Wêreld se Laaste Kans glo dat die wêreld op die punt staan om die 7 Basuine van Openbaring te aanskou. Die Basuine sal in opeenvolging in rasse skrede in volgorde ontvou.
Die vyfde Basuin sal vir `n periode van 150 dae duur, en die wêreld sal gekondisioneer word dat dit tot `n einde gebring is deur die 8ste “koning” (Pous Francis I), wie opkom uit die put sonder afgrond. (“Uit die put sonder afgrond” – Dit beteken dat Satan hom tot so `n mate beheer wat nie te siene was in die voorafgaande “konings” nie.)
Die heerskappy van die 7de koning, Benedict XVI, was tot `n einde gebring na `n kort heerskappy, nes die profesie voorspel het. Sy woord faal nooit nie. Profesie het voorspel dat die regering van die 7de koning kort sal wees in verhouding met die regerings van die vorige 6 konings.
Die agste koning sal die laaste pous wees, want sy heerskappy sal eindig met die Wederkoms van Yahushua. Ons nooi jou asseblief uit om die video`s oor Openbaring 17 en die 7 Basuine van Openbaring te kyk. (U kan die artikel hier sien.)
Met elke verbygaande dag, is ons baie na aan die blaas van die Basuine. Johannes die Openbaarder, het onder Goddelike inspirasie, die gebeure vir ons, wat die blaas van die Basuine onmiddelik sal voorafgaan, uitgelê.
“En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi, en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.” (Openbaring 8:5)
Wanneer die engel die wierookbak op die aarde neergooi, sal `n algemene aardbewing deur almal gevoel word, gepaardgaande met donder en weerlig. Hierdie oorweldigende gebeurtenis sal aan die bewoners van planeet Aarde die sein gee dat die 7 Basuine gereed sal maak om te blaas.
Daar is onweerlegbare tekens oral rondom ons wat daarop dui dat die Wederkoms van Yahushua baie naby is. Ongelukkig is baie mense onverskillig, of selfs minagtend teenoor hierdie feit. Yahuwah, het in Sy groot genade en voorsienigheid, `n weg berei om elke lewende persoon te noop om te reageer aan Sy vrye offer van die ewige lewe.
Hy sal die Basuine gebruik om sulke ongeëwenaarde rampe mee te bring, sodat elke persoon geforseer sal word om dit te bepeins en te reageer op die Hemelse uitnodiging om die gawe van die ewige lewe te aanvaar. Dit is hoe die “evangelie aan die hele wêreld verkondig sal word” (Matthéüs 24: 14); dit sal geskied deur die trek van die aandag van die mensdom deur die Basuine van Openbaring. Niks anders sal dit doen nie.
Wanneer Yahuwah die lewens van elke lewende wese op Aarde deur die katastrofiese gebeure onderbreuk, sal die verstande van almal geopen word om vir die laaste keer die ewige evangelie aan te hoor. Hierdie algemene aardbewing, wat onmiddelik die aankondiging van die 7 Basuine voorafgaan, sal deur elke lewende persoon op hierdie planeet gevoel word. Dit sal `n onmiskenbare teken aan alle mense wees dat die Hemel daarop uit is om die aandag van die mensdom te kry.
“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die
uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid
is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper
dag. Laat ons dan die duisternis aflê en die wapen van die lig aangord. Laat
ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in
ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.Maar beklee julle met
Yahushua, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig
nie. (Romeine 13:11-14)
Kliek hier om die video te sien!