Print

Daniël 11: Die “Koning van die Suide” is Egipte!

`n Noukerige ondersoek van Daniël 11 openbaar met 100% sekerheid
dat die "Koning van die Suide” is,  en nog altyd, Egipteland was!

Die Voynich manuskrip, is sonder twyfel, `n enigste-in-sy-soort boek. Esteties, is dit `n kunswerk. Beeldskone illustrasies in stroke van groen, bruin, geel, blou en rooi beklee byna elke blad. Die botaniese sketse is gedetailleerd; die astrologiese kaarte en astronomiese tekeninge, nougeset; die handgeskrewe teks, vloeiend en grasieus. Dit was bekend dat dit behoort het aan die Heilige Roomse Keiser, Rudolph II, van Duitsland (1576-1612), maar koolstof datering sit die ouderdom daarvan so ver terug as die 1400s.

Die Voynich manuskrip met een van sy vele ongeïdentifiseerde plant spesies

Die Voynich manuskrip met een van sy vele ongeïdentifiseerde plant spesies.

(Fotobeeld: http://top-documentary.com/wp-content/uploads/2012/01/f50r.jpg)

Maar, in die moderne wêreld waar tegnologie antwoorde voorsien het aan baie lang-oorpeinsde verborgenhede, het die Voynich manuskrip `n onopgelosde raaisel gebly. Niemand weet waar dit vandaan kom nie en wie dit geskryf het nie. Een honderd-en-dertien van die botaniese sketse is van ongeïdentifiseerde plantspesies. `n Biologiese seksie is besonders, wat sinspeel op onbekende tegnologie soos dit menslike liggamme in een of ander vloeistof ingedompel in verbinding met `n ingewikkelde vertoon van onderling-verbindende buise, wys.

Wat miskien die mees verborge van alles is, is dat niemand weet wat die boek sê nie! Dit is in `n onbekende taal geskrywe. Geen mate van inspanning, ure, of komper sagteware kon dit regkry om op die geheime kode uit te brei waarin dit geskryf is nie, wat sommige noop om dit as `n fyn uitgewerkte bedrog te bevraagteken. Geen Rosetta Steen is ooit ontdek wat die sleutel sou voorsien om die geheime van die Voynich manuskrip te ontsluit nie.

Die Skrifte het altyd `n onontsyferbare gedeelte gehad. Onder die vele profesieë wat vir die finale generasie opgeteken is, was Daniël 11 gewoontlik misverstaan. Dis `n rariteit onder profesieë daarin dat dit nie simbole gebruik nie. Daar hoef geen twyfel te wees waaroor hierdie profesie gaan en wanneer dit plaasvind nie omdat die einde – identifisering van die wanneer die afsluiting van genadetyd afspeel – te belangrik is. Deur alle simboliese taalgebruik op sy te sit, gaan die engel reguit na die punt om oor die 2, 000 jaar se geskiedenis, uit te lê.

Bybel studente was lank reeds uitoorlê en gefrustreerd oor die betekenis van hierdie hoofstuk, tenspyte van haar tekort van simbole. Die verwysings na `n raaiselagtige “Koning van die Noorde” en `n netso verwarrende “Koning van die Suide” het baie tot `n menigte verduidelikings gelei wat voorstel wie hulle mag wees. Deur hierdie konings te identifiseer is die sleutel om die betekenis van hierdie hoofstuk te ontsyfer. 

Maar anders as Voynich se manuskrip, het Daniël 11 `n sleutel en daardie sleutel is geografie.

Geografie is die Sleutel

Daniël was altyd en ewig `n Israeliet in die dieptes van sy hart. Skrifte doen verslag dat hy sy venster drie maal per dag in die rigting van Jerusalem geopen het. As `n baie ou man, dekades nadat hy uit sy tuisland geneem is, het hy steeds daarna verwys as “die pragtige land

Die “Koning van die Noorde” en die “Koning van die Suide” waarna herhaaldelik in Daniël 11 verwys word, moet in verhouding tot die land van Israel verstaan word.

Wat of wie was suid van Israel? Die antwoord is eenvoudig en nimmer eindigend. Egipte was suid van Israel.

Wat of wie was noord van Israel? Die land direk noord van Israel was Sirië. Maar wat  verwarring vir baie mense meebring is dat die politieke mag heersend in daardie geografiese area, oor die tyd verander het. Daarom is die Koning van die Noorde enige politiese entiteit wie ookal Sirië in enige tyd beheer het. As dit eers verstaan word, kan Daniël 11 met die geskiedenis vergelyk word sodat die profesie dan verstaanbaar word.   

Alexander die Grote

Profesie is eenvoudig net geskiedenis wat vooruit geskryf is. Met Daniël 11 se profesie, spring die engel onmiddelik weg: “En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring deur die koninkryk van Griekeland. Dan sal `n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.” (Daniël 11: 2-3, OV)

Vanaf Daniël se tyd, sou daar nog vier konings wees wie heers oor die Persiese Ryk, met die laaste een, die rykste van hulle almal. Hy sou uitstaan as die een wie oproer in Griekeland sou begin. Geskiedenis bevestig dat die vierde Persiese koning van die tyd van hierdie profesie Artasasta I, die seun van Darius Hystaspes was. Hy was `n uitstaande welgestelde monarg en het sy weelde gebruik om teen die Grieke te veg. Alhoewel hy by die Slag van Thermopylae getriomfeer het, was hy oorwin by die Slag van Salamis. Eintlik, is al wat Artasasta I reggekry het was dat: “ hy alles in beweging bring in die koninkryk van Griekeland.” volgens die profetiese woord wat baie vas staan.

Net die volgende vers stip Alexander die Grote onweerlegbaar uit en lê die grondslag neer vir die identifikasie van die Koning van die Noorde en die Koning van die Suide: En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie - want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.  (Daniël 11:4, OV.)

Alexander was maar net 32 jaar oud met sy dood. Alhoewel sy vrou verwagtend in daardie tyd was, het hy geen ander lewende erfgename gehad nie. Sy ontsaglike ryk was onder sy vier generaals verdeel. Op hul beurt het hulle onder mekaar geveg om steeds meer gebied en mag te bekom.

Hier is `n algemene lys van die generaals en die gebiede wat hulle ingeneem het.

Alexander die Grote se verdeelde ryk

Alexander die Grote se ontsaglike ryk was onder sy vier generaals verdeel.

Vir `n tydperk was sommige van Alexander se ryk deur Antigones, `n afgesant wie probeer het om die ryk te herenig, beheer. Maar hierdie gebied was eintlik verloor deur die vier generaals. Die vier-deel verdeling van die ryk was gevolg deur verskeie oorloë en skermutselinge oor die volgende 20 jaar. Die meeste van hierdie beuselagtighede was onder die drie generaals aan die noorde, ooste en weste van Israel: Lysimachus, Cassander, en Seleucus. Lysimachus het Cassander se gebied verower, net vir Seleucus om `n ander gedeelte van Lysimachus te annekseer. Eintlik het net Seleucus in die noorde, en Ptolemeus is die suide, oorgebly van die oorspronklike vier verdelings.

Ptolomeus I Sotor

Photolomeus het hom as die beste van Alexander se vier generaals bewys. “Ptolomeus, wie homself onderskei het as `n versigtige en vertrouenswaardige troepe bevelvoerder onder Alexander, het homself as `n politikus bewys met buitengewone diplomatieke en strategiese hoedanighede in die lang reeks worstelinge oor die troon wat uitgebreek het na die dood van Alexander in 323.”2Inderwaarheid was dit eintlik Ptolemeus wat die onmoontlikheid besef het van die behoud van die eenheid van Alexander se ryk. Dit was volgens sy voorstel dat die ryk verdeel moes word tussen die vier generaals.

Ptolemeus was by magte om die chaotiese internasionale situasie van die post-Alexandriese era, te evalueer, gekarakteriseer deur konstante hernude oorloë met wisselende alliansies en koalisies, in realistiese politieke terme, te evalueer. Deur vas te hou aan `n basiese verdedigende buitelandse beleid, het hy Egipte teen eksterne vyande beskerm en het dit uitgebrei deur middel van direkte beheer van buitelandse besit en hegemoniese  administrasies. Dan het hy, nie nagelaat om aandag te skenk aan die interne organisasie van die land en om vir `n opvolger te sorg nie.”3

Tenspyte van die feit dat Ptolemeus een van die generaals wat onder Alexander was, wie Egipte verower het, het sy wyse leierskap hom aanvaarbaar aan die Egiptenare gemaak wie hom tot god-status na sy dood verhef het. Egipte het die magtige Koning van die Suide onder aanvoering van die voormalige generaal geword.

Die magtige Ptolemeuse Dinastie deur hom gevestig, “het langer regeer as enige ander dinastie gestig op die grondgebied van die Alexandrynse ryk en het slegs onder die Romeine in 30 BC geswig.”4 Selfs nadat Egipte onder beheer van Rome gekom het, het daardie area die Koning van die Suide gebly omdat dit suid van Palestina was.

Met die Eie Wys Koning in Botsing Kom

Daar is nie die minste twyfel dat Egipte die Koning van die Suide is nie. Die eerste deel van Daniël 11 is `n duidelike, reguit opname van historiese gebeure voorspel voordat dit gebeur het. Met bonatuurlike akkuraatheid volg hulle die handelinge van die Koning van die Suide, Egipte na, regdeur die eeue heen. Elke enkele vers is bewys deur historiese dokumentasie. Die ganse impetus van hierdie profesie is om aan te dui wanneer genade sluit. Die tussenkomende verse laat die moderne Bybel student toe om met sekerheid te weet dat die Koning van die Suide Egipte is, nes bewys deur die geskiedenis. 

Die klimaks van die Koning van die Suide se handelinge geskied naby die einde van Daniël 11 en is, inderwaarheid, die laaste keer dat die Koning van die Suide vermeld word: “Maar in die tyd van die einde sal die koning van die suide met hom in botsing kom.” (Daniël 11:40)

Oor die eeue heen, het verskeie buitelandse heersers, nes in die ander areas van die Alexandrynse ryk, Egipte verower. Die Mamelukke Dinastie het in 1250 beheer verkry. Die Mamelukke was slawe soldate wat baie magtig geword het tydens die Middel Eeue. Hulle het die laaste van die Europese kruisvaarders en die Mongole van Sirië, uit Palestina gedryf. Dit het aan hulle die dankbaarheid van alle Moslims besorg wie die Mamelukke as hulle verlosser van hulle godsdiens en kultuur gesien het. 

Om hulle posisie in die Islamitiese wêreld te verstewig, het die Mamelukke die kalifaat laat herleef, wat deur die Mongole in 1258 vernietig was, en het hulle `n kalief onder hulle toesig in Kaïro ingestel. Hulle begunstiging van die regulasies van die heilige stede van Arabië, Mekka en Medina, het dieselfde doel gedien. Uitmuntende suksesse in oorlog en diplomasie was ekonomies ondersteun deur die Mamelukke se bevordering van industrieë en behendigheid sowel as deur hulle herstelling van Egipte as die hoofhandels-en transit roete tussen die Ooste en die Middelandse see. 5

Die Ottomaanse Ryk het in die vroeë 1500 beheer oor Egipte oorgeneem. Teen die 1790, het die Mamelukke maar weer baie van hul voormalige mag teruggeneem, self terwyl Egipte, tegnies gesproke, as deel van die Ottomaanse Ryk beskou was. Alhoewel die Mamelukke oorspronklik verantwoordelik was vir die vestiging van die hoof handelsroete wat die Ooste met Europa verbind het, was die laaste jare van die Mamelukke oorheersing gevul met interne gevegte wat die handelsroete ontwrig het.

 “Die laaste jare van die Mamelukke was rampspoedig vir Egipte. Die konstante onderlinge, gevegte gekombineer met die geweldige belastings, het die Egiptiese handel verwoes. Een van die snellers van die Franse inval was die eintlike vernietiging van die Franse handel met Egipte teen die 1790`s.”6

Soos elders gedemonstreer, was Frankryk die “eie wys koning” soos beskryf in Daniël 11:36-40.  Die ontwrigting van Egiptiese handel met Frankryk was die Koning van die Suide (Egipte) wie “in botsing kom” met die Eie wys Koning (Frankryk). Dit was nie `n ope oorlogvoering nie. Dit was eenvoudig maar net in botsing kom met Frankryk.

In 1798, het Frankryk Egipte ingeval – dieselfde jaar waarin die “tyd van die einde” begin het!

Die oorspronklike Franse plan was om ongetwyfeld Egipte as `n kolonie in te neem. Die Franse het verwag dat die Egiptiese bevolking, wie onder die Mamelukke deurgeloop het, hulle as bevryders sal verwelkom, terwyl die Ottomane die Franse ten minste sal verdra as die prys van die verdrywing van hulle uitermate onafhanklike onderdane. Egipte sou voordeel trek uit die verwikkelinge wat moontlik gemaak is deur die rewolusie, haar regering gemoderniseer, nuwe instellinge ontwerp en oues op sy gesit, nes dit in Frankryk plaasgevind het.

Die rol van die Ottomane was altyd bedrieglik. Frankryk was tradisioneel geallieerd met die Ottomaanse Ryk, en ten minste vir die oomblik was daar geen intensies om dit te ontwrig nie. Die Franse plan het sterk gesteun op die Ottomaanse neutraliteit, wie staat gemaak het op hulle onvriendelikheid van die Mamelukke (gedemonstreer in 1786) wat hulle toorn laat oorloop het teen die Franse inval wat steeds `n amptelike Ottomaanse provinsie was.7

Die plan het verskriklik skeefgeloop.

Op Hom Afstorm

Maar in die tyd van die einde sal die koning van die suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei. (Daniël 11:40, OV)

Bitva op Nyl

Die Britse teenwoordigheid in Egipte na afloop van die Franse inval, het `n herlinieëring van internasionale alliansies aangepor wat die Koning van die Noorde se oorweldigende respons beïnvloed het en gelei het tot die eintlike verliese van miljoene lewens.

(Fotobeeld: http://www.woodenwalls.co.uk/NileBattle.jpg)

In hul pogings om die Franse in hul ambisies te kortwiek, het die Britte hulle tot in die Middelandse See gejaag. Op 1 Augustus 1798, het die Britse admiraal, Horatio Nelson, die Franse vloot vasgemeer gevind te Alexandrië, Egipte. “Die Slag van die Nyl was een van die mees verpletterende vloot oorwinnings ooit gesien. Geen Britse skip was verloor nie, terwyl slegs twee van die dertien Franse skepe van die linie ontsnap het. Nou was Napoleon van Frankryk afgesny.”8

Enige ware geleentheid dat die Ottomaanse Ryk die Franse oorwinning aanvaar wat geëindig het nadat Nelson die Franse vloot met die slag van die Nyl (1 Augustus) vernietig het. Britse diplomasie in Instanboel was nou by magte om die Ryk in algehele teenstand te stuur, en op 9 September 1798 het die Ottomaanse Ryk oorlog teen Frankryk verklaar (vroeg in 1799 het Rusland verbind met Brittanje en Turkye, die Tweede Koalisie gevorm. Nou het Napoleon die ware gevaar in die gesig gestaar van `n inval van land en see. Die troepemag van Damaskus moes deur Sirië en Palestina aan marsjeer en Egipte oor die Sinaï aanval. Nog `n mag, wat by Rhodes gevorm word, moes, met beskerming van die Koninklike Vloot, naby die Nyl land. Die Franse sou omsingel en in getalle oortref wees.)9

Die Ottomaanse Ryk het Franse planne en veronderstellings van maklike oorwinnings geheel en al uitgewis. As gevolg van die Eie Wys Koning se inval in Egipte, was nuwe, verskillende alliansies gevorm. “Die Franse ekspidisie het uiteindelik [Ottmaanse Sultan] Selim in alliansie met Groot Brittanje en Rusland gedwing deur wie die Franse verdryf was.”10 In hierdie nuwe politieke omgewing het Rusland en Persië land geannekseer wat tradisioneel aan die Ottomaanse Ryk behoort het. Dit, weer, het uitermate haatdraendheid onder die Ottomaanse Turke bevorder en was in groot mate verantwoordelik vir die vreeswekkende volksmoorde aangevuur deur die Turke teen die Armene, Grieke, en die Assiriese Christene tydens en na afloop van die Eerste Wêreld Oorlog.  

Geen Tyd Meer

Die afsluiting van genadetyd is die ernstigste gebeurtenis sedert Golgotha. Teen daardie tyd, sal elkeen sy of haar besluit gemaak het, vir die ewige lewe, of  skande en die dood vir ewig.

Die afsluiting van genadetyd is die ernstigste gebeurtenis sedert Golgotha. Teen daardie tyd, sal elkeen sy of haar besluit gemaak het, vir die ewige lewe, of smaadheid en ewige dood. Onder die laaste woorde van die Skrifte is `n aantekening van daardie gebeurtenis, met die ernstige waarskuwing van hoe na dit kom voor die Wederkoms van Yahushua: 

Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Én kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. (Openbaring 22:10-12, OV)

Daar kan geen versuim wees in die voorbereiding nie. Genadetyd sal binnekort sluit, maar dit sluit eers vir diegene wie die meeste lig het. As jy wens om die vreugde te hê om die luide geroep na die wêreld te neem, moet jy jou hart met gebed ondersoek. Kleef jy aan enige bekende sondes? Het jy toenemende lig, wat die laatreëns is, verwerp, uit genade aan jou gegee om jou gereed te maak vir die afsluiting van genadetyd? 

Maak klaar, maak klaar, maak klaar. Julle moet `n beter  voorbereiding hê as wat julle nou het, want die dag van die Here kom, verskriklik, beide met wraak en vreeslike toorn, om die land woes te laat en om die sondaars daaruit te vernietig. Offer alles aan Yahuwah op”. Lê alles op die altaar – die eie ek, eiendom, en alles, `n lewende offergawe. Dit sal alles neem om die heerlikheid in te gaan. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar diewe nie deurbreek en mot en roes nie bederf nie. Julle moet deelnemers van Yahushua se lyding hier wees as julle deelnemers met Hom van Sy heerlikheid in die hiernamaals wil wees.12

Die verlossingwerk is nie kinderspeletjies nie, om beet geneem te word volgens die wil en volgens plesier vernalatig word nie. Dit is `n standvastige doelwit, `n onophoudelike poging, wat einde ten laaste die oorwinning sal behaal. Dit is hy wie volhou tot aan die einde toe wie gered sal word. Dit is hulle wie uit lydsaamheid voortgaan om goed te doen wie die ewige lewe en die onsterflike beloning sal ontvang.13

Nou is die dag van verlossing. Maak die bewuste besluit om waarheid te volg waar dit ook al mag lei. Gee alles ten volle oor aan die Verlosser en Hy sal jou gereed maak.


Verwante Inhoud:


1 https://www.britannica.com/biography/Lysimachus

2 https://www.britannica.com/biography/Ptolemy-I-Soter

3 Ibidem

4 Ibidem

5 https://www.britannica.com/topic/Mamluk, klem voorsien.

6 http://www.historyofwar.org/articles/wars_french_egypt.html

7 Ibidem

8 Ibidem

9 Ibidem

10 https://www.britannica.com/place/Ottoman-Empire/The-decline-of-the-Ottoman-Empire-1566-1807#ref482150

11 Die Heilige name was in hierdie aanhaling in die plek van die paganistiese titels voorsien.

12 E. G. White, The Faith I Live By, bl. 359.

13 E. G. White, Our Father Cares, bl. 88.