Print

Wat is Armageddon?

“Armageddon”.... Hierdie besonderse woord het die betekenis geword van DIE OORLOG WAT ALLE OORLOË SAL BEËINDIG, en dat dit die vernietiging van alles sal wees . Armageddon is baie groter as net een enkele veldslag, of selfs die van ʼn sewejarige wêreld kernoorlog aan die einde van tyd.   

What is Armageddon?Wat is Armageddon? Die woord “Armageddon” kom in die Bybel voor, en moet die Bybel ons dus vertel wat dit beteken. Die Skrif openbaar dat “Armageddon” behels die konflik van  ganse heelal, tussen die Skepper en die aardsrebel Satan.

“En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.” (Openbaring 16 vers 16.)

Armageddon word afgelei vanaf die twee Hebreeuse woorde: har (H2022) mo'ed (H41501).  Har se betekenis is eenvoudig “berg.” Volens die Skrif, is berge die simbole van regerings of koninkryke. (Lees Daniel 2 verse 34 en 35 en 44 tot 45.) Mo'ed (mo'edim) word regdeur die Skrif gebruik om te verwys na tye van aanbidding wat aangewys is en byeenkomste van die regverdiges. Dus, beteken Armageddon, har mo’ed, die Berg van Aangewese Tye van Aanbidding. – Die Dag van die Nuwemaan, Sewende – dag Sabbat, Die Pasga, dir Fees van die Ongesuurde brode, die Beweegoffer, Pinkster, die Fees van die Basuine, die Dag van Verootmoediging, en die Huttefees.  

Die Skepper van Hemel en Aarde slaan ag wanneer ons aanbid. Hy het ʼn tydhouding sisteem geskep vir die aanwysing vir die dae van aanbidding. Yahuwah het verklaar:

“Laat daar ligte wees aan die....hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” (Genesis 1 vers 14.)

“Hy het die maan gemaak vir die vaste tye [mo'edim ].” (Psalm 104 vers 19.)

Moses was aangesê om”

“Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye [mo'edim] van Yahuwah wat julle moet uitroep as heilige samekomste [heilige byeenkomste] dit is my feestye. [mo’edim]  Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag. [mo'edim]....  is ‘n sabbat van Yahuwah.....”( Levitikus 23 verse 2 tot 4.)

Die lang duisendjaar van oorlogvoering  tussen die Skepper en Satan gaan alles oor wie aanbid moet word. Dit het in die hemel begin toe Satan gespog het dat hy die aanbidding sal steel wat aan die Skepper alleen verskuldig is.

“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van El en sit op die berg van samekoms [har mo'ed] in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jesaja 14 verse 12 tot 14.)

Die finale Veldslag van Armageddon, is soos die langdurige Oorlog van Armageddon, wat geveg word op die slagveld van aanbidding. Hierdie stryd is baie meer en langer as enige wêreld oorlog. Dit raak elke persoon wat leef aan die einde van dae. Satan wil die aanbidding steel wat aan die Almagtige behoort, die Skepper. Daniel 7 vers 25 openbaar hoe hy dit gedoen het: 

“Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander.” (1983 Vertaling.)

Die maan – son kalender wat gevestig is by die Skepping gebruik die son vir die bepaling van dae en jare... en die maan vir bepaling van die maande. Beide die maand en weeklikse siklus begin met die eerste sonsopkoms na die konjunksie van die maan. Die ses werksdae volg op die verskyning van die Nuwemaan en wat volg met sewende – dag Sabbatsrus aan die einde.

contemplative youn man sitting against a wallSatan het die aanbidding gesteel wat verskuldig is aan die Skepper deur die vestiging van die son kalender met sy aaneenlopende weeklikse siklus. Die ganse wêreld het herenig in die gebruik van die Gregoriaanse kalender vir die bepaling van aanbiddingsdae, of dit nou Vrydag, Saterdag, of Sondag is.

Wanneer jy aanbid, deur die vasstelling van watter kalender jy gebruik, openbaar dit, aan wie jou aanbidding gerig is, of na die Skepper of Sy vyand. Die dag waarop jy aanbid is jou belofte van lojaliteit tot die Een of die ander.

Dit is die Veldslag van Armageddon, die finale stryd oor aanbidding. Die hele wêreld sal kant kies in hierdie stryd. Almal wat aanbid, en die heidense son kalender gebruik, en wat deur Satan se verteenwoordiger, Pous Gregorius XIII ingestel is, rig sy aanbidding aan Satan. Almal wat waarlik begeer om hulle Maker te eer sal Sy kalender volgens die maanmaande gebruik, wat begin met die nuwe jaar  gedurende die lente. Dit is die belofte van trou tot die Skepper: om te aanbid op die dag wat Hy aangewys het.

Watter manier van tyd sal jy gebruik? Wie aanbid jy? Aan watter kant van die Veldslag van Armageddon is jy? Armageddon het aangebreek!

Kliek hier om na die video te kyk!


1.Sommige glo dat die tweede deel van die woord Armageddon afgelei is van H4023: Megiddo, wat verwys na ʼn plek in Palestina. Die probleem met hierdie vertolking as mens gaan kyk waar Megiddo was, is daar geen berg!  Die feit is, dat net daar is net ʼn vallei is: “om te veg in die laagte van Megiddo.” ( Lees 2 Kronieke 35 vers 22.)