Print

Die Seëls, Die Basuine, & Die Ondersoekende Oordeel

Pioneer Hotel International Brand (1970)

Brandweerwa lere was nie lank genoeg om baie van die mense te bereik wat in die boonste verdiepings van die Pioneer Hotel vasgekeer was nie.

Dit was nooit Louis Taylor se intensies om `n rekord op te stel nie. Dit het maar net so gebeur. 

Die Jackson 5 se “I’ll Be There” was nommer 5 op die ranglys en `n nuwe fliek met Ryan O’Neal en Ali MacGraw bekend as “Love Story” was pas vrygestel. Dalk was die grootste opgewondendenheid vir die 16 jarige Louis dat Kersfees net `n paar dae weg was. Hy het nie geweet dat sy lewe net voor dagbreek, vir ewig verander sou word nie.

Die aand van 19 Desember, 1970, was `n feestyd aan die Pioneer Hotel in Tucson Arizona. Verskeie honderde werknemers van die Hughes Aircraft Company was by die hotel ter viering van hul jaarlikse Kersfees partytjie. Kort na middernag, Desember 20, het `n vuur in die hotel uitgebreek. Hoewel sommige diensnemers die perseel verlaat het, “Het andere deur die gebou gehaas, om gaste, meestal bejaardes, na veiligheid te vergesel. ‘`n Ooggetuie het gesê dat baie mense manhaftige dade gedoen het.1

Louis was een van die heldhaftiges. “Ondersoek verslae dui aan dat hy … mense voor die inferno uit, help vlug het.”2 Maar voordat die daglumier deurbreek, was hy gearresteer en aangekla van brandstigting wat die lewens van 29 mense gekos het. Louis Taylor, `n Afro-Amerikaner, het volgehou dat hy onskuldig is, maar `n algehele-wit jurie het hom skuldig bevind en hom `n lewenslange vonnis opgelê.

 [Taylor se] pleidooie was uitgeput nadat die Amerikaanse Hooggeregshof hom `n nuwe verhoor in 1983 gegee het. Ten alle tye, het die regter wie die sitting gelei het openlik sy skeptisisme omtrent die uitslag uitgedruk en in kontak met Taylor gebly, deur hom Kersfees geskenke en boeke oor wette te stuur.”3

In 2002, het `n verslag by CBS’ “60 Minutes” die dryfveer aan die polisie voorsien om weer die bewyse te hersien. Die Arizona Geregtelike Projek het begin om Taylor se saak te begin navors om te sien of, soos hy altyd volgehou het, hy inderdaad onskuldig was. Uiteindelik in April 3, 2013, twee-en-veertig jaar na sy vonnisoplegging, het Louis Taylor as `n vry man uitgestap. Sy twee-en-veertig jaar in die gevangenis is opgeteken as die langste in die Amerikaanse geskiedenis waarin `n man vir `n misdaad geboet het waarin geglo is hy nie gepleeg het nie.4

Elizabeth BáthoryDie wet het Louis Taylor teleurgestel. Dit het ook vir Elizabeth Báthory gefaal. Argumentsonthalwe was die geskiedenis se onaardigste vroulike reeks moordenaar met meer as 600 slagoffers, Báthory, nooit voor die hof gedaag weens haar familie se hoë sosiale status nie. In Taylor se geval was `n onskuldige man gevonnis vir `n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. In Báthory se geval, was andere gemartel en uiteindelik veroordeel vir misdrywe waarvoor Báthory verantwoordelik was waarvoor sy maar net onder huisarres geplaas is omdat sy `n vrou uit die adelstand was. Die gereg het gefouteer omdat dit “blind” (onpartydig) in beide sake was.

Die wet steun op inligting. `n Geregtelike ondersoek is, essensieël, `n ondersoek wat poog om die feite voor `n regter en jurie bloot te lê. Indien inligting nie beskikbaar is nie of dit teruggehou word, kan strenge oordeel uitgevoer word – en – plaasvind. Vir ware geregtigheid, moet alle feite duidelik gesien en verstaan word, elke versagtende omstandigheid in berekening geneem.

Ondersoekende Oordeel

Yahuwah se regering het ook `n hofsaal. In hierdie hofsaal, sal elke seun en dogter van Adam wie ooit geleef het, voor die regbank te staan kom. Dit waarop gewed word, is oneindiglik hoër as wat enige hof ooit in enige aardse geregtelike ondersoek saamgeroep het. Hier word diegene wie vry pleit bevry om vir ewig te leef. Hulle sal met koninklike status vereer word en soos `n dogter en seun van die Allerhoogste behandel word. Hulle sal in die koninklike paleis woon. Hulle sal vry wees om ekspedisies na alle planete mee te maak wat deur die goddelike regering beheer word. Hulle sal `n lewe leef wat goed opweeg met die lewe van Yahuwah.     

“In my Vader se woning is daar baie woonplek [kamers, tuistes]: as dit nie so was nie, sou Ek julle vertel het: Ek gaan om vir julle plek te berei.” (Johannes 14:2, 1599 Geneva Bible)

Maar diegene wie skuldig bevind is, sal ter dood veroordeel word. Anders as Louis Taylor wie later toegelaat was om vry te wees, sal niemand ooit vry kom wanneer die doodstraf eers in die Hemelse howe uitgespreek is nie. Hierdie dood is nie net die dood van die liggaam alleen nie. Hulle name sal uit die Lewens Boeke van die Lam uitgewis word. Selfs die verslag van enige goeie daad wat hulle mag gedoen het terwyl hulle op aarde was, sal geskraap word. Hierdie vonnis is ewige dood waaruit daar geen opstanding is nie. Dit is waarom `n ondersoekende oordeel in elke indiwiduele lewe so belangrik is. Dit is `n saak van lewe en dood – ewige lewe en dood. Geen fout kan gemaak word nie. Hier is daar geen tweede-kanse nie. Almal wie skuldig gevind word sal vir ewig ophou om te bestaan.  

Yahushua het hierdie aller-belangrike oordeel voorspel toe Hy sê: “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.” (Lukas 8:17, OV) Dit is `n belofte! Ons handelinge, ongeag hoe verkeerd verstaan hier op aarde, sal in die lig van ons diepste motiveringe veroordeel word. Hy wie die harte lees kan die vriendelikste oordeel aan die mees misverstane aksie bring, terwyl die geveinsdheid raakgesien word wat alte dikwels skynbare “regverdige” optredes verberg.

Dit is redelik om te veronderstel dat enige gebeurtenis van soveel belang in die Skrifte bespreek word, en dit is. Die belangrikheid wat die Hemel daaraan toeskryf kan afgelei word van die hoeveelheid ruimte wat aan die onderwerp gewy word. Behalwe verstrooide verwysinge na die Ondersoekende Oordeel in Daniël 7, Daniël 8, en Sagaria 3, is `n groot gedeelte van Openbaring gewy aan hierdie profetiese gebeurtenis. Openbaring 4 regdeur  tot Openbaring 11 spreek gebeure aan betrokke met, of wat spesifieks plaasvind, tydens die ondersoekende oordeel. Agt hoofstukke uit `n boek wat net twee-en-twintig het! Dit is duidelik dat die onderwerp die hoogste prioriteit gegee word, maar nogtans, raar genoeg, weet baie min mense daarvan.

Die ondersoekende oordeel vind in die einste troon kamer van die Hemel plaas. Dit is `n baie indrukwekkende toneel.

En kyk, daar staan `n troon in die hemel en Een sit op die troon. . . en rondom die troon was `n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos `n smarag. En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, beklee met wit klere, en hulle het goue krone op hul hoofde gehad. En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van Yah was. 

En voor die troon was daar `n see van glas soos Kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en agter. . . en die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is Yahuwah Eloah, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!

En elke keer as die vier lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, … Val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur U wil bestaan hulle en is hulle geskape. (Openbaring 4:2-6, 8-11, OV)

Dit is `n ontsagwekkende, trillende beskrywing van die troonsaal/hof sitting van die Hemel. Dit is die sitting van hierdie einste plegtige gebeurtenis om die woorde, dade, en verborge motiewe van elke persoon wat ooit geleef het, te ondersoek. Die hele vierde hoofstuk van Openbaring is toegewy aan hierdie beskrywing asof die Gees van Yahuwah sê, “Neem notisie! Dit is belangrik!”

Yahuwah is meer as ons al-magtige, goddelike Skepper. Hy is ook ons liefdevolle Vader. Hy het alles in Sy mag gedoen om soveel as moontlik van Sy kinders te red. “Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hand gegee.” (Johannes 3:35, OV) Die Seun is beide Regter en Hoë Priester. As ons regter, sê Hy, “Ek veroordeel jou ook nie.” (Johannes 8:11, OV) As ons hoë priester, neem Hy ons sondes op. Meer nog, Hy voel alles wat ons voel. Hy weeg die magte van elke versoeking sodat Hy kan besef hoeveel krag Hy aan ons moet verskaf. Dit alles is gegee om die siel met vertroue te inspireer in die Vader se liefde sodat ons die beloofde hulp mag soek en gered kan word. 

Terwyl ons dan `n groot Hoë priester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Yahushua, die Seun van Yah, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie `n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is nes ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons  barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4:14-16, OV) 

Addisioneel tot dit alles, deur die oordeel in ons guns te swaai, gaan Yahuwah een stap verder. Hy verseker dat die jurie bestaan uit mense nes ons: medemense wie ook deur `n lewe van beproewinge en versoekinge gegaan het. Die 24 ouderlinge maak die jurie in die hemelse howe uit.

Die ouderlinge is mense. Hulle dra die krone van oorwinnaars. Boonop, sê hulle voor die troon, wanneer hulle die Lam [Yahushua] verheerlik: “U is waardig . . . want U is geslag en het ons vir Yah met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie; en het ons konings en priesters vir onse Eloah gemaak.” (Openbaring 5:9-10, OV) Die ouderlinge mag wel die pratriarge wees: Abraham, Isak, Jakob, Jakob se seuns, en andere wie regverdige lewens hier op aarde gelewe het. Henog, Elia en Moses mag onder hulle tel. Vir seker was die meeste van hulle onder dié wie saammet Yahushua opgewek was en wie na die Hemel geneem was tydens Sy hemelvaart. (Sien Matthéüs 27:52-53.)

`n Hofsitting deur `n jurie met kamerade is `n hedendaagse voorreg, iets wat nie regdeur die verskeie tydperke bestaan het nie. Die feit dat Yahuwah `n jurie uit die menseras aangestel het ondersteun Sy verlange vir `n billike, onpartydige, en regverdige oordeel. Die vier diere word voorgestel as vol oë. Die diere het kennis ten volle, wat alles gesien en opgeteken het.

Indien hierdie aanhaling nie die ondersoekende oordeel beskryf nie, wat is dit dan? Waarom staan Yahushua? Watter rol het die ouderlinge om te vervul? Wie is die Lam? Wat is die Boek? Indien dit inderwaarheid nie die ondersoekende oordeel nie, wat is dit dan?


Die Boek van die Lewe

Openbaring 4 neem die aanvang, maar Openbaring 5 is waar die aksie begin. “En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, `n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.” (Openbaring 5:1, OV) `n Sterk engel roep na enigeen waardig om vorentoe te kom en die seëls te breek en die boek oop te maak. Maar “niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde” was gevind wie waardig is om die boek oop te maak en selfs daarin kon kyk nie!

“Ons verskyning voor God hang nie af van die hoeveelheid lig wat ons ontvang het nie, maar hoe ons dit aanwend. Sodoende is selfs die heiden met die regte keuse so ver as hulle dit kan onderskei in `n gunstiger posisie as diegene wie veel lig gehad het, en voorgee dat hulle God dien, maar wie die lig verontagsaam, en deur hulle daaglikse lewe hulle belydenis kontrasteer.”

(E. G. White, Desire of Ages, p. 239.)

Die Boek van die Lewe, is vir alle intensies en doelwitte `n geskiedkundige boek. Dit bevat `n gedetailleerde verslag van elke handeling ooit gedoen, elke woord ooit gespreek, elke geheime gedagte gekoester sedert die skepping van Adam. Terwyl Skrifte nie uitdruklik vertel hoe die name in die Boek van die Lewe ingeteken is nie, bevat die Bybel sekere leidrade, wat, as bymekaar gepas, voorstel dat `n persoon se naam tydens geboorte in die akkuraatste van alle geskiedkundige boeke aangeteken is.

Petrus stel dit so: “Yahuwah vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet  kom.” (2 Petrus 3:9, OV) Toe Paulus aan die filosowe en geleerdes van Athene gepreek het, het hy verwys na die feit dat hulle baie godsdienstig is, deur te sê:

 Ateners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop het en gekyk het na julle plekke waar julle aanbid, het ek ook `n altaar gekry waarop geskrywe staan: AAN `N ONBEKENDE GOD. Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle. … God5 het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy mense oral op om hulle te bekeer. (Handelinge 17:22-23, 30, NV)

Paulus het nie net die egos van die hoorders gepaai nie. Hy het geweet dat die Gees van Yah na elke kind van Adam ooit gebore gestuur was, om almal na verlossing te trek. Hy het erken dat hierdie heidene, tot die beste van hulle beperkte kennis, geprobeer het om die Skepper van Alles te aanbid. In sy sendbrief aan die Romeine, het Paulus dit verder uitgebrei, deur te sê:

Want daar is geen aannemer van die persoon by Yah nie. Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; (omdat nie die hoorders van die wet by Yahuwah geregverdig is nie,) maar die daders van die wet geregverdig sal word.

Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself `n wet, al het hulle geen wet nie; omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, in die dag wanneer Yahuwah die verborge dinge van die mense deur Yahushua die Gesalfde sal oordeel, volgens my evangelie. (Romeine 2:11-16, NV)

Elkeen het die kans om gered te word. Dit was die algehele doelwit van Yahuwah se kruisdood! Sodoende plaas goddelike geregtigheid almal op gelyke voet. Elkeen het dieselfde kans om dit wat reg is te kies en te reageer op die uitnodiging van die Heilige Gees.

“Hoe verras en verbly sal die nederiges van hart onder die nasies, en onder die heidene nie wees, om van die lippe van die Verlosser te hoor, “Vir sover julle dit gedoen het aan die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen”! Hoe verbly sal die hart van Oneindige Liefde nie wees wanneer Sy volgelinge verbaasd opkyk met vreugde na Sy woorde van goedkeuring!6

Of hulle name in die Boek van die Lewe behou word, is `n saak van persoonlike keuse. Deur volgehoue rebelsheid, kan enigeen sy of haar naam uit die Boek van die Lewe uitgewis hê:

 “Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie. Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saammet die regverdiges opgeskrywe word nie.” (Psalm 69: 28-29, OV)

“Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor sy engele.” (Openbaring 3:5, OV)

Yah sal nie enigeen forseer om teen sy of haar wil gered te word nie.           

Die Lam Voor Die Troon

Johannes sien `n magtige engel wat na enigeen roep wat waardig is om vorentoe te kom en die seëls te breek om die boek oop te maak. Maar niemand nie op aarde of onder die aarde”  is gevind wie die boek kon open of wie waardig daarvoor was om selfs daarin te kyk nie!

Dit was verwoestend vir die bejaarde profeet. Hy het die merkwaardigheid van die besonderse boek besef. Dit het `n gedetailleerde geskiedenis van elke handeling uitgevoer wat ooit gepleeg is, bevat, elke woord wat ooit gespreek was, elke geheime gedagte  wat ooit herberg gevind het sedert die skepping van Adam. Sonder hierdie boek, sou die ondersoekende oordeel nie plaasgevind het nie! “En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.” (Openbaring 5:4, OV)

Een van die ouderlinge het Johannes gou vertroos deur hom te vertel: “Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek. oop te maak en sy sewe seëls te breek.” (Openbaring 5:5, OV)

Die Lam van Yah

Die Lam van Yah wat die sondes van die wêreld wegneem is waardig om die boek oop te maak.

Johannes se aandag word onmiddelik gevange geneem. O, goed dan! Niemand was waardig gevind om die boek te open nie, maar hulle het `n leeu gevind om dit te doen. Vir seker, kon hierdie sterk, magtige koning van die diere die taak afhandel!

Hy draai om om na hierdie magtige, sterk genoeg dier te kyk wat doen wat geen gewone mens kon doen nie. “En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die middel van die ouderlinge staan daar `n Lam asof hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van Yah is wat uitgestuur is oor die hele aarde.” (Openbaring 5:6, OV) 

Natuurlik! Die Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegneem is die enigste een waardig om die boek te neem en oop te maak. Hy alleen het die reg verkry om dit te doen. Die vier diere en die 24 ouderlinge het onmiddelik `n lied aangehef:  “Toe sing hulle `n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en die seëls oop te maak, want U is geslag .” (Openbaring 5: 9, OV) Die miljoene engele in die troon saal sluit harmonieus by hulle aan: “Die Lam wat geslag is, is waardig om te onvang, die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.” (Openbaring 5:12, OV)

Oop maak van die Seëls

Hoofstuk ses beskryf wat gebeur as die boek geopen word. Hierdie boek omsluit die hele geskiedenis van die aarde en elke lewe wat ooit geleef het. Die sewe seëls is vir die verskeie tydperke in die geskiedenis van die aardsgeskiedenis. Wanneer eers geopen, bly elke seël wyd oop regdeur tot aan die einde. Daar is geen eindpunt, tot met die wederkoms van Yahushua nie. Maar wanneer die volgende seël oopmaak, begin `n nuwe era. 

 7 seëls

Die sewe seëls sluit die ganse geskiedenis in, van die skepping van Adam regdeur die Sabbats millennium in die Hemel.

Dit is onmoontlik om vir seker die presiese tyd aan te dui van wanneer die meeste van die seëls geopen is. En, eintlik maak dit nie regtig saak wanneer die meeste daarvan geopen is nie. Dit is die voorreg van die Hemel om die verskillende tydperke vas te stel. Alhoewel die seëls tydperke op aarde insluit, was hulle uit `n Hemelse oogpunt gegee. Watter tydperk (en watter generasie) onder watter seël val, is `n oordeel van die regbank in die Hemel. Sommige datums kan vasgestel word, maar nie almal nie.  

Eerste Seël: Vanaf Adam tot ?

Tweede Seël: Vanaf ? tot ?

DerdeSeël: Vanaf ? tot ?

VierdeSeël: Vanaf tot ?

 VyfdeSeël: Van toepassing op alle martelare vanaf Adam voorwaarts.

Sesde Seël: Vanaf 1755 tot die Wederkoms van Yahushua.

Sewende Seël: Begin net voor die blaas van die eerste basuin en strek tot aan die Wederkoms van Yahushua.                                      

Openbaring was geskryf na die eerste vier seëls alreeds plaasgevind het. Daarom is minder besonderhede gegee vir daardie tydperke omdat wat van meer belang vir die finale generasie is, is die inligting wat die sesde en die sewende seëls omsluit. Die Hemel het nie stilgebly vir hierdie eras nie. Eksplisiete besonderhede was deur Yahuwah verskaf omdat dit van uiterste belang is dat diegene wie aan die einde van tyd lewe gewaarsku moet word van die gebeure wat onder die laaste twee seëls wat `n direkte impak op hulle het. 

Eerste Seël

“En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van `n donderslag: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was `n wit perd. En hy wat daarop sit, het `n boog; en aan hom is `n kroon gegee, en hy het uitgegaan as `n oorwinnaar en om te oorwin.” (Openbaring 6:1-2, OV)

Johannes kyk alreeds maar die bevel word in elk geval nog gegee: “Kom kyk.” Wat ookal sou plaasvind, moet deur hom aanskou en duidelik deur hom begryp word.   

Die ruiter het `n boog. `n Boog is `n simbool van oorlog. Maar interessant genoeg, is die woord vir “boog” (toxon) wat kom van `n ander woord (tikto) wat beteken om “te produseer”  en om “voort te bring.” Dit “word figuurlik gebruik … nes sonde uit lis voortspruit.”

Dit is baie gepas, omdat die eerste ses seëls met Adam begin, die eerste man, toe sonde voortgebring was.” Adam het byna `n duisend jaar geleef. Hy het Yahuwah se wet  “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers.” gehoorsaam. (Genesis 1: 28, OV) Sy vele jare van nederige verootmoediging oor sonde was `n voorbeeld vir latere generasies en sy sterk geloof in die belofte van `n Heiland om te bevry en te herstel dit wat hy verbeur het, is dieselfde beloftes waaraan mense deesdae met geloof beetneem. Hierdie belofte het voortgegaan “as `n oorwinnaar en om te oorwin” en so sal hulle doen tot aan die einde omdat die goeie eindelik oor die bose sal triomfeer. Alhoewel ons nie kan sê wanneer die tweede tydperk begin het nie, het die eerste met Adam begin. Hierdie era toe die kennis van Yahuwah steeds sterk was op aarde, word goed vergelyk deur die wit perd.

 Tweede Seël

“En toe hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk! En `n ander perd, `n vuur rooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en `n groot swaard is aan hom gegee.” (Openbaring 6:3-4, OV) 

Die bevel van aanskoue en insig omtrent wat gewys word, word weereens gemaak. Hierdie perd is rooi. In die Skrifte, is rooi  simboliek vir bloed en dit is `n gepaste kleur vir die verteenwoordiging van die volgende era van die aardsgeskiedenis. Alhoewel dit nie moontlik was om `n spesifieke punt in tyd te identifiseer nie, is dit waarskynlik dat dit op Adam se dood gevolg het of na aan die einde van sy lang lewe plaasgevind het. Tydens hierdie tyd, het `n groot afval gekom en vele wie getrou aan hulle Skepper, gedurende Adam se lewe was, het afgedwaal.   

Die Vier Perde van Openbaring (Openbaring 6)

Die eerste vier seëls stel vier perde vry. Elke keer word Johannes vertel om te “Kom kyk.” Die bevel is vir ons in hierdie dae: aanskou en bepeins hierdie profesie.

Hierdie gedeelte skyn te wys op die tydperk toe die ras van bose reuse vrugbaar en vermeerder het op aarde. “Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van Elohim dat die dogters van die mens mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.” (Genesis 6:1-2, OV)

Die geweld en uitnemende korruptheid van hierdie era is direk verantwoordelik vir die behoefte om die aarde deur `n vloed te reinig.

In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit was die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

Toe Elohim sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyd deur net sleg was, het dit Elohim berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. En Elohim sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, . . . want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

[Maar] die aarde was verdorwe voor die aangesig van Elohim, en die aarde was vol geweld. Toe sien Yahuwah die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op aarde verderwe.” (Genesis 6:4-7, 11-12, OV)

Die Boek van Henog brei verder uit op die geweld wat deur die reuse veroorsaak is namate hulle geveg en mense en mekaar vermoor het. Vrede was inderdaad van die aarde weggeneem onder die era van die reuse nes in die tweede seël verduidelik. 

Derde Seël

En toe hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk daar was `n swart perd; en hy wat daarop sit, het `n skaal in sy hand gehad. En ek het `n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: `n Rantsoen koring vir `n penning en drie rantsoene gars vir `n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.” (Openbaring 6:5-6, OV)

Die derde seël stel `n swart perd op die aarde vry en `n hernude poging deur Satan om die waarheid, lig en liefde van Yahuwah  te verberg. Eerder as `n swaard, hou hierdie ruiter `n skaal in sy hand. Skale was gebruik om graan per gewig te weeg. Die ding hier is, dat dit `n paar onjuiste skale is. Hulle beroof die kopers van hulle volle maat graan wat hulle toekom, want `n pennie vir graan en slegs drie mate gars vir `n pennie was buitensporige pryse vir daardie tyd.

Voedsel word dikwels in die Skrifte vir leerstelling gebruik. Toe Yahushua gesê het: ‘Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom sal nooit honger kry nie; en wie in my glo, sal nooit dors kry nie.” (Johannes 6:35, OV), Sy luisteraars het presies geweet wat Hy bedoel het. Dit is moontlik dat hierdie seël die era van die vloed volg toe valse leerstelling soos `n vretende kanker oor die hele aarde versprei het. Hierdie afskuwelike invloed van Nimrod en sy bose koningin, Semerimus, met haar korrupte en rebelse geloofs sisteem, het `n dinastie van dwaalleer gevestig wat deesdae gesien kan word in die verheffende gebruike van Maria as die “Hemelkoningin,” die versiering van Kersbome, en vele, vele ander gebruike deur Nimrod uitgedink.

Maar die bevel aan die derde ruiter gegee, is definitief: “Moenie die olie en die wyn beskadig nie.” Olie en wyn is albei simbole van geestelike waarheid. Tydens hierdie era, namate dwaalleer in mag en invloed toegeneem het, het Yahuwah Sy eie heilige lyn deur Abraham gevestig. Kennis van die Skepper moes nie heeltemal van die aarde af verdwyn nie. Diegene wie waarlik steeds `n behoefte gehad het om waarheid te volg kon dit steeds doen.   

4 Perderuiters van Openbaring 6

Die eerste vier seëls stel vier perderuiters vry, verteenwoordigend van die vier epogge in die aarde se geskiedenis.

Vierde Seël

“En toe hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was `n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.” (Openbaring 6:7-8, OV)

`n Interresante Ou Testamentiese profesie van die Messias beskryf Hom: “Hy tog het soos `n loot voor sy aangesig opgespruit en soos `n wortel uit droë grond.” (Jesaja 53:2, OV) Die Griekse ekwivalent van die woord, chloros wat “jong blaartjies” beteken is die oorspronklike van die Engelse woord chlorofil. Dit is dieselfde woord wat gebruik word om die vierde perd te beskryf: “Vaal groen, die kleur van jong gras … ‘groen ding,’ dus, ‘vaal’ …”8

Yahushua was die tedere plant, gebore in die einde van die vierde millennium, met Sy lewe wat die ingaan van die vyfde millennium inlei. Hy het Homself oorgegee om deur die Dood oorrompel te word, maar deur so te doen, het Hy die tafels gedraai. “Nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee het en hulle in die openbaar tentoongestel het en daardeur oor hulle getriomfeer het.” (Kolossense 2:15, OV) “Daarom sê die Skrif: Toe Hy na die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenis saamgeneem’ ” sodat ons triomfantelik kan uitroep, “Dood waar is jou angel?  Doderyk, waar is jou oorwinning?” (Efesiërs 4:8, NV; 1 Korinthiërs 15:55, OV)

Teen watter era in tyd die vierde seël ookal geopen was, reflekteer dit die toestand van die aarde doeltreffend toe die Heiland gekom het om die mens te verlos. Yahushua was na die slegste van die slegtes gestuur, op `n tyd toe geestelike dwaasheid feitlik enige lig wat oorgebly het, uitgedoof het. Die Jode was met baie geestelike lig geseën. Dit was Yahuwah se bedoeling dat hulle dit met alle nasies om hulle moes deel wie dikwels deur Israel op die handelsroetes gereis het, op die weë wat noord en suid strek. Maar, na afloop van hulle terugkeer uit Babiloniese ballingskap, het die Jode nie die lig wat hulle besit het met die omliggende nasies gedeel nie. Hulle het eerder gesink in die self-verheffing van farisese verlossing-deur-werke.

Griekse filosofie en geleerdheid het die Joodse skole korrup gemaak en die nasie beïnvloed in `n ongehoorde wyse. Die resultaat was die geestelike dood van baie. Maar dit het sowel ook `n fisiese impak op die Joodse nasie gehad. Toe sommige Jode daarna streef om getrou te bly aan die antieke beginsels, wat oorgelewer was van Adam, Abraham, en Moses, het baie van hulle hulle lewens verloor weens die politieke magte (diere) wat oor Palestina en die destydse bekende wêreld geheers het.

Vyfde Seël

“En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van Yahuwah en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met `n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog `n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood moes word soos hulle, voltallig sou wees.” (Openbaring 6:9-11, OV)

Daar was martelare vir die waarheid al sedert Kaïn `n wrede hand teenoor die regverdige Abel gelig het. Baie van die getroue profete van die Ou Testament het die dood teengekom in die hande van geweldadige manne. Maar die instelling om die waarheid van Christenheid te versprei, het die martelaars skap na `n heeltemal nuwe vlak geneem. Alhoewel die paganistiese Romeine tipies taamlik verdraagsaam en aanneemlik vir verskillende geloofsoortuiginge was, en met verloop van tyd  die reine, apostoliese geloof korrup geraak het, die afsku en vooroordeel van die Romeine vir die Christene gevoel het, net toegeneem en het dit die vervolging drasties laat verskerp.    

Slegter selfs as enige vervolging deur die paganiste, was die vervolging van Christene deur mede-Christene. Die Biskop van Rome het begin as net een leier onder vele, maar namate hy in mag en invloed toegeneem het, was hy daarop uit om steeds meer mense en gebied onder sy beheer te bring. Hy het instemming afgeforseer    ten koste van die opoffering van gewete of die lewe. Net die hemel sal die ontelbare miljoene bekend maak wie hul lewens deur hierdie despotiese mag verloor het ter verdediging van die waarheid.

Die name van hierdie indiwidue mag vir die geskiedenis verlore wees. Geen lewende siel onthou hulle en alles wat hulle gelei het om getrou te bly aan Yahuwah nie. Maar hulle is nie vergeet nie. Hulle name is in die Boek van die Lewe van die Lam geskryf en hulle het `n baie spesiale plek in die hart van die Vader. Die vyfde seël is ingevoeg as `n boodskap van troos aan diegene wiese getuienis met hul bloed verseël is. Selfs te midde van die ondersoekende oordeel, neem Yahuwah tyd om `n boodskap van hoop en vertroosting te stuur. Hulle is nie vergeet nie. Hulle sal vir alles wat hulle op die aarde deurmaak, ryklik beloon word.   

En die belofte is vir die finale generasie, ook. Indien enigeen van ons geroep is om ons getuienis met ons bloed te verseël, kan ons vir seker wees in die wete dat ons ook, onthou sal word en opgewek sal word in die laaste dag.

Isis ter voorbereiding vir onthoofding van Christene op `n strand

Die identiteite van diegene wie hulle lewens gegee het vir die waarheid kan nooit vergeet word nie.
Hulle name is op die palms van die Heiland ingegrafeer.

Sesde Seël

“En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was `n groot aardbewing; en die son het swart geword soos `n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos `n vyeboom wat deur die wind geskud word, sy navye laat afval. En die hemel het weggewyk soos `n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hul plekke versit.

“En die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie  kan bestaan? (Openbaring 6:12-17, OV)

As die seëls eers eenmaal geopen is, duur dit tot aan die einde. Die sesde seël, met sy aanvang in die Lissabon aardbewing in 1755, fokus hoofsaaklik op gebeure geassosieer met die begin van die tyd van die einde en die tyd van benoudheid regdeur tot by die wederkoms. Elkeen van hierdie besonderse gebeure wat die aandag lei na die einde van die wêreld word in hierdie ses verse uiteengelê: 

“Groot aardbewing” -  Die Lissabon aardbewing, November 1, 1755

“Die donker dag” - Mei 19, 1780

Sterrereën uit die Hemel – November 13, 1833

Tot dus ver het die aarde nie soos `n boekrol weggewyk nie, nóg is al die berge en eilande uit hulle plekke versit.” Niemand het in die spelonke gevlug en gesmeek dat die berge op hulle val nie. Dít is alles gebeure wat plaas sal vind met die verskyning van Yahushua tydens die wederkoms. Dit bewys dat die sesde seël sy hoogtepunt teen die wederkoms van Yahushua bereik. 

Die sesde seël is van uiterste belang aan die finale generasie. Elkeen van die eerste vier seëls was slegs twee verse in lengte. Die vyfde seël het oor drie verse gestrek. Maar die gebeure wat plaasvind onder die sesde seël, is veel meer betrokke omdat dit `n impak het op diegene wie tot die einste einde lewe. Baie meer besonderhede word gegee sodat niemand onverhoeds betrap word nie. 

Die Verseëling

Daar is sewe seëls, maar nadat die sesde seël geopen is, word Johannes se aandag elders gevestig. Wat vervolgens aan hom getoon word, verskyn onder die sesde seël omdat die sewende nog nie oopgemaak is nie.

En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind op die aarde of op die see of teen enige boom gewaai het nie. En ek het `n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende Yah; en hy het met `n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse Eloah op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel -- .” (Openbaring 7:1-4, OV)

Dit is waaroor die ondersoekende oordeel gaan!  Diegene wie hul lewens aan die Skepper oorgegee het en toegelaat het dat Hy Sy wet op hulle harte graveer sal vir alle ewigheid verseël word! Hulle is veilig om gered te word. Die verseëling setel hulle in die waarheid.

 “Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was `n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met `n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse Yah wat op die troon sit, en aan die Lam!” (Openbaring 7:9-10, OV) 

Johannes was meegedeel dat die groot menigte deur elke generasie deur gered is, vanaf Adam tot die laaste babatjie wat op aarde eerste lewenslig gesien het.

En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.  

Daarom is hulle voor die troon van Yahuwah en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan.

Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie. En nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie.

Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en Yahuwah sal alle trane van hulle oë afvee. (Openbaring 7:14-17, OV)

Weereens, neem dit die toneel van aksie na die toekoms, wat die suksesvolle, triomfantlike besluit van die ondersoekende oordeel wys. Ontelbare siele sal gered word deur die offergawe van Yahuwah se enigste Seun. Soos lank gelede voorspel, “Hy …sy siel as `n skuldoffer aangebied het, sal hy `n nakroos sien; Hy sal die dae verleng en die welbehae van Yahuwah sal deur Sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van Sy siel sal Hy dit sien en versadig word, deur sy kennis sal My Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” (Jesaja 53:10-11, OV)

Sewende Seël

“En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent `n half uur lank.” (Openbaring 8:1, OV)

Wanneer die sewende seël geopen word verkeer selfs die hemel in stilte en alle aktiwiteite kom tot stilstand. Die gebeure wat in die finale era van die aards geskiedenis afspeel, is so ernstig dat selfs die engele intelligensie met ingehoue asem wag op wat volgende moet gebeur.

Selfs Johannes is met groot afwagting vervul. Wat gaan volgende gebeur? Die antwoord kom:

En ek het die sewe engele gesien wat voor Yahuwah staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.

En `n ander engel het gekom en met `n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor Yahuwah. 

En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas. (Openbaring 8:2-6, OV)

Wat die gebeure ookal mag wees wat volg, hulle is beslis van uiterste belang om die aandag van elkeen in die Hemelse howe só te boei.

En hulle is. Hierdie sombere gebeurtenisse  wat plaas vind nadat die sewende seël oopgemaak is, is alles verwant aan die afeindiging van die lewe soos ons dit hier op aarde ken. Trompetgeskal kondig die koms van die adelikes aan; hulle maak alarm vir gevaar; hulle vestig aandag op aankondigings. Die basuine wat onder die finale seël blaas doen al hierdie dinge. Dit sal die aller ontsagwekkendste gebeurtenis wees wat die wêreld ooit gesien het tot op daardie tyd. Dit is tydens hierdie reeks van gebeure dat Satan sal verskyn, wie die Heiland tot in perfeksie sal naboots

Nog is dit  al. Die sluiting van genade tyd en die sewe laaste plae vind ook tydens die sewende seël plaas. Geen wonder die Hemel was in stilte toe die sewende seël oopgemaak is nie! Die sewende seël, nes die sesde voor dit, eindig met die tweede koms van Yahushua.

Verlossings Versekering

Die seëls beskerm die Boek van die Lewe. Daarom is hulle almal insluitend. Hulle bedek alles vanaf die skepping van Adam, af tot by die wederkoms wanneer die stryd finaal verby is en Yahushua verskyn om Sy eiendom te ontvang. Die meerderheid van die Christene verwerp die leerstelling van die ondersoekende oordeel, maar dit is nou hier! En dit dek menigte hoofstukke in Openbaring. Dit is die mees bespreekte onderwerp in die laaste boek van die Bybel.

Baie mense het die ondersoekende oordeel gevrees. Satan folter hulle met twywel en vergroot hulle onsekerhede. Hy fluister: “Wat as julle nie gereed is nie? Wat as nie elke sonde bely en van bekeer is nie? Wat as jy nie elke sonde kan onthou nie? Jy kan nie erken wat jy nie kan onthou nie!”

Die goeie nuus is dat jou regter is beide jou beste vriend en jou verdedigende advokaat! Eintlik het Hy Sy lewe vir jou gegee! Verder is dit net die antwoorde wat Satan die “vervolgende advokaat” se mond snoer! Dit is `n beeldskone voorstelling in die visioen van Joshua en die Engel. Joshua het die sondes van die volk gedra daarom,  is hy in `n mate, die verpersoonliking van – of was hy simbolies – vir die indiwidu.

Daarna het Hy my Joshua, die hoë priester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van Yahuwah staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.

Toe sê Yahuwah aan die Satan: Mag Yahuwah jou bestraf, o Satan!  Ja, mag Yahuwah, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie `n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?

En Joshua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan.

Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. 

Daarop sê ek: Laat hulle `n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die feesklere aangetrek.” (Sagaria 3:1-5, OV)

Die Engel van Yahuwah verwys na die pre-vleesgeworde Yahushua. In hierdie toneel, is Hy die regter. Satan is die beskuldiger van die broeders. Hy staan aan Joshua se regter kant om hom te beskuldig en stel aan die hof die sondes van Joshua in die slegste moontlike lig voor.  

Diegene wie Yahuwah eer betoon en Sy gebooie hou kom onder die beskuldigings van Satan. Die vyand werk met al sy energie om mense in sonde te lei. Dan pleit hy op grond van hulle sondes uit die verlede, dat hy toegelaat moet word om sy helse wreedheid op hulle as sy eie onderdane uit te oefen. Van hierdie werk het Sagaria geskryf, “Daarna het Hy my Joshua, die hoepriester, laat sien.” -- `n voorstelling van die volk wie die tien gebooie van Yah bewaar – terwyl hy voor die Engel van Yahuwah staan, en die Satan aan die regterhand om hom aan te klae.”

 [Yahushua] is ons Hoë Priester. Satan staan nag en dag voor Hom as die beskuldiger van die broeders. Met sy slinkse mag stel hy elke laakbare kenmerk voor as genoegsame rede vir die onttrekking van [Yahushua] se beskermende mag, en sodoende Satan toelaat om diegene te vernietig en te ontmoedig wie hy veroorsaak het om te sondig. Maar [Yahushua] het versoening gedoen vir elke sondaar. Kan ons deur geloof ons Verdediger hoor sê, “Mag [Yahuwah] jou bestraf, o Satan! Ja, mag [Yahuwah], wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie `n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”

 “En Joshua was bekleed met vuil klere.” So verskyn sondaars voor die vyand wie, deur sy slinkse misleidende mag, baie weg van trou aan [Yah] gelei het. Met bekleding van sonde en skande bedek die vyand diegene wie oorrompel was deur sy versoekinge, en dan sê hy dat dit onregverdig is van [Yahushua] om hulle Lig, hulle Verdediger te wees.9

Maar `n stem maak Satan se beskuldigings stil, en wanneer Hy praat, gehoorsaam almal.

Maar, ellendige, bekeerde sterflinge, hoor die woorde van [Yahushua], en glo soos jy hoor: “Daarop het Hy (die beskuldiging van Satan) aangehef en aan die (engele) wat voor Hom staan gesê: Neem die vuil klere van Hom weg.” (om te doen soos Hy versoek). Ek sal sy oortredinge uitwis. Ek sal sy sondes bedek. Ek sal My geregtigheid aan hom toeskryf. “Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.  

Die vuil kleed is verwyder; want [Yahushua] het gesê, “Ek het jou skuld van jou weggeneem.” Die sonde is verplaas na die onskuldige, die reine, die heilige Seun van [Yah]; en die mens, heeltemal onwaardig, staan voor [Yahuwah] gelouter van alle ongeregtigheid, en beklee met die toegeskrewe geregtigheid van [Yahushua]. O, wat `n verandering van kleed is dit nie!

Maar [Yahushua] doen meer as dit vir hulle: “Daarop sê Ek: Laat hulle `n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom met feesklere aangetrek, terwyl die Engel van [Yahuwah] daarby staan. En die Engel van [Yahuwah] het Joshua plegtig verseker en gesê: So sê [Yahuwah] van die leërskare: As jy in My weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as My voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.”

Dit is die eer wat [Yahuwah] op diegene uitstort wie beklee  is met die kleed van [Yahushua] se geregtigheid. Met sodanige bemoediging soos hierdie, hoe kan die mens nog in sonde voortploeter?10

Die ondersoekende oordeel wat met soveel besonderhede in die seëls gevind word is nie iets om te vrees nie! Dit is Yahuwah se finale geskenk om jou voor te berei vir die Hemel. Ons geregtigheid is soos `n vuil kleed. En daar is nie `n enkele ding  wat jy daaromtrent kan doen nie. Maar Yahushua laat ons nie staan in ons behoeftes nie.

Die vuil klere word verwyder; want [Yahushua] sê: “Ek het jou skuld van jou weggeneem.” (vers 4) Die sonde is oorgedra na die onskuldige, die smettelose, die heilige Seun van [Yah]; en alle mense, almal onwaardig, staan voor [Yahuwah] gereinig van alle ongeregtigheid, en beklee met die toegeskrewe geregtigheid van [Yahushua]. O, wat `n kleed verandering is dit nie!

Hy verwyder elke sonde, en sit Sy kleed van geregtigheid wat in die weeftou van die hemel gedoen is, oor ons….Ons word in die hemelse familie aangeneem, en ons sal die wonings wat vir die gehoorsames voorberei is beërwe.11

Keer vandag terug na jou beste vriend wat jy ooit sal hê. As jy `n volle oorgawe en toewyding maak, sal Hy seker maak dat jy gereed is. Dít is Sy werk, nie joune nie.  As jy nie weet hoe om alles oor te gee nie, vertel Hom daarvan! Laat Hy help. In elke area waar jy hulp nodig het, het Hy met `n eed verklaar om alle hulp wat jy nodig het, te gee.

Keer na Hom met die harts-geroep, “Here, red my! Ek vergaan!”

Hierdie gebed sal altyd `n onmiddelike antwoord kry. Bid dit vandag. Moenie versuim nie. Hy staan gereed, afwagtend, met arms wyd oop om jou te verwelkom.

Biddende paartjie


1 Arizona Daily Star, December 20, 1970, http://tucson.com/pioneer-hotel-fire/article_b0b75412-c5e8-11e5-846f-b7da6b43a579.html.

2 http://www.insidermonkey.com/blog/10-longest-prison-sentences-served-by-an-innocent-man-321799/8/

3 http://www.dailymail.co.uk/news/article-2303620/Louis-Taylor-Innocent-man-convicted-starting-Tucson-hotel-went-In-N-Out-Burger-freed-said-believes-U-S-judicial-best-world.html

4 Eerder as om vir nog twee of drie bykomende jare in die gevangenis deur te bring om sy naam in `n ander verhoor te kry, het Taylor `n pleidooi gekies vir onmiddelike vrystelling. Hy het verduidelik, “Ek wil hulle nie nog `n uur, nog `n minuut gee nie.” (Ibidem)

5 Die naam van die Skepper is Yahuwah. Maar in sy boodskap aan die Grieke het Paulus hulle genader  waar hy hulle kon lei na meer lig. Daarom het hy die woord “Theos” of God gebruik omdat die naam “Yahuwah” geen betekenis vir hulle gehad het nie.

6 E. G. White, Desire of Ages, pp. 637-638.

7 Tikto, #5088, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.

8 Chloros, #5515, Ibidem.

9 Ellen G. White, Manuscript 125, 1901, December 9, 1901.

10 Ibidem

11 Ellen White, That I May Know Him, p. 108.