Print

Staats Beheerde Kerke: Die 501c3 Misleiding

Kerke en godsdienstige organisasies wat regerings gesag aanvaar vir finansiële voordeel, vir toestemming om te vergader, ens., word dan deur die staat beheer. Hulle word dan konstante werktuie van die regering, in die uitvoering van die agendas van die heersers en in die verspreiding van staats propaganda. Kerk lede self vereis dikwels dat hul kerk staats erkenning verkry sodat hulle tiende en offergawes van hulle persoonlike inkomste belasting verslae verhaal kan word.

Die klassifikasie501(c)(3) is `n belastings vrywarings status vir godsdienstige en liefdadigheids organisasies in die Verenigde State. Alhoewel hierdie artikel herhaaldelik verwys na hierdie spesifieke klassifikasie, strek hierdie waarskuwing oor verskeie internasionale grense heen. Enige godsdienstige organinsasie wie as sulks deur die nasionale regering erkenning geniet kom onder die beheer van daardie regering. Dit is dan `n arm van die staat en moet voldoen aan regerings beleid of dan die verlangde erkenning verbeur.

In Augustus, 2007, het KSLA Nuus 12 uit Shreveport, Arizona, berig gelewer oor `n skokkende nuwe taktiek deur die regering van die Verenigde State gebruik in sy volhoudende uitwissing van die V.S. Konstitusie. Dit was berig dat die regering pastore en godsdienstige leiers opgelei het om die bevolking te beïnvloed om toegewings te maak aan regerings eise, met die verklaring: “KSLA Nuus 12 het ontdek dat [in die geval van `n ramp] die geestelikes die regering moet bystaan met hulle potensieël grootste probleem: Ons,”1

man holding American flag and BibleDie Verenigde State was gestig met die uitsluitlike doel om `n land te wees sonder `n koning en die vryheid van die kerk te verseker sonder `n pous. Gevolglik was die “skeiding tussen kerk en staat” vir `n lang tyd `n regerende beginsel van wette en beleid binne in die V.S. Dit is uitermate bewonderenswaardig dat die regering uitreik na die geestelike leiers in `n poging om die burgers te beheer. Openbaring 13 waarsku teen `n despotiese mag wat daarop uit sal wees om sy eie agenda oor die hele wêreld af te dwing:

En dit is hom gegee om `n gees aan die dier en sy beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat, en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe, `n merk op hul regterhand en hul voorhoofde gegee word;

Sodat niemand kan koop en verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. (Openbaring 13:15-17)

Dit is `n saak van ernstige kommer dat die VSA alreeds die geestelike leiers gebruik om die bevolking te beheer. Dr. Durell Tuberville, die kapelaan vir die Shreveport Brandbestrydings Departement en die Caddo Sherriff se Kantoor. Met die vraag aan hom gestel hoe die geestelikes van verskeie denominasies met die regering sal saamwerk in tye van krisis, het Tuberville gesê: “Die primêre ding wat ons aan almal vertel is, ‘laat ons met mekaar saamwerk en hierdie ding afhandel en dan sal ons die verskille besleg wanneer die krisis verby is.’”2 Sulke klem op inter-denominasionale eenvormigheid en toegewings aan regeringsagendas is `n gevaar aan indiwiduele kerke wat dikwels teologiese geloofbelydenisse het wat teenstrydig is met morele liberale wette en korrupte politiekery.

Pastor preaching in front of church congregationMense sien gewoonlik op na hul geestelike leiers. Dit is diep in die verstande van die gemeente ingeprent om hul pastore, priesters of rabbi te vertrou. Kerke het altyd `n hoë waarde geheg aan hul kenmerkende belydenis. Dit is `n hoof oorsaak waarom so baie denominasies sonder Christelikheid bestaan. Maar wanneer geestelike leiers begin om regerings agendas te verdedig, word veskille doelbewus oor die hoof gesien. Toegewings, selfs ten koste van die waarheid, word meer belangriker as godsdienstige indiwidualiteit.

Die argument wat geestelike leiers aangesê word om aan hul gemeente lede te vertel, is gebaseer op `n verkeerdelike insig van Romeine 13. “Laat elkeen hom onderwerp aan die regerende magte, want daar is nie `n regering behalwe dit wat God gestig het nie. Die regerings wat bestaan was deur God ingestel.” (Romeine 13:1, New International Version)3 Volgens Dave Hodgens van The Common Sense Show, “was `n geraamde 28,000 pastore gewerf deur FEMA/DHS, as deel van dieGeestelike Respons Span, en . . . hul eintlike en hoofopleiding was om hul kudde te vertel om die DBV [Departement van Binnelandse Veiligheid] se weergawe van Romeine 13:1 te gehoorsaam.”4 Hierdie verkeerdelike insig van Romeine 13 maak die pastore stil op sekere lewensbelangrike sake deur te redeneer dat omdat Yahuwah die regering aangestel het, moet elke ding wat die regering sê of ondersteun word.

Die eens afsonderlike kerk van die Verenigde State het aan die regering verloof geraak. Hulle kan nou gedwing word om regerings propaganda te versprei – dit wat teenstrydig is met hul denominasionele morele standaarde. In Oktober, 2014 het die stad van Houston, Texas hof bevele teen 5 pastore verkry wat hul kerklede bemoedig het om politieke optrede te neem teen die Houston Gelyke Regte Instelling. Hierdie wetgewing verskaf burgerlike beskerming aan homoseksueles, biseksueles, en dubbelslagtige transseksuele burgers. Die hofbevele was uitermate breedvoerig. Hulle het vereis dat alle preke, toesprake , en korrespondensie (insluitende privaat teks boodskappe) wat met die wetgewing te doen het, die petisie daarteen, homoseksualiteit, gelags aangeleenthede en die Burgermeester, Annise Parker. Hierdie bevele het nie net materiaal wat deur die pastore voorgelê was nie, maar het enigiets deur hulle hersien of goedgekeur deur hulle of wat selfs in hul besit was, ingesluit.5

Ted Starnes, Fox News Verslaggewer het opgelet dat daar `n broeiende “stryd oor godsdienstige vryheid in Houston, Texas was.”6 In dieselfde verslag, het Starnes `n mening deur Parker op Tweeter gedeel waarin sy verklaar dat sou die pastore politieke onderwerpe preek, het die stad enige reg vir al die materiaal waarna `n versoek gerig is, om die vrystelling daarvan te vereis.

So afskuwelik as wat dit mag klink, was Burgermeester Parker reg as hierdie pastore vir kerke werk wat ingelyf is as 501(c)(3) entiteite, waarvan die meeste kerke in die VSA deel is. Die eens groot beginsel van “skeiding van kerk en staat” is uitgewis. Ware godsdienstige vryheid was vernietig deur die liefde vir een ding: geld.

Sluipende Regeerbaarheid

Geld is mag. Yahushua het dit herken met Sy stelling: “Geen mens kan twee meesters dien nie: want hy sal of die een haat, en lief wees vir die ander, of anders sal hy steun op die een, en die ander verag. Julle kan die [Yahuwah] en rykdom dien nie.” (Matthéüs 6:24, 1599 Geneva Bybel)

Kerke was bedrieg en verlei in vrywillige onderwerping aan regerings oorheersing. In 1954, het die destydse-Senator Lyndon B. Johnson belastings vrystellings status as `n “guns” aan die kerke voorgeskiet. Al wat hulle moes doen was om `n regerings vorm, die 501(c)(3), in te vul, wat hulle organisasie as `n kerk verklaar.

Dit was `n Trojaanse perd. Volgens die wet was kerke in elk geval belastingvry! Die Interne Inkomste Dienste (IID) is die agentskap wat belasting vorder vir die federale regering van die Verenigde State. Een IRS agent, Peter Kershaw het geskryf:

offering plateEk is nie die enigste IRS werknemer wie verwonderd was waarom kerke na die regering gaan en soek vir toestemming om belastingvry te wees van `n opgawe wat hulle nie hoef te betaal om mee te begin nie, en om te soek vir belastings opgaaf status wat hulle altyd in elk geval gehad het. Baie van ons was verwonderd oor hoe kerk leiers gereguleer en gekontroleer wou wees deur `n regerings agentskap waarvoor die meeste Amerikaners gebid het dit net uit hul lewens verdwyn. Kerke is in `n verbasende unieke posisie, maar dit wil voorkom asof hulle nie merk of die implikasies waardeer van wat dit sou beteken om vry te wees van regerings beheer nie.7

Belastingvrye status was die verleidende hoer om kerke te verlei in vrywillige oorgawe aan regerings beheer oor wat en wat hulle nie mag sê nie. Om hulle amptelike belasting vrye status te behou, mag die kerke nie sekere dinge teenoor die regering sê of selfs sekere dinge leer wat in konflik met regerings beleid is nie. As hulle so sou maak, kan hulle 501(c)(3) status teruggetrek word en hulle lede sal nie meer bevoeg wees om hulle tiendes en offergawes van hul persoonlike inkomste belastings af te trek nie. Dit het tot gevolg dat minder bydrae vir die ondersteuning van die kerk gegee word. Godsdienstige organisasies wat die lisensies of een of ander vorm van herkenning van die staat aanvaar, of soos in die geval van die VSA, aansoek doen vir 501(c)(3) status, plaas hulle gewilliglik onder die jurisduksie van die staat. Die aanvaarding van regerings erkenning of 501(c)(3) status maak `n vrywillige oorgawe aan staatsreg om aan die kerk voor te skryf waaroor dit kan en nie kan preek nie.

Kerke wie weier om toegewings te maak aan regerings vereistes se 501(c)(3) word herroep. Belastings vrystelling status is van lewensbelang vir kerkleiers omdat daarsonder, sal die meeste van hulle lede nie langer geld ter ondersteuning van die kerk gee nie.

`n Voorbeeld hiervan het plaasgevind toe die Kongres vir Swart Koukus Groepe `n konferensie gehou het om advies aan swart kerke te gee oor hoe om op te tree met die opkoms van stem ID wette om te help in die stem vir Barak Obama, die VSA se eerste swart president. Kongresverteenwoordiger, Emanuel Cleaver, President van die Kongresionele Swart Koukus, het van die kongres gepraat, en aan `n MSNBC nuusverslaggewer verduidelik:

man receiving legal advice from a lawyerOns sal verteenwoordigers van nege denominasies wie as pastore dien in `n gemeenskap van in die omgewing van omtrent 10 miljoen mense dien, en ons sal, eerstens, hulle met die inligting voorsien wat hulle moet weet omtrent wat hulle kan sê en wat hulle nie kan sê, in die kerk wat hulle 501(c)(3) status met die IRS, kan skend, nie. Inderwaarheid sal ons selfs die IRS Administrateur daar hê, ons sal die Prokureur Generaal, Eric Holder, daar hê, ons sal die regters organisasie van regoor die land daar hê, die ACLU [American Civil Liberties Union]- wie almal aan die predikers leiding sal gee oor wat hulle kan en nie kan doen nie.8

Wanneer `n regering `n lisensie vir enigiets uitreik, is in daardie einste optrede die reg vervat van daardie regering om daardie lisensie en die toestemming vir watter handeling ookal in die lisensie gedek is, te verwyder en te herroep. Die mag om vergunnings te maak en die mag om te ontneem. As `n regering nie `n lisensie vir iets uitreik nie, is dit te verstane dat die indiwidu nie regerings toestemming nodig het vir daardie aktiwiteit nie en daarom, het die regering nie enige gesag in daardie area nie. Dit is verkeerd dat `n kerk hul teologie of `n indiwidu sy gewete aan die regering onderwerp net om geld te spaar.

Die apostel Paulus het gewaarsku om nie aan dieselfde juk te trek as ongelowiges nie.

Moenie aan dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? (2 Korinthiërs 6:14-15)

`n Godsdienstige organisasie word `n korporatiewe entiteit onder die regulasies van die regering wanneer dit 501(c)(3) status aanvaar of staats erkening as `n gelisensieerde kerk verwelkom. Om regerings erkenning te aanvaar laat regerings insypel toe wat, onveranderbaar, sal eindig in die beleid van die kerk of organisasie wat sulke erkenning van die regering aanvaar. Tydens die Koue Oorlog, het die kerkleiersen die satelietstate van die Sowjet Unie nie net hul leerstellinge verander om nie aanstoot aan die regering te gee nie, maar het so ver gegaan as om mede Christene aan die owerhede te verraai. Nog minder het dit tot `n einde gekom met die val van die Yster Gordyn. Dit leef steeds voort in `n meerdere of mindere mate waar die staat ookal heerskappy van die kerk uitoefen.

Die oorgrootte meerderheid van die denominasionale kerke, godsdienstige organisasies en liefdadigheidsinstellings in die Verenigde State is eintlik koöperasies wat 501(c)(3) belatingvrywaring status geniet. In Amos 3:3, vra Yahuwah: “Sal twee met mekaar wandel tensy hulleeers afgesprek het?”

Om aan regerings oorsig onderworpe te wees, is om aan regerings heerskappy oor te gee.

Wanneer `n kerk die 501(c)(3) status aanvaar, daardie kerk:

judge signing courtroom documentSulke kerke is nie meer langer onder die leierskap van Yahushua nie, maar onder `n nuwe meester: die staat. Hulle ontvang hulle leieding en direksies van die staat, nie uit die woord van Yahuwah nie. Tensy daar enige twyfel bestaan dat die regering se bestemde doel is om beheer uit te oefen oor die teologie van die geïnkorpereerde kerke, moet mens maar net Bob James Universiteit vs. Verenigde State (461 V.S. 547) ondersoek. In hierdie uitslag, het die VS Hoër Hof die regering se bestemde doelstelling vir die 501c3 bekend gestel.

Die Hof verklaar dat `n belastingvrye organisasie (een wat `n 501c3 geword het) moet “bewysbaar dien en in harmonie wees met die openbare belang wees,” moet `n oogmerk hê wat ooreenstem met “die gewone gemeenskaps gewete,” en moet nie optree in `n wyse “versekerd teenstrydig met die verklaarde mening van die totale Regering nie.” Deur dit op te som, impliseer hierdie sinsnedes dat die hoof funksie van die belastingsvrye organisasie moet handel in die plek van die Regering in die uitvoering van regerings goedgekeurde beleidsrigtings.10

Onderwerping aan die Staat vir Geldelike Gewin

Kerke heg meer waarde aan hul amptelike 501 (c)(3) status as in die waarheid sso deur die Bybel voorgestel. As daar geen ander rede was nie, sou dit alleen voldoende gewees het om hierdie organisasies te identifiseer as sinagoges van Satan. Maar dar is meer. As `n kerk `n koöp vorm as `n 501(c)(3) entiteit met die regering, stem dit in om gebonde te wees aan al die reëls en wette wat 501(c)(3) koöperasies beheer!

`n Kerk wat `n 501(c)(3) aansoek gerig het het daartoe ingestem om sy Konstitusionele reg om geloof te beoefen sonder regerings inmenging, te laat vaar.

. . . `n Kerk wat skanse rondom haarself opgebou het deur 501c3 maatstawwe het ingestem om [Yahuwah] se wette te verlaag ter voordeel van private siviele wette. Byvoorbeeld, deur instemming om nie uit te praat en om `n veldtog teen morele korrupte politici te voer nie. Hulle doen dit vir die rede om `n belastingsvrywaring te ‘geniet’ waarteen hulle in elk geval in die eerste plek immuun teen was. . . .11

Dit was om hierdie rede dat Wêreld se Laaste Kans besig was om alle getroue gelowiges gedring het om uit alle georganiseerde godsdienste te vlug. Ongeag van die hoeveelheid waarheid wat elke indiwiduele kerk het, is dit waarheid wat met dwaalleer gemeng is. Yah se ware en getroue volgelinge sal niks met Babilon te doen wil hê nie.

IRS Website

Maar daar moet nie van die veronderstelling uit gegaan word, dat al die blaam op `n handjie vol kerkleiers aan die topstrukture van elke denominasie rus nie. Indiwiduele kerklede is net so skuldig as die leiers, want dit is dikwels omdat die lede self die druk op die kerkleiers plaas om `n korporasie as 501c3 entiteit te vorm. Weereens is die motivering suiwer finansiëel. Alhoewel kerke tegnies belasting vry is, kan die lede se skenkings in tiendes en offergawe nie verhaal word van hul persoonlike inkomste belasting verslae nie tensy hulle bewys kan lewer tot die bevrediging van die IRS dat hulle liefdadigheids skenkings gegee is aan `n wettige kerk.

Alhoewel daar geen vereiste is om so te maak nie, soek baie kerke erkenning vir vrywarings status van die IRS want sulke erkenning verseker kerkleiers, lede en medewerkers dat die kerk erken word as belastingvry en kwalifiseer vir verwante belastings voordele.Byvoorbeeld, medewerkers aan `n kerk wat erken is as belastings vry sal weet dat hul gawes belasbaar is.

Ongelukkig, waarheid word geoffer op die altaar van persoonlike winsbejag.

Dit is `n lewensbelangrike kwessie aan die laaste generasie. “Want wat sal dit die mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal die mens gee as losprys vir sy siel?” (Markus 8:36, 37) Alle georganiseerde godsdienste wat onderwerp is aan die regering vir finansiële gewin of wêreldse sekuriteit is `n deel van Babilon en sal, op hul beurt, vervolgende magte raak soos in profesie uitgebeeld. Aan Johannes van Openbaring was `n dier gewys waarop `n “groot hoer” op sit.

En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand `n goue beker gehad,vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

En op haar hoof was `n naam geskrywe: Verborgenheid, Die Groot Babilon, Die Moeder Van Die Hoere En Die Gruwels Van Die Aarde.

En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Yahushua. (Openbaring 17:4-6)

“Hoerery” is die samevoeging van dit wat nie wetlik is volgens die wet van Yahuwah nie. Godsdiens as bedmaat van die regering is owerspel. Yah se volk sal nie lede van sulke organisasies wees nie.


Babilon het Geval: Kom uit haar uit My Volgelinge!

Dit het geval, dit het geval, Babilon daardie groot stad, en het die woonplek van duiwels geword, en `n versamel plek van allerhande bose geeste, en `n hok van allerhande onreine en haatlike voëls.

Want alle nasies het dronk geword van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde het met haar hoerery bedrywe, en die handelaars van die aarde het ryk geword uit die oorvloed van haar plesiere. En ek het `n ander stem uit die hemel hoor sê, Gaan uit haar uit, my volk, dat julle nie deel van haar sonde mag hê nie, en dat julle nie van haar plae mag ontvang nie:

Want haar sonde het tot aan die hemel gereik, en [Yahuwah] het haar ongeregtighede onthou. (Openbaring 18:2-5, 1599 Geneva Bybel)

 


 Verwante Inhoud:


1 http://www.ksla.com/story/6937987/homeland-security-enlists-clergy-to-quell-public-unrest-if-martial-law-ever-declared

2 Ibidem

3 Die NV gedeelte is hier woord vir woord aangehaal omdat hierdie gekorrupteerde vertaling dikwels gebruik word om `n dwaallerende interpretasie van Paulus se woorde verewig. Onder geen omstandighede is WLK `n voorstaander van die NV nie. Sien “What is the position of the WLC Team of todays Bible?”

5 http://jimdaly.focusonthefamily.com/pastors-sermons-subpoenaed-in-houston/

6 http://www.foxnews.com/opinion/2014/10/14/city-houston-demands-pastors-turn-over-sermons/  Aanhalings uit nuus video geneem, sien: http://www.washingtonpost.com/national/religion/houston-subpoenas-pastors-sermons-in-gay-rights-ordinance-case/2014/10/15/9b848ff0-549d-11e4-b86d-184ac281388d_story.html and http://www.huffingtonpost.com/2014/10/15/houston-pastor-sermon_n_5992044.html.

7 In Caesar’s Grip, voorwoord.

8 https://www.youtube.com/watch?v=R48n0QTkyEc

9 http://www.goodnewsaboutgod.com/studies/spiritual/the_organized_church/501c3.htm

10 Ibidem

11 http://www.boundaries-for-effective-ministry.org/501c3-application.html

12 IRS Publication 1828, Tax Guide for Churches and Religious Organizations, bladsy 2, klem verskaf. http://www.benefitsboard.com/forms/other/irs%20tax%20guide%20pub1828.pdf