Print

144,000: Die Bruid van Yahushua

"En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hul vooorhoofde geskrywe."  (Openbaring 14:1)

Skrifte stel `n unieke groep mense voor: die 144,000. Hierdie groep ontvang spesiale eer in die Hemel. Die rede waarom die 144,000 spesiale eer in die hemel ontvang word so verduidelik:

"Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein: dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir . . . [Yahuwah] en die Lam. En in hulle mond was geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van . . . [Yahuwah]." (Openbaring 14: 4, 5)

144,000 - silhoeëtte teen sononderGeen ander groep deur alle tye heen, kan so beskryf word nie. Hulle ondervinding is wat die 144,000 so spesiaal maak. Deur daaglikse self verloëning aan hul Verlosser, was die 144,000 gereinig en gelouter. Hulle karakters was gegiet en vervorm volgens die goddelike beeltenis en hulle het die goddelike beeld volmaak weerkaats. Hulle is een met die Vader en die Seun. Hulle voor-en-afkeure, hul motiewe en doelwitte is een met die goddelike. Hulle is volmaak in Hom.
 
Die 144,000 word beskryf as "maagdelik rein" weens hulle reine geloof. Sataniese leuens en valse leerstellings is in hul harte vervang deur die reine waarhede van die Hemel. Geen bedrog gaan uit hul monde uit nie. Maar hul woorde nes dié van hul Verlosser is `n lieflike geur van lewe tot lewe. Weens hulle algehele oorgawe aan die wil van Yahuwah, is hulle Een met die goddelike denke en wil. Daarom, is dit hul hoogste eer en voorreg "wat die Lam volg waar Hy ook heengaan" deur die heelal en tot in alle ewigheid.
 
Om die Lam te volg begin hoegenaamd nie in die Hemel nie. Om die eer te hê om die Lam in die Hemel te volg, het hulle begin om Hom hier op aarde te volg. Vir byna 6,000 jaar, was die kragte en bronne van die Hemel gefokus om lig en waarheid te bring aan siele wat verlore gaan in onkunde en sonde. Terwyl op aarde, het die 144,000, met die Hemel saamgewerk vir die verlossing van siele. Hulle het Yahuwah se liefde vir sondaars gedeel en het self-verloënende pogings aangewend om die waarheid na andere te bring.
 
In hierdie werk is die 144,000 die teenbeeld van Elia. Elia se werk was `n simbool van die werk deur die 144,000 gedoen. In die tyd van groot nasionale gevaar, het Elia vóór koning en burger, die oproep om bekering gemaak en vir `n terugkeer na die aanbidding van die Skepper. Hy het lewe en dood aan die mense voorgestel, en het hulle aangemoedig om lewe te kies. Dit is die werk van die 144,000. Skrifte verklaar dat die finale stryd sal gaan oorwanneer om te aanbid, omdat wanneer iemand aanbid verklaar wie aanbid word. Nes Elia voor afvallige Israel, staan die 144,000 voor die ganse wêreld met die oproep om bekering en `n terugkeer na die aanbidding van die Skepper op Sy sewende-dag Sabbat soos vasgestel deur die luni-solar kalender van die Skepping.
 
Hulle boodskap swel uit tot `n luide geroep, wat eggo van een punt van die aarde tot die ander einde toe:

"Vrees . . . [Yahuwah] en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die Hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het."  (Openbaring  14:7)

Nes in die dae van Elia, is dit `n uitermate onpopulêre boodskap. Die magte van die aarde sal saamsmelt om alle teenstand tot hul globale tirranie uit te wis. Onder die simbool van `n dier, verklaar die Skrifte van die aardse magte in die laaste dae:

"En dit is hom gegee om `n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe `n merk op hulle regterhand en op hul voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk van die dier of die getal van sy naam het." (Openbaring 13:15-17)

In die aangesig van byna universele teenstand, verhef die 144,000 hul stem in waarskuwing:

"As iemand die dier en sy beeld aanbid en `n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van . . . [Yahuwah] wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy toorn." (Openbaring 14:9,10)

helpende hande

 Die 144,000 deel die Verlosser se liefde vir siele.
Hulle is mede-werkers met Yahushua in die verlossing van siele

Die 144,000 deel die liefde van die Verlosser vir siele. Ongeag die koste of gevaar vir hulle self, sluit hulle by die Hemel aan in die verkondiging van die aarde se finale waarskuwing vir die laaste generasie. Hulle is mede-werkers met Yahushua in die verlossing van siele en Sy beloning is hulle s`n.   

En as ons kinders is, dan ook erfgename van Yahuwah en mede erfgename van Yahushua. (Sien Romeine 8:17.)

Mede erfgename van Yahushua! Kinders van die Hemelse Koning! Wat `n beloning vir getrouheid! Yahushua, het die afvallige ras verlos deur te oorwin op die einste punte waar Adam gefaal het, en die tweede Adam geword:

"Want aangesien die dood deur `n mens is, is die opstanding van die mens ook deur `n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in . . .[Yahushua] lewend gemaak word."  (1 Korinthiërs 15:21, 22.)

Die 144,000, deel `n verhouding met die Verlosser intiemer as wat enigeen kan hê, deur volle oorgawe. Nes Yahushua die Tweede Adam is, is hulle die Tweede Eva, die Bruid van die Lam.  Soos die Gees van Yahuwah harte beweeg om hulle tot bekering te bring, voeg die 144,000 hul stemmme, as die Bruid van die Lam by Syne, met die aansporing tot bekering en gehoorsaamheid van almal.

"En die Gees en die bruid sê kom: Kom! En laat hom wat hoor sê: Kom! En laat hulle wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet." (Openbaring 22:17.)

Deur ten volle een te wees in die wese en wil met Yahuwah, het die 144,000 hul beste pogings aangewend saammet die Verlosser vir die verlossing van siele. Deur EEN met Hom te wees, gaan hul verhouding net voort sonder dat die dood `n effek op hulle het. Hulle is die getroues wat na die Hemel geneem word sonder om die dood te smaak, en die liefdes verhouding wat op aarde begin is, sal deur alle eeue heen voortgaan. Die skatte van die ewigheid is aan al die verlostes  beskikbaar, maar die 144,000, as die bruid, sal `n spesiale band met die Verlosser deel. Hul harte, wat met die liefde, vreugde en dankbaarheid oorloop, sal uitting vind in `n lied:

"En hulle het `n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en- veertigduisend; wat op die aarde vrygekoop is."   (Openbaring 14:3)

Hierdie lied is die lied van hulle ondervinding; `n ondervinding wat geen ander groep ooit gehad het nie. Hulle het  baie lief omdat baie hulle vergewe is en groot sal hulle loon in die Hemel wees.  Hulle het gesien hoe die aarde vernietig word deur hongersnood, peste en aardbewings deur die finale uitstorting van Yahuwah se wraak in die sewe laaste plae, maar hulle het die mag van die Verlosser se belofte beproef:

"sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel."  (Openbaring 3:10.)

Hulle was gereinig en gelouter in die vuuroond van beproewing. Hulle karakters, sonder smet of sonde-vlek, weerkaats nou ten volle die beeld van hul Skepper. Nou word die eer aan hulle gegee: 

Ek sal hom `n pilaar in die tempel van My Elohim maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie.  (Sien Openbaring 3:12.)

Dit is nie `n beperkende bevel dat die 144,000 nie toegelaat sal word om, die onmiddelike teenwoordigheid van Yahuwah te verlaat nie. Dit is maar net `n feit van hul bevoorregte status: Die 144,000 het altyd onmiddelike toegang tot die Vader se teenwooordigheid. Met die verlostes van alle eeue heen, is die 144,000 die reg gegun "om te eet van die boom van die lewe." (Openbaring 2:7.) Hulle ontvang hulle eie "kroon van die lewe." (Openbaring 2:10.) Hulle kry "`n wit keursteen, en op die steen `n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang." (Openbaring 2:17.) Hierdie nuwe naam is `n weerkaatsing van wat met hul indiwiduele karakters gebeur het onder die geskaaf en loutering deur die goddelike Reiniger. En asof dit alles nog nie genoeg is nie, stop die liefde en vrygewigheid van die Hemelse Bruidegom nie dáár nie. Want vir die 144,000, Sy bruid wie met haar Geliefde verenig het in die werk vir die verlossing van siele, is daar nóg een beloning, better as al die ander: 

"Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saammet My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saammet my Vader op Sy troon gaan sit het."  (Openbaring 3:21.) 

Die loon wat wag op diegene wie die Verlosser op aarde gevolg het, het die eer en vooorreg om Hom in die howe daarbowe te volg. Hoewel die 144,000 `n spesiale groep is, is hulle nie eksklusief nie.  Almal wie wens om in die getal te wees, het die geleentheid, deur oorgawe en gehoorsaamheid aan die goddelike Wet, om deel te wees van die 144,000. Dit word nie gedoen deur "werke" wat hulle verrig het nie. Niemand wie die lied van Moses en die Lam sing sal daarop aanspraak maak dat hulle Hemel verwerf het deur hul eie verdienste nie.
 
Skrifte stel die hegte verhouding tussen die Lam en Sy bruid voor deur te vra,

"Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde?  (Hooglied van Salomo 8:5)

Die 144,000 is die bruid van Yahushua omdat hulle hul wil aan Syne oorgelewer het, hulle het getrou op al die beloftes vertrou. Hulle het sterk geword in Sy sterkte; Sy geregtigheid is hulle  s`n.
 
Die stem van die Hemelse Bruidegom val liefderyk op die ore van die bruid:

"Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. "(Hooglied van Salomo 4:7)          

Gee alles vandag aan die Verlosser oor. Volg Hom vandag, môre . . . en verewig.