Print

10 Feite Oor Die Jesuïete Waarvan U Bewus Moet Wees!

The current Superior General is the Reverend Father Adolfo Nicolás.

Die Owerste Generaal van die Orde van Jesus is die amptelike benaming van die Leier van die Roomse Katolieke godsdiens orde, die Jesuïete. Hy word algemeen aangespreek as Vader Generaal. Die amp dra somtyds die neerhalende bynaam as die Swart Pous. Die huidige Owerste Generaal is sy Eerwaarde Vader Adolfo Nicolás.

DIE JESUÏETE - 10 FEITE

“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolweis.” – Yahushua volgens Mattheus 7 vers 15)

“Ons het binne gekom as lammers en sal soos wolwe regeer.” – (Francesco Borgia, die Derde Owerste Generaal van die Jesuïete)

Die Orde van Jesus, en wat meer algemeen verwys word as die Jesuïete, is die gewapende vleuel van die Roomse Katolieke Kerk. Hulle was ingestel deur Pous Paulus III, gedurende 1540, en met die een opdrag: om Protestantisme te verslaan en die herinstelling van Pouslike regering. Om hierdie enorme taak te verrig, het hulle van sogenaamde opvoedings, en welsyn programme gebruik gemaak om alles te infiltreer, en is hulle betrokke by alle boosheid wat moontlik bedink kan word. Onnodig om te sê, hulle behaal groot sukses met hulle sendings waarvan die hoogtepunt is, die huidige pous, Pous Francis, die Agste en laaste Pous van Openbaring 17, wat verskeie hoë poste beklee het in Argentinië, as die Provinsiale Owerste van die Orde van Jesus en as die Aartsbiskop van Buenos Aires. Hy was georden as kardinaal deur Pous John Paul II.

Die meeste mense van die wêreld vandag is onbewus hoe die Jesuïete te werk gaan, vanaf hulle stigting tot vandag toe. Niemand meer as vantevore, as  World`s Last Chance glo dat dit uitersbelangrik is om die historiese feite onder die aandag bring van hierdie bose orde, en hulle bose eienskappe te ontbloot van hierdie ware boosaardige orde.

Pope Clement XIV abolished the Jesuits

Feit # 1

Die Jesuïete as ʼn Orde was in 1773 deur Pous Clement die XIV onbind:

Dit het nie lank geneem vir die 18de Eeu se Katolieke nasies om moeg te raak vir die gekonkel van die Jesuïete met hulle algemene belange. Hulle was so briesend vir die Jesuïete dat hulle daarop aangedring het dat die Roomse Katolieke Kerk hulle vir eens en vir altyd ontbind. Genoegsame politieke druk is voorgelê aan Pous Clement XIII. Alhoewel, voor hy daaraan iets kon doen het hy gesterf. Die taak om die Orde van Jesus te onbind is oorgelaat vir sy opvolger Pous Clement XIV. Terwyl Pous Clement die dekreet vir die ontbinding van die Orde van die Jesuïete onderteken het hy gesê: “Ek het my doodvonnis onderteken...”. Binne ʼn tydperk van nege maande was hy dood. [ Baie van sy tydgenote het sy dood gesien as ʼn saak van vergiftiging, en het vermoed dat die Jesuïete verantwoordelik is.]    

Bron: http://www.pickle-publishing.com/papers/triple-crown-clement-xiv.htm

Feit # 2

Geen ander entiteit op Aarde was deur so baie Katolieke en nie- Katolieke lande verban as die Jesuïete.

Jesuits IHS

Vanselfsprekend was die Jesuïete nie verban deur baie nasies ( selfs Katolieke nasies ) vanweë hulle opvoedkundige en welsyn werk. Hulle was verban oor hulle betrokkenheid  en  by die uitvoering van ondermynende  samesweerdery teen  die mensdom om hulle eie saak te bevorder.    

“Gedurende 1555 en 1931was die Orde van Jesus, [die Jesuïete Orde ] verban in tenminste 83 lande, stadstate en stede, vanweë hulle betrokkenheid by politieke konkelary en ondermynende samesweerdery teen die welstand van die Staat, volgens die verklarings van ʼn Jesuïete priester van aansien [d.w.s., Thomas Campbell ] Het  feitlik elke geval van verbanning  gegaan oor politieke geknoeiery, politieke infiltrasie, en politieke omverwerping, en politieke opsweping asook politieke opstand.” 

Die Jesuïete is bekend vir hulle misleiding, spioenering, infiltrasie, sluipmoorde en revolusie. Hulle is diep geïnfiltreer in die politieke terrein en betrokke by politieke samesweerdery in al die lande van die  wêreld.   

Bron: [“The Babington Plot,” by J.E.C. Sheppard,p.12]

As die Jesuïete verban word uit ʼn land, dan verander hulle net eenvoudig hulle metodes en keer hulle terug na die land waarvan hulle verban is onder ʼn nuwe vermomming. Die volgende is ʼn opsomming van hulle operasionele beplanning.

“Ons kom soos lammers en sal regeer soos wolwe. Ons sal soos honde verban word en dan terugkeer as arende.”

Bron: Francesco Borgia, Die Derde Jesuïete Owerste Generaal.

Hitler and the Jesuit connection

Feit #3

Hitler het sy gevreesde SS militêre vleuel en party en organisasie strukture geskoei volgens die Jesuïete Orde en volgens die beginsels van die Katolieke Kerk:

 “.... die SS eenheid was volgens die beginsels van die Jesuïete Orde saamgestel.”

Bron : “ The Secret History of the Jesuits,” by Edmond Paris, p. 164.

Walter Schellenberg, vorige hoof van die Nazi teen spioenasie netwerk,  het hierdie verklaring gemaak: “Die S.S. as organisasie is opgerig deur Himmler [Heinrich Himmler, en was hy ook ʼn lid van die leierskap van die Nazi Party], en volgens die grondbeginsels van die Jesuïete Orde. Hulle regulasies en hulle  Geestelike voorskrifte wat  voorgeskryf is deur Ignatius van Loyola, het Himmler dit probeer om dit presies na te doen. Himmler se titel as opperhoof van die S.S. was die ekwivalent van die Jesuïete “Generaal” en die hele organisasie  se struktuur was ʼn goeie namaaksel van die Katolieke Kerk se hiërargiese orde.” [ The Secret History of the Jesuits by Edmond Paris.p. 164.]  

 “Bo en behalwe alles wat ek van die Jesuïete geleer het, en wat sowel Lenin ook  geleer het, “so vêr as wat ek kan onthou. Het die wêreld nog nooit so ʼn uitstekende voorbeeld geken , as die hiërargiese samestelling soos die van die Katolieke Kerk. Daar is heelwat van ʼn paar voorbeelde van die Jesuïete wat ek geskik gevind het vir die gebruik in my eie Party.”    

Bron: Manfred Barthel, "The Jesuits: History and Legend of the Society of Jesus (New York, 1984), Adolf Hitler,  p.266.

Hitler het gesê: “Ek het baie geleer van die Jesuïete Orde...Tot nou toe was daar nog nie so iets so groots op die aarde as die hiërargiese samestelling van die Katolieke Kerk. Ek het baie van daardie beginsels in my eie party oorgedra.... Ek gaan jou toelaat in ʼn geheim..... Ek is besig met die oprigting van ʼn Orde.... In my “Geledere ” van die Orde, sal ons die jeug laat opgroei tot iets wat die hele wêreld sal laat bewe... Hitler het toe opgehou en gesê dat hy nie veel meer kan sê.....”   

Vatican connection to Nazis

Die ondertekening van die ooreenstemmings dokument deur Kardinaal Pacelli (wat later Pous Pius XII geword het.) Gedurende 1933 was hy die Vatikaan se Sekretaris van lande. Tweede van links is Frans von Papen, ʼn onheilspellende Nazi en toegewyde Roomse Katoliek wat Hitler se bobaas diplomaat was en die Vatikaan se agent wat bygedra het om Hitler tot mag te verhef het. Staande vêr regs is die onbekende Vatikaan prelaat, Montini wat later Pous Paul VI geword het.

 

 

Bron: "Hermann Rauschning, former national-socialist chief of the government of Dantzig: "Hitler m'a dit", (Ed.  Co-operation, Paris 1939, pp.266, 267, 273 ss).

 “Die Führer het tot mag verrys danksy die stemme van die Katolieke Sentrum [Sentrum Party se opsiener en Jesuïet Ludwig Kaas], net vyf jaar voor 1933, maar die meerderheid van die doelwitte wat sinies geopenbaar is in My Stryd (Myn Kampf ) was alreeds ʼn werklikheid, hierdie boek... was geskrywe  deur die Jesuïet Vader Bernhardt Stempfle, en wat onderteken is deur Hitler wat hom beheer het. Ondanks.... dat dit die Orde van Jesus is wat die gewilde Pan – Duitse program vervolmaak het soos uiteen gesit is in hierdie boek, en wat deur die Führer bekragtig is.”  

Bron: : Edmond Paris, The Secret History of the Jesuits, page 138

Frans von Papen, ʼn ander magtige Nazi wat behulpsaam was in die opstelling van die ooreenkoms tussen die Duitsland en die Vatikaan het hieroor te sê gehad: “ Die Derde Ryk is die eerste wêreldse mag wat nie alleenlik erkenning verleen, maar ook die verhewe beginsels van die Pousdom toepas.”

Bron: http://www.chick.com/reading/books/153/153_03.asp

Jesuit educationFeit #4

Gedurende die laaste 400 jaar het die Jesuïete daarin geslaag vir die vestiging van die grootste, en  wêreldwye netwerke van skole en universiteite

Die vooraanstaande skole en universiteite, het voorsien aan baie welbekende oudstudente. Desondanks was die Jesuïete in staat om die denke te vorm en te giet van baie wêreld leiers, en het hulle voorsien vir geslagte van politieke en godsdienstige leiers wat ten gunste was vir die Katolieke kerk, en sy agenda en leerstellings.

Source: Charles H.  Spurgeon “A Solemn Warning for All Churches,” Sermon No.  68

Die beroemde Britse prediker, Charles Haddon Spurgeon, het eens op ʼn tyd gewaarsku oor die predikante van die kerk wat aan hierdie universiteite gradueer, en  dat “... hulle ʼn gedeelte van die evangelie weerhou as rede dat hulle gestudeer aan die duiwel se nuwe Jesuïtiese Kolleges.”

Bron: Charles H.  Spurgeon “A Solemn Warning for All Churches,” Sermon No.  68.

Feit # 5

Agente van die Jesuïete was verantwoordelik vir die sluipmoord op baie hoofde van verskeie Lande gedurende die eeue:

Staatshoofde was vermoor deur die Jesuiete, wanneer hulle poog om die invloed en die gekonkel van die Jesuïete in hulle landsake te onderdruk. Ons voorsien aan voorbeelde van name van die hoofde, van lande wat aan ons bekend is wat deur die deur die Jesuïete vermoor is, en hulle is: Willem van Oranje, Koning Henry III en Henry IV van Frankryk, Tsaar Alexander I en Alexander II van Rusland, Presidente Abraham Lincoln en John. F. Kennedy, asook die Meksikaanse President Benito Pablo Juarez. 

Jesuit connection to Lincoln assassination

Abraham Lincoln was ten volle bewus van die bose neigings van die Jesuïete. Hy het verklaar: “.. Dit is nie teen die Amerikaners van Suide waarteen ek alleen baklei nie. Dit is meer gerig teen die Pous van Rome, met sy verraderlike Jesuïete en hulle blinde en bloeddorstige slawe waarteen ons onself moet verdedig.”

Bron: Fifty Years in the Church of Rome, by Charles Chiniquy.  p.  496

 “Dit blyk dat die Jesuïete van gedagte was vanaf die begin van die oorlog [ die Amerikaanse Burgeroorlog van 1861 tot 1865 ] gewag vir die geleentheid om uit die weg te ruim [d.w.s. die sluipmoord ] van Mnr. [Abraham ] Lincoln.”

Bron: Thomas M.  Harris (U.S.  Army Brigadier General; Author of the book Rome’s Responsibility for the Assassination of Abraham Lincoln)

“Die gewilde beleid van die Jesuïete [is] die gebruik van sluipmoord.”

Bron: U.S.  Army Brigadier General Thomas M.  Harris; “Rome’s Responsibility for the Assassination of Abraham Lincoln”; 1897; Page 19)

“Dit word geglo dat die Pous die reg besit om om ontslae te raak van ketters, en opstandige konings. Monargiste waarvan daar ontslae geraak is op die manier deur die Pous, word verander in berugte tiranne, en mag hulle dan dood gemaak word deur hulle wat met hulle  eerste in aanraking kom.” 

“In die gang van openbare belang as dit nie kan slaag in die verdediging met die dood van die tiran, is dit wettig vir die eerste een wat in aanraking met hom kom om hom te vermoor.”  ([Defensio Didei, Jesuiet Suarez, Book VI. C 4, Nos. 13, 14)

[Donald ] Freed onthou wat daar aanvanklik tussen hulle uitgeruil is, en wat gesien was as ʼn beskaafde gesprek tussen manne soos [William] Colby en [Ray] Cline.  “ Dit was nogal grillerig” Freed het gesê: “die keuse van die onderwerp van die gesprek is: “Wanneer is dit aanvaarbaar om ʼn staatshoof te vermoor?”  Colby het dit so aangebied wat hy genoem het ʼn teologiese en filosofiese waterdigte benadering is. “ Die Katolieke Kerk, ” het hy genoem,” het lank geworstel oor hierdie vraag en wat hy kan onthou, en het hulle vorendag gekom met ʼn gesonde voorstel: “ dit is aanvaarbaar, “ het hy gesê: ”om ʼn tiran te vermoor.” [Donald Freed is ʼn vriend van die skrywer, Mark Lane.  Hy het ʼn konferensie gereël te  USC. vir die Verenigde State se intelligensie gemeenskap en hulle kritici. Aan die anderkant was William Colby, vorige DCI. (Director of Central Intelligence from September 1973 to January 1976), David Atlee Phillips, and Ray Cline, Former deputy DCI`s.]

[Plausible Denial, Mark Lane, 1991, p. 85]

Jesuit connection to Kennedy assassination

Die Jesuïete se verbintenis aan die Kennedy sluipmoord, die vermoor van President John F. Kennedy, was dat hy nog ʼn slagoffer was  van ontstellende Jesuïtiese boosheid.  Nadat hy vroeër in die openbaar homself gedistansieer het van die Pouslike agenda en gestaan het vir meer vrysinnige ideale en mense regte, was hy volgens hulle standaarde gesien, as ʼn verraaier van die Vatikaan en ʼn ‘tiran” wat die dood verdien. 

Dit is ʼn uitreksesel van die “ Vatican Assassinations” by Eric John Phelps:

Wetende dat President Kennedy nie die Viëtnamese Oorlog sal toelaat om toe te neem, het die Intelligensie Gemeenskap begin om voor te berei vir sy sluipmoord.....  Kardinaal Spellman [Francis Spellman, Aardsbiskop van New York van 1939 tot 1967], en het hy deur die FDR., die vrylating van “Lucky” Luciano bewerkstellig.... as ʼn guns betoning aan die Kardinaal.  As dit geweier sou word, sou Spellman die gehele intelligensie gemeenskap gebruik wat gehelp om enige bende leier te elimineer.  As daar toegestem sou word sal nuwe dobbelsale geopen word soos “Atlantic City” in die besonder.  Dit is duidelik as die President [J.F.K.]  verwyder sou word sal almal meer mag verkry asook rykdom, en die intelligensie gemeenskap sal meer volkome wees, en die Kardinaal sal self meer gerespekteer word deur sy gelykes in Rome.

Later, gedurende 1964, vir die eerste keer in die geskiedenis van Amerika, het die Pous van Rome sy voet in die deur gekry met die veertiende Wysigingwet. Kardinaal Spellman het baie goed presteer en was beloon deur ʼn besoek van sy Meester en geloofsgenoot die Gevoellose Stryder en Vatikaan Onderkruiper en afrigter, kardinaal Montini, wat nou Pous Paulus VI is. Daar is nog 'n rede vir die verwydering van President Kennedy. Hy wou Israel bewapen. Loftus skrywe:

“Gedurende September 1962 het Kennedy besluit om Israel te voorsien met grond tot lug missiele vir sy verdediging om vliegtuie te stuit, maar nie die Egiptiese offensiewe missiele. Dit was die eerste wapen verkope van die VSA. Se Regering aan Israel... Kennedy het belowe dat hy kort na die 1964 verkiesing  die “CIA” sal laat ontbind in duisende stukke laat strooi in die wind.... met Kennedy se sluipmoord gedurende November 1963, het Israel een van hulle beste in die Wit Huis verloor sedert Truman.” (Bron:”The Secret War Against The Jews, John Loftus, 1994.)     

Waarom wou die Vatikaan se Jesuïete nie toelaat op daardie tydstip dat daar wapenverkope  aan Israel verskaf  word. Hoekom het die Jesuïet beheerde President Johnson sy rug gekeer toe die Egiptiese weermag deur die Sinai woestyn beweeg het, vir ʼn aanval op Israel gedurende 1967? Omdat die aanval op Israel aangehits moes word. Die aanval is teweeg gebring deur die Jesuïete se Internasionale Intelligensie Gemeenskap deur aan Egipte met valsheid bewus te maak van die onvermoë van die Israeli weermag en die sogenaamde verlatenheid van Israel deur die Amerikaanse Ryk. Die sesdaagse oorlog was beplan deur die Ridder van Malta James Angleton, en het hulle net een doel daarvoor gehad: om besit te neem van Jerusalem asook die Tempel Berg. Die sogenaamde tekort van militêre toerusting deur Israel het hierdie aanval deur Egipte teweeg gebring. Onmiddellik het Israel ʼn teenaanval geloods, en in ses dae, was die heilige stad in die hande van Rome se Sioniste regering.       

As Kennedy Israel bewapen het, sou die Egiptenare nooit aangespoor kon word vir die mobilisering vir oorlog. Met geen oorlog wat aangehits is sou daar geen Israeli aanval gewees het. Sonder geen Israeli aanval sou Jerusalem nooit deur die Sioniste, en Mossad beheerde Jesuïete in besit geneem kon word. Met Jerusalem in besit van die Arabiese hande, kan die Sioniste nie die Tempel van Salomo herbou nie, en onbewus aan hulle – deur die Jesuïete se “onfeilbare” Pous.     

“die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.” [ 2 Tessalonisense 2 vers 4)

Dit is veilig om te sê dat die Jesuïete Generaal, en met die medewerking van die Pous tesame met sy magtige Kardinaal, verantwoordelik is vir die sluipmoord op President Kennedy.

Bron: http://www.bibliotecapleyades.net/vatican/esp_vatican03.htm#THE JESUITS — 1945-1990

Assassination of Kennedy “Pietà” hangs in the Vatican Cathedral of St. Paul.

Die sluipmoord van Kennedy ”Pieta” hang in die Katedraal van St. Paul in Rome.

Ons mag aanvaar dat hierdie gevoelige skildery sou eerder op ʼn plek soos Dallas, Texas of miskien in die Smithsonian Instituut hang. Dus is ons verkeerd met albei. Hierdie skildery van die gruwelike sluipmoord op President Kennedy en wat geskilder is deur Mark Balma, hang in die Vatikaan se Katedraal van St. Paul. Die skildery met die titel “Pieta” en vernoem na die beroemde beeld van Maria wat die liggaam van die gekruisigde Christus vashou wat ook geleë is  in die Vatikaanstad. Is dit nie ʼn aaklige manier vir die “herdenking” van die lewe van miskien die mees geliefde President van Amerika, of is dit eerder eerbetoon aan die Jesuïete  agenda, wat dien as ʼn ernstige waarskuwing/herinnering  vir diegene wat in hulle pad staan?   

Afbeelding: http://minnesota.publicradio.org/display/web/2006/11/15/jfkpieta

Feit # 6

Die Jesuiete beheer vandag al die magtige geheime organisasies wat die Nuwe Wêreld Orde vorm. 

Jesuits at the head of secret societies

“Die lys van geheime organisasies wat deur die Jesuiete vandag beheer word sluit die volgende in: Vrymesselaars, die Ridders van Malta, die Bilderberg groep, en die hoër range van die Ridders van Columbus,en die hoër range van Opus Dei – en al die subgroepe wat resoteer onder hierdie magtige entiteite.”

Bron: http://www.toughissues.org/the%20jesuit%20oder.htm

“Daar bestaan steeds... [ mans en vrouens ] in die wêreld, wat jou vandag kan vertel, dat die  harde  werklikheid is: as jy Vrymesselary ondersoek, deur al sy Range, tot jy by die hoogste rang van die Vrymesselaars, sal jy ontdek dat die gevreesde induvidie en die Hoof van die Organisasie, is een en  dieselfde persoon!”  

Bron: James Parton, 1855, American Historian, The Black Pope, M.F.  Cusack, (London: Marshall, Russell & Co., 1896) p.  76.

As die bogenoemde waar is, dan is die voorbeeld van benede, dat die ʼn ontmoeting is van die twee  magtigste persone op Aarde! Die hoof van die Jesuiete en die Pous wat ook ʼn Jesuiet is.

Vader Generaal Nicolás [ Owerste generaal van die Orde van Jesus/Jesuiete ] het oor sy ontmoeting met Pous Francis en wat hy ondevind het as volg geskrywe:

Father General Nicolás  meets with Pope Francis“Deur ʼn persoonlike uitnodiging van Pous Francis by die Santa Marta Huis.... Hy was by die ingang en het my gegroet met die gewone Jesuïete omhelsing. Daar was ʼn paar foto’s geneem op sy versoek, en my verskoning deur nie te hou by die protokol het hy aangedring dat ek hom moet behandel soos enige ander Jesuïetop die status vlak van “Tu”, so was dit dan nie nodig om hom aan te preek as “Sy Heilige, of “Heilige Vader.” Ek het al die Jesuïete bronne, soos raad, dink skrums, persone ens., aangebied en tot sy beskikking gestel vir gebruik omdat hy dit sal benodig in sy nuwe amp. Hy het sy dankbaarheid vir dit betuig, en op die uitnodiging om ons te besoek vir middag ete by die Curia, het hy gesê dat hy aan die versoek sal voldoen. Daar was ʼn gevoel van ten volle gemeenskaplikheid oor verskeie aangeleenthehe wat bespreek is, en ek is ek van oordeel dat ons baie goed sal saamwerk tot diens van die Kerk.       

Daar was ʼn kalm atmosfeer met humor, en dieselfde verstandhouding is gehandhaaf oor die verlede, vandag en die toekoms. Toe ek die Santa Marta Huis verlaat was ek oortuig dat die Pous met blymoedigheid kan reken op ons samewerking in die wingerd van die Here. Met my vertrek het hy my gehelp om my baadjie aan te trek en my vergesel na die deur. Dit het daartoe bygedra dat die   Switserse Wag my salueer het. Dan weer ʼn Jeuiete omhelsing, as die gewone manier van groet en ʼn vriend vaarwel toeroep.”  

http://news.sjnen.org/2013/03/father-general-meets-with-pope-francis/

The Secret History of the Jesuits, Edmond ParisFeit # 7

Die Jesuiete is verantwoordelik vir die ontstaan vir die twee wêreldoorloë en die uigebreide Vietnamese Oorlog na die die sluipmoord op President Kennedy.

Image URL: http://www.chick.com/catalog/books/images/0191.jpg

“Die publiek is feitlik onbewus van die oorweldigende verantwoordelikheid van die Vatikaan en sy Jesuiete se betrokkenheid vir die begin van twee wêreldoorloë – wat moontlik verduidelik kan word deur die reusagtige rykdom wat tot die beskikking is vir die Vatikaan en die Jesuiete, wat hulle mag verleen oor so baie terreine, en veal die die laaste oorlog.”

Bron: Edmond Paris, The Secret History of the Jesuits, page 9

Hier is die skakel na die volledige boek op die webwerf.- http://www.spirituallysmart.com/Paris-The_Secret_History_of_Jesuits_1975.pdf

Pavelić facing Cardinal StepinacCatholic Bishops giving the Nazi salutePavelić wat naas Kardinaal Stepinac is, en die katolieke biskoppe wat die Nazi saluut gee. Die gedokumenteerde gruweldade wat deur die Jesuïete gepleeg is, veral onder die Ustachi (of Ustaše) is veral ontstellend en skokkend veral omdat daar bewyse is deur foto’s van daardie gruweldade. Dit het nie gebeur honderde van duisende jare gelede. Dit het gebeur gedurende 1940! Hier is ʼn paar verbintenisse tot sommige wat niks anders is as sataniese volksmoord wat die Ustachi uitgevoer onder die beheer van Ante Pavelić, ʼn Katoliek van Kroasië en fasciste leier, wat gedeelte van Joegoslawië beset het vir die Fasciste Italië en Nazi Duitsland, en per slot van rekening vir die Pousdom. Dit was vir menige Joegoslawiër, eerder ʼn keuse om te jou te bekeer tot Katolosisme of om brutaal gemartel en gedood te word.

(Links die beeld van - Pavelić naas kardinaal Stepinac wat gearresteer is vir oorlogs misdade en tronk toe is en wat gesterf het terwyl hy onder huisarres is, maar deur Pous JPII gedurende 1988 verfraai is.)

(Regs die beeld van – Katolieke Biskoppe wat die Nazi saluut gee ter ere van Hitler, neem kennis ver regs: Joseph Goebels en tweede van regs: Wilhelm Frick.)

(Benede die beeld van die  – Ustachi simbool)

Ustachi symbolUstachi simboo:l http://www.chick.com/reading/books/153/153_03b.asp

http://www.reformation.org/holoc3.html

http://www.spirituallysmart.com/genocide_in_croatia.pdf

Pope Pius VII reinstated the JesuitsFeit #8

Nadat Pous Pius VII vrygelaat is van ballingskap gedurende 1814, was sy eerste opdrag en handeling met sy terugkeer na Rome was om die Jesuite Orde  te herstel.

Die pousdom het groot vernedering verduur onder die regering van Napoleon. Dus kort na die oorwinning van Napoleon gedurende 1814, was Pous Pius VII bevry van gevangeneskap, en het hy teruggekeer na Rome. Die behoefte vir die herstel van die Jesuiete se militêre vleuel was ʼn dringende aangeleentheid. Rome wou nie weer beroof word van die dienste van die Jesuïete, ongeag hoe groot die las sou wees vir die Kerk van Rome, en sy bondgenote. 

“Met die ooreenkoms vir die redding van Rome [d.w.s. die hiërargie van die Roomse Katolieke Kerk] van die verleentheid deurdat hy sy beheer te verloor oor Protestantisme, en die behoud van die geestelike en sy staatsgesag en oppergesag wat die pous] “ongeëwenaard” [ gehad het ]gedurende die Middeleeue, Rome het nou die [Roomse Katolieke] Kerk “verkoop” aan die Vereniging van Jesus [d.w.s. die Jesuïete, in wese het Pousdom- hulle self oorgegee in hulle mag.”

Bron: John Daniel (“The Grand Design Exposed”; 1999; Page 64)

Feit # 9

Die Jesuïete Orde het die Ampsbediening van Inkwisisie oorgeneem kort nadat dit bekragtig is en dit het daartoe gelei van die marteling van miljoene heiliges.

Jesuit Order took over the Office of Inquisition

Gedurende 1254 het Pous Alexander IV die Ampsbediening van die Inkwisisie gevestig. Die eerste inkwisiteur was Dominic, wat die grondlegger was van die Dominikaanse Orde van die monikke .

Alhoewel, kort nadat Pous Paul III die Orde van Jesus bevestig het, het die Ampsbediening van die Inkwisisie herleef en het die Pous vrye teuels gegee aan die Jesuïete om hierdie Ampsbediening te bestuur, en die Inkwisiteur Generaals was buitengewone mag gegee vir die uitvoer van die mandaat om alle “ketters” uit te roei.” Dit het die martelling van  mijoene heiliges veroorsaak.  

Die aanhalings benede wys op die uitwerking van die Jesuite se beheer oor die Ampsbediening van die Inkwisisie.

“Is dit nodig om te praat oor die dertig jaar van oorlog in Duitsland, wat hoofsaaklik aangehits is deur die Jesuïete, vir die doel om die Protestante te ontneem van hulle reg van vrye godsdiens aanbidding, wat verseker was deur die ooreenkoms van Augsburg? Ook die Ierse rebellie, en die mense slagting van ongeveer vyftien miljoen Indiane in Suid Amerika, Meksiko en Kuba deur Spaanse pousgesindes. Om agter die kap van die byl te kom, word dit bereken deur geloofwaardige historici, dat die Pousdom van Rome die bloed vergiet het van sestig tot tagtig miljoen van die mensdom in die vestiging van haar ongegronde eis vir godsdienstige oorheersing.”

Bron: Dr. Brownlee’s “Popery an enemy to civil liberty”, p.  105

“Dit was die eeu van die laaste godsdienstige oorloë van die “Christendom” die Dertig Jarige Oorlog van Duitsland, wat aangehits was deur die Jesuïete, en die vermindering van die mense deur kannibalisme, en die bevolking van Boheme vanaf 4,000,000 tot 780,00 en Duitsland vanaf 20,000,000 tot 7,000,000 en die verandering van die Suide van Duitsland tot amper ʼn woestyn,...”  

Bron: Cushing B.  Hassell, History of the Church of God, Chapter XVII.

In sy skrywe oor die Jesuïete, skryf [ John] Lords as volg:

“Hulle word daarvan beskuldig as die oorsaak vir die herroeping van die Edik van Nantes, en van die grootste misdade van die moderne tyd, wat daar toe gelei het vir die verjaging van vierhondred duisend Protestante van Frankryk, en die teregstelling van nog vierhonderd duisend meer.”

Bron: John  Lord, Beacon Lights of History, volume VI, p.  325.

“Die bevolking van Boheme gedurende die 1600 was ongeveer 4,000,000 waarvan 80 persent Protestante was. Toe die Habsburgers en die Jesuïete hulle taak daar voltooi het, was daar net 800,000 oor, en almal was Katolieke.”  

Bron: Henry H., Pocket Bible Handbook, Chicago, 13th edition, 1939, p.  790.

Feit # 10

Die Jesuiete het welslae behaal met hulle venietigende agenda deur die gebruik te maak van domineerende  biegtery waarheen hulle ook al gegaan het.

The Jesuits' confessor

 “Die Jesuïete het ʼn deurslaggewende groep van biegvaders voorsien aan (die beketenis van die aanhoor van die bieg van) konings en prinse en almal in gesag posisies. Soos die Nuwe Katolieke Ensiklopedie dit weergee, “hulle het opgetree as koninglike biegvaders tot al die Franse konings vir 2 eeue, vanaf Hendrik III tot by Louis XV, en aan al die Duitse Keisers na die vroeë 17de eeu, en aan al die Hertogte van Bavaria na 1579, en aan die meerderheid van regeerders van Pole en Portugal, asook aan al die prinse families regoor Europa.”

“As die raadgewers van konings, het hulle die politieke beleid beïnvloed. Die koninklike biegvader het nie gehuiwer om aan die koning mee te deel dat dit sy plig is om ʼn politieke verbondskap te sluit wat die aardse gesag van die Kerk bevorder. Dit was Le Tellier, die Jesuiete biegvader van Louis XIV wat in die jare van die 1860, die monarg oorreed het vir herroeping van die Edik van Nantes, wat godsdiens vryheid aan die Protestante verseker het.”  

Bron: http://justus.anglican.org/resources/bio/44.html

Die Jesuïete is self biegvaders van die Pous. “Die Pous se biegvader, is ʼn gewone priester en hy moet ʼn Jesuiet wees: hy moet die vatikaan een keer per week besoek op ʼn vasgestelde tyd, en hy alleen mag die Pous kwytskeld van sy sondes.”

Bron: http://amazingdiscoveries.org/S-deception-The-New-Superior-General-A-Wolf-in-Sheeps-Clothing

Die gevolgtrekking

Ignatius Loyola - Jesuit Founder - by Francisco Zurbaran

Ignatius Loyola – Stigter van die Jesuïete – deur Francisco Zurbaran

Gegewe die historiese feite omtrent die Jesuïete, is dit ongelooflik en baie skokkend om te aanskou hoe die media en die wêreld se godsdienstige leiers mekaar vertrap om Pous Francis te ondersteun en te prys. Ons besit geen woorde om dit te kan beskryf hierdie ongekende wêreldse epidemie van geheue verlies teenoor Rome en die Jesuiete.   

Die vooruitsiende waarskuwing van Generaal Sherman  is van pas om vandag aan te haal:

“Ek moet jou herinner aan Webster se beskrywing van ʼn Jesuïet: ʼn plan beramer, en konkelaar. As die Kerk van Rome die oorhand kry sal die Pous die hele wêreld se koning wees..... Die Jesuïete is hier om saam te sweer, en om planne te beraam en as dit moontlik is, om ons gekoesterde erfenis en ons burgerlike en edele godsdiens vryheid van ons te ontneem. Die reëls van die van die Jesuïete Orde regverdig diefstal, bandeloosheid, lieg, voortbring van valse getuienis, selfmoord en moord van ouers en ander familie verwante. Die grootste misdade in die geskiedenis is teen individue is uitgevoor deur Jesuïete.... Waar ook al het die Jesuïete die fakkel wat brand, die swaard om neer te vel, die inkwisisie om te martel. Hulle is die vyande van die Christene [wat in hulle Bybel] glo. Hulle leef vir verowering, rykdom en eer.”     

Bron: Generaal Sherman se seun: The Life of Thomas Ewing Sherman, S.J., Joseph T.  Durkin, S.  J., (New York: Farrar, Straus and Cudahy, 1959) p.  186.

Dit is ons plig as die volgelinge van Yahuwah om Rome en haar Jesuïete te ontbloot, en te bid vir die algehele vernietiging van hulle bose misleiding. Gebed is die enigste wapen wat ons kan gebruik teen hierdie vermomde vyand wat ons vandag in die gesig staar. Rome en haar Jesuïete is die grootste vyand van die Evangelie en die mensdom. Alhoewel, ons verseker is deur Sy profetiese Boodskap dat hulle nie sal oorwin. Die Hoer sal heeltemal vernietig word net voor die Wederkoms van Yahushua:

 “En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.” (openbaring 17 vers 16)

Loof Sy naam vir ewig en ewig!

Verwante Inhoud:

Wie is die Jesuïete?