Print

Sug & Steun… of Vlug!

Die Hemel se boodskap aan die finale generasie is om te vlug uit alle georganiseerde godsdienste en denominasies. Nogtans het godsdiens leiers `n gevestigde belang om mense na die kerk te laat kom. Hulle het die agste en negende hoofstukke van Esegiël gebruik om mense te laat dink dat dit hulle plig is om lidmate te bly selfs wanneer dit duidelik is dat die kerk in afvalligheid verkeer!

Ek het my vriend geskok aangestaar. Cynthia was `n lewenslange lid van die Worldwide Church of God. Sy het my nou net vertel van die verwoestende verbrokkeling van die denominasie met die insypeling van teologiese veranderinge wat op die dood van hul stigter, Herbert W. Armstrong gevolg het. Die denominasie het tot op 50% van haar lidmaatskap verloor toe dit die feeste en die sewende-dag Sabbat opgee en meer hoofstroom evangelies word.  

man in skok wat met `n skootrekenaar sit“Dit is heeltemal verwoestend,” het Cynthia betraand onthou. “Ons was vertel dat ons die oorblyfsel is en dat al die ander kerke geval het. Ons het op die sewende-dag Sabbat aanbid – wat, in daardie tyd, soos ons geglo het, Saterdag moes wees. Ons het die feeste van Yahuwah onderhou. Ons glo nie in die kettery van `n drie-enige godheid nie. Ons het die waarheid! En dan vir die kerkleiers om al hierdie oortuiginge op sy te skuif, die feeste te verwerp, en om op Sondag te aanbid, was die ontstellendste ondervinding van my ganse lewe. Daar is geen woorde om dit te beskryf nie.

 “Ons het die meeste van ons vriende verloor toe ons weier om lede te bly van `n kerk wat alle Bybel gebaseerde geloofsoortuiginge opgee. Ons was vertel om deel van die kerk te bly en probeer om veranderinge van binne na buite te maak. Toe ons uittree, het ons vriende ons verwerp, omdat hulle hul steeds as die oorblyfsel gesien het. En deur uit te gaan, het ons aan hulle bewys gelewer dat ons nou van die verlorenes is.”

Ek was bewus van die verbrokkeling in die Worldwide Church of God sedert die 1990s. Behalwe daarvan om te wonder hoe enigeen die Sabbat kon opgee vir Sondag aanbidding, het dit nie werklik `n impak op my gehad nie. Na alles, was hulle in elk geval `n gevalle kerk! Ek was `n Sewende-dag Adventis en ek het geweet dat ons die oorblyfsel was. Die Worldwide Church of God was eenvoudig net nog `n ander kerk. Dit was vir my skokkend om Cynthia as `n lidmaat dit te hoor sê, wat ek altyd as `n afvallige kerk beskou het, sy was meegedeel dat sy ook `n lid van die oorblyfsel was, deur die deug dat sy deel van daardie kerk was!

Dit is die beginsel van die meeste kerke dat hulle denominasie die enigste ware kerk is en dat alle ander verlore of “afvallig” is. Die gevolg is dan, as jy wens om `n lid van die oorblyfsel te wees, moet jy `n (tiende-betalende) lid van een ware kerk wees: hulle kerk. Dit is `n werklike feit dat pastore, priesters en rabbi`s `n gevestigde aanspraak het om soveel as moontlik lede te behou. Die organisasie aan wie die volk hulle tiende en offergawes gee, is in elk geval dieselfde organisasie wat die leiers se salarisse betaal.

In hulle pogings om soveel as moontlik mense na hulle kerke te laat kom, haal godsdiens leiers aan uit Esegiel 8-9. Maar die wyse waarop hulle hierdie tekse vertolk, is misleidend en stem nie ooreen met ander gedeeltes van die Skrifte nie.

Gruwels in Jerusalem

Esegiël was `n tydgenoot van Daniël en een van die gevangenis wat na Babilon weggevoer is. Esegiël 8 doen verslag van `n visioen aan hom gegee waarin die gees van Yahuwah die gruwels wat in Jerusalem en in die tempel daarin bedryf word, ontbloot. (In hierdie tyd, was die tempel nog nie deur Nebukadnésar se derde en finale inval van Juda, verwoes nie)

Aan die profeet was vier gruwels getoon, elkeen slegter as die laaste en elkeen wat dieper binne in die stad en tempel gaan. Dit sluit, onder andere, verborge afgodery en vroue wat ween oor Tammus -- `n gebruik wat in die Rooms Katolieke Kerk as Vastyd bekend staan en wat bevorder word as `n ritueel van geestelike toewyding in baie Protestantse Kerke. Selfs die Sewende-dag Adventiste Kerk het gesien hoe “Paasfees Vieringe Groei” en verskeie Adventiste publikasies het positiewe sinspellings teenoor vastyd gemaak met indiwiduele en gemeentelike deelname in `n meerdere of mindere mate daartoe.

Die finale gruwel wat aan Esegiël gewys word is die gruwelikste: “Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van Yahuwah; en kyk, by die ingang van die tempel van Yahuwah, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf-en-twintig man, met hulle rug na die tempel van Yahuwah en hulle gesig na die ooste, en hulle het hulle voor die son neergebuig na die ooste.” (Esegiël 8:16, OV) Dit is niks minder as sonsaanbidding wat afgemaak word as aanbidding aan Yahuwah nie!

Dit is baie groot oortredinge teen Yahuwah. En tog, ongeag van hoe diabolies die sonde, tot op hierdie dag dring  godsdiens leiers steeds daarop aan dat Yahuwah wil hê dat Sy volk in hul kerkbanke moet sit. Diegene wie hulleself van die kerke afskei, sê hulle, verkeer in die gevaar om verlore te gaan. Maar, hierdie argument, verdraai die Woord van Yah en lei baie opregte siele om in die kerke te bly selfs as Yahuwah sê: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie deel van haar sondes mag hê nie, en dat julle nie van haar plae ontvang nie.” (Openbaring 18:4, 1599, Geneva Bybel) 

Verdraaing van die Woord van Yah

mikrofoon in posisie voor `n groot skare

Kerkleiers is baie goed in die gebruik van oortuigende spraak om openhartige gelowiges te oortuig dat Yah wil hê hulle in die kerk moet bly.

Op universiteit was die klasse met die meeste intrige vir my graad Argumentasie en Debatvoering. Een van die hulpmiddels van oortuigingende argumentering, het die professor ons vertel, was om jou opponent se argument vir hom te stel. As, in jou eie voorstelling, jy duidelik die argumente teen jou wyse van redenasie erken, sal jy in `n beter posisie wees om te demonstreer waarom daardie argument verkeerd is. Om eenvoudig net die aansprake teen jou posisie te ontken is nie baie oortuigend nie. Dit is meer oortuigend om die opponerende sienswyse in woorde om te sit en dan logies te demonstreer dat die opponerende sienswyse verkeerd is.   

Dit is presies wat die predikante gedoen het in die aanhaling van Esegiël 8 & 9. Hulle erken dat daar dwalleer in die kerk bedryf word. Daar is `n mishandeling van gesag, misbruik van kerk fondse; teologie professore wie dwaalleer aanbied; pastore wie neuro-linguistieke programering gebruik; en kerk leiers wie duidelik `n agenda van versoening met Rome bevorder … maar, hulle dring daarop aan dat, die kerk sal deurgaan. Bly met die kerk.

`n Voorbeeld hiervan is `n artikel deur Carey Nieuwhof geskryf waarin hy verklaar:

Jy hoor dit al die tyd.

 

Ek is klaar met kerk.

 

 Ek het nie werklik nodig om kerk toe te gaan nie… my verhouding met God is persoonlik.

 

Ek is klaar met georganiseerde godsdiens.

 

Die kerk is `n mens-gemaakte uitvindsel, nie God se idee nie.

 

Ek verstaan ten volle waarom `n groeiende aantal mense uit die kerke gaan. Selfs mense wie leierskapsposisies het, staak kerk bywoning…

 

…Ek verstaan dit. Die kerk is ver van volmaak. Die lewe is ingewikkeld. Daar is groeiende opsies. En die hedendaagse-moderne denke wantrou die meeste georganiseerde dinge of instellings. Maar hoe gewild die idee mag wees om die kerk af te skryf, dit is `n fout.

 

Alhoewel die afskryf van die kerk as gesofistikeerde denkwyse gesien word, is dit eintlik die teenoorgestelde; wat daarvan as dit eenvoudige en selfs `n herleidende reël van denkwyse is wat nêrens konstruktiefs lei nie?1

Hiervandaan, gaan Nieuwhof voort om `n ingewikkelde verbale web te spin wat ontwerp is om Christene te oortuig dat dit hulle Christen plig is om in die kerk te bly. Hy maak byvoorbeeld daarop aanspraak, “Indien jy `n Christen is, is die kerk nie iets om na te gaan nie. Jy kan nie van die kerk wegbreek as `n Christen meer as wat jy kan wegbreek van enige mens as persoon nie. Jy woon nie die kerk by nie. Jy is die kerk.”2 Die probleem met sulke idees is dat dit waarheid met leuens verweef. Dit is waar, “Jy is die kerk,” want “kerk” is die ekklesia. En tog is dit wat Nieuwhof beweer. 

man wat staar na deurgang met stene verseël

Lede word geleer dat, wanneer hulle probleme in die kerk sien, wanneer hulle duidelike dwaalleer sien preek word vanuit die preekstoele, moet hulle “sug en steun” oor die gruwels in die kerk maar hulle moet nie, onder geen omstandighede, uit gaan nie. Leiers beweer in elk geval dat die kerk waarvan hulle lidmate is, die oorblyfsel kerk is. Indien hulle die kerk verlaat, is hulle dan nie meer langer deel van die oorblyfsel nie.

Hy sluit af met die algehele onlogiese bewering: “As jy ontslae wil raak van die kerk moet jy ook ontslae raak van Jesus. Jy kan nie die een sonder die ander liefhê nie.” Hierdie argument onderneem om aan te voer dat die uit geroepenes/ekklesia dieselfde ding is as `n denominasie.

Dit is verkeerd. Argumente soos hierdie is ontwerp om mense te giet om in `n godsdienstige organisasie te bly waarvan die Heilige Gees hulle aanraai om te verlaat. Lede word vertel, dat wanneer hulle probleme sien, wanneer hulle duidelik dwaalleer uit hul preekstoele sien verkondig word, moet hulle “sug en steun” oor die gruwels in die kerk maar dat hulle nie, onder geen omstandighede, uitgaan nie. Boonop voer alle leiers aan, dat die kerk waaraan hulle hoort die oorblyfsel kerk is. Indien hulle uitgaan, is hulle dan nie langer meer deel van die oorblyfsel nie.

Daar was preke gelewer, konferensies gehou, boeke en artikels geskryf oor hoe om lidmate te setel om nie uit te gaan nie, en terselfdertyd kerklidmaatskap te laat groei. Die rede wat aangevoer word klink baie goed. In sy voorwoord vir die boek, Church Transfusion: Changing Your Church Organically – from the Inside Out, beskryf Dave Fergusson `n drie-fase “Proses wat kerke help om die skuif te maak om `n sending beweging te word.” Hy skryf:

Tydens die laaste vier-en-twintig maande het ek ontdek dat daar ten minste drie kritiese bewegings is wat hierdie kerke moet uitvoer om daardie skuif te maak:

Beweeg na praktyke wat mense oplei in die wyses van Jesus.

 

Beweeg na duidelike insig en uiteensetting van die sending van Jesus.

 

Beweeg na `n visie van `n beweging om die Jesus missie te bereik.3

Weelderige woord gebruik opsy gesit, is die fokus op die beheer van die groep, eerder as die een-vir-een geestelike verbintenis van die indiwidu met die Heiland. Verlossing was nog altyd `n indiwiduele saak. Nes Esegiël dit stel: “Al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek Yahuwah Elohim.” (Esegiël 14:14, 1599 Geneva Bible)

Kerkleiers fokus eerder op die getalle. Natuurlik! Hulle wens is om die evangelie opdrag uit te voer. Maar die behoefte om hul ekonomiese ondersteunings stelsel te behou beinvloed hulle insig van hierdie gedeelte van Esegiël. Hulle is daarop uit om ontnugterde lede so ver te kry om aan te bly, deur hulle te vertel dat Yahuwah hulle aanvaar deur veranderinge van binne na buite te maak.

Maar wanneer Esegiël 8 en 9 in konteks gelees word, is dit nie wat die Bybel sê nie.

Algehele Verwoesting

Yahuwah se respons tot die gruwels in Jerusalem en die tempel is duidelik: totale verwoesting is die uiteinde.

En hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwe tak by die neus hou!

Daarom sal Ek ook met grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor My ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie. (Esegiël 8:17 -18. OV)

Houtsneewerk Die Bybel in Bildern, 1860Die uitspraak is snel.

Daarna het Hy hardop in my ore geroep en gesê: Kom nader, geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand. En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met `n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan. (Esegiël 9:1-2, OV)

 

Dit is ernstig! Die bevel van Yahuwah roep na manne wie verwoestende wapens vashou. Maar selfs hier word die genade van Yahuwah gesien. “Yahuwah … is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Petrus 3:9, OV)

En Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. En Yahuwah sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak `n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor die gruwels wat daarin gedoen word.

Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was. (Esegiël 9:3-6, OV)

Nie almal moet doodgemaak word in die verwoesting wat sal volg nie. Diegene wie “sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word” word gespaar. Dit is hierdie gedeelte wat die godsdiensleiers gebruik om die lidmate te oortuig om te bly tenspyte van die Heilige Gees se herhaaldelike aansporing om uit te gaan. Predikante erken dat daar sonde in die kerk is, maar hulle is gou om te sê dat diegene wie die merk van verlossing ontvang diegene is wie sug en steun oor al die gruwels wat in die kerk gedoen word. Die implikasie daarom, is dat mens in die kerk moet bly om te sug en te steun oor die gruwels wat daar bedryf word.

Maar daar is niks in hierdie gedeelte wat sê dat Yah se volk moet bly waar sulke groot gruwels bedryf word nie. Inderwaarheid leer die Skrifte net die teenoorgestelde.

 

Weekliks word gelowiges geïndoktrineer om in die kerk te bly!” Maar die Heilige Gees dring tot die hart aan, “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek Yahuwah, en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.” (2 Korinthiërs 6:17)

Vlug vir julle lewens!

Hemel beveel die finale generasie aan: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en Yahuwah het haar ongeregtighede onthou.” (Openbaring 18:4-5, 1599 Geneva Bible) Soos êrens bespreek op WLK, is hierdie bevel aan alle gelowiges. Niemand moet veronderstel dat hulle kerk, denominasie of organisasie vrygestel is nie want almal het afvallig geraak in verwerping van toenemende lig.    

Maar daar is ander Skrifgedeeltes wat duidelik leer dat die plig van elkeen is om jouself af te skei van organisasies wat afvallig is. Yahuwah het die mag gehad om selfs vir Lot in Sodom te bewaar. Maar Hy het nie. Instede daarvan het Hy engele gestuur om die onwillige Lot en sy gesin daaruit te sleep en die ernstige bevel gegee: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaan streek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! (Genesis 19:17, OV)

Lot was buite Sodom gered, niedaarbinne nie. Noag, ook, was gered onder die bose, antedeluviaanse wêreld uit, nie daarbinne nie. Petrus het hierdie konsep baie goed verstaan:

Want as Yahuwah nie … die ou wêreld gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;

 

En deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as `n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;

 

En die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; (want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke)

 

Yahuwah weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word. (Sien 2 Petrus 2:4-9.)

Lot het gesug en gesteun vir die gruwels wat in die bose stede van die vallei gedoen was. Volgens die Boek van Jasher, was een van sy dogters vermoor deur korrupte manne toe sy `n vreemdeling goedgunstig was. Maar nogtans, deur die gebed van Abraham, was engele gestuur om `n boodskap af te lewer dat hy onmiddelik moet weggaan. Dit is wat die hemel verwag die getroues moet doen, nie om in die kerk te bly en, stille steun aan die afvalligheid te gee wat daarbinne plaasvind nie.

Verseël & Gered

Esegiël se visioen wys van mense in die stad wat sug en steun. Godsdiens leiers interpreteer dat dit beteken dat mense in die kerk moet bly. Hulle verkondig dat die einste handeling van sug en steun lewer `n bewys dat hulle die oorblyfsel is en daarom moet hulle met die “oorblyfsel kerk” bly. Enige aanklag, sê hulle, kan slegs deur lede van binne-in die kerk gebring word.   

Dit is verkeerd! Sug en steun opsigself bewys niks. Die Fariseërs in Yahushua se dae was groot gelowiges in “gesug en gesteun,” vastye, en deur enige uiterlike demonstrasies te doen om hulle heiligheid te bewys. Hulle sou selfs mense huur om te sug en te ween op begrafnisse. Sug en steun wat gewoonweg net `n uiterlike vertoon is om mens se toewyding te demonstreer het geen meriete met Yahuwah nie. Nes Yahushua gesê het: Wanneer julle bid, moet nie soos die heidene `n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.” (Matthéüs 6:7, NV)

Laodicente, nes die Fariseërs, is ook net sulke heftige sugtendes en steuners. Deur te sug en te steun oor die sondes van andere, bewys hulle aan hulleself dat hulle nie Laodicente is nie. Eintlik het hulle die geestelike onderskeiding om te sien dat daar iets verkeerd is om oor te sug en te steun! Hulle is nie blind nie!

bedroefde vrou

Diegene wie die merk ontvang is hulle wie sug en steun uit ware siele-angs. Deesdae, roep die Hemel, na elkeen van ons om van die gevalle kerke te skei! Waarvoor wag jy nog? 

Maar hierdie persone wie sug en steun is nie die mense wie die merk sal ontvang deur die man met die skrywers inkpot gemaak nie. Mense wie `n vertoon maak van die weeklaag van die afvalligheid in die kerk, maar wie eerder sal sterf as om eintlik die kerk te verlaat, sal nie verseël word nie. Satan gebruik hierdie huigelaars om andere te ontmoedig om voort te gaan met hulle oortuiginge om die kerk te verlaat. Hulle doof die stem van die Heilige Gees uit wie by die openhartiges aandring om te vlug.

Diegene wie die merk ontvang is diegene wie sug en steun weens siele-angs. Dit is nie enige farisese vertoon of Laodicense charade wat aan hulself en andere bewys hoe toegewyd hulle is nie. Diegene wie die merk ontvang is gewillig om die kerk te verlaat --- en sou! --- indien hulle meer tyd en meer duidelikheid om te verstaan gehad het dat Yahuwah nie van hulle verwag om aan te bly nie.   

Yahuwah “is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Petrus 3:9, OV) Hy sal niemand verwerp wie se hart gewillig is om waarheid te volg ongeag van die koste daaraan verbonde, selfs as hulle nie die tyd en die geleentheid gehad het om alle teenswoordige waarheid te leer nie. Hulle opregte droefheid openbaar dat hul harte sensitief is vir die leiding van die Heilige Gees want die erkenning van die afvalligheid is die eerste stap om uiteindelik die kerk te verlaat. Hulle het maar nog net nie by die punt van insig uitgekom dat hulle die kerk kan en moet verlaat nie. Yahuwah lees hulle harte en het in elk geval `n merk op hulle geplaas.  

Die merk op sigself is verdere bewys dat hulle uiteindelik sou uitgaan indien hulle tyd gehad het en `n meer vollediger insig ontwikkel het. Die merk op sigself is die Gees van Yahuwah wat in alle waarhede lei. Yahushua het verduidelik dat die werk van die Heilige Gees is om te oortuig van sonde en om in meer waarheid te lei! “Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.” (Johannes 16:7-8, NV)  

Dit is die sleutel tot insig waarom sommige --- selfs tot op hierdie laat stadium --- nog in die kerk kan wees, sugtend en steunend, en steeds die merk van verlossing ontvang. Die open-hartiges wat steun oor die gruwels wat in die kerk gedoen word maak so uit `n opregte insig van die sondigheid van sonde. Dit kan slegs deur die Heilge Gees geleer word. 

Skrifte paar altyd die verseëling af met om deur die Heilige Gees vervul te wees: “En bedroef nie die Heilige Gees van Yahuwah nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (Esegiël 4:30, OV)

“Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Yahushua en ons gesalf het, is Yahuwah, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.” (2 Korinthiërs 1:21-22, OV)

"Sodat ons kan wees tot lof van Sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Yahushua gehoop het. In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die ewige evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid."

(Efesiërs 1:12-14, OV)

Die Hemel doen `n beroep op elkeen van ons om uit te gaan. Ons word nie gevra om diegene te veroordeel wie agterbly nie. Yahuwah ken elkeen se hart intiem; nie ons nie. Yahuwah het die wysheid om elke indiwidu te lei; nie ons nie. Elkeen van ons moet toegee tot die leiding van die Heilige Gees in ons eie harte. Ons kan vertrou dat Hy ook elkeen sal lei wie ingee op die wyse en in die tyd wat die beste vir hulle is.

Kry jy jouself uit. Bid vir hulle wie agterbly. Maar vertou op `n minsame Hemelse Vader om bekend te maak watter harte nog nie verhard is teen die aandrang van Sy Gees nie. Hulle almal wie wil oorgee aan die Heilige Gees sal die merk ontvang wat hulle uitsonderlik maak. Terwyl ons alles in ons mag doen om te wandel in die weg wat vir ons uitgelê is, kan ons diegene aan die Vader oorlaat wie anders dink as wat ons dinge insien.

Maar die feit dat sommige nog nie die punt bereik het waar hulle die lig kan begryp wat hulle sou lei om die kerke te verlaat nie, gee nie aan ons die verskoning  wie die lig het om in die gevalle kerke te bly nie. Dit is ons plig om uit te gaan. Nou.

Gehoorsaam en Wys die weg aan ander

Alle hedendaagse kerke en godsdienstige organisasies is afvallig, sonder `n enkele uitsondering, het hulle een of ander punt van toenemende lig verwerp. Alhoewel sommige een of ander area mag aanvaar, verwerp hulle ander waarhede, indien aanvaar, sal dit hulle te negatief beïnvloed.

Nes die engele wie gestuur was om Lot uit Sodom te laat vlug, klink die Hemel se boodskap luid op, en waarsku almal om uit hierdie organisasies en denominasies te vlug. Daar is geen uitsonderinge nie. Almal het …”`n woonplek van duiwels en `n versamelplek van allerhande onreine geeste en `n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls.” geword. (Openbaring 18:2 OV) Moenie huiwer of uitstel nie.  

Ja! Sug en steun vir die gruwels wat in die kerk gedoen word. Maar doen dit van buite die kerk. Deur jou voorbeeld van gehoorsaamheid, wys aan ander dat dit veilig is om die Lam te volg uit die georganiseerde godsdienste uit. Verlossing word verkry deur geloof in Yahushua, nie deur die poorte van die kerk nie.

Yahuwah sal `n oorblyfsel hê, dit mag gering wees, wat nie deur die wêreld besoedel is nie. Hierdie uitgeroepenes is die ware kerk van Yahuwah en Sy oogappel.

 


1 http://careynieuwhof.com/a-response-to-christians-who-are-done-with-church/

2 Ibid.

3 Dave Ferguson, in the foreword to Church Transfusion, by Neil Cole & Phil Helfer.