Print

Daniël 11: Die “Koning van die Noorde” is die Ottomaanse Ryk!

`n Noukerige, in-diepte ondersoek van Daniël 11:40-45
is `n absolute bevestiging dat die "Koning van die Noorde"  die Ottomaanse Ryk is!

Die geskribbel, die voëls (sommige wat in een rigting kyk, en sommige in `n ander), slang-agtig (of was dit slak-agtige?) lyne, die gestilleerde oë, was alles baie interessant. Daar was prente van wat vere kon wees, `n hamer, en iets wat `n onderstebo saambreel kon wees (as jy soort van skeel kyk as jy daarna staar). Maar dit was betekenisloos! Ten minste, vir meer as 1000 jaar, kon geeneen verduidelik wat dit beteken het nie.  

Rosetta Steen

Die Rosetta steen voorsien die sleutel nodig om die betekenis van die hierogliewe te ontsluit.

Deur © Hans Hillewaert, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=3153928

Einde ten laaste, in 1799, was `n merkwaardige ontdekking gemaak. Franse soldate wie Egipte die jaar tevore ingeval het, was gestuur om versterkings van hulp te wees in `n Egiptiese hawe. Daar het hulle `n erg beskadigde steenstaaf ontdek. Luitenant Pierre-François Bouchard het dit as `n unieke fonds gesien. Die steen was in drie tale geskryf: Grieks; `n Egiptiese skrif wat weinig gesien word, bekend as demotieke teks; en hierogliewe! Hier was uiteindelik `n geleentheid om al daardie vreemde tipe geskribbel en sketse te verstaan.     

Napoleon se nuwe wetenskaplike orde, die Institut d’Égypte in Kaïro, het besitreg van die steen geneem. In die jare wat daarop volg, het die Rosetta Steen inderwaarheid vir `n deurbraak gesorg in die ontsyfering van antieke Egiptiese hierogliewe. Taalkundiges het slegs `n kode benodig, een of ander sleutel om insig te voorsien van hoe om die vreemde tekens te interpreteer.

Christene wie Daniël 11 studeer, het ook lank reeds `n kode benodig om hierdie gedeelte te ontsyfer. Die sleutel om die betekenis van hierdie aller-belangrike profesie te ontsyfer is aardrykskunde. Die aktiwiteite in die profesie beskryf moet altyd verstaan word in die verhouding tot Israel se ligging. Die “Koning van die Suide” verwys na Egipte wat die land suid van Israel is. Die “Koning van die Noorde” verwys na die verskeie politieke magte wat die area noord van Israel regeer het. Met die verdeling van Alexander die Grote se Ryk na sy dood, was die area onmiddelik noord van Israel eers beheer deur Seleuces, en later deur die Romeinse Ryk. Daniël 11 beskryf die verbrokkeling van Alexander se Ryk en volg die historiese bewegings van die nasie wat hierdie geografiese gebiede beheer het na.

Die klimaks vind aan die einste einde van die hoofstuk in verse 40 tot 45 plaas:

Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en dit oorstroom en dit oorvloei.

Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.

En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.

En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Libiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.

Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.  

En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie. (Daniël 11:40-45, OV1)

Hierdie gedeelte is uitermate belangrik aan elkeen lewend vandag. Dit stel vas wanneer die sluiting van genadetyd sal plaasvind! Hierdie wonderbare gebeurtenis is verbind aan die tyd van die einde en die tyd van benoudheid. `n Noukerige ondersoek van Daniël 11 openbaar dat die “tyd van die einde” in 1798 en die “tyd van benoudheid” in 1922 begin het. Dit beteken dat genadetyd binnekort, baie spoedig, moontlik binne maande vir die 144,000-diegene wie die laaste waarskuwingsboodskap van genade na die wêreld sal neem, sal sluit.

Die oneindige wysheid en voorkennis van Yahuwah word gedemonstreer wanneer die Skrifte met geskiedenis vergelyk word. Die Koning van die Noorde waarna in Daniël 11:40-45 verwys word is die Ottomaanse Ryk. Dit is bewys deur die feit dat elke enkele besonderheid van die profesie in historiese vervulling gegaan het.

Konstantinopel

Yeni Cami en Eminönü Bazaar, Konstantinopel, Turkye (Ottomaanse Ryk) in die jaar 1895
 
Deur- trialsanderrors - Yeni Cami and Eminönü bazaar, Constantinople, Turkey, ca. 1895, CC BY 2.0,
https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=11168385 

DANIÉL 11:40

“Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.”

IN DIE TYD VAN DIE EINDE SAL DIE KONING VAN DIE SUIDE MET HOM IN BOTSING KOM

Die “tyd van die einde” het in 1798 begin, soos verduidelik in ander artikels van WLK. Die “eie wys koning” beskryf in Daniël 11:36-39, was Frankryk/Napoleon Bonaparte. Egipte, onder die heerskappy van die Mammelukke, het Franse handel met Egipte ontwrig. Dít was die Koning van die Suide “in botsing” met die Eie Wys Koning. Dit was nie `n openlike oorlogvoering nie. Egipte het net “in botsing” gekom met die Eie Wys Koning.

Frankryk het gereageer deur Egipte in te val. In daardie tyd, was Egipte deel van die Ottomaanse Ryk. Frankryk was lank reeds geallieerd met die Ottomaanse Ryk en het aangeneem dat hulle Franse teenwoordigheid in Egipte sou duld in ruil vir Franse bystand om die opruiende Mammelukke onder beheer te kry. Hierdie veronderstelling was `n dure, en arrogante fout.  

DIE KONING VAN DIE NOORDE SAL OP HOM AFSTORM ...

Sir Horatio Nelson

Skout-by-nag Sir Horatio Nelson deur Francis Abbot.1800. National Maritime Museum. Sigbaar op sy opgeslaande hoed is die hoofsieraad deur die Ottomaanse Sultan aan hom voorgelê as `n beloning vir die sege by die Nyl

Een van die redes waarom Frankryk Egipte ingeval het was om `n “hou na Britse handel te mik deur Groot Brittanje se roete na Indië, af te sny.”2 Dit was nie net om Franse handel met die Verre Ooste te hervestig nie. Dit was ook om Britse handel te ontwrig. Die Britte het met alle mag gereageer. Laat in die dag van Augustus 1, 1798, het Admiraal Horatio Nelson letterlik op die Franse floot in Alexandrië, Egipte afgekom, nadat hy vir maande na hulle in die Meditereense See gesoek het.    

Die Franse magte het veronderstel dat die Britse magte nie `n aanval sal begin net wanneer die son onder sal gaan nie. Dit was nog `n duursame veronderstelling omdat die Britte onmiddelik tot aksie oorgegaan het. Die slag het die Franse vloot feitlik vernietig met geen skeepsverliese van die Britse vloot nie. Dit is van belang om te verstaan omdat dit hierdie oorwinning deur die Britte was wat in die Koning van die Noorde, die Ottomaanse Ryk, se optrede uitgeloop het, om op die Franse invalsmagte af te storm.  

Die Franse inval van Egipte het `n groot [en langdurige] impak op die Ottomaanse Staat gehad.”(3)Tot op hierdie tyd was Frankryk geallieerd met die Ottomaanse Ryk. Maar, die Britse sege met die Slag van die Nyl het die Britte in `n meer magtiger, en dus meer invloedryke, posisie geplaas.

“Britse diplomasie te Instanboel was nou by magte om die Ottomaanse Ryk na `n algehele opposisie te stuur, en op 9 September 1798 het die Ottomaanse Ryk oorlog teen Frankryk verklaar (vroeg in 1799 het Rusland by Brittanje en Turkye aangesluit, in die vorming van die Tweede Koalisie).”4

Die Slag van die Nyl: Verwoesting van ‘L’Orient’, Augustus 1, 1798, Mather Brown, 1825, National Maritime Museum 

MET PERDERUITERS EN BAIE SKEPE ...

Na sy verwoestende verliese in Egipte, was Napoleon nie voorbereid om sy ambisieuese planne vir die Midde Ooste op te gee nie. En in Februarie 1799 het Napoleon Egipte verlaat, met sy opmars na Sirië. By Akkra, het hy met die Turke (Ottomane) slaags geraak. Die Ottomane, nou Britse geallieerdes, was deur `n afdeling Britse see soldate ondersteun, onder leiding van Sir Sydney Smith. Napoleon het toe onmiddelik beslag op die stad gelê.

 “Net tien dae later, het gerugte Napoleon bereik van `n aankoms van die magtige Turkse leer. “Dit het bestaan uit omtrent dertig duisend troepe, twaalf duisend van die vreesaanjaendste en bes-opgeleide ruiters in die wêreld. Napoleon het maar net agt duisend effektiewe manne met wie hy die goed opgeleide leërmag van Europeërs en Turke binne in die mure van Akkra ontmoet en die menigtes wat op hom afstorm vir redding.”5

`n Historikus se verslag van hierdie veldslag het `n verbasende ooreenkoms met Daniël se profetiese beskrywing:

Dit was vroeg in die more van die 16de April. Die onbewolkte son het net oor die heuwels van Palestina opgekom en aan [die Franse] die ganse opgekommandeerde Turkse menigtes voor hom uitgestrek, blootgelê. Die oog was verblind deur die manjifieke skouspel, soos die trotse baniere en pluime, en die spoggerige tulbande en glinsterende staal, en die barbaarse krygshaftigheid van die Ooste, gereflekteer was deur die sonstrale van die verblindende oggend. Twaalf duisend perderuiters, versier met die mees skitterende tooisels van militêre prag, en berede op die vlytigste Arabiese ryperde, wat in alle rigtings pronk en bokspring... Die Franse, te trots en selfversekerd om voor enige oormag van getalle terug te deins, het byna geen tyd gehad om hulle self in een van Napoleon se ondeurdringbare vierkante te vorm nie, toe het die hele kavalkade perde ruiters, met glinsterende sabels en afskuwelike krete, en nes die gevee van die wind, op hulle afgestorm.Elke man in die Franse vierkant het besef dat sy lewe afhang van sy onbeweeglikheid, en elkeen het, skouer aan skouer met sy kamerade gestaan.6

EN BAIE SKEPE ...

Alhoewel Turkye nooit as `n seevaart nasie bekend was nie, stel die profesie dit duidelik dat “baie skepe” betrokke sal wees in die Koning van die Noorde se eksplisiete reaksie. Die Franse vloot was feitlik uitgewis die jaar tevore in die Slag van die Nyl. Hierdie “baie skepe” het van `n nuwe alliansie gekom, gevorm as gevolg van die aggressiewe militêre handeling van die Eie Wys Koning, Frankryk. Rusland, hoewel hy ou vyande van die Ottomaanse Ryk was, het met die Turke geallieer om teen Napoleon te veg.

So ongewoon as wat dit voorkom, het Rusland, die gesworre vyand van Turkye, verenig in die verdediging teen Napoleon. Die Russiese vloot was met die klein Turkse vloot na die hawe van St. Jean D`Acre gestuur waar twee Britse eskaders by hulle aangesluit het. Met die hele getal skepe wat meer as dertig tel. 7 

Napoleon se aggresiewe optrede het die sluimerende reus opgewek wat die Ottomaanse Ryk was.

Ottomaanse Ryk

  EN HY SAL DAARMEE IN DIE LANDE INKOM
EN INSTROOM EN DIT OORVLOEI

Die woord8 wat as “lande” vertaal word, het `n breër betekenis as net “nasies.” Dit kan ook verwys na velde, grond, of `n woestyn. Basies dra dit die idee van `n gebied oor. Die Koning van die Noorde/Ottomaanse Ryk, het vele areas binnegedring as wat dit voorheen beset het. Dit het hulle laat oorstroom en inkom en dit oorvloei in sy teenreaksie teen die Eie Wys Koning, Frankryk.

DANIEL 11:41

“Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.”

      HY SAL OOK KOM IN DIE LAND VAN DIE HEILIGE PRAG

Die huidige ontwaakte Turke/Koning van die Noorde en sy magte het Napoleon se leërs suid gedryf. Die “Pragtige Land” hierna verwys is dieselfde as waarna verwys word in Daniël 11:16. Dit is Palestina. Napoleon was uit Sirië verdryf, regdeur Palestina tot in Egipte. Daar het hy sy pogings om die handelsroete na Indië te monopoliser, opgegee.

         EN BAIE SAL STRUIKEL

In die Engelse weergawe, is die woord “lande” ingevoeg. Die oorspronklike Hebreeus stel dit eenvoudig net: “Baie sal struikel.” Met Britse hulp, het die Turke/Die Koning van die Noorde weereens Egipte onder sy beheer gebring. Hierdie militêre manoevers was baie hoog in terme van lewensverliese. Toe Napoleon terug na Egipte verdryf was, het die vyand meer as 1000 van sy manne doodgemaak. Ses honderd het gesterf van die plaag en 1800 is gewond.  

Weereens het die Britte hulle geallieerdes bygestaan, en die Ottomaanse magte na Egipte in hul skepe gebring. Daar, in die eerste Veldslag van Abukir in 1799, het die Franse magte die oorwinnig in Egipte behaal. Maar, dit was die begin van die einde van Franse teenwoordigheid in Egipte. Die slag het die lewens van `n addisionele 1,000 Franse troepe gekos, maar die verliese aan die Ottomaanse kant was selfs hoër. `n Beraamde 8,000 Turkse troepe was gedood.

Volgens die profetiese woord wat baie vas is, het baie gestruikel toe die Koning van die Noorde op die Eie Wys Koning, Frankryk, afstorm.

MAAR HIERDIE SAL UIT SY HAND VRYRAAK: EDOM EN
MOAB EN DIE BESTE DEEL VAN DIE KINDERS VAN AMMON

Die lande wat hier beskryf word lê oorheersend oos van die Jordaan Rivier. “Die land van Edom was in die woestyn gebiede oos en suid van Israel. Baie van die afstammelinge van hierdie nasies het binne-in Saudi Arabië uitgesprei.”(9) In sy poging om Napoleon uit die Midde Ooste te verdryf, het die Koning van die Noorde/Ottomaanse Ryk sy aandag gevestig waar Franse magte gestasioneer was. Dit was wes van die Jordaan. Daarom het al die lande oos van die Jordaan “uit sy hand vryraak” in die bestorming suid.

DANIËL 11:42

“En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vryraak nie.”

Toe hy eers tot oorlog oorgegaan het, was die Ottomaanse Ryk ongenaakbaar om weereens daardie areas wat voorheen verower was onder sy heerskappy te bring. Anders as die gewoontes van die Westerse magte, was die Turkse gebruik om nie gevangenis te vat nie. Hulle het enige Franse soldaat gemartel en dood gemaak, gewond of te nie. Enigeen wie hulle verdink of wie met die Franse gesimpatiseer het, was doodgemaak, en dit was hierin dat “ook Egipteland sal nie vrykom nie.”

`n Reis joernaal wat in die 19de eeu geskryf was, sinspeel op die behandeling van die Egiptenare deur die Ottomane, deur te sê: Lees van die afskuwelikhede bygedra deur Sir Robert Wilson aan die Franse, en jy sal besef dat die enigste oogmerk van ons inmenging was die binnelandse geluk van die ingevalde volk. Maar vreemd om te noem, praat die Arabiere met respek van die Franse, en van hulle uitdrywing met spyt.”10 Soos dikwels genoem, die oorwinnaars het die geskiedenis boeke geskryf en in hierdie geval was dit nie anders nie. As die Franse so onaardig teenoor die Egiptenare was soos aangevoer, sou die Arabiere wie daar gewoon het, nie hulle ontsetting betreur het nie.  

DANIËL 11:43

“En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Libiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.”

MAG OOR AL DIE SKATTE VAN GOUD EN SILWER
EN ... AL DIE KOSBAARHEDE VAN EGIPTE

Muhammad Ali Pasha al-Mas'ud ibn Agha

Muhammad Ali Pasja was die kanaal waardeur die Koning van die Noorde toegang tot die weelde van Egipte kon verkry.

“Muhammad Ali was na Egipte deur die Ottomane gestuur in die oorlog om die Franse daaruit te dryf. Hy was tweede in bevel van `n Armeense regiment. “Met veel politieke vaardigheid, het hy dit in 1805, reggekry om die wālī, die Ottomaanse sultan se onderkoning in Egipte benoem te word, met die rang as pasja.”11

“Eens bewindhebber, het Muhammad Ali een van die grootste landelike vergrype [sic.] in die geskiedenis uitgevoer. Hy het die feodale plase van die Mammelukke edelmanne gekonfiskeer en Kaïro se geestelike instellings van hulle 600,000 eersteklas akkers landbougrond beroof. Sodoende was Kaïro se middeleeuse orde onthoof en Egipte was nou die onderkoning se privaat plantasie.”12

Muhammad Ali mag beloon word met die instelling van die moderne Egiptiese staat, maar dit was nie vreedsaam gedoen nie. Inderwaarheid kan gesê word dat die handelinge van hierdie aanstelling van die Koning van die Noorde deel was van wat voorspel in Daniël se profesie met die engel se verklaring: “Ook Egpteland sal nie vrykom nie.” 

MuḥammadʿAlī het die Egiptiese tradisionele orde beeïndig. Hy het die Mammelukke uitgeskakel, die voormalige heersende oligargie verwyder, die ou landbesitters klasse onteien, die geestelike klas in pensionarisse van die regering omskep, die aktiwiteite van die inheemse handelaars en ambags groepe ingeperk, die Bedoeïene geneutraliseer, en het alle bewegings van rebellie onder die gepeupel onderdruk.13

In hierdie tyd was Egipte steeds `n provinsie van die Ottomaanse Ryk. Muhammad Ali het ruïnerende hoë belastings oor die bevolking gehef, en hulle verarm. Sommige van hierdie geld het hy as `n huldeblyk aan die Ottomaanse sultan gestuur. Sodoende het hy “die skatte van goud en silwer” saam met die “kosbaarhede van Egipte” beskikbaar gestel aan die Koning van die Noorde. 

TERWYL DIE LIBIëRS EN DIE ETHIOPIëRS SY VOETSTAPPE VOLG

LIBIËRS: Die noordelike kusstreke van Afrika was vroeër al onder beheer van die Ottomaanse Ryk gebring. Later, in 1711, het Libië byna heeltemal selfregerend geraak toe Ahmed Karamanli, `n kavalier offisier, `n staatsgreep uitvoer. Hy het die Ottomaanse goewerneur vermoor en die Karamanli dinastie ingestel, alhoewel hy voortgegaan het om `n formele betaling aan die Ottomaanse Ryk gemaak het. Hierdie gebied het grotendeels onafhanklik gebly tot en met 1832. In daardie tyd het die Ottomaanse sultan troepe ingestuur om orde te herstel na die abdikasie van die regeerders.

ETHIOPIËRS: Die geografie wat die moderne land van Ethiopië uitmaak was nooit deel van die Ottomaanse Ryk nie. Maar hierdie woord soos in die Ou Vertaling, verwys nie na die moderne land bekend as “Ethiopië” nie. Dit kom eerder van die woord “Kusiete” wat in Latyns as “Æthiops” vertaal is.

Die Egiptiese priester Manetho (c. 300 v.C.) het Egiptiese Kusiete (25 ste) dinastie, aangeteken, en dit die “Aethiopiese dinastie genoem”. En met die vertaling van die Hebreeuse Bybel in Grieks (c. 200 v.C.) het die Hebreeuse benaming “Kus, Kusiet” in Grieks “Aethiopia, Aethiopiërs”, geraak, wat voorkom as “Ethiopië, Ethiopiërs” in die Engelse King James Weergawe.14

Daarom was na hierdie area, in die outyd verwys as die land wat Egipte aan die suide grens. Die Libiërs en die Ethiopiërs was volmaak beskryf toe van hulle gesê was op die voetspore van die Koning van die Noorde.

DANIËL 11:44

“Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie te verdelg en met die banvloek te tref.” 

Die Koning van die Noorde is onweerlegbaar die Ottomaanse Ryk. Daarom, moet “gerugte uit die ooste en uit die noorde” wees wat kom uit die ooste en noorde van die Ottomaanse Ryk, nie uit die ooste en noorde van Palestina nie.

Die Eerste Wêreld Oorlog het Turkye voorsien van die verskoning en afleiding waaraan sy `n behoefte gehad het, om die Armene wie binne-in haar grense gewoon het, uit te wis.

Golwe van Vervolging deur die eeue heen, het een na die ander opmekaar gevolg, sommige selfs meer ongenaakbaarder as die ander.  ... Teen die koms van die twintigste eeu het Armenië as `n entiteit opgehou om te bestaan.  Die gebied  ... was in drie hoofseksie verdeel. Die westerse deel, insluitende die Ararat gebergte, het aan die Turkse Ryk behoort; die noordelike gedeelte al langs die Kaukasus bergreeks het deel van die republieke onder Russiese heerskappy geword; die oosterse deel wat die Kaspiese see begrens was lank reeds onder Persiese beheer. Die volke, nes baie ander nasionale groepe, het verstrooid geraak, maar inteenstelling met ander, het hulle hul identiteit behou.”

(Marie Egikhanoff, Terror by Night and Day, An Armenian Girl`s Story, bl.6.)

NOORD: Een van die onverwagse resultate van die Eie Wys Koning/Frankryk se inval in Egipte, was die alliansie van die Ottomaanse Ryk met die bure aan die noorde, Rusland. Die twee was vir eeue met mekaar in oorlog gewikkel. Die Russiese-Turkse oorloë het letterlik vyf eeue geduur en is onder die volhoudendste geskille in die Europese geskiedenis. Tydens hierdie konflikte, het die Ottomaanse Ryk stelselmatig land verloor aan die Russiese Ryk.

OOS: Persië het oos van die Ottomaanse Ryk gelê. Vanaf 1804-1813, het Persië en Rusland oorlog gevoer. “Die Persiese weermag het die Russiese troepe in Transkaukasië verskeie kere met getalle oorskry, maar was kenmerkend ondergeskik in die oorlogskuns, militêre opleiding en organisasie.”15 Persië het die oorlog en land aan die Russe verloor. Nog `n oorlog het in 1826-1828 gevolg. Weereens het Rusland geseëvier.

“As gevolg van die Russiese-Persiese oorloë, het Rusland noordelike Asserbadjan en oostelike Armenië geannekseer. Die Russiese oorwinnings het die volke van Transkaukasië van die Persiese leunhere bevry, sodat hierdie mense aktiewe ondersteuning aan die Russiese magte, hulp tydens die oorloë verskaf het.” 16

Russiese anneksasie van land van Persië, wat sodoende die Ottomaanse Ryk gedeeltelik omsingel, het veroorsaak dat druk vanuit die noorde en ooste teweeggebring is. Dit was die nuus uit die noorde en ooste wat die Koning van die Noorde verskrik het.  

`n Gedetailleerde lys van die spanning tussen die Ottomaanse Ryk en Rusland sal te lank vir die huidige artikel wees. Maar sommige spanning was weens die godsdienstige verskille omdat die grootste gedeelte van die Ottomaanse Ryk Moeslims was terwyl die Russe Christene was. Toe die tsaar beveel dat die Moeslims uit Noord Kaukasië verban moes word, het dit `n volksmoord tot gevolg gehad wat die lewens van 1.5 miljoen Moeslims geneem het. Enige oorlewendes het suidwaarts na die Ottomaanse Ryk gevlug.

Dit is nie onbelangrike geskiedenis nie. Die optredes kan direk terug gevolg word na die Koning van die Suide (Egipte) se “botsing” teen die Eie Wys Koning (Frankryk) en die oorweldigende reaksie van die Koning van die Noorde (Ottomaanse Ryk) in weerwil daarvan. Tydens en direk na afloop van die Eerste Wêreld Oorlog, was die Turke verantwoordelik vir die Armeense Volksmoord, Die Griekse Volksmoord en die Assiriese Volksmoord waarin meer as 3 miljoen Christene hul lewens verloor het weens die suspisie dat, hulle as Christene simpatiek gesind was met die Russe.

Met verskriklike gevolge weens die Koning van die Noorde wat in botsing kom met die Eie Wys Koning! Slegs Yahuwah ken die volle getal van die lewens wat tydens die ontsaglike leiding verduur,  uitgewis was toe die Koning van die Noorde “met groot woede uittrek om baie te verdelg en met die banvloek te tref.”

DANIËL 11:45

“En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.”

Sultan Abdul Hamid II

Sultan Abdul Hamid II het profesie vervul toe hy ampsdraers na Jerusalem gestuur het vir direkte regering.

In hierdie vers bevestig die verslag van die geskiedenis weereens die akkuraatheid van profetiese uitlatings. Die Jode, en die latere Khazars het lank uitgesien om beheer te kry oor Palestina. In 1897, het die Sioniste organisasie (later die Wêreld Sioniste Organisasie) die eerste Sioniste Kongres in Basel, Switserland gehou. Tydens hierdie drie-dae konferensie, was die moontlikheid bespreek om Jerusalem as die hoofstad van een of ander toekomstige Joodse staat te hê. Maar Jerusalem en Palestina was steeds onder beheer van die Ottomaanse Ryk.

Abdul Hamid II, Sultan van die Ottomaanse Ryk en Kalief van die Ottomaanse Kalifaat, het in `n wyse opgetree wat hierdie vers volmaak vervul. Hy het amptelikes van sy eie paleis gestuur om die provinsies romdom Jerusalem te regeer. Hy wou kontrole behou oor hierdie deel van sy ryk en het gevoel dat om Ottomaanse amptelikes in Jerusalem gestasioneerd te hê sou hom bemagtig om voor enige pogings te bly deur vreemde regerings wat die areas wou inpalm. 

Die Sultan se bekommernisse was goed gegrond. Die Eerste Wêreld Oorlog was op die horison. Die spanning wat gelei het na die “oorlog om alle oorloë te eindig” was alreeds in die pyplyn. Maar baie min mense weet dat een van die primêre motiewe wat Engeland se beleidsoprigting aandryf vir die Eerste Wêreld Oorlog was, was om `n tuisland vir die “Jode”.

...Die Britte het nie eens deur die kanale van samesprekinge met die inheemse volke in daardie land gegaan nie. Nes die skrywer van die berugte Balfour Verklaring, Arthur Balfour, aan Lord Curzon gesê het: “Die Vier Hoof Magte is toegewyd aan Sionisme. En Sionisme, of dit nou reg of verkeerd is, goed of sleg, is `n eeue oue tradisies gewortel, in teenswoordige behoeftes, in toekomstige hoop, van baie diepsinniger belang as die verlangens en vooroordele van die Arabiere wie daardie antieke land bewoon.”

... Wat daarop gevolg het was `n sistematiese poging om self-regering en self beheer, deur buigsame regeringstelsels en, in die geval van Palestina, openlike ontkenning van die inwoners se regte tot `n vrye en onafhanklike land. ...

Wat ironies was, is dat een van Brittanje se verklarings vir die wettiging van haar beleidsrigtings van die tyd was om na haar edelmoedigheid te verwys; dat dit die Arabiere bevry van die juk van die Ottomaanse soewereiniteit.17

Duitsland het eintlik die oorlog gewen en het aan Engeland `n goeie vredes aanbod voorgelê. As Engeland die vrede aangebied aanvaar het deur Duitsland aangebied, sou miljoene lewens gered wees. Instede daarvan het iets heeltemals anders plaasgevind.  

Die internasionale Joodse bankiers is wat gebeur het. Die Sionistiese Joodse befondsing van die oorlogspogings wou Palestina hê, wat in daardie tyd deel van die Ottomaanse Ryk was. Die enigste manier om Palestina aan die Jode te gee was om dit van die Ottomane af te neem. In ruil vir die Verenigde State se toetrede tot die oorlog, het die Britte Palestina as `n tuisland aan die Jode belowe.

Dit was `n sataniese ooreenkoms en een waarop Groot Brittanje geen reg om beloftes te maak, gehad het nie. Maar dit is presies wat onder die Balfour Ooreenkoms gebeur het.18

Balfour besoek Jerusalem

Balfour besoek Jerusalem

Britse politikus en Lord Arthur Balfour (1848 - 1930) wys na `n uitbeelding van die Kerk van Die Heilige Graf van Goewerneur Sir Ronald Storrs tydens sy besoek aan Jerusalem, April 9, 1925. Die stad se Arabiese inwoners was besig om te staak in protes teen die Balfour Verklaring ter ondersteuning van planne vir `n Joodse tuisland in Palestina. (Fotobeeld deur Topical Press Agency/Hutton Archives/Getty Images)

Arthur James Balfour was die Verenigde Koninkryk se Buitelandse Sekretaris. Hy was wel bewus van die onetiese karakter van die Britse agenda om Palestina van die Turke te neem. In `n brief aan Lord Curzon, in 1919 geskryf, het hy dít erken: “ ...In Palestina verwerdig ons, ons nie eens om deur die vorm van konsultasie van die wense van die huidige inwoners  van die land te gaan nie....Die vier heersende magte is aan Sionisme toegewyd. En Sionisme, of dit nou reg of verkeerd, goed of sleg is, is in eeue oue tradisies gegrondves, in teenwoordige behoeftes, in toekomstige hoop, van vér groter belang as die verlangens en vooroordele van die 700,000 Arabiere wie tans die antieke land bewoon. . .”19 Die Britte en verskeie Sioniste wie oproeringe veroorsaak vir `n Joodse tuisland in Palestina het `n teenstrydige belofte gemaak. Met die ondersteuning van die Rothschild dinastie, het hulle aan die Jode `n tuisland vir die Jode belowe, terwyl hulle terselfdertyd aan die plaaslike Arabiese bevolking beloftes maak wat hulle onder geen omstandighede intensies het om te hou nie.

 “PALEISTENTE”

Regdeur die grootste gedeelte van die 19de  eeu, het `n hele aantal Bybelse geleerdes voorgestel dat die Koning van die Noorde die Ottomaanse Ryk was, hulle het voorspel dat die Ottomaanse Ryk sy hoofkwartiere na Jerusalem sou verskuif. Toe die Ottomaanse Ryk na die Eerste Wêreld Oorlog ontbind sonder dat dit eens gebeur het, het baie aangeneem dat hulle interpretasie verkeerd was.

Die Ottomaanse Ryk was nie deur vreemde magte oorwin nie. Dit het eenvoudig net opgehou bestaan. Europeërs in die tyd was goed bewus van die ongeruimdheid van wat gebeur in die eens-gevreesde ryk. Die Literary Digest van 1919 het verslag oor die teenwoordigheid van uitvaardigings van die Ottomaanse Ryk met die Raadssitting van Tien, maar nie as deelgenote nie, verklaar:

“Indien skaduwees kon lag, sou die geeste van Pieter die Hermiet, Loius IX, en Richard die Leeu-Hart in `n sardoniese skatterlag die ander dag uitgebars het, toe die ryk voor wie tien kruistogte vir drie eeue nie kon uitwis nie, `n Viceroy na Parys, en `n afvaardiging van Turkse gesaghebbendes saammet hom gestuur het. Oppad na en van die sessie van die Raadsbesluit van Tien van die Vredes Konferensie ... was van hulle verwag om deur verskillende roetes te kom en te gaan as die lede en verskillende deure te gebruik as die lede self. Soos die Charleston Evening Post verslag gelewer het: Hierdie gladde-mond menere van die Goue Horing was nie verteenwoordigers van `n ryk nie, want dit is nog nie heeltemal vasgestel of Turkye steeds beskou moet word as `n nasionale entiteit nie.’ Hulle het slegs as eksperts besoek aan Frankryk afgelê van wie die Raadsitting van Tien informasie mag bekom aangaande Turkse aangeleenthede.”

Hierdie veronderstelling is gebaseer op die misverstand van die woord “tabernakels.” Wanneer dit in sy geheel verstaan word, is duidelik gesien dat die Koning van die Noorde die Ottomaanse Ryk is en dat hy inderdaad gedoen het presies nes die profesie voorspel het. Hy “sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die Heilige Prag.” Met ander woorde, die Ottomaanse Sultan het sy politieke teenwoordigheid tussen die Jordaan Rivier, wat in die ooste was, en die Meditereense See wat na die weste lê, gevestig.

Die woord “paleistente” is ontleen van die Hebreeuse woord, ohel. Dit beteken: `n tent ...bedekking, (woning) (tuiste) huis, tabernakel, `n tent”20 Die Kinders van Israel het in die woestyn getabernakel. Dit is dieselfde woord wat herhaaldelik regdeur die boeke van Moses gebruik was om beide die tent van samekoms en die heiligdom beskryf het. `n Tabernakel is `n tydelike woning. Dit is `n tent! Dit was vir hierdie einste rede dat Dawid verlang het om `n permanente woonplek vir Yahuwah te bou.

Die sultan het nie nodig gehad om die setel van sy regering na Jerusalem te verskuif vir die vervulling van Daniël 11:45 nie. Hy het dit vervul toe hy doelbewus deel van sy regering na Jerusalem verskuif het om die groeiende bedreiging van die Sioniste bankiers se ekspensionisme moes tegemoet gaan. Dit was nie `n permanente instelling nie, maar van tydelike hoedanigheid.  `n “Paleistent.” 

HY SAL AAN SY EINDE KOM, EN DAAR SAL VIR HOM GEEN HELPER WEES NIE

Die magtige Ottomaanse Ryk, gevrees as die tugroede van die Kruisvaarders, het aan sy einde gekom, nie met `n slag nie, maar deur tot niks weg te kwyn. Tsaar Nikolas I van Rusland het na die Ottomaanse Ryk as `n “siek man” verwys met die stelling:

Dit wou voorkom asof Turkye in stukke verbrokkel, die val sal `n groot verlies wees. Dit is baie belangrik dat Engeland en Rusland tot `n baie goeie verstandhouding moet kom ... en dat nie een van hulle `n beslissende stap moet neem waarvan die ander nie van waarde geskat word nie ...Ons het `n siek man in ons hande, `n man wie dodelik siek is, dit sal `n groot verlies wees as hy een van die dae deur ons hande glip, veral voor al die nodige voorsorg getref is.21

Die naam het vinnig byval gevind en spoedig het persone van nuusverslaggewers tot Bybel geleerdes gefokus op die kwynende mag van die eens magtige Ottomaanse Ryk waarna verwys word as die “siek man van Europa.” Vir vele jare het Groot Brittanje en Frankryk gehelp om die Ottomaanse Ryk te ondersteun om Rusland te verhoed van anneksering daarvan en steeds uit te brei. Maar uiteindelik, het oproeringe in Europa aandag en finansies weg van die “siek man” gedraai.

Mustafa Kemal Atatürk

Mustafa Kemal Atatürk

Die Koning van die Noorde het sy “paleistente” na Jerusalem verskuif omdat hy bevrees was dat vreemde magte hierdie gedeelte van die Ottomaanse Ryk sou annekseer. Dit is presies wat gebeur het. Na afloop van die Eerste Wêreld Oorlog, het die onoorwonne Geallieerdes die oorlogsbuit onder hulleself verdeel met Palestina onder beheer van die Britse Ryk geplaas.  

Die Ottomaanse Ryk het na afloop van die Eerste Wêreld Oorlog gebiede verloor, eintlik, was hulle nie deur een of ander nasie verower nie. Dit het intern tot sy einde gekom. Mustafa Kemal, `n Turkse militêre offisier, het die Ottomaanse sultanskap afgeskaf, en later die kalifaat, om die moderne Republiek van Turkye in te stel. `n Volle 99% van Turkye is Moeslim, maar nogtans, snaaks, is Turkye nie amptelik `n Moeslim nasie nie. 

Kemal het Turkye gemoderniseer deur dit wêreldsgesind te maak. Hy was as Atatürk (“Vader van die Turke”) bekend, ter ere van die ontsaglike, meesleurende veranderinge wat hy in die land gebring het. Hy het verseker dat die Turkse regering in die toekoms heeltemal afgesonderd van Islam moes wees. Hy het `n grondslag van wette gelê wat dit onmoontlik vir die Ottomaanse Ryk en die kalifaat maak om ooit weer te herleef. Hy het “`n nuwe burgerlike kode gevestig, gebaseer op Europese voorbeelde. Boonop het hy `n grondwet opgestel wat uitdruklik alle verbintenisse met die Islamitiese [Sharia] wet losmaak.22

Mustafa Kemal Atatürk het aan die Ottomaanse Ryk (en Islam) `n dodelike wond waarvan dit nooit herstel het – en waarvan dit nooit sal herstel nie, toegedien. Die Koning van die Noorde het aan sy einde gekom, met niemand om hom te help nie. 

HEDENDAAGSE TURKYE

Turkye het haar bepaalde rol in profesie vervul. Sommige mense sien steeds uit vir verdere verwikkelinge in die voormalige Ottomaanse Ryk. Maar daar is niks meer om in vervulling te gaan in die profesie van Daniël 11 nie. Die Koning van die Noorde het in 1922 tot sy einde gekom, nadat alle Europese magte wie hom ondersteun het, hul steun onttrek het. 

val van die ottomaanse ryk 1174-1914 

Die algehele spanningslyn van Daniël 11 was om een doel en een doel alleenlik: om aan die finale generasie uit te wys wanneer genadetyd sal sluit! Nes die “tyd van die einde” in 1798 begin het, het die “tyd van benoudheid” in 1922. Enigiets meer wat in Turkye gebeur, val binne-in die parameters van die tyd van benoudheid.

Daniël 11 is verby. Dit is afgehandel! Niks meer moet in vervulling gaan nie. Ons leef nou in die tyd van Daniël 12:1. Dit is `n baie ernstige werklikheid. Die engel het Daniël meegedeel:

En in dié tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal `n tyd van benoudheid wees soos daar nog nie gewees het vandat `n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek van die lewe opgeskrywe staan.

En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos. (Daniël 12:1-3)

Turkye

Ontwaak! Dit is die tyd waarin ons nou lewe! Genadetyd sal binnekort afsluit! Daar is net `n enkele gebeurtenis wat staan tussen daardie plegtige gebeurtenis en ons: die blaas van die basuine.

Basuine word geblaas om `n waarskuwing aan te kondig, en dit is wat hierdie basuine doen. Hulle word gegee om aandag te vestig op die afsluiting van genadetyd. Dit sal die onaardigste tugroede wees wat ooit op die mensdom geval het tot op daardie tyd. Hulle doel is om siele wakker te skud, omdat wat na die afsluiting van genadetyd kom, die sewe laaste plae, so verskriklik sal wees, dat indien Yahuwah nie Sy kinders deur dit beskerm nie, sal daar geen lewe oorbly nie.

Oneindige genade wil elke siel wakker hê, bewus, en by magte om intelligente besluite te neem. Die basuine is wat die aandag van elke lewende persoon op aarde vestig op die waarhede waaraan hulle `n behoefte het om te ken om klaar te maak vir die afsluiting van genadetyd en die Wederkoms.

Nou, in hierdie sluitingsure, maak `n volle oorgawe aan Yahuwah. Ondersoek jou hart. Lê alle belemmeringe opsy, met volle versekering van geloof, neem die beloofde verlossing beet.

Sy hand is uitgestrek, verlangend om joune vas te gryp en jou na veiligheid te trek. Sal jy nie uitreik na die beste vriend wat jy ooit sal hê nie?

Yahushua wat uitreik om jou te red 




Verwante Inhoud:


1 Alle Skrifte kom uit die Ou Vertaling van die Bybel.

 2 http://www.expertsmind.com/library/french-invasion-and-occupation-of-egypt-in-1798-5235506.aspx

3 Güven Dinç, “The Ports of Cyprus and the French Invasion of Egypt (1798-1801),”Mediterranean Studies, Vol. 24, No. 1 (2016).

4 http://www.historyofwar.org/articles/wars_french_egypt.html

5 John Stevens C. Abbott, The Life of Napoleon Bonaparte, pp. 102-103.

6 Ibid., klem voorsien.

7 http://www.inlightofprophecyfulfilled.org/studies/pdf/articles/KON/KON_Part3.pdf , p. 3.

8 Erets, (#776), Strong’s Exhaustive Concordance.

9 http://www.inlightofprophecyfulfilled.org/studies/pdf/articles/KON/KON_Part3.pdf, p. 5.

10 Richard R. Madden, Travels in Turkey, Egypt, Nubia and Palestine in 1824, 1825, 1826 & 1827, p. 173, klem voorsien.

11 https://www.britannica.com/biography/Muhammad-Ali-pasha-and-viceroy-of-Egypt

12 http://egyptianagriculture.com/muhammad_ali.html

13 https://www.britannica.com/biography/Muhammad-Ali-pasha-and-viceroy-of-Egypt

14 http://murakushsociety.org/index.php/2016/09/23/dictionary-defines-the-hebrew-term-cushite-as-moor-in-english/

15 http://encyclopedia2.thefreedictionary.com/Russo-Persian+Wars+of+the+19th+Century

16 Ibid., klem voorsien.

17 https://www.middleeastmonitor.com/20141114-world-war-one-and-palestine-does-the-connection-still-matter/, klem voorsien

18 Kliek hier vir meer inligting aangaande die Balfour Ooreenkoms en die gebeure wat daarna gelei het.

19 http://www.balfourproject.org/a-few-quotes/

20 Sien Strong’s Concordance, #168.

21 Harold Temperley, England and the Near East, p. 272.

22 http://www.bbc.com/news/magazine-23810527, klem voorsien.