Print

Die “Eie Wys Koning” van Daniël 11 Is Frankryk!

`n Deeglike vers-vir-vers ondersoek van Daniël 11:36-40 verklaar dat die "Eie Wys Koning" Frankryk is!

“En die koning sal doen net wat hy wil en hom verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is sal uitgevoer word.

“En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.

“Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteentes en kosbaarhede vereer.

“So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van `n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.

“Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee inkom en instroom en dit oorvloei. (Daniël 11:36-40  OV).

Daniël 11 is gevul met beskrywings van `n lang-durende antagonisme tussen iemand of iets waarna verwys word as die Koning van die Noorde, en `n ander entiteit bekend as die Koning van die Suide. Baie Bybel studente het van die veronderstelling uitgegaan dat dit net twee oorlogsvoerende faksies is waarvan in hierdie hoofstuk gepraat word.

Maar, `n deeglike ondersoek van die hele hoofstuk, maak `n derde party bekend. Om die verskeie rolspelers te onderskei, sal ons na die derde opponent verwys as die “Eie Wys Koning.” Die ken-tekens gelys deur Daniël sê dat die Eie Wys Koning rewolusionêre Frankryk sal wees voor en tydens die regering van Napoleon Bonaparte.

DANIËL 11:36

“En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.

NET WAT HY WIL

Die frase voorspel dat die koning sal “doen net wat hy wil” word drie keer in Daniël 11 gebruik. Die eerste gebruik is in vers 3: “Dan sal daar `n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.” Dit verwys na Alexander die Grote. Die tweede keer is dit in vers 16 gebruik wie verwys na Julius Caesar: Maar hy wat teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die pragtige land, terwyl daar verdelging in sy hand is.”

Beide Alexander die Grote en Julius Ceasar was verowerende politieke magte. Hulle albei het dominasie oor opponerende politieke magte uitgeoefen. Om beginselgetrou  te wees, wanneer die Eie Wys Koning  optree “net soos hy wil” moes hy, ook, `n dominerende mag wees wat die politieke landskap verander het. Dit is presies wat Frankryk gedoen het.

Napoleon at the Great St. Bernard - Jacques-Louis David

HOMSELF VERHEF EN HOM GROOT HOU BO ENIGE GOD

Frankryk het haar koning tereggestel en haar monargie vernietig, wat haar burgers lank onder die invloed van die pousdom vervolg het. Die nuwe regering, die Franse Republiek, het inderwaarheid haarself verhef en groot gehou bo alle gode. Vir die eerste keer, het ateïsme `n dominante invloed onder alle klasse gehad en geleerdes het dit direk gevolg na die sosiale en godsdienstige opstande wat ná die Franse Rewolusie kop uitgesteek het.  

Die Franse Rewolusie (1789-94) sou dramaties die magtige verhouding tussen die geloofwaardigheid en ongeloofwaardigheid in Europa transformeer: Waar ateïsme voorheen ”wenkbroue gelig het”, in kafees en salonne van Parys bespreek was, sal dit hiervandaan onder die volk self setel. `n Deurdringende ongeloof het `n ware politieke faktor in die siviele lewe geword, namate die anti-geestelike ‘de-kerstenings’ tydvak wat op die hakke van die rewolusie volg, sou demonstreer. Die impak van die Franse Rewolusie in die inspirasie van die mens om die ongelowige ideale van Voorligting in praktyk te plaas sou buite Frankryk tot in ander Europese lande strek, en na die Amerikaanse kolonies oorvloei. . . 1

Die Franse Rewolusie het ateïsme na die menigtes geneem. Die verreikende effekte van ateïsme wat deesdae in die wêreld heers kan terug gevolg word na wanneer Frankryk, die Eie Wys Koning, homself verhef het bo elke god, deur teenoor Yahuwah te spreek in die ontkenning van Sy bestaan.

DANIËL 11:37

“En op die God van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal hom bo alles groot hou.” 

OP DIE GOD VAN SY VADERS NIE AG SLAAN NIE

Aan die begin van die Franse Rewolusie in 1789, was Rooms Katolisisme die staatsgodsdiens. Maar die Eie Wys Koning, het geen agting vir die “God van sy vaders” getoon nie.

Oktober 1793, was openbare aanbidding verbode en oor die volgende paar maande was alle sigbare tekens van Christelikheid verwyder, `n beleid het gevolg met besonderse entoesiasme deur rewolusionêre magte wie ywerig was om vergelding te soek op die instelling wat so baie teen-rewolusionêres gehuisves het. Kerk klokke  was afgetrek en gesmelt, om kastig die oorlogs pogings van hulp te wees, kruise was van kerke en begraafplase verwyder, en standbeelde, aandenkings en kunswerke was op beslaggelê en soms vernietig. . . .Op 23 November 1793, was kerke gesluit, om in pakhuise omskep te word, as fabriekswerksplekke ingerig of selfs as stalle. Strate en ander openbare plekke wat die name van heiliges gehad het, was nuwes gegee, dikwels Republiek-tema name, en tyd self was hervorm om Frankryk se Christen verlede verder te ontken.2

OP ENIGE GOD SAL HY GEEN AG GEE NIE

Pierre Sylvain Maréchal

Die Rooms Katolieke Kerk het altyd verklaar dat die teken van haar gesag die handeling is om die dag van aanbidding van Sabbat na Sondag te verander. Die Eie Wys Koning was goed bekend hiermee en het so ver gegaan as om `n heel nuwe kalender te ontwerp om haarself te distansieër van Christelikheid. Die kalender van die Franse Republiek het `n 10 dae week gehad, so het Sondag nie eens op die Eie Wys Koning se nuwe tydhou metode bestaan nie. Pierre Sylvain Maréchal, die eerste een om `n verandering van kalenders voor te stel, het verklaar: “die kalender van die Franse Republiek …moet nie in enige hoedanigheid in enige geval die amptelike jaarboeke van die apostoliese en Roomse kerk aard nie.3

“Die Franse kalender hervorming  was `n poging om die kalender te ontneem van Christelikheid, om in harmonie met die Rewolusie se opgestelde doelwit te wees deur die Rede in stede van die Godsdiens te bevoreder.”4

Frankryk se algehele en totale verwerping van haar Christelike erflating bevestig dat dit inderdaad die Eie Wys Koning was wat nie die God van sy vaders geag het nie.

Frankryk is die enigste nasie in die wêreld waarvan die betroubare verslae oorleef het, wat as `n nasie sy hand in ope rebellie teen die Skepper van die heelal gelig het. Menigte lasteraars, menigte ongelowiges, was daar, en is steeds daar, in Engeland, Duitsland, Spanje, en elders; maar Frankryk staan uit in die wêreld geskiedenis as die enkele staat wat, deur die dekreet van haar Wetgewende Raad, aangekondig het dat daar geen God was nie, en waarvan die hele bevolking van die hoofstad, en `n oorgrote meerderheid elders, vroue sowel as mans, met vreugde gedans en gesing het in die aanvaarding van die aankondiging. 5

OP DIE LIEFLING VAN DIE VROUE GEEN AG GEE NIE

regards not the desire of women

“Frankryk se verwerping van Christelikheid het tot `n ander handeling gelei wat ook die Eie Wys Koning identifiseer wie nie ag slaan op die “liefling van vroue nie.”

Sommige Bybel studente het voorgestel dat hierdie frase na selibate Katolieke priesters vewrwys. Die nuus hoofopskrifte alleen van onlangse jare weerlê enige aanspraak van priesterlike reinheid. Verder, herhaal, `n ander voorblad opskrif, die verhaal van `n klooster nonne wie geboorte skenk, wat waardigheid verleen aan die vele gissinge van baba gebeentes wat naby kloosters begrawe is sowel as ander gedokumenteerde gevalle van honderde skedelbene wat naby huise vir ongehude moeders gevind, is deur nonne beheer. Dit is duidelik dat  Katolieke priesters nie `n monopolie oor seksuele reinheid het, net omdat hulle die eed van selibaatheid geneem het nie. Daarom, om nie op “die liefling van vroue ag te gee nie.” Kan nie na die Rooms Katolieke Kerk verwys nie.

`n Leidraad van hoe om hierdie frase te verstaan is te vinde in Romeine: “Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar, mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.” (Romeine 1:27, NV)

Hier, word Frankryk weereens met dié karaktertrek geïdentifiseer.

Voor die Franse Rewolusie was sodomie `n hoof misdryf onder die koninklike wetgewing, Die boete was verbranding op die brandstapel. …Die Nasionale Konstisionele Wetgewing het die wet teen sodomie afgeskaf met die hersiening van Frankryk se kriminele wet in 1791 en het ontslae geraak van `n magdom van oortredinge deur godsdiens geïnspireer, godslastering ingesluit …’die Rewolusionêre en Napoleontiese era was `n tyd van relatiewe vryheid’ en het die moderne era van wetlike verdraagsaamheid vir homoseksueliteit in Europa geopen. Napoleonitiese veroweringe het die beginsel van Napoleon se Strafproses Wette (insluitende die dekriminalisasie van homoseksueliteit) in baie dele van Europa ingestel…. 6

Frankryk het vir haar losbandigheid beroemd geraak, Vir die eerste keer in `n Christen nasie, was homoseksualiteit wettig verklaar. 

Dit is dalk nie verbasend nie, dat, hierdie liberaal demokratiese rewolusie ook die ontbinding van seksuele ortodoksie ingestel het, wat groter indiwiduele vryheid toegelaat het, en die staat ontneem het van die regulering van homoseksualiteit. Met die advent van die Napoleonitiese wettige kode, het sodomie van die strafproses wet verdwyn, en namate Napoleon deur Europa getrek het deur die steunpilare van die ou orde te ontset, het hy nuwe nasie-bouers agtergelaat wie wetlike stelsels sonder die kategorie van sodomie opgestel het. 7

Frankryk het werklik waar as die Eie Wys Koning, nie die liefling van vroue geag nie.

homosexuality was made legal 

Daniël 11:38

"Maar in plaas daarvan sal hy die God van die vestings vereer, maar die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteentes en kosbaarhede vereer."

HY SAL DIE GOD VAN VESTINGS VEREER

Napoleon se naam het met die geskiedenis afgekom sinoniem met die van Alexander die Grote, Hitler, en ander mag-honger veroweraars. Sy einste naam was inderdaad gebruik om die militêre konflikte waarin hy Frankryk verwikkel het, aan te wys. “Die Napoleoniese Oorloë was `n reeks konflikte tussen Frankryk onder die leierskap van Napoleon Bonaparte en `n aantal van die Europese nasies tussen 1799 en 1815.” 8

Toe `n bystaander kommentaar lewer met: “Ons sal wen God is aan ons kant,” Was Napoleon se beroemde en arrogante antwoord: “God is aan die kant van die groot bateljonne.” Van Frankryk word gesê dat sy die “God van die vestings vereer.” 

DIE GOD WAT SY VADERS NIE GEKEN HET NIE

Frankryk was beroemd vir verering van `n god wat sy vaders nie geken het nie.” Geskiedkundiges het bewys dat die heiliges van die Rooms Katolieke Kerk eenvoudig maar net Griekse en Romeinse gode is, herdoop met Christen name. Omdat bekeerlinge van paganisme traag was om van hulle ‘gode’ afstand te doen – tensy hulle een of ander bevredigende gelyke in Christendom kon vind – was die gode en godinne herdoop en ‘heiliges’ genoem.” 9  Die “titels” deur die heidene gebruik was ook na Christelikheid oorgedra. Die “Hemel koningin” verskynsel wat wyd toegepas is aan Maria was eintlik in die eerste eeue gebruik vir die bose koningin, Semerimus, so wel as vir ander heidense godinne.

goddess

Toe Frankryk Rooms Katolisisme verwerp het, het dit nie net Yahuwah verwerp nie, maar die Katolieke heiliges/gode wat vir generasies bekend was. “Vir die eerste keer het die wêreld van `n vergadering van manne gehoor, gebore en opgevoed in beskawing, wie die reg om een van die beste Europese nasies te beheer het,  hulle verenigde stem verhef om die plegtigste waarheid wat  die mense siel kan ontvang te verwerp, en het eenparig die oortuiging en aanbidding van `n Goddelikheid ontken.”10

Instede daarvan het Frankryk`n godin vereer. `n Aktrise, Demoiselle Candeille, was in `n optog na die Katedraal de Notre Dame gedra waar sy as Godin van Rede gekroon was. Notre-Dame self was hernoem as die Tempel van die Godin Rede.”11 In elke hoedanigheid van hierdie vers, het Frankryk die beskrywing van die Eie Wys Koning vervul.

goddess of reason 

SAL HY MET GOUD EN SILWER EN KOSBAARHEDE VEREER

Napoleon het nes elke verowerende mag voor en na hom, Frankryk verryk ten koste van die verowerde nasies. Die Louvre Museum in Parys is wêreld bekend vir haar versameling kunswerke en kulturele artefakte. Na die Franse Rewolusie, het die regering die Louvre, `n ou paleis, as `n plek om “monumente van die wetenskap en kunste te versamel”, as nasionale embleem ingestel. Twee jaar later het die regering die Museum Central des Arts geopen. Maar dit was onder Napoleon wat die Louvre  in besit van haar eie versameling van goud, silwer, kosbaarhede en weelde artikels gekom het.

1798-1815: Die toekomstige Keiser Napoleon I het die versamelings van die Louvre “verryk” deur buit verkry tydens sy oorsese  verowerings, maar veral uit Italië. Die Museum was herbenoem as die Musée Napoleon in 1803 en `n borsbeeld van die keiser was aan die ingang daarvan geplaas. In 1806, het die keiser se argitekte Percier en Fontaine `n klein “Arc de Triomphe” op die sentrale paviljoen van die Tuileries opgerig ter viering van Frankryk se militêre oorwinnings. Die gewelf het oorspronklik vier antieke brons perde ingesluit wat gebuit was van die St Markus Basilika in Italië; dít was aan Italië in 1815 terug versorg met die val van die Eerste Ryk. Gedurende hierdie tydperk, was die Louvre ook merkwaardig uitgebrei om baie vleuels wat deesdae steeds teenwoordig is, insluitende die Cour Carré en die Grand Galerie, in te sluit. 12

Die Franse Republiek het Frankryk blykbaar verarm. Maar “die Nasionale Vergadering het uitgevaardig dat die Louvre as `n Museum gebruik moet word om die nasie se meesterstukke te vertoon.”13  Die merkwaardigheid hiervan is te vinde in die feit dat een van die primêre bydraende faktore van die Franse Rewolusie die veragting van die Rooms Katolieke Kerk en haar weelde was, wat “`n sigbare herinnering van die Kerk se dominansie in Franse geledere gevorm het.” 14

Teenstand teen die Rooms Katolieke Kerk was integraal onder die agenda van die Franse Rewolusie, en hierdie anti-geestelikheid het verstewig binne die amptelike regerings beleid in 1792, nadat die Eerste Franse Republiek verklaar was. Die meerderheid van die ontkerstening van Frankryk was gemotiveer deur politieke enekonomiese aangeleenthede, sowel as filosofiese alternatiewe vir ontwikkeling van die Kerk. 15

french gold and silver coinsSoos die rewolusionêres mag verwerf het, het hulle alle Kerk eiendom ver-nasionaliseer.

Op 2 November 1789, het Frankryk se nuwe Nasionale Vergadering, bekend as die Konstitutionele Vergadering, wetgewing uitgevaardig wat alle Kerk eiendom ‘in die besit van die nasie’ plaas. Talleyrand, die biskop van Autun en een van die min geestelikes wie die reling ondersteun het, het aangevoer dat alle Kerk eiendom regmatig aan die nasie hoort en dat die teruggee daarvan, deur te help om `n beter gemeenskap te vorm, dus as `n ‘godsdienstige handeling’ gesien moet word.16

Dit was `n pendulum swaai weg van Christenheid wat die “de-Kerstening” van Frankryk begin het.” Hierdie teenkanting, nes voorheen genoem, was die gevolg van die onderdrukking van Christenheid en die kroning van die Godin van Rede. Boonop was `n “Kulte van Rede” bondig saamgestel. Die doel daarvan was die vervolmaking van die mensdom deur die bekwaamhede van die Waarheid en Vryheid, en haar leidende beginsels aan die doel was die uitoefening van die menslike fakulteit van die Rede.”17

Toe die Louvre vir die eerste keer open, was die kunswerke veral items wat van die Katolieke Kerk en die koninklike gesin gekonfiskeer was en beroofde aristokratiese vlugteling-gesinne uit Frankryk. Napoleon se verowerings het die Franse staatskas verryk na mate hy die Europese kontinent van haar skatte beroof het. Die museum en die Franse beginsels het `n simbiotiese verhouding gehad, elkeen tot voordeel van die ander. Die  weelde van die nasie se voormalige verdrukkers, wat tans aan die publiek vertoon word, wie dit kollektief “besit” het, het Frankryk se arrogante oortuiging onderskryf in haar oppergesag onder die heerskappy van Rede, in vergelyking met die armmoede wat die massas moes deur maak terwyl sy deur die Katolieke monargie beheer was.

Louvre

Louvre.  By King of Hearts - Own work, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=10714459

Sodoende was die “goud en silwer en edelgesteentes en kosbaarhede” gebruik om die Rewolusionêre konsepte van humanisme en ateïsme te bevorder en te versprei. Dit was `n propaganda veldtog om die populasie te oortuig dat Rede oppermagtig was bo die Christene se God.

DANIËL 11:39

"So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van `n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel."

GROND AS BELONING UITDEEL

Die woord “dan” beteken: “Op die wyse soos dit pas aangedui is.” Dan som dié vers die dade van die Eie Wys Koning op. Maar dan gaan dit voort om nog een identifiserings karaktertrek by te voeg: die Eie Wys Koning sal “die grond as beloning uitdeel”. Dit is presies wat  in die Franse Rewolusie gebeur het. Die Franse Rewolusie het `n vernietigende impak op die ekonomie gehad. Inflasie het die hoogte ingeskiet, Silwerware was versmelt tot muntstukke.`n Aantal maatreëls was uitprobeer om die ekonomie te stabiliseer met verskeie grade van sukses. Hierdie vers vertel in besonder die verkope van gekonfiskeerde grond:

Die Vergadering het haar ekonomiese beleid gemik op die bevryding van die kapitalistiese ondernemings. Dit het uitbetalings aan middel-klas verbandhouers van die regering aangeleenthede verseker en het die beleid gefinansier deur die verkope van grond, wat van die kerk gekonfiskeer is en van adellikes wie uit Frankryk moes vlug, gekonfiskeer is. Dit het die meeste van die nuwe publieke grond aan middel-klas spekuleerders verkoop; en baie min was ooit deur die landbouers verkry.18

Hierin, nes in elke besondere profesie, is Frankryk as die Eie Wys Koning bekend gemaak.

DANIEL 11:40

“Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.”

                                MET DIE EIE WYS KONING IN BOTSING KOM

Vers 40 openbaar dat beide die Koning van die  Noorde en die  Koning van die Suide saamspan teen `n derde rolspeler: die Eie Wys Koning wie in die vorige vers beskryf word. Dít bevestig die identiteit van Frankryk as die Eie Wys Koning. Die koning van die Suide (Egipte) “in botsing” met Frankryk toe die heersende party Egiptiese handel met Frankryk uiteengeskeur het. Historici verwys na hierdie versteuring van handelbetrekkinge as `n primêre motiverings faktor agter Frankryk se militêre respons. “Een van die snellers van die Franse inval was die feitlike vernietiging van Franse handel met Egipte in die 1790s.”19 In die einste tyd, nes geprofeteer, in 1798, het Napoleon Egipte ingeval.

Baron Antoine-Jean Gros-Battle Pyramids 1810. 

DIE KONING VAN DIE NOORDE WAT OP HOM AFSTORM

Frankryk se gebruik van vestings om teen Egipte met  “stormtroepe” op te tree, het baie vêr-rykende, onopsetlike gevolge gehad. In die tyd was Egipte deur die Mamelukke regeer wie teen die oorheersing van die Ottomaanse Ryk gerebelleer het. Frankryk het aangeneem dat die Ottomaanse Ryk die Franse  teenwoordigheid sou duld wat as `n doring in die sy van die Ottomaanse Ryk geword het. 

Tradisioneel was Frankryk in bondgennotskap met die Ottomaanse Ryk, en op die oomblik was daar geen intensie om dit te versteur nie. Die Franse plan het swaar gesteun op die Ottomaanse Ryk om ten minste neutraal te bly, gesien in die lig van hulle vyandigheid teenoor die Mamelukke … wat hul woede laat neerkom op die Franse inval op wat amptelik steeds `n Ottomaanse provinsie is.20

Hierdie militêre manoever deur die Eie Wys Koning/Frankryk het op sy beurt, die Koning van die Noorde (die Ottomaanse Ryk) die lande oorstroom nes Daniël oor die 2,000 jaar gelede voorspel het. In `n gekompliseerde reeks gebeure, was dit eintlik ook gedeeltelik verantwoordelik vir die Armeense volksmoord21 (1915-1918). Weinig is deesdae omtrent hierdie wreedheid bekend, maar verskeie bronne orals maak daarop aanspraak dat tussen 275,000 tot 750,000 Assiriese Christene hul lewens verloor het weens die “etniese reiniging” deur die Ottomaanse Ryk. En dit was nie die enigste volksmoord deur die Koning van die Noorde bedryf nie. Die Eie Wys Koning se Egiptiese inval kan beskou word as die beginpunt vir die spanning wat in beide die Armeense Volksmoord22 (1915-1918) en die Griekse Volksmoord23 (1914-1923) hoogtepunt bereik het. Tot op 3 miljoen Christene het hul lewens tydens hierdie twee verskriklike misdrywe teen die mensdom, verloor.

FRANKRYK IS DIE EIE WYS KONING!

Daar is nie die minste twyfel dat Frankryk elke greintjie besonderheid neergestip in die profesie om die Eie Wys Koning uit te ken, pas nie. Goddelike oorleg het die inligting aan Daniël gegee om daaroor verslag te doen en dit  vir die finale generasie te bewaar.

Hierdie insig is ontsaglik besonders aan almal wie huidiglik lewe, omdat die finale verse van Daniël 11, behoorlik verstaan, blootlê dat die sluiting van genade baie, baie naby is, moontlik net maande weg, vir die uitverkorenes, aan wie baie lig gegee is. 


Verwante Inhoud:


1 http://www.mmfase.com/18th-century.html

2 http://www.historytoday.com/ gemma-betros/french-revolution-and-catholic-church , klem voorsien.

3 George B. Andrews, “Making the Revolutionary Calendar,” American Historical Review, 36, (1931), bl. 525.

4 http://4angelspublications.com/articles/French_Calendar_ Reform.pdf

5 Blackwood’s Magazine, November 1870, klem voorsien.

6 https://en.wikipedia.org/wiki/ Jean_Jacques_R%C3%A9gis_de_Cambac%C3%A9r%C3%A8s, klem voorsien.

7 http://law.jrank.org/pages/1336/Homosexuality-Crime-Modernity.html, klem voorsien.

8 http://www.historyofwar.org/ articles/wars_napoleonic.html

9 Ralph Edward Woodrow, Babylon Mystery Religion: Ancient & Modern.

10 Sir Walter Scott, Life of Napoleon, Deel 1, bl. 124.

11 http://www.napoleon.org/en/magazine/places/cathedral-of-notre-dame-in-paris/

12 http://goparis.about.com/od/parismuseums/a/louvre-museum-history.htm, klem voorsien.

13 https://en.wikipedia.org/wiki/Louvre

14 http://www.historytoday.com/ gemma-betros/french-revolution-and-catholic-church

15 https://en.wikipedia.org/wiki/Cult_of_Reason, klem voorsien.

16 Ibiidem

17 Ibidem

18 http://history-world.org/french_revolution1.htm

19 http://www.historyofwar.org/ articles/wars_french_egypt.html

20 http://www.historyofwar.org/ articles/wars_french_egypt. html

21 http://i-cias.com/e.o/ assyrian_gc.htm

22 http://study.com/academy/lesson/the-1915-armenian- genocide-history-causes.html

23 https://www.causes.com/causes/ 539208-demand/updates/596106-the-greek-pontian-genocide-by- turks-19-may-1919