het Yahushua Sy Messiasskap gebaseer?

“En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Lukas 24:27

Antwoord: Ou Testamentiese profesies

Baie van die skoonheid en diepte van goddelike waarheid is verlore vir diegene wie net die Nuwe Testament lees. Yahushua het in besonder verwys na die Ou Testament profesies as bewys van Sy Messiasskap. Toe Yahushua van die Skrifte praat, het Hy die Ou Testament bedoel, want die Nuwe Testament was nog nie geskryf nie. Die verwysings in die Nuwe Testament na die woord, “Skrifte,” verwys na die Ou Testament.

Oordink die volgende skrifte vir verdere ondersoek omtrent Yahushua: Genesis 3:15; 22:18; 26:4; 49:10; Numéri 21:9; Deuteronómium 18:15; Psalm 16:9-10; 22:1-31;132:11; Jesaja 7:14;9:6; 40:10-11; 50:6; 53:1-12; Jeremia 23:5; 33:14-15; Eségiël 34:23; 37:25; Daniël 9:24; Miga 7:20; Maléagi 3:1;4:2; Lukas 24:45; Johannes 1:45.

Daar is meer as 250 direkte aanhalings uit die Ou Testament in die Nuwe Testament. Mens sal vind dat daar volle harmonie is tussen die Ou en Nuwe Testamente. Hulle is `n eenheid, wat tesame staan of val. Die Ou Testament is die fondasie vir die Nuwe.

9. Wat word Yahuwah in die Skrifte genoem?

“Hy is … `n Eloah van trou.” Deuterónomium 32:4. “Yahushua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Johannes 14:6 “In die hoop van die ewige lewe wat Yahuwah, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het” Titus 1:2. “Sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat Yahuwah sou lieg” Hebreërs 6:18.

Antwoord: Eloah van Waarheid

Yahuwah se Woord Moet `n Deel van Ons Word

10. Daarom, wat, moet die karakter van Sy Woord wees?

“Heilig hulle deur U woord, U woord is waarheid” Johannes 17:17.

Antwoord: Sy woord is waarheid.

11. Tot op watter mate het Yahuwah Sy Woord vergroot?

“Want U het vanweë U ganse Naam u toeseggings groot gemaak.” Psalm 138:2.

Antwoord: Bo Sy Naam.

Mens se naam staan vir sy karakter. Dit is dieselfde met Yahuwah. Wanneer Yahuwah Sy woord bo Sy naam plaas, word Sy karakter die fondasie van Sy woord se belofte dat Sy woord vervul sal word. (Hebreërs 6:13, 14.)

12. Watter bewys het ons dat Yahushua Sy oortuiging en geloof in die Skrifte uitdruk?

“Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie . . . Daar is ook geskrywe: Jy mag Yahuwah jou Eloah nie versoek nie . . . want daar is geskrywe: Yahuwah jou Eloah moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Matthéüs 4:4, 7, 10.

Antwoord. Dit is Sy gewoonte om die Skrifte aan te haal as die finale gesag in alle situasies waarin Hy Homself bevind.

Die Vaste Woord van Die Profesie.

13. Wat het Yahushua in die Skrifte ingesluit om ons te help om vertroue op te bou in sy goddelike inspirasie?

“Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.” Jesaja 42:9. “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek Yahuwah is, en daar is geen ander nie; Ek is Yahuwah, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat My behaag, sal Ek doen.” Jesaja 46:9 “Van nou af sê Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.” Johannes 14:29.

Antwoord: Bybel profesies. Neem notisie van die volgende voorbeelde van vervulde Bybel profesies:

A. TIRUS: `n florerende maritieme hawe van die antieke Fenesiërs. Hierdie groot, ryk stad was boos in die aangesig van Yahuwah en Hy het `n voorspelling gemaak oor die verdoemenis van hierdie stad. In Eségíël 26:7-14 het Yahuwah ses dinge voorspel oor wat met Tirus sou gebeur:

1. Hy sal Nebukadnésser, koning van Babilon teen Tirus bring.

2. Baie mense van Tirus sou sterf.

3. Die ruïnes van die stad sal in die see gegooi word.

4. Die stad se area sal vrygestroop word van rommel, oos die bokant van `n rots.

5. Vissermanne sal die omgewing gebruik om nette te droog.

6. Dit sal nooit herbou word nie.

Die ou stad was vry van rommel geskraap soos `n rots en Alexander het met sy troepe opmarsjeer na die eiland en die nuwe Tirus verower. Deesdae is dit algemeen om te sien hoe vissers hul nette uitsprei waar die ou stad eens was. Drie pogings is aangewend om die stad weer op te bou, maar dit het misluk. Eségiël 26:14 sê: “Ja, Ek sal jou `n kaal rots maak, `n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, Yahuwah het dit gesê, spreek die Skepper Yahuwah.” Hierdie merkwaardige voorspelling was in elke detail vervul.

B. EGIPTE. Verseker het Egipte `n roemryke verlede gehad. Maar wat van vandag? Yahuwah se woord teken `n voorspelling aan.

In antieke tye was Egipte beroemd vir haar voorsiening van Papirus, of papier aan die wêreld. Die Papirus riet het weelderig langs die Nyl Rivier en ander waterweë gegroei. Maar, Yahuwah het voorspel dat die papier riet langs die strome en riviere tot niet sou raak en verdwyn, en nie meer in die land van Egipte sal wees nie. En selfs hierdie kleine detail is vervul. “Die weivelde van die Nyl, by die mond van die Nyl en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.” Jesaja 19:7.

C. BABILON. Die grootste stad van die antieke wêreld, word dikwels van gepraat as die goue stad van `n goue eeu. Jeremia se profesie teenoor Babilon was:

“En hulle sal uit jou geen klip neem vir `n hoek of `n klip vir fondamente nie, want jy sal ewige wildernisse wees, spreek Yahuwah.” Jer. 51:26. “En Babel sal kliphope word, `n lêplek van jakkalse, `n voorwerp van verbasing en bespotting sonder inwoner.” Jer. 51:37

Maar die profesie is steeds meer beslis in die boek van Jesaja 13:20,21 “Mense sal daar tot in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie, en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hul vee daar laat lê en rus nie. Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees, en volstruise sal daar hou, en veldduiwels sal daar rondspring.” Jesaja 13:20-21. Die magtige paleise en hangende tuine van Babilon is maar net `n herinnering, maar die Arabiere woon steeds in hul tente.

14. Is die openbaringe van die wetenskap en die ondervinding van die lewe in harmonie met die getuienis van die Skrifte?

Antwoord: Ja. Hier is `n paar feite oor die natuurlike wêreld wat bevestig is deur wetenskap:

A. “Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; toe Hy vir die wind die gewig bepaal.” Job 28:24,25.

Galileo, (1564-1642) was die eerste om te bevestig dat lug gewig het.

B. “Wie het die waters met die holte van Sy hand afgemeet, en van die hemele met `n span die maat geneem, en in `n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met `n weegtoestel en die heuwels met `n weegskaal?” Jesaja 40:12.

Net in onlangse jare was dit besef hoe belangrik die proporsies en ewewig van die landmassas en oseane op die oppervlakte van die aarde is.

C. “Hulle [die hemele en die aarde] sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos `n kleed verslyt.” Hebreërs 1:11.

Eers in die twintigste eeu was die progressiewe veroudering en disintegrasie van materie deur radioaktiwiteit ontdek. Die natuur gaan agteruit. “Die afwaartse neiging is maklik, terwyl die opwaartse óf moeilik of onmoontlik is.”- Sir James H. Jeans, The Universe Around Us, bladsy 306.

D. “Want die siel van alle vlees is sy bloed.” Levítikus 17:14

Die sirkulasie en funksie van die bloed was deur William Harvey in 1615 ontdek.

"Profesie en wonderwerke bevestig die woord; wetenskap en openbaring is mede-getuienisse tot dieselfde [Skepper Yahuwah]; astronomie gee aanduiding van Sy ewigheid, onmeetlikheid, oneindigheid, natuurlike filosofie spreek van Sy alwetendheid, almag, alomteenwoordigheid; fisiologie stel voor Sy wysheid en goedertierenheid die begin van lewe, van bewustheid, van intelligensie en van gewete, wat wonderwerke is wat nie toegeskryf kan word sonder Almagtigheid nie, en is veronderstel om beide die ateïsme en panteïsme ewe onmoontlik te maak. Terwyl die hart van die mens en die geskiedenis van die mens verenig om te erken aan die behoefte en verlange ooit vervul behalwe deur … [Yahushua].” Arthur T. Pierson, Many Infallible Proofs, bl. 19.

15. Is daar gesondheidsbeginsels in die Bybel wat deesdae gevolg kan word?

Antwoord: Ja. “Sodat die mense op aarde U weg kan ken, onder al die nasies U heil.” Psalm 67:3 “Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.” 3 Johannes 2.

A. Vryheid van ongesteldhede en siektes deur GEHOORSAAMHEID: Exodus 15:26

B. Eet geen vet of bloed nie: Levítikus 3:17; 7:23, 26; 17:10-14

C. `n onderskeid tussen die rein en onrein Lev. 11:2-11

D. `n Waarskuwing teen oormaat soetgoed: Spreuke 25:16,27

E. VRAATSUG of Ooretery is skadelik: Spreuke 23:2; Prediker 10:17

F. HIGÍËNE - Was van die liggaam en kleure om kieme te beheer: Levítikus 15:2-11

G. ARBEID - Belangrikheid van werk: Exodus 20:9, 1 Timóthéüs 5:8

H. RUS - Ons liggamme het behoefte aan behoorlike rus: Markus 6:31

I. MORALITEIT - Morele lewenswyse voorkom seksuele siektes soos VIGS epidemie, aborsies ens: 1 Korinthíërs 3:17; 6:19; 10:8.; Spreuke 5:1-12

J. Menslike liggaams afval moet begrawe word: Deuterónomium 23:12,13

K. KWARANTYN om aansteeklike siektes te beheer: Levítikus 13:46; Numéri 5:1-4

L. Sterilisasie: Numéri 31:22,23

M. Vrolike hart - Die gesondheids voordele van `n positiewe houding: Spreuke 17:22; 1 Timóthéüs 6:6

N. Om andere lief te hê en te help - Matthéüs 25:34-40; Exodus 23:4,5,9,25

O. Haat en nyd vernietig gesondheid: Levítikus 19:17,18; Spreuke 15:17

Skeppende Mag van die Woord

16. Deur watter agentskap het Yahuwah die hemele geskep?

Deur die Woord van Yahuwah is die hemele gemaak en deur die Gees van Sy mond hulle hele leer…. Want Hy het gespreek en dit was, Hý het gebied en dit staan.” Psalm 33:6-9.

Antwoord: Deur Sy Woord.

17. Watter verandering word teweeggebring in een wat in Yahushua is?

“Daarom, as iemand in Yahushua is, is hy `n nuwe skepsel [letterlik, “`n nuwe skepping”]: die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 2 Korinthiërs 5:17.

Antwoord: Hy is `n nuwe skepsel en alle dinge het nuut geword.

18. Hoe getuig die hemelse getuie tot die Bybel se openbaring van Yahuwah en Sy gesag?

“Die hemele vertel die eer van Yahuwah, en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande.” Psalm 19:1.

Antwoord: Alles wys met oorweldigende krag na `n definitiewe gebeurtenis, of reeks gebeure, of skepping op een of ander tyd of tye, nie oneindig ver-af nie. Die heelal kon nie sommer net so bestaan het uit teenwoordige bestandele nie, en nóg kon dit nie altyd dieselfde wees soos nou nie.

19. Watter getuienis gee alle geskape dinge aan hul Maker en aan die waarheid van die Bybel verslag?

Want sy onsigbare dinge kan in van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.” Romeine 1:20.

Antwoord: Elke menslike ontdekking lyk of dit gemaak is net vir die doel van bevestiging meer en meer sterker vir die waarhede wat in die Heilige Skrifte vervat is.

“Wetenskap word genoop om die idee van skeppende mag te aanvaar.”-Lord Kelvin, aangehaal deur Bernard Heywood, This Is Our Faith, bladsy 36.

“In ons ondersoek van natuurlike dinge is ons besig om die idees van die Skepper te nader, deur sy konsepsies te lees, `n stelsel te interpreteer wat Syne is, en nie ons s `n nie.” -1ouls J.R. Agassiz, Methods of Study in Natural History, 19de uitg., bladsy 14.

Gereinig en deur Sy Woord Bewaar

20. Aan `n wêreld wat vervreemd is van Yahuwah deur ongehoorsaamheid aan Sy woord, watter versekering bring die Bybel aan ons? 

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van die Gesalfde nie: want dit is `n krag van Yahuwah tot redding van elkeen wie glo.” Romeine 1:16.

Antwoord: Genade en Krag om Yahuwah te gehoorsaam.

“Die Bybel vind ons waar ons is, en, indien toegelaat, neem dit ons waar ons veronderstel is om te gaan…. Wat die Bybel belowe is fantasties nie fabel nie” -Raymond Irving Lindquist, “The Word of God,” Theology Today, deel 3, No. 2, bl. 158.

Die menigtes gaan na die Bybel, nie vir kennis nie, maar vir krag; hulle gaan om hul sin vir geestelike werklikhede te vernuwe, en om weer die wonderlike visioen te vang. Hierdie boek gaan verby die klassieke en word vir die mens `n woord van Yahuwah, want dit uiter daardie uiteindelike waarhede wat aan die lewe waarde gee. Dít is die waarhede waarop ons geloof rus, wat troos aan ons harte bring, en brandend die vure van hoop, hou.

21. Watter transformasie word deur die woord moontlik gemaak?’

“Want julle is wedergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende Woord van Yahuwah wat tot in ewigheid bly.” 1 Petrus 1:23.

Antwoord: Om weer gebore te word.

22. Hoe seën die woord die veranderde lewe?

A. Dit gee insig. “Die opening van U woorde gee lig, dit maak die eenvoudiges verstandig.” Psalm 119:130.

B. Dit weerhou van sonde. “Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” Vers 11.

C. Dit gee leiding op die lewenspad. “U woord is `n lamp vir my voet, en `n lig vir my pad.” Vers 105.

D. Is opbouend. “En nou, broeders, dra Ek julle op aan Yahuwah en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle `n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.” Handelinge 20:32.

E. Dit gee hoop. “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.” Romeine 15:4.

Yahuwah se Woord (`n beveiliging)

23. Omdat dit gevaarlik is om ons oortuiging te baseer op een vers van die Skrifte, wat moet ons doen?
“Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier `n bietjie, daar `n bietjie.” Jesaja 28:9-10.

“Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.” 1 Korinthiërs 2:13.

Antwoord: Ons moet skrifte met skrifte vergelyk voordat ons ons geloof vorm.

24. Hoe belangrik is dit om te bid vir die leiding van die Vader se heilige Gees alvorens ons die Bybel studeer?
“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Johannes 14:26

“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” Johannes 16:13. [1 Korinthiërs 2:10, 14; Romeine 8:14]

Antwoord: Die bediening van die Heilige Gees is duidelik gespesifiseer in die woorde van [Yahushua]: en as Hy kom sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid, en van oordeel.” Johannes 16:8. Dit is die Heilige Gees wat oortuig van sonde. Indien die sondaar optree volgens die invloed van die Heilige Gees, sal hy tot bekering gebring word en opgewek word tot die gehoorsaamheid van die goddelike vereistes.

Aan die bekeerde sondaar, wie honger en dors na geregtigheid, maak die Heilige Gees die Lam van Yahuwah bekend wat die sonde van die wêreld wegneem. “Hy sal My ontvang, en sal dit aan julle wys,” [Yahushua] het gesê. “Hy sal julle alle dinge leer, en alle dinge bring dat julle onthou, wat ookal Ek aan julle vertel het.” Johannes 16:14; 14:26. Handelinge van die Apostels, bladsy 52.

25. Is dit veilig om iemand anders se oortuiging te aanvaar oor wat die waarheid behels?
“So sê Yahuwah: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van Yahuwah afwyk.” Jeremia 17:5 (lees ook, Handelinge 17:11; Jesaja 30:1

Antwoord: Nee. Ons moet studeer om vir onsself goedgekeur te toon.

Is jy dankbaar aan Yahuwah dat jy met vertroue kan steun op Sy woord vir jou lewe?