Die Rooms Katolieke Kerk hou vol dat sy die enigste ware, wettige bestaande Christen kerk is. Sy maak aanspraak daarop dat sy haar gesag deur die reg van apostoliese opvolging ontvang het, soos dit met die pouse verwissel is wat nagespeur kan word tot die apostel, Petrus, en daarom, volhou dat sy nooit fouteer nie.
Dit is vér van `n leë grootpratery. Volgens John J. Kelly, `n voormalige priester:
Die Raadsitting van Trent, volgens sy Geloofsbelydenis van Pius IV, maak dit onmoontlik vir die Rooms Katolieke Kerk om te verander. Dit het . . . twaalf nuwe artikels by die Niceense Geloofsbelydenis gevoeg. . . . . Hierdie Geloofsbelydenis van Pius IV is `n meulsteen om die nek van Rome. Dit bind die Katolieke Kerk vir ewig aan al haar paganistiese dwalinge. Dit is haar antwoord en uitdaging teen die Hervorming.2
![]() |
Pous Pius IX |
Dit is `n baie belangrike punt om te verstaan. Dit is seer sekerlik nie `n veroordeling van die menigtes wie geleer is om die Katolieke Kerk se dekrete as die waarheid te aanvaar nie. Almal moet eerder waak omdat alle georganiseerde godsdienste het, tot `n mindere of meerdere mate, baie van dieselfde stellinge as die Rooms Katolieke kerk aangeneem in die uitoefening van haar mag. Dit het `n invloed op enigeen hier op aarde, omdat WLK glo dat Franciskus die agste en finale pous van profesie is, elkeen wie op die aardbodem lewe sal binnekort die hitte van die draak se asem in die herstelde Roomse mag ervaar.
Omdat die kerk van Rome werklik nooit verander nie, om Pous Francis te verstaan, sy motiewe, sy agendas, as pous en sy pousdom, is dit slegs nodig om hierdie beleidsrigtings van pouse uit die verlede te hersien en hoe hulle diegene behandel het wie nie met hulle saamgestem het nie, of dit nou koning of gepeupel was. Die Kerk van Rome het altyd en ewig gehunker na mag, beide polities en geestelik.
Baie, in werklikheid, baie vroeg reeds al, het die Roomse biskoppe `n trotse en ambisieuse gees geopenbaar; maar, vir die eerste drie eeue, was hulle aanspraak vir opperheerskappy slegs gebaseer op die waardigheid van hulle bisdom, as die keiserlike stad, die hoofstad van die Roomse wêreld. Maar toe die setel van die keiserryk na die Ooste verskuif het, en Konstantinopel gedreig het om Rome in die skadu te stel, moes een of ander nuwe veld vir die behoud van die Biskop van Rome gesoek word. Daardie nuwe veld was gevind toe, omtrent 378, die Pous erfgenaam geword het, van die sleutels, wat die simbool van twee wel-bekende Paganistiese godhede in Rome was. Janus het `n sleutel gedra, en Cybelle het `n sleutel gedra; en dit is die twee sleutels wat die Pous blasoeneer op sy wapenskild as die teken van sy geestelike gesag . . . . As die tydelike waardigheid van Rome as stad dan sou verwelk, sou sy eie waardigheid as die biskop van Rome standvastiger as ooit te vore gestel word.3
![]() |
In 437 AD, vier honderd jaar na die begin van die Christen Ekkesia, het die pous in die openbaar aanspraak gemaak as die besitter van die “sleutels van Petrus” |
Deur die Christene te vertel dat die “sleutels” in sy besit, van die Apostel Petrus oorgeërf is, het die pous homself as hoof van beide die Christen en paganistiese godsdienste verseker. Hierdie kombinasie van gosdienstige invloed met politieke mag was uiteindelik binne in die Katolieke kanonieke gekodifiseer. In die 11de eeu, het `n konflik tussen die pousdom en Koning Henry IV van Duitsland ontwikkel. Henry, as die “Heilige Roomse Keiser,”
Het aanspraak op die lang-durige koninklike reg gemaak om `n ekklesiastiese amps draer met die simbole van mag te bevestig, en daardeur effektief heerskappy te behou van die seleksie en direksie van biskoppe en plaaslike geestelikes. Die behoorlike orde van Christendom was op die spel in hierdie kwessie. Die pouslike posisie was toegelig in Gregorius se Dictatus Papae (1075), wat die pous se plek as die hoogste gesag in die kerk beklemtoon.4
Gregorius VII se Dictatus Papae is tot op hede steeds bindend. Elke ware gelowige in Yahuwah moet hiervan bewus wees omdat dit nie net die oortuiginge van Pous Francis verteenwoordig nie, maar die verskeie denominasies binne-in georganiseerde godsdiens, het tot `n minder of meerdere mate, soortgelyke standpunte ingeneem om met diegene van hulle lede te handel, wie in hul ondersoek van die Skrifte meer lig ontdek, uit is om dit te aanvaar en daarvolgens te leef.
Hierdie voorskrifte verklaar:
![]() |
Beeld met die kop van `n leeu wat die sleutels vashou, verteenwoordig die mag om die deure van die hemel en die hel te sluit/open en mag oor vrede en oorlog hier op aarde te hê. Die sleutels was vasgehou deur Pluto, die “god van hel”, en hoof godheid van Klein Asië, Janus, en Cybele. |
Hierdie 27 voorskrifte het totale en absolute mag in die hande van die pousdom geplaas, vir alle ewigheid, omdat hy nie kan fouteer nie. (Sien Voorskrif #22) Dit is miskien die booste van alle voorskrifte. Dit kontrasteer die duidelike woord van Yahuwah wat onomwonde verklaar: “Maar nou is die geregtigheid van Yahuwah geopenbaar sonder die wet, terwyl die Wet en die Profete daarvan getuig, die geregtigheid, naamlik van Yahuwah deur die geloof in Yahushua die Gesalfde, vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah.” (Sien Romeine 3:21-23.)
![]() |
Terwyl die meeste Protestanste kerke nie pouse het nie, het hulle beheerrade en vasgestelde geloofsbelydenisse. Hiermee maak hulle dikwels aanspraak op die reg om die teologie van hul lede voor te skryf, wat verkeerd en wat reg is, en nuwe lig verwerp wat hulle gevestigde oortuiginge of tradisies kontrasteer. |
Hoewel die Protestantse kerke nie pouse het nie, het hulle beheerliggame, distriks sinodes, kerk rade en verklaarde geloofsbelydenisse. Hiermee, maak hulle dikwels aanspraak op die reg om teologie aan hulle lede voor te skryf, van wat reg of verkeerd is, en nuwe lig verwerp wat hulle vasgestelde oortuiginge of tradisies kontrasteer. Boeke, dokumente en webtuistes wat waarheid bevorder in teenstelling met hulle voorafopgestelde idees word verwerp en diegene wie hulle uitdaag op hierdie leerstellings op die grondslag van Skrifte alleen, word dikwels gedissiplineer of verban.
Die goeie verhouding tussen die Rooms Katoliek Kerk en die ander denominasies wat die georganiseerde Christendom uitmaak word in die treffendste terme in Openbaring 17 voorgestel. In die Skrifte, word die vrou gebruik om `n kerk [afvallig] te simboliseer, of `n ekklesia [Yahuwah se getroues]. Nes die reine vrou van Openbaring 12:1 gebruik word om die ware ekklesia te simboliseer, is `n afvallige ekklesia/kerk simbolies van `n hoer. Openbaring 17 voorsien `n beskrywing van die Rooms Katolieke Kerk waarin sy beskryf word as die moeder van die hoere.
En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het . . .
En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand `n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; en op haar voorhoof was `n naam geskrywe: Verborgenheid, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE. (Openbaring 17:1-2, 4-5, OV)
Die woord “katoliek” beteken wêreldwyd of universeel. Nes die verskeie Protestantse denominasies waaruit die georganiseerde godsdienste bestaan so na in die voetspore van die Rooms Katolieke Kerk gevolg het, is hulle inderwaarheid self hoere sowel as die dogters van Babilon.
Die logiese bepaling van die Dictatus Papae was deur Pous Innocent III ingestel en dit sal tot in alle ewigheid regdeur die eeue as een van die gruwelikste tugroedes ooit, besoek op die mens wie diens in die naam van Yahuwah gedoen het. Dit was die instelling van die Heilige Amp van die Inkwissisie.
Diegene wie van kettery beskuldig was, was deur `n auto de fe, Handeling van Geloof, veroordeel. Die Geestelikes sou by die ondersoek aansit en die boete uitdeel. Boetes het aanhoudings in kerkers ingesluit, liggaamlike skending en marteling behels. Diegene wie met die kerk versoen het was steeds gestraf en baie se eiendom is gekonfiskeer, en boonop verban uit die openbaar. Diegene wie nooit bely het nie was op die brandstapel verbrand sonder verwurging, diegene wie bely het was eers verwurg.5
Slegs die ewigheid sal die gruwel bekend maak, die lyding en die pyn wat deur die ontelbare miljoene wie se gewetens hulle nie toelaat om neer te kniel voor enige gesag as die van hulle Skepper nie. Die bose metodes deur die mense uitgedink wie veronderstel het dat hulle optree in die naam van Yahuwah teen hulle medemens, openbaar die ware bron van hulle inspirasie: Satan homself. Yahuwah het geen sterflike, sondige mens aangestel om Sy heilige waarheid te wreek nie. Die Skrifte verklaar eerder: “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan Hom kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek Yahuwah.” (Romeine 12:19.)
O[NS] MOET DIE INKWISISIE . . . AS ONDER DIE DUISTERSTE SKANDES OOR DIE VERSLAG VAN DIE MENS AANGETEKEN SIEN, WAT `N WREEDHEID OPENBAAR ONGEKEND IN ENIGE DIER.”– WILL DURANT7.
|
Die gruwels van die inkwisisie is so grotesk dat niemand daaraan wil dink nie. Maar, almal moet daarvan bewus wees, omdat die Katolieke Kerk, weens haar leerstellinge dat die pous onfeilbaar is en die kerk foutloos is, nooit erken het dat sy gesondig het in haar vermoording van ontelbare miljoene vir hulle geloof nie. Omdat hierdie beleid nooit verander het nie en nie kan verander nie sonder om hulle fout te erken nie, is dit die beleid van die Rooms Katolieke Kerk tot op hierdie dag. Pous Franciskus as die “Verdediger van die Geloof,” hou ook hierdie leerstellings voor en, sou hy die mag het, enigeen vermoor volgens sy wens wie nie saamstem met Katolieke leerstelling nie.
WLK is oortuig dat Franciskus die “agste koning” van Openbaring 17 is. As sulks, is hy die laaste pous. Dit is onder sy pousdom dat die sluitingstonele van die aarde se geskiedenis sal plaasvind. Almal moet hulleself verwerdig met hierdie profesie, want almal sal geaffekteer word deur die optredes van die finale pous. Openbaring 13 is `n duidelike waarskuwing van die mag wat binnekort uitgeoefen sal word teen almal wie se gewete gehoorsaamheid aan die wet van Yahuwah vereis bo die tradisie van mense soos gekodifiseer deur die Katolieke kanonieke wet.
Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan die dier gegee het. Hulle het ook die dier aanbid en gesê: “Wie kan met die dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer?” . . .Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin, en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie.” (Openbaring 13: 4, 7 & 8, NV)
Pous Franciskus is uniek in die geskiedenis van die pousdom: hy is die heel eerste pous wat ook `n Jesuiet is. Die Jesuïete Orde, of, Jesuïete, soos algemeen bekend, was in 1534 in die lewe geroep vir die uitsluitlike doel vir die uitwissing van alle andersdenkendes van die Rooms Katolieke Kerk. Dit is steeds hulle primêre motief vir bestaan. Daarom het die Jesuïete oor die wêreld versprei, as dosente in universiteite, sendelinge aan paganiste, afvaardigings in regerings en raadgewers aan konings, wat saammet hulle hul politieke agendas as die pous se private soldate neem.
Elke priester wie aansluit by die Jesuïete orde moet `n eed aflê wat vir ewig tot die dood toe bindend is. Hierdie gruwelike eed, reg uit die ingewande van die hel, sou enigeen wie dit lees skok, want dit openbaar die waarheid aangaande die pousdom agter daardie regverdige skyn. Om dit te lees, sien asseblief “Wie is die Jesuïete?”.
So `n eed is teenstrydig met elke enkele beginsel van geregtigheid en heiligheid in die Skrifte. En nogtans is dit die eed wat Pous Franciskus op homself geneem het deur die bevelvoerende lid van die Jesuïete orde te word en, daarom, sal sy optrede as pous steeds beheer word deur hierdie afskuwelike eed. Deur sy toewyding aan hierdie eed te wys, moes elke Jesuïet, insluitende Pous Franciskus, dan die volgende verklaar:
Ter bevestiging waarvan, ek my lewe hieraan wy, my siel en al my liggaamskragte, en met hierdie dolk wat ek nou sal ontvang, sal ek my naam in my eie bloed skryf, ter getuienis daarvan; en as ek vals of verswakt in my vasberadenheid mag wees, mag my broeders en my mede-soldate van die Militia van die Pous my hande en my voete afkap, en my keel van oor tot oor, my maag open en swaelsuur daarin verbrand, met al die straf wat op my uitgeoefen kan word op aarde en my siel deur demone in `n ewige helse vuur gemartel word!”6
Omdat Rome daarin roem dat sy nooit verander nie, is elke enkele voorskrif van Gregorius VII steeds in werking as regverdig en eg. Boonop word die gevolglike marteling en moord van almal wie, in oortuiging van gewete, nie met Rome saamstem nie, (soos gesien in die Inkwisisie deur Innocent III in die lewe geroep) steeds as regverdig beskou.
Openbaring maak bekend dat `n herlewing van die vervolging uit die verlede plaas sal vind net voor die einde van die wêreld. Pous Franciskus, as die agste en laaste koning, sowel as die eerste Jesuïete pous sal instrumenteel wees in hierdie herlewing van die pouslike mag wat op die wêreld verhoog sal afspeel. Die gekombineerde gewig van die wraak van hierdie dier mag wat uitgebring sal word sal die meerderheid noop om in te gee aan die vereistes daarvan. “En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.” (Openbaring 13: 8, OV)
Almal wie hul vertroue in Yahuwah plaas sal van hierdie bose mag bewaar word. Selfs as sommige versoek word om hul lewens neer te lê nes die martelare uit die verlede, Yahuwah sal hulle die sterkte gee om te verduur en in die groot oggend van die opstanding, sal hulle opgewek word, om nooit weer honger, te dors of te ly of rou te bedryf nie.
Openbaring voorsien `n belofte vir diegene van die finale generasie wie uitverkies sal word om getrou te staan aan die Hemel terwyl hulle die hel in die gesig staar: “As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as hy met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.” (Openbaring 13: 10). Yahuwah se belofte is vir seker en in die finale oordeel, sal die aardse magte wie oorlog teen Yahuwah in die persoon van Sy heiliges gevoer het, `n regverdige boete ontvang.
Ontwikkel vandag daardie persoonlike verhouding met Yahuwah wat aan jou die geloof en die selfvertroue sal gee om aan Sy beloftes te kleef, selfs as die Hemele sou val.
Verwante Inhoud:
1 n/a
2 John J. Kelly, “Rome Never Changes.”
3 Alexander Hislop, The Two Babylons, bl. 207.
4 Encyclopædia Britannica, “The Medieval Papacy,” http://www.britannica.com/EBchecked/topic/441722/papacy/214717/The-medieval-papacy#ref704187.
5 “The Inquisition, ”http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/History/Inquisition.html.
6 Ibidem
7 Will Durant; The Story of Civilization, Deel IV (Simon and Schuster, 1950); soos aangehaal in Dave Hunt, A Woman Rides the Beast.