Print

Jesuïete Meesterbreins: Verberging van die Plat Aarde & die Lunar Sabbat!

Die Jesuïete Orde was die meesterbreins agter sommige van die grootste misleidings in die geskiedenis. Toevallighede van datums, doelstelings en agendas verbind hulle aan die wêreldwye, moderne misleiding van `n bolvormige aarde. Noukerige ondersoek van die Skrifte, argeologie en geskiedenis, verbind hulle ook met die laaste bedrog van `n leuen wat oor byna 1,700 jaar strek: die wyd verspreide leuen dat Saterdag die sewende-dag Sabbat van die Bybel is.

Ander leuens spruit uit van hierdie sataniese misleidings:

1. `n Bolvormige aarde, wat deur onsagtlike ruimtes spoed, wat die siel skei van die Skepper, wat die insig van self verminder as gekoesterd en naby aan die Skepper is.

2. Die Gregoriaanse kalender bevorder die leuen dat `n aaneenlopende weeklikse siklus ononderbroke van die Skepping gekom het. Hierdie misleiding is gebaseer op die veronderstelling dat Saterdag die Bybelse Sabbat is, en Sondag die eerste dag van die week en die dag van die Heiland se opstanding moet wees. Hierdie leuen het `n direkte impak op die dag van aanbidding en is dus `n groot bydraende faktor vir die bedrog van die Merk van die Dier.

as above so below

Okkultiese kennis.

Verborge wysheid.

Dit is woorde wat Christene laat sidder. Hulle neig na die duistere kunste. Hulle fluister verbode kennis. Kennis geoes van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad.

`n Algemene sinsnede in die esoteries/okkultiese kunste “soos daarbowe, so ook benede.” Tog openbaar hierdie sinsnede `n geheime kode, `n geheim vir die blote oog sigbaar wat elkeen moet weet.

Soos Daarbowe, So Benede

Die sinsnede van die skets openbaar die modus operandi van die bose. Dit stel die feit bloot dat die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad lewend en florerend is, en biljoene mislei. Waar die slang se leuens ookal versprei het, ook daar, is die wortels van die Boom van Kennis.

Satan se agenda was altyd om die Vader Yahuwah te onttroon. Vir millennia, het hy sy massiewe intellek gebruik om hierdie doelwit te bereik. Skrifte gee verslag van sy hoogmoedige aspirasies:

Hoe het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!

En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel my troon verhef bo die sterre van Yahuwah en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde

Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (Jesaja 14:12-14)

`n Boom groei en lewe nie sonder wortels nie, en die wortels van die Boom van Kennis strek so ver terug as Eden. Dit is sterk en diep gesetel. Daaruit het die ontsaglike, gekompliseerde masjienerie van boosheid gegroei wat verantwoordelik is vir die misleiding van die ganse aarde in Satan se pogings om almal so ver te kry om die Hemel te verbeur.

Trek die Blare af …

Satan is nie `n kind, wie probeer om `n koekie voor aandete te gaps nie. Hy is te slinks om `n sigbare spoor van krummels, wat na die waarheid lei, agter te laat. Sy leuens is bedek met meer leuens: `n algehele sisteem van fabels en verleidings. Valsheid is met mekaar verweef en ondersteun ander valshede. Die einste kompleksiteit gee die leuens `n oppervlakkige standvastigheid.

Die pronkerige vertoon van groenenigheid lok die sintuie en trek die aandag vestand af van die gekompliseerde stelsel van bedrog af wat daaragter skuil. `n Enkele leuen vereis altyd meer leuens om die oorspronklike leuen te ondersteun en te verberg.

Om die waarheid te vind, is dit nodig om terug te werk van wat gesien word, na dit wat nie gesien word nie. Die Boom van Kennis is bedek in aantreklike, afleidende groen lower. Dit is nodig om die kamoeflerende lower-leuens te verwyder, en om die takkies terug te volg na die takke, af tot op die groot stompe, van die kollosale verborge misleiding, wat die Boom van Kennis onder-steun.

Die Jesuïete, die meesterbrein agter die 500-jaar-oue bolvormige aarde sameswering of Plat Aarde verborgenheid, is meesters in die geheimhouding van waarhede onder meervoudige lae leuens. Sedert hulle vroegste bestaan, het die Jesuïete misleiding as deel van hulle instelling gemaak. Hulle is die bron van `n oorweldigende aantal verskeie samesweringe van booshede wat oor generasies heen strek.

Namate kennis vermeerder het, het `n groterwordende wolk van getuienisse hul stem verhef ter verdediging van die waarheid. Sommige het die leuen van `n bolvormige aarde blootgelê. Andere waarsku van die gevare van Big Pharma en die nano-partikels ingebed in die moderne verdowings middels en geneties voorbereide voedsel. Steeds trek ander die gordyn opsy wat die dade van duisternis deur die elite mag wat die wêreld regeer, uitvoer.

Iemand wat aan een kant van die Boom van Kennis staan, wie die gawe van goddelike onderskeiding het om `n bondel leuens raak te sien wat een misleiding wegsteek, kan dikwels nie verstaan dat die leuens ontsyfer deur iemand anders alles deel van dieselfde boom is, metdieselfde misleidende agenda, deur dieselfde groep bedryf .

Vir byna 500 jaar het die Jesuïte saamgewerk met bonatuurlike intelligensie in `n omvangryke sameswering. Hierdie komplot is veel groter as wat enigeen ooit vorrheen besef het. Die Jesuïete was direk betrokke in die uitvoering van die bolvormige aarde leuen. Maar die waarheid omtrent die plat, ingeslote aarde is slegs die nuutste bevordering van waarheid, daar is nog `n Jesuïete leuen wat ook `n direkte verbintenis het op die finale generasie. Dit is binne sig verberg. Dit is iets wat so dikwels as vanselfsprekend beskou word, dat niemand eers oogknip om dit te bevraagteken nie. Maar die ewige lotsbestemming vir menigtes skarnier op die waarhede wat begrawe is onder hierdie enorme bedrog: die Gregoriaanse kalender.

Kalender BedrogJesuïete en Jesuïet-opgeleide priester-ruimtewetenskaplikes het `n groot rol gespeel in die uitvoering van `n valse insig van die aarde(en gevolglik die heelal), so was die Jesuïete die grondleggers van `n bedrog wat die Skepper se ware Sabbat weggesteek het en die aanbidding van die Vader Yahuwah ontspoor het. Die Jesuïete orde is direk verantwoordelik vir vandag se valse sewende dag Sabbat, gevolg deur `n vervalsde opstandings “Sondag”.

Deesdae is die wêreld verenig in die gebruik van die Gregoriaanse kalender vir die siviele berekening van tyd. Maar omdat die mens se lewe gereguleer word deur werk en skool kalenders, is hulle dae van aanbidding, deur versuim, ook beheer deur die Gregoriaanse kalender.

“Die ware stryd in Israel is die stryd oor die kalender: want hy wie die kalender beheer, beheer die geestelike tye van alle lewende siele.”

(https://www.templeinstitute.org/archive/month_adar.htm)

Die idee dat die kalender uitgedink was deur en vir landbouers sodat hulle kan weet wanneer om te saai en wanneer om te oes was lank reeds as vanselfsprekend beskou; dit misluk albei toetse, logika en feitelikheid. Landbouers het nie `n kalender nodig om te weet watter seisoen dit is nie, en die primitiewe gemeenskappe het reggekom om hulle self vir generasies te voed sonder `n kalender.

Die historiese feit is dat die kalender uitgedink was ter ere van die gode. Met ander woorde, die kalender was dus `n godsdienstige uitvindsel. 1

Dit is nog steeds. `n Antieke slagspreek sê: “Hy wie die kalender beheer, regeer die wêreld.” Die Jesuïete Orde, as die argitek van die Gregoriaanse kalender, kontroleer in werklikheid die wêreld se aanbiddings dae. Hulle kontroleer en reguleer die aanbiddingstye van almal wie hul aanbiddingsdae bereken volgens hierdie kalender. Ironies genoeg, omsluit dit al drie die gelowe van Abraham:

  1. Jode aanbid op Saterdag, die sewende-dag van die moderne week;
  2. Katolieke, Ortodoks en die meeste Protestante aanbid op Sondag ter ere van die dag van Christus se opstanding, terwyl sommige Protestante op Saterdag as die sewende-dag Sabbat, aanbid;
  3. Moeslims woon die moskee op Vrydae by vir gebede, wat oorspronklik, eintlik die sewende dag van die week was. (Meer oor dit later.)

Aanbidding word as volg verduidelik: “die handeling van geestelike eerbied aan `n Opperwese; of die eerbied en hulde aan hom in godsdiens beoefening.” 2 Dus, enigeen wie die kalender beheer, beheer (of beoefen gesag of dominerende invloed oor3) aanbidding.

Rooms Katolieke erken openlik dat hierdie universele beheer van aanbiddingstye hulle teken of merk van gesag is:

Dit is `n bedrog wat oop en bloot versteek is omdat dit veronderstel dat Saterdag die sewende dag Sabbat van die Skrifte is en Sondag die dag van Christus se opstanding.

Dit is `n bedrog wat oop en bloot verberg is.

Vir Die Blote Oog

`n Leuen wat oop en bloot verberg is is gewoonlik die mees effektiefste. Dit word nie bevraagteken of krities ondersoek nie. Die bestaan daarvan word eenvoudig as vanselfsprekend aanvaar. Die moderne kalender is een so `n bedrog wat presies dit doen.

Die veronderstelling is gemaak dat omdat tyd onafgebroke is, was die weeklikse siklus altyd aaneenlopend. Deur uitbreiding, word dit veronderstel dat die moderne week op Sondag begin en eindig op Saterdag maar altyd so was.

Dit vereis min soeke om die feite wat die teenstrydigheid van hierdie veronderstelling te ontrafel. Die laaste land wat die Gregoriaanse kalender aangeneem het, was Turkye, in 1927, kort op die hakke van Griekeland, wie dit in 1923 aangeneem het. Maar dit was nie totdat kommunisme in China oorgeneem het na die Tweede Wêreld Oorlog toe die gebruik daarvan universeel geword het nie.4

Nicolaus Copernikus, die Katolieke geleerde wie se teorie oor `n bolvormige aarde gebruik was deur die Jesuïete om hulle eind-tyd agenda te bevorder, was reeds so vroeg as die begin van die sestiende eeu deur `n pouslike kommissie genader. Hulle wou sy siening aangaande die kalender hervorming hê. Aanvanklik het hy die antwoord omsuil.

Copernikus was in 1514 deur die pouslike afvaardiging versoek om sy stellings te verdedig, en sy besluit was, dat die bewegings van die son en die maan nog nie behoorlik bekend was om `n hervorming van kalender te weeg te bring nie. Die afvaardiging moes definitiewe voorstellings maak in die tiende sessie van die raad. Alhoewel dit uitgestel was van 1514 tot 1515, was geen uitsluitsel verkry nie. Na die Lateraanse Raadsitting was merkwaardige vooruitgang gemaak. Copernikus het belowe om met die waarnemings van die son en die maan voort te gaan en het so gedoen vir tien jaar daarna. Die resultate neergestip in sy ewige werk “De Revolutionibus Orbuim Coelestium” (1543) het Erasmus Reinholdt bemagtig om Prutentiese Tabelle uit te werk (Wittenberg, 1554), wat agterna die grondlegging van die Gregoriaanse kalender hervorming was.5

Volgens die Catholic Encyclopedia, was Aloisius Lillus die “hoof argitek” van die Gregoriaanse kalender. Lillus was `n Rooms Katolieke geneesheer en professor van geneeskunde. Sy manuskrip oor kalender hervorming was aan die Roman Curia in 1576 voorgestel, deur sy broer, Antonius. Sy idees was deur sy broer Jesuïete ruimtewetenskaplike-priester, Christopher Clavius, vir die nuwe kalender gebruik. Die kalender self is vernoem na PousGregory XIII. Dit is deur en deur `n pouslike uitvindsel.

Alhoewel die wêreld verenig is in die gebruik van die Gregoriaanse kalender, toe dit in die eerste plek bekend gestel is, was dit oorspronklik wyd verwerp deur die Protestantse lande as `n Katolieke instelling. `n Pouslike bul, Inter Gravissimas, in Feb. 24, 1582, het Katolieke geestelikes beveel om dit te aanvaar en het Katolieke monarge aangeraai om dieselfde te doen. In die tyd, was die enigste wat dit aanvaar het die Katolieke lande van Italië, Spanje, Portugal, Poland en die meeste Franse gebiede. Dit het byna 350 jaar geneem voordat alle lande die pouslike kalender aangeneem het.

Dit moet duidelik verstaan word dat die pouslike kalender in gebruik regdeur die wêreld van vandag `n uitvindsel vir godsdienstige beheer is.

Katolieke erken self: “Die hervorming van die kalender was van meet af verbind met die algemene rade, bv, dié van Nicaea (325), van Constance (1414-1418), van Basel (1431), die Vyfde van die Lateraanse (1512-1517), en dié van Trent (1545-1563).”6

Mense verbind gewoonlik nie godsdienstige onderhouding met ruimte wetenskap nie, maar daar is `n noue band. Vanaf die vroegste tye het die Jesuïete die velde van astronomie en ander naby verwante areas gedomineeer. Selfs die teorie van die Oer Knal was deur die Jesuïet-opgeleide priester, Vader Georges Lemaître, uitgedink. Kennis van ruimte wetenskap was krities vir die Jesuïete om te hê want daarsonder kon hulle nie die kalender hervorm nie omdattyd-afmeting altyd steun op die beweging van die hemel liggamme.

Die Gregoriaanse kalender, nes elke ander vertakking van die Boom van Kennis, was bedink met een primêre motief: om die waarheid te verdoesel en bedrog te pleeg. Dit het meer verbergende, kamoeflerende “lower” voorsien sodat die soeker na waarheid afgelei sou word in hul pogings om waarheid te ontdek.

Die Juliaanse Kalender

Die verskuiwing van die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse word dikwels gebied as onweerlegbare bewys dat Saterdag die Sabbat van die Bybel moet wees. Die rede is bedrieglik eenvoudig. Wanneer die Juliaanse kalender verplaas word met die hersiende Gregoriaanse kalender, het geen dae van die week verlore gegaan nie. Donderdag, 4 Oktober, was deur Vrydag, 15 Oktober gevolg. Net die datums was verander omdat 10 dae uit die kalender weggelaat is. Dis maar al.

Dis `n feit. En uit hierdie feit, is `n foutiewe veronderstelling gemaak: sedert daar geen skeuring in die dae van die week was toe die Gregoriaanse kalender bekend gestel was nie, het die moderne weeklikse Sabbat sedert die Skepping onveranderd gebly. Hierdie intervoeging is nie reg nie maar dit skep `n rookskerm wat die waarheid verberg: die Sabbat, soos onderhou deur patriarge, apostels, en Yahushua, was bereken deur `n ander kalender, met `n anderste weeklikse siklus, wat nie in lyn is met Saterdag as die sewende-dag van die week nie.

Die kalender verandering het oor die 430 jaar gelede plaasgevind. Die gewig van die leuens self het `n kunsmatige gewig van gesag. Dit blyk te bewys dat die veronderstelling van `n aaneenlopende weeklikse siklus onversteurd sedert die Skepping gekom het. Soekers na waarheid verwys na hierdie vloeiende vervanging van die Juliaanse met die Gregoriaanse kalender en dan doen hulle nie verdere navorsing nie.

Maar die Gregoriaanse kalender was net maar nog `n laag van bedrog. Deur hierdie laag weg te skil, ontdek mens ... die post-Niceaanse Juliaanse kalender. Jesuïete ruimtewetenskaplike Christopher Clavius homself het dit erken:

Clavius ...het bevestig dat die Juliaanse kalender gewortel is in suiwer paganisme en hoegenaamd geen band met die Bybel se kalenderbeginsels het nie...In sy boek, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M.Restuti Explicato, stel Clavius bekend toe die Juliaanse kalender die geestelike kalender van die Kerk gemaak is tydens die Raadsitting van Nicene, het die Kerk met opset die Bybelse kalendasie verwerp en instede daarvan paganistiese kalenderbeginsels aangeneem.7

Boonop kan die moderne week, Sondag regdeur tot Saterdag, terug gespeur word, verby die kalender oorplasings van 1582, na die Raadsitting van Nicene. Die week, soos ons dit vandag ken, was in daardie tyd gestandaardiseer.

Die paganistiese name van die planetêre week was vir ewig in die kalender in gebruik onder die sogenaamde Christen nasies. Elke keer wanneer ons na die kalender kyk wat ons voor ons het word ons voortdurende herinner van die amalgamasie van paganisme en Christelikheid wat plaasgevind het as gevolg van die groot godsdienstige afvalligheid....8

Voor die Raadsbesluit van Nicene, was daar gebiedelike verskille omtrent hoe die Juliaanse kalender regdeur die Romeinse Ryk gebruik was. Die planetêre week het nie, soos Christene veronderstel het, van die Jode en die Skeppingsweek gekom nie. Maar wel van die Persiese mistieke godsdienste.

Daar is geen twyfel dat die verspeiding van die Irakese [Persiese] mistisisme `n noemenswaardige deel in die algemene aanvaarding, deur die paganisme, van die week met die Sondag as `n heilige dag gehad het nie. Die name wat ons onbewustelik gebruik, vir die res van die ses dae, het in gebruik gekom in dieselfde era toe Mithraïsme haar dissipels in die Westelike provinsies gewerf het, en mens is nie haastig in die bevestiging van `n verband met toeval tussen haar triomf en die samehangende verskynsel nie.9

Neem notisie dat selfs die moderne week nagespeur kan word na `n paganistiese godsdiens.

Dit lyk asof een of ander geestelike genie wie beheer het oor die paganistiese wêreld dinge so bewimpel het sodat die heidense planetêre week op die regte tyd voorgestel moet word vir die mees populêre Son kultus van alle eeue om sy verskyning te maak en om die dag van die Son as `n dag bo en meer heiliger as die hele res daarvan. Waarlik, dít was nie per toeval nie.10

Teen die tyd toe dit ingelyf was by die Juliaanse kalender, het dit op Saterdag begin (dies Saturnior “dag van Saturnus”) en het dit geëindig op Vrydag (dies Veneris of “dag van Venus”)! Dit was later verander namate Mithraïsme meer volgelinge en invloed onder die vroeë Christene verkry het. “Die voor-afverhewendheid wat aan die dies Solis [dag van die Son] toegeken is het seersekerlik bygedra tot die algemene erkenning van Sondag as `n vakansiedag. Dit is nie omdat die vroeë Europeërs nie `n week gehad het nie, maar omdat die week wat hulle gebruik het, anders was.

Die Mithraïsme wou hê dat die week op Sondag moes begin, ter ere van hulle songod, Mithras. Baie vroeë Christene, het die sewende-daglunar Sabbat bereken volgens die Bybelse kalender, verwerp en begin om ook op Sondag te aanbid. Dit was uitsluitlik gedoen ter herdenking van Yahushua se opstanding op die eerste dag van die week. Tertullian, `n Christen apologeet van die tweede eeu, het probeer om hierdie Christen toegewing aan `n paganistiese aanbiddings dag weg te redeneer, met die stelling:

early Julian Calendar

Hierdie klei brokstukke wys die oorblyfsel van `n vroeë Juliaanse fasti. Doe oorspronklike agt-dae week kan duidelik gesien word soos aangedui deur deur die dae van die week vertoon deur die letters A tot H.

Andere, definitief meer geskoold, dink die Son is die god van die Christene, omdat dit bekend is dat ons na die ooste bid en feestelikhede op die dag van die Son hou. Doen julle minder? Maak die meeste van julle, in aandoening van aanbidding van die hemel liggame, nie beweging met julle lippe in die rigting van die opkomende son nie? Julle is definitief diegene wie ook die Son in die register van die sewe dae ontvang, en wie dit onder die dae verkies. . . .12

Wanneer die kalender teruggewerk word, wanneer die lower van die Boom van Kennis se oorsprong gevind word, openbaar argeologiese bewyse sonder weerga dat die moderne week uit die paganistiese mistieke godsdienste kom. Die Juliaanse kalender het dit nie uit die Bybelse week gekry nie. Die vroeë Juliaanse kalender het `n agt dae week gehad, nie sewe nie. Dit is redelik dat die oorspronklike week op die Juliaanse Kalender `n agt dae week gehad het. Die week op die kalender van die Romeinse Republiek het ook `n agt dae week gehad, en dit was waaraan die Romeine tradisioneel gewoond was.

Die Bybelse Kalender

Die Jode in Yahushua se tyd het nie die agt-dae Juliaanse week vir hulle kalender gebruik nie. Hulle het nog steeds die kalender van Moses gebruik, dieselfde luni-solar kalender wat vanaf die Skepping oorgelewer was. Die Apostels en die vroeë Christene het almal op die sewende dag Sabbat van die Bybelse kalender aanbid, alhoewel sommige Christene teen die tweede eeu genoeg deur Mithraïsme beïnvloed was om op Saterdag of Sondag van die paganistiese, planetêre week te aanbid.

Die verskeidenheid van aanbiddings dae met sommige wie op die sewende dag lunar Sabbat van die Bybel aanbid, andere op Saterdag, nog ander op Sondag, het voortgegaan tot en met die Raadssitting van Nicea. Teen dié tyd, was die antieke kalender opsy gesit vir godsdienstige doelwitte. Die Raad het besluit dat die paganistiese Juliaanse kalender voortaan vir alle godsdienstige aanbidding gebruik sal word. Hierdie eenparige verklaring kon afgedwing word omdat die Raadsitting gerugsteun was deur die keiserlike mag van Konstantyn die Grote.

Joodse geleerdes herken die impak wat Nicea op die antieke Bybelse kalender gehad het. Die Joodse Uitgewers Gemeenskap van Amerika het Hienrich Graetz se monumentale werk, Geskiedenis van die Jode, gepubliseer. In sy verslag aangaande die Raadsitting van Nicea, het Graetz gesê:

“Die Nuwe Maan is steeds, en die Sabbat was oorspronklik, afhanklik van die lunar siklus. . . Oorspronklik was die Nuwe Maan op dieselfde dag gevier as die Sabbat; geleidelik het dit minder belangrik geraak terwyl die Sabbat meer en meer `n dag van godsdiens en menslikheid geword het, van godsdiensige meditasie en instruksie, van vrede en verlustiging vir die siel.”

(Universal Jewish Encyclopedia, p. 410)

By die Raadsitting van Nicene was die laaste band wat Christendom met die hoofstam verbind, afgesny. Die Paasfees was tot op hede vir die grootste gedeelte gevier op dieselfde tyd as die Joodse Pasga, eninderwaarheid op die dae bereken en vasgestel deur die Sanhedrion [Sanhedrin] in Judea vir die viering daarvan; maar in die toekoms sal die viering daarvan heeltemal onafhanklik van die Joodse kalender wees.13

Dit is merkwaardiger as wat baie hedendaagse mense – Joodse leke ingesluit - ooit besef. Die kalender deur Vader Yahuwah tydens die Skepping ingestel het inderdaad `n sewe dae week gehad. Maar die wyse waarop die weke gesirkuleer het, was totaal en al anders.

Die Bybelse kalender, nes alle antieke kalenders wat voor die vloed oorgelewer was, was luni-solar. Dit het beteken dat die maand met die aanskoue van die nuwe maan was. Inderwaarheid was die einste woord “moon” oorspronklik as “moonth” uitgespreek. Die eerste dag van elke maand was `n aanbiddings dag. Die werksweek begin op die tweede van elke maand. Die grootste verskil tussen die kalender van die Skepping en die Juliaanse/Gregoriaanse kalenders is dat die Juliaanse/Gregoriaanse kalenders `n voortdurende weeklikse siklus het. Op die Bybelse kalender, begin die weeklikse siklus maandeliks weer van voor af.

Wortel van die Kwaad

Die penwortel van hierdie massiewe kompleksiteit van boosheid, is beslis “die draak, daardie ou slang, wie die Duiwel, Satan genoem word.” (Openbaring 20:2) Net soos `n boom baie lote het, wat uitspruit van die stam, so ook, die wortel stelsel van `n boom. Inderwaarheid, kan die wortelstelsel baie groot, baie diep, en baie wyd wees, omdat dit die ganske bo-grondse boom wat sigbaar is, ondersteun.

Uitspruitend van die penwortel, die duiwel, is alle nie-menslik, demoniese magte wat met hom saam werk. Uitspruitend van hulle, is `n sekere groep manne, deur demone geïnspireer, wie werk om die Slang se doelwitte te bevorder. Die Bybel verwys na hulle as “Manne van Aansien.” Genesis 6:4 verklaar: “In dié dae was daar reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim by die dogters van die mens ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit was die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.”

tree with roots

Die sigbare boom word altyd ondersteun deur `n onsigbare wortel stelsel.

Hierdie “Manne van Aansien” was nie nederige dienknegte van die Allerheiligste nie. Net die volgende vers gaan voort om te sê: “Toe Yahuwah sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsel wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was.”

Hierdie “Manne van Aansien” is nie nou nooit en was nog nooit, godsvrugtige manne nie. In die algehele aard geskiedenis, word mense nie Manne van Aansien tensy hulle met die magte van die bose saamwerk nie. Manne van Aansien is en word deur Satan bevoordeel en bevorder om sy agenda verder te verhef.

Regdeur die geskiedenis, was hulle die toonaangewers; die manne aan die werkagter die skerms. Hulle was tale name gegee. Hulle was biskoppe, Vrymesselaars; die Illuminati; die Bilderbergers; die Klub van Rome genoem. Hulle was na verwys as “die elite” en, weens die tekort aan `n beter term “die-magte-wat-regeer.” Een van die magtigste en invloedrykste van hierdie groepe Manne van Aansien was die Jesuïete Orde, of anders bekend as die Jesuïete.

Vir byna 500 jaar, het die Jesuïete gearbei ter bevordering van die Slang se agenda. Reg vanaf die begin, was hulle onder die direkte instruksie van demoniese intelligensie deur die “Geestes Inoefeninge” van hulle stigter, Ignatius Layola.

A. Hulle het `n leuen van `n bolvormige aarde in `n uitgestrekte heelal geskep en vir ewig om die wêreld verhoog vir `n finale, eindtyd bedrog op te stel.

B. Hulle het die Gregoriaanse kalender uitgedink om net nog `n ander laag van bedrog by te voeg om die waarheid van die Bybel se kalender en die oorspronklike lunar–solar Sabbat van die Skepping weg te steek. Hulle intensie was om dit so diep te verberg sodat hierdie waarheid nooit ontdek en herstel moet word nie, om almal in slagorde te stel om die Merk van die Dier te ontvang.

Die Manne van Aansien het van die okkultiese bronne geweet wanneer kennis sal vermeerder. Hulle wou die kennis vir hulleself hou. Deur dit van die menigtes weg te hou, het hulle begin met `n veldtog om die intelligensie van die gewone man “te benewel.” Hierdie veldtog het begin met die vorming van die Jesuïete orde op dieselfde tydstip dat goddelike waarhede begin herstel word deur die Protestantse Hervorming. Die Jesuïete word wêreldwyd vir drie dinge onthou: 1) hulle wrede sending ywer; 2) hulle teenwoordigheid in die astronomiese veld; 3) hulle opvoedkundige stelsel.

Die Jesuïete agenda agter beide die bolvormige aarde en `n valse kalender kan onderskei word deur enigeen wie gewillig is om die bewyse te studeer:

Bolvormige Aarde: Oortuiging in `n bolvormige aarde het die fondasie vir die finale bedrog gelê: `n valse Tweede Koms wat bedoel is om die hele aarde te mislei net voor Yahushua se ware Tweede Koms.

Gregoriaanse Kalender: Die ontwerp van die Gregoriaanse kalender binne-in dieselfde eeu waarin die Rooms Katolieke kerk die Jesuïete orde in die lewe geroep het, het die teorie van die bolvormige aarde bevorder, en nog `n laag misleiding opgehoop. Dit het die veronderstelling dat die moderne, aaneenlopende weeklikse siklus altyd bestaan het, verstewig. Sodoende sal enige bewyse wat demonstreer dat Saterdag nie die Sabbat van die Bybel is nie onmiddelik as `n onmoontlikheid verwerp word.

Beide dwalinge is so ferm ingewortel in die algemeen aanvaarde kennis sodat hulle deesdae “algemene kennis” is. Met ander woorde, word dit sonder voorbehoud aanvaar as van selfsprekende feite. Om beide die vorm van die aarde of die veronderstelling dat Saterdag die Bybelse Sabbat is te bevraagteken laat die ondersoeker oop om bespot, belaglik te laat lyk, en verwerp te word. Hierdie belaglikheid sal suiwer druk op enigeen bring wie durf waag om onafhanklike denke te hê. Dit het die netto effek van voorkoming dat die menigtes baat sal vind van die vermeerderende kennis wat die Hemel beskikbaar maak.

Weerhouding van Kennis

Die Jesuïete het deur hulle sendelinge, hulle invloedryke teenwoordigheid in die wetenskaplike wêreld, en hulle skole en universiteite, `n aktiewe rol gespeel in die vorming van die denke van generasies. Wanneer mens die lees, skrywers en meetkundige vaardighede van die gemiddelde graad 8 gegradueerde in Amerika van die 20ste eeu, met die van die bevolking in Amerika deesdae vergelyk, is dit duidelik dat die elite suksesvol was om die mensdom dommer te maak. Die mens se aandag span, hulle bekwaamheid om te fokus, om van oorsaak tot gevolg te redeneer, om aangeleerde konsepte tot hulle lewens toe te pas, is so verminder, dat hulle maklik beïnvloed word deur die magte wat heers.

Die gemiddelde persoon het nie meer die bekwaamheid om stil te sit, en lank genoeg te fokus op `n onderwerp om dit deeglik te ondersoek nie. Hulle word gou vervelig. Die onderwerp sal op sy gesit word voordat dit ooit opgelos is. Min het die bekwaamheid om `n slotsom te vorm gebaseer op die versamelde gewig van bewyse. Nog minder kry dit reg om die nuwe inligting prakties in hulle daaglikse lewenswyse toe te pas in `n impakvolle wyse. Kritiese denke het verlore gegaan en dit ook is deel van die Jesuïete se meesterplan.

Sonder kritiese denke, kyk mense na buite na ander gesagsfigure. Instede daarvan om hulle eie bekwaamhede te vertrou om by `n logiese slotsom uit te kom, draai hulle na gerespekteerde geleerdes, hulle pastore of priesters, selfs hulle staats-beheerde media, om aan hulle te sê wat die waarheid en wat hulle moet glo. Sodoende kan die magte wat heers die die publiek se optrede beheer omdat hulle hulle denke beheer deur die vloeibaarheid van inligting wat toegelaat word om die menigtes te bereik.

Dit is wel verby die tyd om waarheid van dwalinge los te torring. Moenie prooi word van inligtings bevooroordeeldheid nie! Engelse geestelike en filosoof, William Paley het `n korrekte opmerking gemaak: “Daar is `n beginsel wat `n dwarsleêr is teen alle inligting wat bewys teen alle argument is en wat nie kan misluk om `n mens in ewige onkunde te hou nie. Daardie beginsel is minagting voor navorsing.”

William Paley

William Paley, (1743-1805), het verklaar dat: “Die ontrouheid van die Heidense wêreld…is opgeneem is die beginsel wat, volgens my oordeel, die oorsaak sal wees vir die kragteloosheid van enige argument , of enige bewys wat ook al, bv. vooroordeel voor ondersoek.”
(A View of the Evidences of Christianity: In Three Parts)

Deur `n openhartigheid te hê beteken dat jy gewillig is om te aanvaar watter slotsom die Heilige Gees ookal aan jou openbaar as waarheid, ongeag wat dit is. Dit is onmoontlik om by waarheid uit te kom as jy begin studeer om te soek vir bewyse om die nuwe idee verkeerd te bewys. Dit mag verkeerd wees. Aan die ander kant, mag dit net volmaak reg wees! Moenie jou denke bevooroordeeld maak en jou navorsing buig deur te probeer om dit verkeerd te bewys voordat jy weet wat alle bewyse openbaar nie.

Wees nie bevrees om vrae te vra nie. Vader Yahuwah het die menslike brein geskep om logies te dink. Hy nooi jou: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak.” (Jesaja 1:18) Dit mag vreesaanjaend wees om mens se verstand oop te stel vir die aanvaarding van die moontlikheid dat wat jy as die waarheid gesien het, inderdaad dwaling is. Maar nietemin het Vader Yahuwah plegtig belowe om dit wat aan Sy sorg toevertrou is, veilig te bewaar. Die woorde van die apostel Paulus kan `n getuienis wees aan almal wie hulle siele aan die sorg van die Vader se veilige bewaring toevertrou: “Want ek weet in wie ek geglo het, en en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.” (2 Timótheüs 1:12, OV)

Omdat die finale toets oor aanbidding gaan, is dit lewensbelangrik om kennis te hê van die korrekte aanbiddingsdag. Om die regte aanbiddingsdag te bereken, is dit nodig om die regte kalender te gebruik. As julle net die outoriteite verander, (byvoorbeeld van `n Rooms Katolieke priester na `n Protestantse pastoor) kan jy weereens op `n dwaal gelei word. Geestelike leiers wie se salaris tjek van `n godsdienstige organisasie getrek word wat leer dat aanbidding op Saterdag of Sondag van die Gregoriaanse kalender is, het `n gevestigde belang om die tradisionele teologie te behou.

Om net outoriteit te verander is nie genoeg nie. Jy moet vir jouselfna die bron van alle kennis, die Skepper, gaan. Vertrou op Hom om jou alle waarhede te leer namate die winde van waarheid en leuen in stormsterkte rondom jou siel waai.

Die Jesuïete is die moderne Manne van Aansien. Met bonatuurlike intelligensie, het hulle twee van die grootste misleidings ooit vir ewig oor die mensdom: `n geloofsoortuiging in `n bolvormige aarde; en die veronderstelling dat Saterdag die Bybelse Sabbat is en Sondag die dag van Yahushua se opstanding. Albei hierdie geloofsoortuiginge is gevaarlike dwalinge want albei stel die wêreld in slagorde om die Merk van die Dier te aanvaar.

Kennis wat Vermeerder

Onder die laaste woorde aan Daniël gespreek, was die belofte:”En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe: baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.” (Daniël 12: 4) Christene vertolk onveranderlik hierdie vers as die verbeterde tegnologie. Dit is seker dat tegnologie eksponenteel oor die laaste 120 jaar verbeter het.

Maar die vermeerdering van kennis wat aan die finale generasie gegee word is ver meer besonders as die blote tegnologie. Hierdie vermeerdering van kennis verwys na die ontbloting van al die leuens wat as waarheid geleer was.

Die derde hoofstuk van Joël verwys na die gevolge wat hierdie vermeerdering van kennis het: elke persoon op aarde het `n keuse om te maak voor die finale oordeel.

Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, Yahuwah, daarheen aftrek!

Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.

Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die parskuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van Yahuwah in die dal van beslissing! (Joël 3:11-14, OV.)

Vandag is menigtes in die vallei van beslissing. Die wetenskap en georganiseerde godsdiens was albei gebou op menige lae leuens. Die groot dag van Yahuwah is voor die deur en elke persoon wie deesdae lewe word deur `n besluit in die gesig gestaar: “ Volg ek ongerieflike waarheid? Of houvas ek aan gemaklike leuens? “Onthou: deur nie waarheid te weet nie verander nie die werklikheid van wat waarheid is nie.

Om die waarheid ongeag die koste daarvan te volg verg opoffering. Dit benodig toewyding. Om ongewilde waarheid te aanvaar stel mens bloot aan bespotting deur diegene wie vasklou aan die leuen. Dit kan selfs `n impak op mens se werk en selfs jou huwelik hê. Dit is `n besluit wat elke persoon hier op aarde raak: Die waarheid? Of die leuen?

Die leuen blyk gemaklik te wees. Aanneemlik. Weelderig. Dit is die fundamentele insig waarop ander geloofsoortuiginge gebou is. Maar nou, met die waarheid wat herstel word, met vermeerdering van kennis, is dit van lewensbelang vir elkeen se lot om die leuens openbaar te maak en om die waarheid te aanvaar, maak nie saak hoe verspot dit is, of wat die impak daarvan op jou lewe is nie.

Aanvaar die waarheid ongeag die koste daarvan. `n Ewige gewig van vreugde wag op almal wie hulle voorafopgestelde idees opgee en Yahuwah volg waarheen Hy hulle ookal mag heen lei in Sy waarheid.

Following the Truth

 


1 Zecharia Sitchin, When Time Began, Santa Fe, New Mexico: Bear & Co., Publ., 1994, klem verskaf.

2 Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 ed. Klem verskaf

3 Sien The American Heritage Dictionary of the English Language, 4de Uitgawe.

4 In 1912, I Januarie het China die Gregoriaanse Kalender aangeneem. Maar kort daarna het China in politieke onrus verval met verskeie dele van die land wat verskillende kalenders gebruik. Dit was nie totdat die Volks Republiek van China in 1949 gestig was, dat daar `n eenstemmige gebruik van die Gregoriaanse kalender sisteem was nie.

5 http://www.newadvent.org/cathen/09247c.htm

6 Ibidem

7 eLaine Vornholt & Laura Lee Vornholt-Jones, “ ‘Continuous Weekly Cycle Theory’ Proven False By Julian Calendar.”

8 R. L. Odom, Sunday in Roman Pganism, bl. 202.

9 Franz Cumont, Textes et Monumnets Figures Relatifs aux Mysteres de Mithra, (Brussels: H. Lamertin, 1899), Deel 1, bl. 122.

10 Odom, bl. 157

11 Franz Cumont, Astrology and Religion among the Greeks and Romans, bl. 163.

12 Tertullian, Ad Nationes, Boek 1, Hoofstuk 13, in J. P. Migne, Patrialogiae Latinae Cursus Completus, (Parys, 1844-1855) Deel 1, kolomme 369-372.

13 Sien Heinrich Greatz, History of the Jews, Deel II, bls. 563-564, klem verskaf.