Die 7 Basuine van Openbaring is op die punt om aangehef te word oor die Aarde met die vinnige opvolging van mekaar. Hierdie ramspoedige gevolge van die aanhef van hierdie Basuine sal in die besonder beleef en ondervind word deur diegene wat in die stede woon. Nodeloos om te vermeld dat dit in die stede is waar ons liefdevolle Vader Yahuwah die meeste vergeet en verontagsaam word, en dit veroorsaak dat die stede broeiplekke word van ongeregtigheid en misdaad.
Yahuwah se gebooie
onderhoudende volgelinge moet vandag die stede verlaat voordat dit ontmoontlik word om die stede te verlaat. Ouers kan dit kwalik
bekostig om hulle kinders nog langer bloot te stel aan die versoekings wat die
stede bied, en wat waarlik ryp geword het vir vernietiging.
Die onvermydelike aanhef van die Basuine sal die sneller wees vir die finale wêreldwye krisis, wat Satan se woede sal verhoog teenoor die volgelinge van Yahuwah. Binnekort sal die koop en verkoop van goedere vir Sy volgelinge ʼn groot probleem wees. Dus, is die wysheid nodig om gehoorsaam te wees aan Yahuwah, en om die stede te verlaat en na die platteland te gaan, waar daar voorsien kan word aan die vir die verbouing van voedsel na elkeen se behoeftes, en kan dit net verontagsaam word ten koste van elkeen se ewige verlies.
Aan Jeremiah was daar vlugtig gewys deur ʼn visioen van die vernietiging van die stede van die wêreld wanneer die Basuine aangehef sal word net voor die einde. Hy was baie ontsteld wat hy in die visioen aanskou het.
“o My ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs! o Mure van my hart! My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu!” (Jeremiah 4 vers 19)
Hy gaan voort:
“Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my tentdoeke in ʼn oomblik. Hoe lank sal ek die banier sien, die basuingeluid hoor?” (Jeremiah 4 verse 19 en 20)
Jeremiah was gevul deur oorweldigende hartseer toe hy aanskou het, oor die geweldige onverskilligheid en ongeërgdheid van Yahuwah se volgelinge hoe hulle op hierdie ernstige waarskuwings ag slaan.
“Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.” (Jeremiah 4 vers 22)
Laat ons noukeurig en met gebed lees oor die
visioen wat Jeremiah aanskou het ten opsigte die omstandighede wat sal heers
gedurende die aanhef van die Basuine:
“Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor Yahuwah, voor sy toorngloed. Want so sê Yahuwah: Die hele land sal ‘n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie. Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie. Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie. En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf—tevergeefs maak jy jou mooi; minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe. Want ek het gehoor ʼn stem soos van een wat inmekaar krimp, ‘n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uit en sê: Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.” (Jeremiah 4 verse 23 tot 31)
Jeremiah het aanskou dat, ” al sy stede was afgebreek” op die tyd toe Yahuwah Sy basuine aangehef het en Sy oordele aangekondig het. Hy het ook aanskou dat “elke stad verlate sou wees, en dat geen mens daarin sal wandel.” In ander woorde, hy het gesien dat die stede verander is in spookstede. Die omstandighede van die oorblywendes wat in die stede oorbly word vergelyk met, “ ʼn benoudheid soos van een wat die eerste keer baar.”
Volgens ʼn ander Ou Testamentiese profesie het, Jesaja verdere besonderhede gegee oor die omstandighede wat heers op die aarde tydens die aanhef van die van die Basuine:
“Huil julle, want die dag van Yahuwah is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt; en hulle is verskrik, kry krampe en weë;
hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan;
hulle gesigte is vlammende gesigte. Kyk, die dag van Yahuwah kom, verskriklik,
met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars
daaruit te verdelg. Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig
nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie
skyn nie. En Ek sal aan die wêreld sy
boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots
van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn
goud, en mense as goud van Ofir. Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die
aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van
die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed. En soos ‘n gemsbok wat gejaag word, en soos
kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe
en elkeen vlug na sy land toe. Elkeen
wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard. En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue
onteer.” (Jesaja 13 verse 6 tot 16)
Volgens hierdie profesie, waarsku Jesaja Yahuwah se volgelinge oor die volgende wat sal plaasvind gedurende die laaste dae:
Die regering van die 7de Koning, Benediktus XVI, was van korte duur, soos voorspel is in Sy Woord. (Lees Openbaring 17 vers 10.) Die opvolg hiervan is dat die Basuine enige oomblik aangehef sal kan word. Dit is waarom die stede NOU dringend verlaat moet word.
Sommige sal die
wysheid bevraagteken om die stede te verlaat.
Hulle mag dit noem dat deur die stede te verlaat dit gelykstaande is as
om op te gee oor die plig om diegene te waarsku en te evangeliseer wat daar
woon. Alhoewel, dat daar onthou moet
word dat die stede gewaarsku moet word deur Yahuwah se volgelinge wat hulle
besoek. Ander mag bekommerd wees oor die
tekortkominge aan middele om die besluit te neem om die stede te verlaat. Diegene wat versoek word om te dink dat hulle
nie in staat is om hierdie stap te neem, moet onthou, dat wanneer daar besluit
om Hom te gehoorsaam, sal daar voorsien word deur ons liefdevolle Vader aan
eindelose maniere om ons in staat te stel, as ons maar net die geloof ten
volle beoefen in Hom.
Ons benodig om die stede spoedig te verlaat, en sonder hartseer of aarseling. Die voorbeeld van Lot se vrou moet altyd voor ons oë in gedagte gehou word. Yahushua het ons vooruit gewaarsku:” Dink aan die vrou van Lot.” (Lukas 17 vers 32) Lot se vrou het ʼn tragiese voorbeeld geword van wat gebeur as jy nie gelukkig en vreugdevol Sy bevel gehoorsaam om te vlug vanaf die stede terwyl dit nog moontlik is.
Onlangs in die vermoënde Japan, was dit nie moontlik om die liggame te veras van die slagoffers van die tsunami en aardbewing as gevolg van beperkte brandstof voorraad. In ʼn vertoning van pragmatisme en van tradisie oor ʼn lang tydperk heen, was slagoffers begrawe in massa grafte, en deur die gebruik te maak van spaanderbord doodskiste, terwyl ander weer in blou plastieksakke begrawe is.
Alhoewel, die Bybel voorspel dat die tyd spoedig sal aanbreek wanneer die dooies gelaat sal word sonder om te begrawe te word:
![]() |
Die voorbeeld van die vrou van Lot moet altyd in ons gedagtes en voor ons oë wees. |
“Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan. 1Want kyk, Yahuwah sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.” (Jesaja 26 verse 20 tot 21.)
“Gaan uit hom uit, (die stede) my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van Yahuwah!” (Jeremiah 51 vers 45)
DIT IS NOU TYD OM DIE STEDE TE VERLAAT!... NOU!