Print

Die Plat Aarde en Die Eerste Engel se Boodskap


Vrees Yahuwah

Die Hemel het ʼn onstellende boodskap aan die laaste geslag: “Vrees Yahuwah.” Elke gebied van die lewe word geraak wanneer daar in die vrees van Yahuwah geleef word. Die vrees van Yahuwah berei die heiliges voor vir die ontmoeting van die Verlosser met Sy wederkoms, en gee aan hulle, hul opdrag in die sluitings ure van die aarde se bestaan.

girl in hammock“Stop!”

Elke oog het na my gedraai met my uitroep. My dogter het regop gesit op ʼn hangmat. Haar broer het haar opgedraai in die ronde sodat sy die plesier kon verkry van die afdraai. Met die afdraai teen hoë spoed het haar kop met die afdraaiery ʼn skrale paar sentimeters vanaf ʼn groot pilaar van die stoep beweeg, en die snelheid die kant vang. Sy het my vrees gesien asof ek kwaad is, en deur die dringendheid van die bevel.n haar kop nader laat beweeg na die pilaar met elke draai.

Na dit was sy huilerig. Sy was nie beseer. Sy was bang dat haar ouer vir haar kwaad is.

Ek was nie kwaad. Ek was bang. Sy het my vrees gesien asof ek kwaad is, en deur die dringendheid van die bevel.

Vrees word gewoonlik gesien as 'n negatiewe emosie. Vrees word gedefinieer as: “angs en verontrusting wat veroorsaak word deur die teenwoordigheid of nabyheid van, gevaar, pyn, ens.”1 Maar daar is 'n gesonde gevoel van vrees. Sonder vrees , kan 'n persoon met vreugde sy weg baan na groot gevaar, en heeltemal onbewus wees van dreigende gevaar. 'n Kleuter het geen sin vir selfbehoud en dit, gekombineer met absoluut geen lewens ervaring, is dit wat sy ouers so baie grys hare gee! Liefdevolle ouers sal 'n gesonde gevoel van gevaar wakker maak in hul kind , om hom te waarsku van enige gevaar .

Vader Yahuwah roep ook na ons. Met uitroep. Skreeuend. Nie in woede, maar in vrees, Vrees oor jou. Hy is bewus dat die genadedeur binnekort sal sluit, en dat die mense orals onverskillig is oor die gevaar. Met kragtige woorde van waarskuwing, stuur Hy ʼn engel met ʼn duidelike boodskap:

En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees Yahuwah en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. (Openbaring 14 verse 6 en 7.)

youDie bevel om Yahuwah te vrees het verwarring veroorsaak omdat dit blyk dat dit die Vader se persoonlikheid weerspreek soos dit openbaar word in 1 Joannes 4 vers 8: “want Yahuwah is liefde.” Maar ʼn liefdevolle ouer, is ʼn ouer wat bekommerd is oor sy kind se veiligheid en welstand sal altyd waarsku oor gevaar. Moenie ʼn fout begaan – die laaste geslag is in gevaar.

Die Apostel Paulus het duidelik voorsien aan die gevare vir die laaste geslag. In sy brief aan die gelowiges van Efese, verklaar hy dat gelowiges net veiligheid sal vind in die kennis van Yahushua.

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van Yahuwah, tot ʼn volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring. (Efesiërs 4 verse 13 en 14.)

Dit is die kennis van Yahuwah en Sy Seun wat elke siel bewaar van die gevare van die laaste geslag. Daardie kennis word gevind in die vrees van God. “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.” (Spreuke 9 vers 10.)

Die vrees van Yahuwah.

fathers and sons

Wat beteken dit om iemand te vrees wat jy lief het? As volwassenes, is ons geneig om gevaarlike omstandighede of mense wat ons vrees te vermy. Alhoewel, kinders opgroei met ʼn ingebore begrip wat dit beteken om iemand te vrees vir wie jy lief is, en om ʼn gesonde respek te besit wat gekoppel is aan vrees, vir diegene wat jy weet vir jou lief is.

Die vrees van Yahuwah.

Vrees: (fobie) afgelei vanaf die Griekse woord phobeo. Om bang, en gewaarsku te wees, en om in respek te verkeer, en om eerbiedig te wees. ( Sien Strong`s, #5399)

ʼn Vader oefen algehele beheer uit oor sy jong seun se lewe. Met die resultaat, dat die seun lief is vir sy Vader, en met die vertroue dat sy vader hom lief het, terwyl daar ʼn gesonde respek heers, en ja, die vrees vir die mag van sy vader. Hierdie vrees kan self die kind aanspoor om gehoorsaam te wees in sy vader se afwesigheid.

Hierdie selfde ouer/kind verhouding bestaan tussen Yahuwah, en Sy aardse kinders. Paulus gee ʼn uiteensetting oor hierdie tema in Galasiërs drie en vier. Ons is lief vir ons hemelse Vader en handhaaf in Hom respek en eerbied. Ons weet dat Hy ons lief het, en dat Hy ons nooit sal laat gaan. Maar as gevolg Sy alvermoëndheid, is daar ruimte vir ʼn gesonde maat van vrees.

Yahushua verduidelik hierdie goddelike vrees in Matteus 10 vers 28 toe Hy vertel het: “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.”

Die Verlosser weet dat Sy volgelinge, swartsmeerdery, geweld, en die dood in die aangesig sal staar. Hy moedig hulle aan om nie bang te wees om te sterf vir die waarheid, omdat dit met geweld geneem is, en dat die Gewer van lewe weer daaraan sal voorsien. Alhoewel, wat jy moet vrees is die mag van die Gewer van lewe. Wat Hy gee, sal Hy weer wegneem van diegene wat volhard in rebellie en sonde. Diegene wat die mag besit om die liggaam te vernietig, is nie so magtig soos Hy wat die mag besit, om die liggaam en die siel te vernietig in die poel van vuur aan die einde tydens die oordeelsdag. Die ewige dood, en nie die ewige lewe in pyniging, is die regverdige beloning vir almal wat aanhou met rebellie. Daarom het Yahushua verduidelik, moenie vrees om hierdie lewe te verloor. Dit is in elk geval tydelik.

concerned man

“Wees bevrees. Wees baie bevrees.”

Jy moet bevrees wees. Jy behoort baie bevrees te wees. Nie vir Yahuwah, omdat Hy jou lief het asof daar geen ander siel op aarde is, waarvoor Hy, Sy geliefde Seun gekruisig het.

Wees bevrees om die ewige lewe te verloor deur aan te hou om sonde te ken.

Wees bevrees om aan troetel sondes vas te bly hang op so ʼn manier dat sonde sy sondigheid verloor.

Wees bevrees om jou hart te verhard vir die ingaan van die Heilige Gees, wat die enigste onverskoonbare sonde is.

Wees bevrees dat jy deur jou eie hardnekkigheid, en gebrek om jou oor te gee aan Yahuwah, en nie daarin te slaag om Hom te ken, en wat jou voorreg is om so te doen.

Deur Yahuwah te ken.

Die bevel om “Yahuwah te Vrees” kom van ʼn heeltemal verskillende grondwoord wat hier gebruik word (#5399) as dit wat hier gebruik word: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” (Openbaring 21 vers 8.)

Die “vrees” van Yahuwah (#5399) bevat beginsels van eerbied en respek. Die “vrees” wat jou uit die Hemel hou kom van die woord deilos (#1169). Dit beteken om te vrees , bedeesd, en by implikasie getrouheid . Diegene wat vrees is ook ongelowig. Hulle sal verlore wees omdat hulle Yahuwah nie ken. Daarom, om nie in Sy liefde te vertrou, hulle geloof afwesig is om: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4 vers 16.)

Die woord “ken” in die Skrif gee te kenne dat daar ʼn baie dieper vlak van intimiteit is as wat dit op die oppervlak te kenne gee word, en word dit gewoonlik verenig met daardie woord. Die Bybel wys daarop: “En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar.” ( Genesis 4 vers 1.)

Alleenlik diegene wat Yahuwah vrees sal hierdie vlak van intieme kennis oor die Skepper en Sy wil beskik, en in ruil daarvoor sal hulle deur Hom geken word. Daar is verskeie woorde wat uit die Hebreeus na Afrikaans vertaal nl. “vrees.” Alhoewel, wanneer die oorspronklike en antieke Hebreeuse glief vertaal word, en dit vertaal word deur die metode van Self – Definiëring van Hebreeus, kom daar ʼn verassende diepte van betekenis aan die lig. Die glief wat “vrees” vertaal kan ook vertaal word “as om te leer.” Spreuke 1 vers 7 word wyd vertaal as: “Die vrees van Yahuwah is die beginsel van die kennis.”( Spreuke 1 vers 7.) Maar kyk nou wat gebeur as die frase “om te leer,” in hierdie gedeelte geplaas word:

Die Spreuke van Salomo…

Omwysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

Om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

Om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;

Laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

Om ‘n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

Die vrees van Yahuwah is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.(Spreuke 1 verse 1 tot 7.)

Die vrees van Yahuwah beteken om gedurig om oor Hom te leer, en van Hom. Sodoende, “[ Om te leer van Yahuwah], is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.” (Job 28 vers 28.) Die wyse man wat ooit geleef het verklaar: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees Yahuwah en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.” (Prediker 12 vers 13.) Met anderwoorde, Leer en hou aan om te leer van Yahuwah, en onderhou Sy gebooie, omdat dit die hele plig is van die mensdom.

Die vrees van Yahuwah – Word Heilig.

Die vrees van Yahuwah verskaf dat dit tot groot seën is: “Gewis, Sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.” (Psalm 85 vers 9).Die Skrif gee ʼn duidelike betekenis vir die vereistes van verlossing: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra Yahuwah van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou Eloah?” (Miga 6 vers 8.)

“Dien die Yahuwah met vrees, en juig met bewing.”

(Psalm 2 vers 11.)

Dit klink so eenvoudig. So maklik. Maar alleenlik diegene wat Yahuwah vrees kan regverdig wees deur, liefde en genade, en nederig met Hom te wandel. Die vrees van yahuwah is nie iets uiterlik ”iets” wat iemand doen. Die vrees van Yahuwah gaan veel dieper. Dit kom van binne, en beveel elke handeling, elke woord, en elke gedagte, en elke geloofwaardigheid, en bring dit in ooreenstemming tot die wil van Yahuwah.

Deur te leef in die vrees van Yahuwah het dit ʼn baie praktiese impak op die lewe van dag tot dag. Die vrees van Yahuwah is ʼn beskermer, en weerhou jou van boosheid. Die vrees van Yahuwah reinig die siel. Wanneer die nederige gelowige die oneindige liefde erken wat geskenk word, en wanneer die vrees van Yahuwah se mag saamgevoeg word met eerbied, en deur die wonder van Sy reinheid en goedheid, en wanneer die verstand besig is in die vreugde, en in die bepeinsing van Sy goedheid, vind daar ʼn wonderlike verandering plaas. Die individu word verander, en gereed om sy verlosser te groet met Sy wederkoms.

Omdat die heiliges Yahuwah ken op elke vlak van intimieteit, het hulle in ʼn verhouding van ʼn verbond ooreenkoms met Hom aangegaan. Dit is dit wat hulle voorberei vir die Hemel. “Die verborgenheid van Yahuwah is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.” (Psalm 25 vers 14.)

Dit is een van die grootste beloftes wat opgeteken is in die Skrif! Yahuwah sal Sy verbond wys aan diegene wat Hom vrees! Dit is dit wat hulle verander in Sy eie beeld.

“Kyk, daar kom dae, spreek Yahuwah, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek Yahuwah.Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek: Yahuwah Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n Eloah wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken Yahuwah; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek Yahuwah; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” ( Jeremiah 31 verse 31 tot 34.)

ʼn Kosbare belofte! Diegene wat Yahuwah vrees is diegene wat Hom ken. Hulle intiem bekend met Sy goedheid, en Sy deernis. Sy liefde verhelder hulle dae, en Sy liefdevolle vergiffenis gee vrede in die nag. Hulle is lief vir Hom, omdat hulle Hom ken.

Die verspreiding van die woord...

shareDiegene wat lewe in die vrees van Yahuwah sal lief hê, soos Hy lief het. Hulle sal voortbring pogings van selfopofferings om die verlorenes te bereik. Hulle stemme, sal soos Syne verhef word in dringende gesmeek, en in ʼn liefdevolle waarskuwing. Deur hulle eie ondervindinge weet hulle dat: “Die vrees van Yahuwah is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk. “ (Spreuke 14 vers 27.) Almal wat Yahuwah vrees sal saamwerk met die hemelse agente in die verspreiding van die waarheid na ander, sodat ander ook kan ontsnap van Satan se leuens, en die geskenk aanvaar van die ewige lewe.

Openbaring bevat ʼn profesie van hierdie laaste verspreiding van die waarheid:

En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: “Vrees Yahuwah en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” (Openbaring 14 verse 6 en 7.)

Dit is merkwaardig dat die bewoording van hierdie profesie ʼn spieëlbeeld die taal weergee van die vierde gebod.

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Eloah; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die sabbatdag geseën en dit geheilig. (Eksodus20 verse 8 tot 11.)

In die vierde gebod, word almal opgeroep om Yahuwah te aanbid omdat Hy ons Skepper is. In die eerste engel se boodskap, word dit herhaal. Amal word uitgenooi om terug te keer tot ware aanbidding van Yahuwahvolgens die antieke Sabbat volgens dfie maan, wat bereken is volgens die kalender wat vasgestel is by die Skepping. Die redewat gegee word in die eerte engel se boodskap is dieselfde as die vierde gebod: omdat Hy die Skepper is van die hemele en die aarde.

Die eerste se boodskap is op sigself verbind tot aanbidding. Dit is omdat diegene wat Yahuwah vrees, Hom kan aanbid: “moet in gees en waarheid aanbid.” (Johannes 4 vers 24.) Alleenlik hulle kan bewys lewer van aanvaarde aanbidding en eerbetoon. Hulle het die intieme kennis van die Skepper wat voortspruit deur Hom te vrees, en wat op sy beurt die voorskrif is, vir die vererwing van die ewige lewe.

“En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.”

( Jeremiah 32 verse 39 tot 40.)

In die eerste engel se boodskap wat selfs nou weer voort klink, herstel die Hemele die ware Sabbath, en word die leuens ontbloot wat die ware vorm van die aarde versteek. Aanvaarde kennis van aanbidding kan bewys word alleenlik deur hierdie grondbeginsel van kennis. Die twee begrippe ( die ware vorm van die aarde(Plat) en die ware dag van aanbidding) is sodoende onafskeidbaar verbind.

Dit word geglo, dat die twee valshede die wêreld voorberei vir Satan se laaste bedrog. Die waarheid moet aanvaar en omhels word, en sal die siel beskerm word van hierdie misleidings. Dit is vir hierdie rede dat die Hemel die kennis vermeerder het. In hierdie tyd van nood, sal Yahuwah se volgelinge nie swyg. Deur die aankoue van die gevaar vir ander, sal hulle ywerig en uitgesproke wees ter verdediging van die waarheid, alle waarheid, Selfs ongewilde waarhede, soos bv. die Sabbat volgens die maan en die plat aarde. Sal hulle Satan se valse model van die skepping ontbloot. Hulle sal die waarhede wat in Genesis 1 bekend maak, en deur dit te doen, die aanbidding herstel van die Skepper op Sy ware dag van aanbidding.

Die veragting wat ophoop op almal wat die waarheid verklaar sal hulle net meer standvastig, en vreesloos maak omdat hulle weet wat op die spel is: vir die siel in besonders.

Die Gevreede Een, Bang

Vader Yahuwah is Self bang. Hy is bang vir jou onthalwe. Die dringendheid vir Sy oproep is gegrond op Sy kennis van hoe naby die naderende einde is. Ons benodig om wakker te skrik, en vir onsself bang te wees. Ons benodig om ons lewe te bestudeer en ons innerlike harte. Is daar enige iets wat nie ʼn algehele ooreenkoms van algehele oorgawe aan Yahuwah is?

searching your heart

Die vrees van Yahuwah is nie iets wat voortgebring word deur loutere gewld of van wil. Dit is ʼn gawe. Die verlosser pleit vir jou:

“Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.” ( Openbaring 3 vers 18 en 19.)

Diegene wat Yahuwah vrees, en diegene wat gedurig van Hom leer, sal nooit spog dat hulle ryk is, en ʼn toename in goedere het, en niks benodig. Eerder sal hulle aanvaar die genadige aanbod, en vra vir goud, wat gelouter is deur die vuur, en die wit kleed van geregtigheid, en die oogsalf vir van geestelike blindheid.

Hy sou nie aanbied alles wat benodig word wat hy nie gewilliglik, en in staat is om te voorsien. Om Hom op Sy woord te neem! Vra vir die beloofde seëninge, glo in die beloftes, en ontvang dit. Alleenlik diegene wat die beloftes aanvaar wat geskenk is deuir geloof sal Yahuwah vrees en aanhou om van Hom te leer. Alleenlik hulle sal in ʼn ewigeverbond aangaan met hulle Maker, en Hom ken.

“[Yahuwah] kon die sondaar afsny. en hom uiterlik vernietig, maar ʼn meer duursame plan was gekies. In Sy groot liefde voorsien hy hoop aan die hulpeloses, deur die gee van Sy enige gebore Seun om die sonde van die wêreld te dra. Sedert Hy daardie geskenk uitgegiet het oor die ganse hemel in daardie een duursame geskenk, sal Hy niks weerhou van die mensdom, en geen benodige hulp wat die beker van verlossing voorsien, en om die erfgenaam te word van [Yahuwah], en mede erfgenaam saam met [Yahushua].

(The Bible Echo, March 3, 1893)

Dit is die belangrike saak. Yahushua het hieroor gewaarsku:

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Mattheus 7 verse 21 tot 23.)

Alleenlik diegene wat in vrees leef vir Yahuwah is aan Hom bekend.

Hoe leer jy om jou Maker te ken? Wel hoe leer jy om enige iemand te ken?

Jy spandeer tyd saam met Hom. Jy moet Sy persoonlikheid bestudeer soos dit openbaar word deur Sy wet van liefde. Jy praat met Hom in gebed. In die stilte van gebed en meditasie, jy luister na die stille sagte stem om met jou hart te praat Die hemel se skatte is opgegooi en dit wag om aan diegene geskenk te word wat daarom vra in geloof. “Vrees die Yahuwah, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.” (Psalm 34 vers 9.)

beautiful flat earth sunset

 Die tyd is spoedig verby. Die genadedeur sal binnekort sluit. Sluit aan by WLC en al Yahuwah se kinders regoor die wêreld. Versprei hierdie laaste boodskap van waarskuwing. Roep uit na almal wat in die vrees van Yahuwah leef en berei jou voor vir die wederkoms van die Verlosser binnekort.” Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” ( Romeine 8 vers 32.)


1Webster’s New Universal Unabridged Dictionary.