Print

Die Herbouers van Gebreekte Mure

Die goddelike wet is 'n transkripsie van Yahuwah se karakter. Dit openbaar Sy diepste gedagtes en gevoelens om rein, heilig en liefdevol te wees. Die wet van die Yah, nes sy troon, sal  vir ewig bestaan, om nooit verander of tersyde gestel te word nie.

bridge (breach) being restored with "The Law"Satan het baie daartoe gelei om Yahuwah se wet te breek deur onkunde of die veronderstellling dat Yahushua se kruisdood die wet afgeskaf het.

 Yahuwah se groot hart van liefde hunker steeds na Sy misleide kinders. In genade, het Hy aan die ekklesia van die finale geslag `n waarskuwing gestuur. Dit word die Laodicense Boodskap genoem:

En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van [Yah]: “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is, en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat jy beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” (Openbaring 3: 14-17).

Die Ekklesia van die finale generasie is geseën met 'n baie lig. Gevolglik spog sy dat sy geen bykomende lig nodig het nie - sy weet dit alles !

 Hemel sien dinge anders. Yahuwah sien dat daar baie dwalinge en tradisies, met hul oorsprong in paganisme is waaraan Sy volk steeds vaskleef. Die Hemelse kuur vir die blinde Laodicense toestand is gevind, soos altyd, in die Verlosser:

Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. (Openbaring 3: 18-19)

 Omdat geestelike trots tesame met geestelike blindheid, een van die vername kenmerke van die laaste - generasie ekklesia is, moet almal deur geloof aanvaar dat die boodskap van die Ware Getuie ook op hulle as indiwidue van toepassing is indien hulle gered wil wees - selfs al voel hulle dat hulle reeds nederig, opreg en berouvol is.

Sodra hierdie boodskap deur die geloof aanvaar is, sal die Groot Geneesheer sonder versuim begin om genesing te bring. Hy voorsien die goud wat deur vuur gelouter is, wat geloof en liefde simboliseer. Hy klee die naakte met Sy eie geregtigheid en skenk die goddelike oog salf om die oë te salf  wat verblind is deur dwaalleer  en veronderstellings.

 Begaafd met geestelike insig, is die nederige, berouvolle gelowige einde ten laaste in staat om nie net sy ware toestand te sien nie, maar die ontsaglikheid van die wet van Yah.

 "Aan alle volmaaktheid het ek `n einde gesien, maar U gebod is baie wyd. Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag." (Psalms 119: 96, 97, OV)

woman looking upwardDie gelowige se voortdurende gebed is:  "Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet." (Psalm 119: 18)

Namate die denke verlig is om die wet van Yah te verstaan, word die gelowige gelei om te sien dat die goddelike wet vir ewig bindend is op alle mense. Dit was nie aan die kruis vasgenael, of  “afgeskaf” tydens die dood van Yahushua nie.

 Skrifte openbaar dat net voor die Wederkoms, sal Yahuwah 'n spesiale groep mense opwek wat deur die geloof in die verdienste van die Verlosser, in staat sal wees om die wet van die Yah  ten volle te gehoorsaam. Hulle is die 144,000. Die Bybel beskryf hierdie laaste generasie so "Hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die getuienis van Yahushua bewaar." (Sien Openbaring 14:12.)

 Die feit dat hulle uitgesonder is omdat hulle Yah se gebooie bewaar impliseer 'n teenstelling met andere wat dit nie doen nie. As die eerste groep mense op aarde wat ten volle oorgegee is aan Yahuwah, sodat die Verlosser toegelaat word om Sy lewe in hulle lewens uit te leef, word hulle beskryf as:

“Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir [Yahuwah] en die Lam. En in hul mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van [Yahuwah].” (Openbaring 14: 4,5, OV)

 Die 144,000 woon in Yahushua en Hy in hulle. Nes die Verlosser die goddelike wet in elke besonderheid volmaak onderhou, so doen hulle, want Hy woon IN hulle.

"En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is. Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. En julle weet dat Hy verskyn het om sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie." (1 Johannes 3: 3-6)

 Die goddelike wet omsluit veel meer as die 10 Gebooie, in alle heerlikheid bekendgemaak op die Sinaï-gebergte. Sluit dit die wet van verordeninge of insettinge ook in, wat 'n breë toepassing van die 10 gebooie wet voorsien.

 Die goddelike wet  is ewig en bindend. Dit sal vir ewig staan. "Ek het gesien dat alles wat Yahuwah doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg word nie; en Yahuwah het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor Sy aangesig " (Prediker 3:14, OV)

 Niks moet bygevoeg word tot Yahuwah se wet en niks ter syde gestel word, as nie meer bindend nie. Skrifte gee die ernstige waarskuwing: "Julle mag by die woord wat ek julle beveel niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van [Yahuwah julle Elohim] mag onderhou, wat ek julle beveel." (Deuteronómium 4: 2, OV)

Die 144,000 herstel alles omtrent die goddelike wet, insluitende die insettinge wat `n  aanbeveling is van die jaarlikse aanbidding dae, die sogenaamde “Feeste van Yahuwah” in die Bybel. Hierdie feeste, wat in Levitikus 23 gelys, is om wette te wees "Vir ewig in al julle woonplekke vir julle geslagte." (Sien Levítikus 23:14, 21, 31 en 41).

 Hierdie werk van die 144,000, vir die herstelling van al Yahuwah se wette, word in die Skrifte voorspel en dit is duidelik gekoppel aan aanbidding:

 En die wat uit jou voortkom, sal die ou pynhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van Gebreekte Mure, Hersteller van Paaie om Bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbbat `n verlustiging noem en die heilige dag van [Yahuwah] hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in [Yahuwah]; en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van [Yahuwah] het dit gespreek.”  (Jesaja 58: 12-14)

 Die goddelike wet beveel die onderhouding van die feeste van Yahuwah aan, bykomend tot die weeklikse Sabbatte. Soos Elia en Johannes die Doper voor hulle,  betoon die 144,000 eer aan Yahuwah deur gehoorsaamheid aan Sy wet en 'n beroep op ander om te bekeer en terug te keer na die aanbidding van Yahuwah op Sy heilige dae.

 Die Ou Testament sluit af met 'n profesie van die wat die werk sal doen van die luide geroep tot bekering,  kort voor die wederkoms van Yahushua.

Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan. .  .  .  Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel  --  insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van [Yahuwah] aanbreek.” (Maleági 3: 1, 4: 4, 5)

 Die feit dat die opdrag gegee is om te "Dink aan die wet van Moses" is 'n duidelike bewys dat dit vergete is. Maar die aanklag stop nie daar nie. Dit gaan uitdruklik voort om die insettingswette ook in te sluit.

open Bible surrounded by cloudsDie herstelling van aanbidding op alle Hemels ingestelde heilige dae is 'n teken van die nabyheid van die einde van die wêreld.

Die 144,000 sal die feeste van Yahuwah hou, want hulle is onderhouers van die wet, nie wetsoortreders nie. Die wet van Yahuwah is baie kosbaar vir hulle, en hulle eer hul Maker deur Hom liefdevol te gehoorsaam.

Hy wat sê: "Ek ken Hom," en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. (1 Johannes 2: 4)

 Die ware toets van dissipelskap is of iemand gehoorsaam is of nie.

 Hieraan weet ons dat ons die kinders van [Yah] liefhet: wanneer ons [Yah] liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot [Yah], dat ons sy gebooie bewaar. (1 Johannes 5: 2, 3)

 Die 144,000, nederige berouvolle gelowiges uit die finale generasie sal al die gebooie van Yahuwah hou. Hulle het baie lief want baie is hulle vergewe en hulle liefde word gedemonstreer deur volle oorgawe en volmaakte gehoorsaamheid, ongeag die koste.

 `n Beloning sonder gelyke wag op almal wat die Ware Getuie sal soek vir genesing van die Laodicense toestand en aansluit by die Hemel in die herstel van die eer van Yahuwah se wet: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het." (Openbaring 3:21)

Die boodskap van die Ware Getuie roep nog steeds,`n  waarskuwing aan almal om tot bekering te kom. Kies om te glo dat die Verlosser jou hart toestand ken beter as wat jy jouself ken. Gee jouself aan Hom oor. Word `n nuwe skepsel deur Sy genade.

 Wees 'n Herbouer van Gebreekte Mure, 'n Hersteller van Paaie om Bewoonbaar te maak. Jy  mag ook die oorwinning behaal soos Yahushua oorwin het,  om saammet Hom op Sy troon  te sit.