Skrifte stel `n baie spesiale groep mense voor, wie in volle en gewillige gehoorsaamheid, hul goddelike Leier in alle waarhede volg. Hulle staan bekend as: die Seuns van Sadok. Die Hemel beloon hulle vir hul algehele gehoorsaamheid deur hulle te vereer met die kommisie om aan Yahuwah Homself diens te doen! Terwyl andere aan die mense mag diens doen, dien die Seuns van Sadok direk voor Yahuwah en lewe hulle hul lewens te alle tye in direkte kontak met Hom. (Sien Esegiël 44:15.)
Om voor te berei vir die hoë roeping, word
die Seuns van Sadok opgelei in die Hemelse skool. Hul onderwysers is die Engele;
hul teksboeke is die Skrifte en die natuur.Die opvoeding wat hulle ontvang die
opleiding in geregtigheid, kom direk uit die Hemel. Geen aardse instelling is
bevoeg tot die taak van die opleiding van die Seuns van Sadok se hoë en heilige
roeping nie.
Op veertig jarige ouderdom, was Moses `n Egiptiese prins, `n suksesvolle generaal van hul weermag. Hy was oortuig dat hy die Israeliete kon bevry. Yahuwah het anders geweet en hom na die woestyn gestuur. Teen 80 jarige ouderdom, na 40 jaar as `n skaapwagter in die Skool van die Woestyn, het `n nederige Moses nie bevoeg vir die taak gevoel om Israel uit Egipte te lei nie.Toe het Yahuwah finaal geweet dat Moses uiteindelik gereed was. Veertig jaar onder die direkte tutorskap van die hemel, het Moses einde ten laaste gekwalifiseer vir sy groot lewenstaak.
In beide die opleiding wat hulle uit die Hemel ontvang en die aanbidding wat hulle aan die Skepper terug gee, was die Seuns van Sadok dikwels geroep om alleen te staan. Nooit was dit meer waar as nou, aan die einste einde van die tyd nie. Ekklesia wat eens rein was het die waarheid verwerp en is nou besig om dwaal leer te verkondig. Hulle is nie geskikte opleidings-terreine vir die Hemels-uitverkore Seuns van Sadok nie. So was dit vir Elia,wie skuiling gevind het naby die Spruit Krit. Yahuwah het hom daarheen gelei vir sy eie veiligheid. Hy het nie die plaaslike sinagoge op die Sabbat bygewoon nie, maar het in eensaamheid aanbid.
Nadat die spruit opgedroog het, was Elia gelei na die huis van `n nederige, gelowige weduwee waar hy vir drie en `n halwe jaar vertoef het. In hierdie tyd, het Elia steeds nie enige georganiseerde aanbiddingsdienste bygewoon nie. Hy het huis ekklesia met die weduwee en haar seun gehou. Die geestelike waagmoed wat hy só verkry het, het hom voor berei om alleen voor Agab te staan te kom en die 850 profete van Baäl en Asherah op die berg Karmel.
Johannes van Openbaring was ook `n Seun van Sadok wie se eensame aanbidding hom voorberei het vir die magtige werk wat hy vir Yahuwah moes doen. Huis ekklesia is waarlik in die orde van die Seuns van Sadok. Sulke direkte, een met een aanbidding met Yahuwah is wat die Seuns van Sadok voorberei vir hul unieke getroue bediening aan Yahuwah ten tye van die wêreld se afvalligheid.
Almal wie getrou is aan die uitnodiging om uit Babilon te gaan in die volle lig van
die waarheid, sal vind dat aanbidding by die huis onvermydelik is. Die
opleiding wat hulle uit die Hemel ontvang is nie te vinde in die gevalle kerke
nie. Boonop is “kerk” bywoning eenvoudig net vir kameraadskap nie goedgekeur
deur die Skrifte nie. Want Yahuwah het gesê, “Sal twee met mekaar wandel tensy
hulle eers afgespreek het?” (Amos 3:3,
OV)
Almal wie toegewy is om die waarheid te volg ongeag die koste, sal struikelblokke teenkom wat deur Satan ontwerp is om hulle te ontmoedig. Nuwe situasies sal opduik, wat sal veroorsaak dat geloof beoefen moet word. Huis ekklesia kan soms verkeerd voel. Gevoelens van eensaamheid en van “uit gedrywenheid” kan intens wees veral as `n persoon alleen is en niemand anders het om meet te aanbid nie. Dit is maklik om te bevraagteken of huis ekklesia selfs Bybels is of nie.
Verrassend, is huis ekklesia nie net Bybels nie, maar in een uitstaande geval was dit selfs `n aanbeveling.Namate die Ekklesiavan Yahushua gegroei en versprei het was indiwiduele aanbidding in die huise of in stil plekke in die natuur baie algemeen. Filippi was die gewone plek van aanbidding vir die pligsgetroues, langs die rivier. “En op die Sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs die rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaar gekom het.” (Handelinge 16:13, OV)
Waarskynlik, was dit “gebruiklik” vir die getroues om na die stille eensaamheid van die rivier te onttrek vir gebed en aanbidding op die Sabbat.Terwyl hulle daar was het Paulus en Silas vriende gemaak met Lidia, `n purperverkoopster. Sy en haar hele huishouding was gedoop. (Sien Handelinge 16:14-15.)
Deur alle tye heen het die getroues huis ekklesia bedryf. Henog het met Yahuwah gewandel, nie in die stadsgewoel nie, maar deur daarvan te onttrek om Hom in die eensame stiltes te aanbid. Vanaf hierdie geestelike oorde, was Henog versterk om uit te gaan en `n onderwyser van geregtigheid te wees.
Selfs terwyl die kinders van Israel in die woestyn was, het indiwiduele gesinne huis ekklesia gehou! In die begin het Moses `n “tent van samekoms” opgerig waar hy heen kon gaan om met Yahuwah te spreek. Binne `n jaar, het die Israeliete die heiligdom reg voor hulle gehad. Mens sal dink dat hulle almal geroep sal word om `n aanbiddings diens elke sewende dag te hê. Wie beter as Moses om die Sabbat diens te lewer? Maar dit was nie die geval nie! Elkeen was bevel om in hul tente te bly.
Yahuwah het hulle selfs ekstra voedsel verskaf vir die Sabbat sodat elkeen tuis bly tydens die heilige ure.
“Kyk, omdat Yahuwah julle die Sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. So het die volk dan op die sewende dag gerus. (Exodus 16: 29, 30)
Selfs as huis ekklesia `n
noodsaaklikheid vir almal is wie uit Babilon vlug, neem dit tyd om aan te pas
by die nuwe wyse van aanbidding. Een Bybelse belofte waarop almal aanspraak op
kan maak word in Matthéüs 18:20 gevind: “Want waar twee of drie in My Naam
vergader, daar is Ek in hul midde.” Die persoon wie alleen aanbid kan aanspraak
maak op hierdie belofte met net soveel vertroue as `n groep met baie persone.
Die Skrifte leer dat almal wie Yahuwah liefhet aan hulle word `n skutengel
gegee wie oor hulle wag hou en beskerming bied. Dus, selfs die persoon wat
alleen is, is in werklikheid nie alleen nie, maar is met sy of haar beskerm
engel, hulle maak `n ekklesia van twee uit, en daar is Yahushua in hul midde.
`n Paar mense het die geleentheid om met andere te aanbid in klein groepe in huise. Diegene wie geseend is om hul gesinne te hê wie soos hulle glo, aanbid met hul gesinne. Die meeste vind dat hulle heeltemal alleen moet aanbid. Of mens nou in `n semi-formele groep aanbid, met sy eie gesin, of in die kamer alleen, sulke aanbidding is aanvaarbaar aan Yahuwah en Hy sal die aanbidder met oorvloedigheid seën.
Dit is nie kunstige getinte glas vensters wat `n plek heilig maak nie. Dit is nie `n kloktoring op die dak of om omring te wees met baie medegelowiges nie. Die enigste ding wat enige plek ooit heilig maak is die teenwoordigheid van Yahuwah. Die Israeliete was onderrig om die tabernakel net daar in die woestyn sand op te rig. Daar was geen vloer of fondament nie, geen opgehewe platform nie, net die sand. Toe het Yahuwah met Moses gespreek en gesê: “Ook moet hulle vir My `n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.” (Exodus 25:8) Vandag is die Vader en die Seun opsoek na aanbidders wat Hulle sal uitnooi om saammet hulle te vertoef, en waar hulle ookal mag wees, word `n heilige, afgesonderde plek van aanbidding gevind.
Toe die kamp afgebreek was, was daar niks heiligs omtrent die sand waar die tabernakel gestaan het nie. Dit was die teenwoordigheid van Yahuwah wat die tabernakel heilig gemaak het en wat steeds enige plek`n area van heiligheid maak waar aanbidding aan die Skepper geoffer kan word. Die plek van aanbidding mag `n stil area in die natuur wees. Soms kan dit mens se eie kar wees wat langs `n stil meer geparkeer is – of selfs in `n parkeer area! Dikwels moet diegene wie alleen aanbid, so maak in die privaatheid van hul eie slaapkamers.
Waar mens ookal aanbid is heilige grond want Yahuwah het met `n eed belowe om daar te wees.
Aanbidding is slegs die
middel waardeur liefde en bewondering vir die Skepper uitgedruk word. `n
Persoon wie gewoond is aan tradisies en vorme van kerkdienste mag eers voel dat
die stilte van sy of haar slaapkamer nie werklik regtig aanbiddingsvol is nie. Maar
openhartige aanbidding is `n liefdes geskenk. Dit is die oopmaak van die hart
in reine toewyding aan Yahuwah. Dit is sulke aanbidding wat Yahuwah geniet om
te ontvang. Dit is dikwels die geval dat dit makliker is om as enkeling reine
aanbidding te offer, as in `n gemeente van oneerbiedige of selfs uittartende
mense.
Moenie bang wees om alleen uit te tree en `n nuwigheid te probeer nie. “Die Sabbat is gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Sabbat nie.” (Markus 2: 27) Die enigste vereiste is waar en hoe iemand aanbid, dit trek die hart in liefde en dankbaarheid uit aan Yahuwah. Dit kan alleen gedoen word, met jou eie gesin, of met `n groep families.
In die antieke Hebreeuse taal, is die woord van die nommer sewe dieselfde as die werkwoord “om verwonderd te wees” Sodoende sal Genesis 2:2 met hierdie woord ingevoeg, so lees:
En Yahuwah het op die “verwonderd dag” Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die “verwonderd dag” gerus van al Sy werk wat Hy gemaak het. En Yahuwah het die “verwonderd dag” geseën en dit geheilig omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk wat Yahuwah geskape het deur dit te maak.
Kan jy verwonderd wees op die Sabbat dag oor die seëninge in jou lewe? Kan jy oor die verlossingsplan verwonderd wees, dit waardeer en bewonder en die wonderlike beplande bestemming van die verlostes op aarde? Kan jy jou verwonder dat Hy ons só liefhet dat Hy vir ons gesterf het? Die Sabbat dag, die sewende dag, sal aan almal `n vreugde en `n seën wees soos die ure ons besef van die wonderbaarlike vermeerder.
ALLEEN
Die meerderheid mense wat
Babilon verlaat doen dit alleen. Omdat aanbidding `n aktiewe ondervinding is, verg
dit `n bietjie aanpassing om alleen te aanbid.
Daar is baie wyses waarop `n persoon wie alleen aanbid baie ryke Sabbat seëninge kan verkry. Omdat niemand anders se behoeftes of beperkinge in ag geneem hoef te word nie, kan die Sabbats ure in diepe Bybelstudie en gemeenskap met die Vader en die Seun deurgebring word. `n Kompakte Skyfie met lofliedere en godsdienstige musiek kan gespeel en saam mee gesing word vir die seeninge van lofprysinge deur musiek. Nog `n genotvolle wyse om geloof te voed is om `n gebeds en dankseggings boek te hê. `n Eenvoudige notaboekie sal voldoende wees. Maak elke Sabbat aantekeninge van spesifieke gebeds versoeke. Maak dan aantekeninge van die gebede wat beantwoord is en die seeninge wat regdeur die week ontvang is, op die volgende Sabbat - maak dan `n nuwe lys vir die komende week.
Dit is belangrik om spesifiek te wees om aandag te skenk aan wat eintlik voor gevra is sodat wanneer Yahuwah antwoord, kan die seëning erken word en met dankbaarheid beantwoord word. Om te fokus op die positiewe seeninge ontvang is veral van belang vir diegene wie alleen staan. Dit bewerkstellig dankbaarheid en liefde wat weer op hul beurt geloof en vertroue in die Verlosser laat toeneem.
Nog `n genotvolle aktiwiteit is om deel te neem aan die eKursusse van WLK. Lidmaatskap in WLK maak voorsiening vir `n stel boeke wat ryk is aan geestelike lesse. Hulle verskaf goeie onderwerpe om te studeer. Daar is ook WLK artikels wat voedsel verskaf vir bepeinsing en meditasie.
As eensaamheid `n probleem is, reik uit na andere. As daar iemand is aan wie jy getuienis gebring het, is die Sabbat `n wonderlike geleentheid om na hulle uit te ryk in geestelike gemeensaamheid en mededeelsaamheid.
Deur tyd in die natuur te deur te bring is altyd `n belonende ondervinding. Die stem van die Heiland is meer duideliker onderskeidbaar as in enige ander plek. Toe Yahushua op aarde was, het Hy dikwels in die natuur uitgegaan vir een – tot – een gemeensaamheid met Sy Vader. Hy het geweet dat die openhartigste, reinste aanbidding is die siel se indiwiduele gemeenskap met sy Maker. Hierdie ondervinding kan joune ook wees, selfs as jy op jou eie is.
GESINNE
Dit is `n wonderlike seën om
te kan aanbid met mens se hele familie! Om tuis te aanbid bring `n ontsaglike
seëning te weeg omdat die indiwiduele behoeftes dikwels makliker vervul word as
wanneer in `n groot groep aanbid word.
Om saam te sing is `n wonderlike ondervinding. Dit laat die hart na Yahuwah verlang en die meeste kinders hou daarvan om te sing. Die memorisering van woorde deur lofliedere sal vir ewig duur.
Moeders en vaders kan om die beurt die kinders opvoed, met die een wat onderrig gee in die Bybelverhaal, en die ander wie `n storie deel met `n les of `n aanskouingsles uit die natuur wat die gedagtes na die Hemel rig. In die namiddag, is `n gesinsuitstappie in aangename weer `n wonderlike wyse om die aandag van die kinders te trek na die Skepper se liefde in die dinge van die natuur.
Pelgrim se Reise is ook `n aangename ding om te geniet as `n gesin. Dit is ook `n wonderlike wyse om die kinders voordelig besig te hou terwyl die volwassenes hul Bybel studies het. Kinders kan na die diep geestelike lesse van Pelgrim se Reise luister terwyl hulle Bybelstorie prente inkleur.1
Ouers kan hul verhoudings met mekaar en ook met die kinders vertroetel deur saam uit die Bybel en ander godsdienstige, boeke waarhede te studeer.
GROEPE
Diegene wie die geleentheid het om met ander te aanbid nes hulle, is met `n uitsonderlike geleentheid geseën. Die meeste mense wie Babilon verlaat, doen dit dikwels as enkelinge. Baie skryf aan WLK om uit te vind of enigiemand weet van lunar-Sabbat houers in hul area. Om met ander gelowiges te aanbid is `n plesier en `n voorreg. Maar dit is belangrik om die indiwidu se behoeftes van hulle wie betrokke is in gedagte te hou.
`n Groep van 25 sal meer
organisasie benodig as `n enkel gesin. Volwassenes met geen afhanklikes sal
verskillende behoeftes hê as die jeug, wie se behoeftes nie geïgnoreer moet
word nie. Nóg is dit raadsaam om te verwag dat jong kinders vir lang ure moet
stil sit met niks om hulle besig te hou nie, terwyl die volwassenes redeneer bo
die kinders se begripsvermoë. Baie volwassenes mag lang ure van Bybel studie
geniet, maar die behoeftes van die jong kinders en die belange van die jeug
moet ook in oënskyn geneem word.
Waaksaamheid en gebed moet beoefen word sodat die seëninge van `n groep nie ontaard in net nog `n vorm van gewoontelike ekklesia dienste wat die rustigheid van die Sabbat dag beroof nie. Geskikte kort boodskappies kan gegee word, maar moet nie die alleenreg wees van net een persoon nie. Dit sal deeglike beplanning verg om die instelling van `n vasgestelde roetine te voorkom wat net een persoon uitsonder as die mees bevoegde leier. Sulke onbuigsame roetines kan ook die leiding van Yahushua se Gees uitdoof wie dalk iets anders vir die dag in gedagte gehad het.
`n Gemeenskaplike ete na afloop van die hoof aanbiddings diens kan `n wonderlike geleentheid bied vir saam kuier, maar almal sal versigtig moet wees dat die onderwerpe van bespreking moet handel oor geestelike dinge. In die namiddag, kan die jeug op natuur wandel togte geneem word. Hulle kan vir iets soek wat `n aanskouingsles leer om te deel tydens die aand diens.
Of jy nou alleen aanbid, met die gesin of in `n groep, begin die voorbereiding vir die Sabbats seëninge op Dag Een. Moeders en Vaders moet hul krag en energie bewaar sodat wanneer die heilige ure aanbreek, hulle die dag met hul kinders kan spandeer, as om liefs uiltjies te knip, om rus in te haal wat deur die week verloor is.
EBDS
Ons moet weer van oorsaf ontdek dat aanbidding natuurlik vir die Christen is, nes dit vir die. . . [godsvrugtige] Israeliete was wie die Psalms geskryf het, en dat die gewoontes om die majesteit en goedertierenheid van Yahuwah te vier `n eindelose uitvloeisel van dankbaarheid, vreugde en ywer voortbring.2
Dit kan van veel hulp wees in georganiseerde aanbidding om `n uitleg te volg wat die mees belangrikste elemente van aktiewe aanbidding dek. EBDS is die afkorting vir Erkenning, Belydenis, Danksegging, en Smeekbedes. Of mens nou alleen aanbid, of met jou gesin in `n groep, is om dié riglyne te volg, baie tot hulp.
Erkentenis
“Gee aan Yahuwah die eer van Sy Naam, aanbid Yahuwah in heilige sieraad.” (Sien Psalm 29:2.)
Die eerste optrede van
aanbidding, hetsy dit nou in gebed, in sang of in stille meditasie is, is om
Yahuwah te erken vir wie en wat Hy is: die Skepper, die fontein oorsprong
waarvan alle liefde, lewe, kennis en elke seëning ontvang word. Die optrede om
Yahuwah te erken as die middelpunt van alle lewe en liefde gee hoop en geloof
namate ons ook ons verhouding met Hom erken. Hy is die Skepper; ons is Sy
skepsele. Hy is ons Vader; ons is Sy kinders.
Lofliedere kan gesing word; lof psalms kan gelees of daaroor gemediteer word. Bybeltekse wat fokus op die ouerlike liefde van Yahuwah oor Sy kinders sowel as Sy mag en sterkte, is uitstekende wyses om die Heerser van Alles te erken. Vir groeps aanbidding, kan aanskouings lesse wat die Skepper/skepsel verhouding beklemtoon met mekaar gedeel word. Kinders kan verhale vertel word van ouerliefde wat die karakter eienskappe van goddelike liefde demonstreer.
Bely
“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Johannes 1:9
Belydenis is `n belangrike deel van aanbidding. Wanneer die aanbidder sy swakhede bely, word hy geïnspireer om te steun op die Almagtige Een. Die doel van belydenis as deel van die aanbidding, is om die vergewensgesindheid van die Vader te vergroot, nie die sondigheid van ons sondes nie.
Hier moet versigtigheid aan die dag gelê word dat enige openbare belydenis van toepassing is met die tyd, plek en gehoor. Sommige belydenisse moet nooit bekend gemaak word nie omdat hulle meer skade as goed kan doen. Sonde van `n persoonlike en private hoedanigheid moet op indiwiduele wyse en alleen voor Yahuwah gebring word. Hulle moet nie in groeps of in gesinsverband uitgebring word nie. As iemand `n ander te na gekom het, is die tyd om dit reg te stel voordat julle vergader vir aanbidding.
Dit is belangrik dat elke
belydenis in aanbidding aan Yahuwah die mag, sterkte en gewilligheid om te
vergewe moet beklemtoon, liewer as die onbenullige detail van die indiwidu se
sondes. Soms word gasspreker uitgenooi om hul “getuienis” te deel van hoe
Yahuwah hulle uit die lewe van sonde gelei het, tot volle oorgawe aan die
Verlosser. Hierdie persone sal die meerderheid van hul gegewe tyd gebruik om tot
in die fynste besonderheid te gaan aangaande hul sondige lewe uit die verlede
en die slegte dinge wat hulle aangevang het. Met net vyf minute oor, sal hulle
klaar maak deur te sê “Toe het ek alles aan die Heiland oorgegee en alles het
verander.”
Belydenisse van só `n aard neig om Satan te verheerlik, liewers as die mag van Yah. Skrifte leer: “alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is, watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” (Fillipense 4:8, OV)
Enige belydenis wat op die onaardse, die korrupte, die bose fokus – die mag van Satan, steel die fokus van die vergewensgesinde Wet-Gewer en is versekerd nie geskik vir openbare aanbidding nie. Maar belydenis wat lei na ware bekering is dit wat ontspruit uit die behoefte van `n berouvolle hart en sal die gawe van vergifnis van Yahuwah bring, die Heerser van almal.
Danksegging
“Loof Yahuwah want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in alle ewigheid.” (Sien Psalm 106:1.)
Een van die opwindendste
wyses om dank aan Yahuwah te betuig is om die vele maniere te herhaal waarmee
Hy jou vir die afgelope week geseën het. Jong kinders kan gevra word om te
vertel waarvoor hulle dankbaar is. Enkelinge en gesinne kan `n Boek van
Seëninge aanhou waarin hulle die dinge waarvoor hulle dankbaar is neerskryf.
Groter groepe kan enigeen nooi wie wens om iets te sê, om die seëninge te deel
wat hulle deur die week ontvang het.
Hierdie geleentheid om oor die grootheid en die goedertierenheid van die Hemelse Vader te praat moet nooit vernalatig word nie. Dit versterk die geloof van die hoorders om te hoor dat Yahuwah iemand geseën het, want as hulle besef dat Hy dit vir iemand anders gedoen het, Hy dieselfde kan doen vir hulle as daar `n behoefte aan is.
Dit is tyd wat goed gespandeer is en seen sal aan almal gegee word, wanneer gelowiges vergader en hulle spreek van die dankbaarheid en liefde wat hulle vir die Heiland voel. Yahuwah luister na hierdie getuienisse en word daardeur verheerlik.
As Christene saammet mekaar verkeer, en met mekaar gesels oor die liefde van [Yahuwah], en oor die kosbare waarhede van die verlossing, sal hulle eie harte verkwik word, en hulle sal mekaar verkwik. Ons mag daagliks meer van ons Hemelse Vader leer, deur `n frisse ondervinding van Sy genade te verkry; dan sal ons verlang om van Sy liefde te praat, en namate ons dit doen, sal ons eie harte warm en bemoedig word. As ons meer aan [Yahushua] gedink en gepraat het, en minder van onsself, sou ons vér meer van Sy ondervinding gehad het.3
Wanneer `n persoon die tyd neem om woorde van lof te spreek wat die Vader en die Seun verheerlik, word hierdie woorde in die Hemel as skatte bewaar. Gebede van liefde en dankbaarheid is vér meer ongewoon as gebede met versoeke. Wanneer die vurige liefde van die hart uiting vind, word hierdie woorde in die Hemel aangeteken, om deur tyd en ewigheid te staan as `n getuienis van die groot goedertierenheid van Yahuwah.
Toe het die wat Yahuwah vrees met mekaar gespreek; en Yahuwah het dit opgemerk en gehoor, en daar is `n gedenkboek voor Sy aangesig geskrywe vir die wat Yahuwah vrees en Sy Naam eer. En hulle sal My tot `n eiendom wees, sê Yahuwah van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos `n man wat met sy seun medelyde het wat hom dien.” (Sien Maléagi 3:16, 17.)
Wat `n eer om aangehaal te wees in een van die Boeke van die Hemel! Dit is hoeveel jou woorde van lof, liefde, en danksegging van waarde geskat word.
Die woorde waarna. . . [Yahuwah en die engele hulle verlustig om na te luister is woorde van waardering vir die groot geskenk wat aan die wêreld gegee is in die Enig-gebore Seun van . . . [Yahuwah]. Elke woord van lof vir die seëning van lig en waarheid . . . word in die Hemelse rekord boeke aangeteken. Elke woord wat erkenning gee aan die genadige goedertierenheid van ons hemelse Vader in die geskenk van . . . [Yahushua] om ons sondes weg te neem, en om aan ons Sy geregtigheid te gee, is in die Boek van Sy herinnering aangeteken. Sulke getuienisse is “om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig.” 1 Petrus 2:9.4
Lof psalms kan ook gelees word. In gesinne kan elke persoon een vers lees. In groter groepe kan dit saam gelees word as `n verenigde beantwoorde leesstuk.
Almal wie deel neem om hulle ondervinding van Yahuwah se indiwiduele seëninge in hul lewens te deel sal vind dat die getuienis byeenkomste die aangenaamste van al hul geestelike ondervindinge is.
Smeekbede
Gebed is die oop maak van die hart aan . . [Yahuwah] soos aan `n vriend. Nie dat dit nodig is om aan . . .[Yahuwah] bekend te maak wat ons is nie, maar ten einde om ons te bemagtig om Hom te ontvang. Gebed bring nie . . .[Yahuwah] af na ons nie, maar bring ons op na Hom.5
Gebed bring die smeker in
die onmiddelike teenwoordigheid van die Ewig Lewende. So `n onsaglike voorreg
moet nie ligtelik opgeneem word nie. Maar die plek en gehoor moet ook in ag
geneem word tydens openbare aanbidding. Openbare gebed waar een persoon vir `n
lang tyd aaneen praat, en die kinders rusteloos laat en maak dat die
toehoorders se gedagtes dwaal, moet nie toegelaat word nie. Die plek vir lang
gebede is in die privaatheid van mens se eie verborge gebedslewe.
As ideal moet openbare gebed nie langer as twee minute wees nie. As daar `n groot groep is, is een manier vir almal om die seëninge van gebed te ondervind om in kleiner groepies op te breek met drie of vier persone daarin. Dit sal elkeen die geleentheid gee om te bid.
Nog `n manier van gebed, in beide groot groepe sowel as binne die familie sirkel, is om eenparig te bid. Een persoon begin, maar enigiemand anders wie `n behoefte of `n danksegging het kan ook enige tyd iets sê om te deel wat in sy of haar hart is. Selfs die jongste kind kan deel neem deur iets te sê waarvoor hy dankbaar is. Hierdie manier van gebed bring ryke belonings want dit is oop aan die direkte invloed van die Heilige Gees. Iets wat deur een persoon in gebed gevra word bring dikwels `n gedagte te weeg by `n ander persoon. Liewers as om te wag en te wag vir jou kans om te bid, kan `n indruk onmiddelik opgevolg word en die gedagte van die hart uitgedruk word in smeekbedes en danksegging. Afsluiting deur die gebed te herhaal wat Yahushua Sy dissipels geleer het is `n mooi wyse om die groepsgebed mee af te sluit.
Terwyl die outydse gebruik om “eendragtig te volhard in gebed en smekinge” nie meer algemeen gedoen word nie, word dit beoefen deur hulle wie deur Yahuwah gered word in Hy Lei My. Gebed kan vir ure aangehou het, maar niemand was daardeur uitgeput of verveel nie. Om by magte te wees om vry uit te bid en soos gelei deur die Heilige Gees was `n verfrissende ondervinding, die Hemel het nader gekom en die siekes was genees, wonderwerke was gedoen en die dooies was weer tot die lewe opgewek. Probeer die wyse van gebed. Jy sal nooit weer op enige ander wyse in `n groep wil bid nie!
Wanneer `n persoon `n lewens styl keuse maak om `n groep gelowiges te verlaat in `n denominasie of `n kerk groep, kan die emosionele impak byna soos `n egskeiding voel. Die reaksie van voormalige broeders en onsekerheid van hoeom alleen te aanbid, kan saamwerk om `n persoon veroordeeld te laat voel. Dit is alles deel van Satan se pogings om diegene te ontmoedig wie uit Babilon gaan. Deur `n persoon te oorstroom met negatiewe emosies, soek Satan daarna om die persoon van sy besluit te laat afsien en hom sodoende dwing dat hy of sy terugkeer na die bekende – terug na Babilon.
Rus in die versekering van die Vader se liefde vir jou en Sy aanvaarding van jou aanbidding.
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in . . . [Yahushua die Verlosser] is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van . . . [Yahuwah] vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat . . . [Yahuwah] liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. (Romeine 8: 1, 27, 28, OV)
Yahuwah se doel is om gelowiges regoor die wêreld heen te hê, enkelinge of klein groepies, wie Hom op Sy heilige dag sal aanbid ten spyte van beproewinge en veroordeling deur andere.
Gaan in volheid van geloof vorentoe, met geloof dat Hy wie jou geroep het volgens Sy heerlike doel jou aanvaar in die Geliefde. Wanneer jy die oproep om jou Heiland te volg aanvaar om uit Babilon te gaan, wat die koste daaraan verbonde ookal mag wees, verheerlik jy jou Verlosser en is jou aanbidding vir Hom aanvaarbaar.
Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As . . . [YAHUWAH] vir ons is. Wie kan teen ons wees? Hy wat Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
Wie sal beskuldigings inbring teen die uitverkorenes van . . . [Yahuwah]? [Yahuwah] is dit wat regverdig maak! Wie is dit wat veroordeel? Yahushua is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van Yahuwah is, wat ook vir ons intree.
Wie sal ons skei van die liefde van Yahushua – verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Want
ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte ons sal
kan skei van die liefde van Yahuwah wat daar in Yahushua onse Heiland, is nie.
(Sien Romeine 8: 31-39.)
1 Bybel inkleurboeke is by die meeste Christen boek winkels beskikbaar. Gratis inkleur
bladsye kan ook aanlyn gevind word.
Hier volg net `n paar van die baie wat beskikbaar is:
2 J. I. Packer
3 E. G. White, In Heavenly Places, bl. 92.
4 E. G. White, Our Higher Calling, bl. 168.
5 E. G. White, Steps to Christ, bl. 93.