Die ou gesegde verklaar: ” Soos dit met die kerk gaan, so gaan dit ook met die wêreld.” Dit is ook waar van die laaste geslag wat leef aan die einde van tyd. Die Verlosser het die einde van die wêreld vergelyk met die wêreld ten tye van die sondvloed, en verklaar:
“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” (Mattheus 24 verse 37 tot 39)1
Voor die sondvloed
was die wêreld vasgevang in die najaging van plesier: eet, drink, seks – alles
sonder die inagneming van die goddelike realiteite. Dieselfde is waar van die
wêreld van vandag. Die menigtes is gefokus op kos, seks, flieks, speelgoed, en
enigiets en alles wat hulle dink wat aan hulle “plesier” sal verskaf, almal
verblind oor die feit dat die wêreld binnekort sal eindig.
Die Ekklesia (kerk) wat kom uit sulke omstandighede, is soos die wêreld blind vir die goddelike realiteite. Hulle het misluk om ʼn lig in die wêreld te wees en hulle “godsdienstige” aansien ongeag is een met die wêreld. Yahuwah is bewus dat die Ekklesia (kerk) van die laaste geslag sal blind wees tot sy ware roeping. In Sy genade stuur Hy 'n belangrike waarskuwing dat almal waaksaam moet wees:
“En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van Yah: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” (Openbaring 3 vers 14 tot 16)
Tragies (en spottend) word hierdie waarskuwing die Laodisense boodskap genoem, en word dit herhaaldelik verwerp deur mense wat daarop aandring dat dit nie van toepassing is op hulle. Die goddelike waarskuwing gaan voort om te verduidelik waarom Yahuwah hulle status so walglik vind: “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” ( Openbaring 3 vers 17)
Wanneer iemand warm water vermeng met koue water, is die resultaat ewemin koud of warm maar merendeels ʼn walglike louwarm. Die Ekklesia (Kerk) van die laaste geslag het vurige werke. Hulle gaan “kerk” toe en daar is selfs gedurende die middel van die week bidure. Hulle ondersteun verskeie uitreikings met hulle geld. Hulle hou evangeliese seminare en rook stakings klinieke. Hulle is baie geesdriftig om goeie werke te doen.... maar hulle harte is koud. Die “vurige” werke wat hulle doen is nie uit liefde vir die Vader en Seun maar het ontaard in ʼn vorm van verlossing deur werke.
Die trotse hart strewe daarna om verlossing te verdien, maar beide ons aanspraak en ons geskiktheid vir die hemel word gevind in die regverdigheid van Yahushua. Die Meester kan niks doen vir die herstel van die mens totdat hy oortuig is van sy eie swakheid, en gestroop is van sy eie selfvoldaanheid, en homself oorgee aan die beheer van Yah. Dan kan hy die geskenk ontvang wat Yah wag om dit aan hom skenk.2
Wat waarlik tragies is, is die besonderse iemand met al die vurige werke, en wat deur daardie werke probeer om sy weg na die hemel te verdien deur werke, weet regtig nie wat hulle doen. Hulle is blind en weet waarlik nie hoe hulle in die aangesig van die Hemel gesien word as, ellendig, miserabel, arm, blind en nakend en ʼn dat hulle ʼn behoefte het aan alles. Hulle godsdiens, is soos die Fariseërs van ouds, en is dit ʼn uiterlike godsdiens wat nie hulle koue en sonde verharde harte aanraak. Die samevoeging van vurige werke skep ʼn “louwarm” toestand indien dit nie bely word, dit heeltemal verwerp word deur Yahuwah.
Met trane wat van
Sy gesig afloop in genade, bied die Hemelse Vader ʼn oplossing en genesing: “Ek
raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk
word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie
openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.” (Openbaring 3
vers 18.)
Dan kom die liefdevolle versekering: “Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” ( Openbaring 3 verse 19 en 20.)
Yahushua het gesterf vir die redding van sondaars – selfs ook vir die sondaars van Laodisense van die laaste geslag. Omdat blindheid een van die onderskeidende eienskappe van die laaste geslag is, en aan diegene wat ag slaan op die waarskuwing, moet dit aanvaar word deur geloof dat die betreurenswaardige toestand hulle individueel beskryf. Dit moet deur geloof aanvaar word omdat Laodisense blind is ten opsigte van hulle eie toestand. Almal wat aanvaar dat die boodskap van Laodisense van toepassing is op hulle as persoonlik sal gered word.
Openbaring gaan voort om hierdie baie spesiale groep mense te beskryf. Omdat hulle vanuit die laaste geslag kom, was hulle van Laodisense. Hulle het deur geloof aanvaar dat die boodskap aan Laodisense van toepassing is op hulle, en is hulle berouvol daaroor. Die Skrif noem hulle die 144,000.
“En ek het ʼn ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende Elohim; en hy het met ʼn groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse Elohim op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel.” (Openbaring 7 verse 2 tot 4.)
Die 144,000 het ag geslaan op die raad vir Ware Getuies. Met berou het hulle gesoek na die Verlosser om dit te doen wat hulle nie vir hulle self kon doen.
Die goud wat Hy [Yahushua] aanbied is sonder onsuiwerheid, en is dit meer kosbaar as Ofir, omdat dit geloof en liefde is. Die wit gewaad wat Hy die siel uitnooi om te dra is Sy eie mantel van geregtigheid, en die olie vir salwing is Sy genade, wat die geestelike oë verskaf aan die siel in blindheid en duister, sodat dit kan onderskei tussen die werking van die Gees van Yah en die gees van die vyand. “ Open jou deure,” vra die groot Koopman, die besitter van geestelike rykdom, “ en doen jou besigheid met My. Dit is Ek, jou verlosser, wat jou raad gee om van My te koop.”3
Die 144,000 is verander van gedaante in die beeld van hulle Maker, wanneer hulle die goud en die wit klere en die oogsalf aanvaar wat aan hulle aangebied word. Die wit klere is die geregtigheid van die Verlosser en dit bedek hulle, en is hulle ook aanvaar deur die Geliefde. Die oog salf genees die sondeblindheid en stel hulle in staat om die goddelike vereistes te verstaan en waar te neem. Die goud van geloof en liefde dra by tot volle geloof in Yahuwah se Woord, en algehele gehoorsaamheid aan die goddelike wet, wat die motivering is vir liefde.
Dit is vir die rede dat die 144,000 spesiale
eer in die hemel ontvang.
“En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. En ek het ʼn geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ʼn harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. En hulle het ʼn nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.” (Openbaring 14 verse 1 tot 3.)
Deur die volle oorgawe aan hulle Verlosser, is die 144,000 verander. Terwyl hulle tevore trots was en groot gepraat het oor hulle geestelike insig, en hulle werke, en hulle eie “geregtigheid,” is hulle geheel en afhanklik van die verdienstelikheid van die Skepper. Saam met Paulus is hulle getuienis: ” Ek is met Yahushua gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Yahushua leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Yah wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” ( Lees Galasiërs 2 vers 20)
Die beskrywing wat deur die Skrif gegee word oor hierdie laaste oorblyfsel, is daar geen ander groep wat nog ooit so verskil:
“Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir Yah en die Lam. En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van Yah.” (Openbaring 14 verse 4 en 5.)
Die Bybelse se verwysing na ʼn “vrou” word gebruik as simbool om na ʼn Ekklesia (kerk) te verwys. Dus, simboliseer ʼn “hoer,” ʼn korrupte Ekklesia/kerk, terwyl as daar na ʼn “maagd” verwys word verteenwoordig dit die simbool van ʼn reine Ekklesia (kerk). Die feit dat hulle mond ontbreek aan bedrog is ʼn verdere bewys dat hulle reinheid van hart besit. Die lou warm Laodisense met “vurige” werke besit ʼn koue “hart” en is dit iets van die verlede.
Yahushua het verduidelik, dat ʼn mond wat bedrog spreek openbaar dit ook ʼn verskuilde hart vol bedrog:
“En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.” (Markus 7 verse 20 tot 23)
ʼn Opregte persoon kan steeds in sy opregtheid verkeerd wees, en deur bedrog in hulle monde te hê, en deur leringe aan andere as voorbeeld, om te doen wat verkeerd is om te aanbid op die verkeerde dag. Diegene wat geen bedrog in hulle mond het is heeltemal gereinig. Deur die geskenk van die oogsalf, word hulle in staat gestel om insig te hê oor wat die wet vereis. Deur die geloof in Yahushua, en deur die motivering van hulle liefde vir Hom, herstel hulle die wet tot regmatige plek in die verstand en die harte van mense. Deur die woord en as voorbeeld, verklaar hulle dat: “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7 vers 12)
Lank reeds pleit die Stem van die Hemel: “Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.” (Jeremiah 6 vers 16.) Dit is wat die 144,000 gedoen het. Met die gesigsvermoë herstel deur die goddelike oogsalf, het hulle die Wet van Yahuwah bestudeer en ontdek tot hulle skok, dat baie gedeeltes van die wet deur die Christen wêreld onnodig verklaar is, en ter syde gestel is.
Die belangrikste gebied van blindheid wat die algehele Christendom oorspan, en omhels word deur elke dominansie is, wanneer om te aanbid. Wanneer die 144,000 duidelik bewus word oor die goddelike wet, word hulle leermeesters daarvan. Hulle het baie lief omdat hulle baie vergiffenis ontvang het, en hulle doen moeite om al hulle energie in te span om lig te bring aan diegene wat nog in die duisternis is. Hulle verhef die standaard van waarheid hoër en altyd nog hoër.
Hierdie werk deur die 144,00 word duidelik voorspel in die skrif:
“En die
wat uit jou voortkom,
sal die
ou puinhope bou;
die
fondamente van vorige geslagte sal jy oprig,
en jy sal
genoem word: Herbouer van gebreekte mure,
hersteller
van paaie, om bewoonbaar te maak.
As jy jou voet terughou van die sabbat—
om nie
jou sake op my heilige dag te doen nie,
en as
jy die sabbat ‘n verlustiging noem
en die
heilige dag van die HERE hooghou;
en as
jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie,
nie
geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
dan sal jy jou verlustig in Yahuwa,
en Ek
sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde
en jou
laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob.”
Hierdie heilige werk was voorspel deur Yahushua kort voor Sy dood ten tye van Sy verheerliking. (Lees Mattheus 17 verse 1 tot 13) Die dissipels was verward. Hulle het geglo dat Yahushua die Messias was, maar hulle het so pas Elia gesien wat met Hom gepraat het! “En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?” (Mattheus 17 vers 10.)
Yahushua se reaksie daarop is met ʼn meervoudige antwoord. Hy kyk eers voor na die 144,000, en praat in die toekomstige tyd, met die versekering aan die dissipels: “Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel.” (Mattheus 17 vers 11.) Die 144,000 sal die werk van Elia verrig. Deur die hou van die godelikke wet en ʼn oproep aan almal om hulle te bekeer en terug te keer na die aanbidding van die Elohim van die Hemel op Sy heilige dae, is hulle ʼn tipe van Elia.
Toe daar oorgegaan word na die verlede tyd, het Yahushua voortgegaan deur te verklaar: “maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou..... Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.” (Mattheus 17 verse 12 tot 13)
Soos die 144,000, is Johannes die Doper ʼn tipe van Elia, en deur die werk van Elia te doen en die mense op te roep tot bekering en gehoorsaamheid aan die goddelike Wet.
![]() |
Met vergunning van Darrel Tank, darreltank.com |
Die profesie na wat die dissipels verwys het, toe hulle gevra oor Elia se koms voor die verskyning van die Messias, word gevind in die boek van Maleagi hoofstuk 4. Die is die besonderse laaste profesie, wat gevind word in die laaste hoofstuk, van die laaste boek van die Ou Testament:
“Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Yahuwah aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” (Maleagi 4 verse 4 tot 6)
Die plasing van hierdie profesie, en die besonderse laaste woorde wat opgeteken is in die Ou Testament, blyk om aan te dui dat hierdie vermaning van groot belang is. Die bevel om die “Wet te Gedenk van Moses” bedoelende dat iets vergeet is. Die profesie van Jesaja 58, wat vroeër genoem is, verbind die herstel werk wat die 144,000 moet doen, dat dit die herstel is van die Sabbat. Maar dit is baie meer as net die herstel van die weeklikse sewende dag Sabbat.
Die “Wet van Moses” sluit sowel ook in die insettinge van die wette, en die aanbidding van die Skepper op al Sy heilige dae.
“En Ek het hulle my insettinge gegee en my verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Daarby het Ek ook my Sabbatte aan hulle gegee om ʼn teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, Yahuwah, is wat hulle heilig.”
“Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my Sabbatte het hulle baie ontheilig.” Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.Ek is Yahuwah julle Elohim; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.En heilig my sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek Yahuwah julle Elohim is.” (Esegiël 20 verse 11 tot 13, en verse 18 tot 20.)
Die teken tussen Yahuwah en Sy volgelinge is nie maar net die sewende dag Sabbat. Ingeslote in hierdie teken is die onderhouding van al die feeste, wat deel is van die insettinge van die wet. Hierdie feeste word genoem in in Levitikus 23, en die besonderse eerste fees wat genoem word, is die sewende dag Sabbat.
Die vertaalde woord “Sabbat” in Afrikaans kom eintlik van een van twee Hebreeuse woorde: “shabbâth” (# 7676) en “shabbâthôwn” (#7677.)
“Shabbâth” (#7676) Shabbath, as ʼn selfstandige naamwoord, beteken dit “ die sabbat.”.... Die “sabbat” was die verbondsteken van Yah as heerser oor die skepping. Deur die onderhouding van die “sabbat,” het israel bely dat hulle Yah se verloste volgelinge is, en onderhewig is aan Sy heerskappy om gehoorsaam te wees aan geheel van al Sy wette.
“Shabbâthôwn” (#7677) ʼn sabbatsrus of spesiale vakansiedag:- rus,sabbat.4
Beide woorde word gelykwaardig in Levitikus 23 gebruik.
Die Christen wêreld het die Wet van Yahuwah nietig verklaar toe die vierde gebod tersyde gestel is, wat beveel dat daar aanbid moet word op die sewende dag van die week. Selfs sewende dag Sabbatariers oortree die goddelike wet deur daarop aan te dring dat die jaarlikse feeste, en die jaarlikse “sabbatte” dat daarmee “weg gedoen” is met die kruisiging.
Die 144,000 is nie oortreders van die wet. Hulle is wet onderhouers. Wat daar op ag geslaan het oor die raad van die Ware Getuienis, en wat van Hom die goud gekoop het van geloof en liefde, die wit klere van Sy geregtigheid, asook die goddelike oogsalf, en is dit ewigdurendheid van alles van die goddelike wet. Hulle “Onthou die Wet van Moses, die dienskneg van Yahuwah, met sy insettinge en sy oordele.” Hulle aanbid die Skepper op die sewende dag Sabbat en plaas dit ter syde as ‘n heilige tyd saam die jaarlikse feeste.
Die sewende dag
Sabbat en die jaarlikse feeste is almal “feeste van Yahuwah.” Hulle behoort aan
Hom. Die 144,000 wys daarop die diepte van die reiniging wat plaas gevind het
in hulle harte deur volkome die goddelike wet te onderhou. Hulle is maagde, wat
geen bedrog in hulle mond het. Hulle verhoog die goddelike wet, en net soos
Johannes die doper en Elia voor hom, streef hulle daarna om ander nader te trek
in berou, en tot gehoorsaamheid aan die heilige goddelike wet.
Yahushua, is die “Tweede Adam,” wat volkome die goddelike wet onderhou het deur die geloof in Sy Vader. Die 144,000, is die figuurlike “Bruid van Christus,”en in ʼn sekere manier die “Tweede Eva.” Deur volle oorgawe aan die wil van Yahuwah, en geloof in hulle Verlosser, onderhou hulle ook volkome die goddelike wet. Dit is en word nie gedoen in hulle eie krag, maar deur en met die geloof in Yahushua.
Die menslike “geloof” is nie voldoende. Almal wat oorwin, doen dit deur die geloof van Yahushua, omdat dat alleenlik Sy geloof was gelouter en gereinig in die vuur van beproewing. Yahushua se geloof is die goud wat deur die vuur gelouter is.
“Toe hoor ek ʼn groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse Elohim geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse Elohim, dag en nag. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis.” (Openbaring 12 verse 10 en 11.)
“Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yah en die geloof in Yahushua bewaar.” (Openbaring 14 vers 12) Die 144,000 het volmaaktheid bereik in die onderhouding van die Wet toe hulle toegelaat het om Yahushua in hulle te laat leef en hulle in hom.
Die 144,000 as herstellers van die verbreking, die verbreking wat die oorsaak was vir die verbreking van die goddelike wet, het hulle volmaaktheid bereik in die onderhouding van die wet deur die geloof van Yahushua. Hulle het die Wet van Moses onthou en die Skepper aanbid op Sy weeklikse Sabbatte asook die onderhouding van Sy jaarlikse feeste. Deur ag te slaan op die raad van die Ware Getuienis aan Laodisense, is hulle harte verander in die goddelike beeld en as geskikte venote van Yahushua, erfgename van die Koninkryk van die Hemele.
Nou, dat daar die uitnodiging van genade steeds beskikbaar is, maak die keuse om heeltemal oor te gee aan die wil van Yahuwah. Kies vandag om deel te wees van die 144,000. Sluit aan by die broeders en susters regoor die wêreld in die verheffing van die wet van Yah, en verleen eer aan die Skepper deur Hom te aanbid op al Sy heilige dae.
________________________________________________________
1. Alle Skrif gedeeltes is geneem uit die 1933 vertaling van die Bybel tensy ander vermeld.
2. Ellen G. White, Desire of Ages, p. 300.
3. E. G. White, “Look to God for Wisdom,” Review & Herald, August 7, 1894.
4.The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words, p. 834.