Print

Wie is die Jesuïete?

Wie is die Jesuïete aan wie Pous Francis, die laaste Pous, behoort?

Vir die eerste keer in die geskiedenis, is `n Jesuïete priester gekies om aan die hoof te wees van die Rooms Katolieke Kerk. Openbaring  17 verklaar dat die 8ste “koning” sal kom uit die put van die afgrond, wat beteken dat Satan hierdie laaste koning/pous sal beheer en stuur op `n vlak wat nie voorheen in die vorige pouse gesien was nie.

Francis I is Openbaring Sewentien se 8ste Koning . . . die laaste Pous.

Francis I is Openbaring Sewentien se 8ste Koning . . . die laaste Pous


“Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; .  .  .  . En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is, die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy `n kort tydjie bly. .  .  .En die dier wat was, en nie is nie, is self ook die agste, en is van die sewe en gaan na die verderf.”  (Openbaring 17:8-11)

Dit is die agste wat die verskriklikste oorlog sal voer teen die volgelinge van Yahuwah in hierdie laaste dae, en wie Rome se valse Sabbat, Sondag sal verhef, deur `n universele Sondag wet. Dit is die 8ste wie die katalisator sal wees vir die instelling van die Merk van die Dier op byna die hele mensdom in die nabye toekoms. Dit is geen VERRASSING dat Satan `n lid van die Jesuïete Orde sal uitkies om die laaste pous in die geskiedenis te wees nie. Synde dat die Jesuïete berug is vir die brutaalste, grusaamste, en bedrieglikste van al die pouslike ordes is.

Historiese begin van hierdie militêre orde

Namate die Hervorming van die sestiende eeu begin seëvier het teenoor die pousdom, het Rome nuwe magte opgeroep, in die hoop om hulle heeltemal te vernietig. Dit was in hierdie tyd dat die orde van die Jesuïete geskep was. Hierdie militêre orde het bewys gelewer dat dit die wreedste en magtigste van alle pouslike kampioene is. Afgesny van alle menslikheids bande-en belange, dood vir die aansprake van natuurlike gevoel, rede, en `n gewete wat heeltemal afgestomp is, het hulle geen reël geken, geen band, behalwe dié van hul orde, en geen plig behalwe om sy mag uit te brei nie. Die evangelie van Yahushua het sy volgelinge bemagtig om gevare te trotseer en om lyding deur te maak, onverskrokke deur ontberings, honger, hardewerk, en armmoede, om die banier van die waarheid hoog te hou in aanskoue van die pynbank, die ondergrondse kerker, en die brandstapel. Om hierdie magte teen te werk, het Jesuïetisme sy volgelinge met die fanatisme beinvloed wat hulle aanspoor om soortgelyke gevare te verduur, en om teen die magte van die waarheid te veg met alle wapens van misleidings. Daar was geen kriminele oortreding vir hulle te groot om te pleeg nie, geen misleiding te gemeen om nie te beoefen nie, geen vermomming vir hulle te moeilik om aan te neem nie. Met die geswore eed van ewige armoede en nederigheid, was dit hul opgelegde taak om welstand en mag te verseker, om toegewyd te wees tot die omverwerping van Protestantisme, en die her-instelling van pouslike opperheerskappy.

Wanneer hulle verskyn as lede van hul orde, dra hulle `n kleed van heiligheid, in besoeke aan tronke en hospitale, wie die siekes en die armes bearbei, wie voorgee dat hulle die wêreld versaak het, en die naam van Jesus dra, wie rondgegaan het om goed te doen. Maar Jesuïete simbool - IHSonder hierdie blaamvrye uiterlike, lê die mees kriminele en dodelikste doelwitte verskuil. Dit is `n fundamentele beginsel van die orde dat die doel die middele heilig. Deur hierdie kode was leuens, diefstal, meineed, sluipmoorde, nie net verskoonbaar maar ook prysenswaardig, wanneer die belange van die kerk gedien word. Onder verskeie vermommings het die Jesuïete hul weg oopgewerk in die ampte van die Staat, wat opgang maak as raadgewers van konings, en die staatsbeleid van nasies skep. Hulle het diensknegte geword om as spioene vir hul owerstes op te tree. Hulle het kolleges vir die seuns van die adelikes en die prinse gestig, en skole vir die gewone mense; en die kinders van Protestantse ouers was betrek in die onderhouding van Rooms Katolieke rituele. Al die uiterlike prag en praal van die Rooms Katolieke aanbidding was daarop uit om die verstand te verwar, en te verblind en die verbeelding te boei; en sodoende is die Vryheid waarvoor die vaders gewerk en bloed vergiet het, verraai deur die seuns. Die Jesuïete het hulle self snel oor Europa Versprei, en waar hulle ook al gegaan het, het daar `n herlewing van Katolisisme plaasgevind.

Om hulle groter mag te gee, was `n bul uitgereik wat die inkwisisie her- ingestel het. Nieteenstaande die universele afsku waarmee dit aanskou was, selfs in Katolieke lande, was hierdie verskriklike regbank weer ingestel deur die Katolieke heersers, en wreedhede te vreeslik om die lig van die dag te sien was herhaal in sy geheime ondergrondse kerkers. In baie lande, was duisende der duisende van die nasie se bestes, die reinste en edelstes, die skranderstes en hoogs geleerdes, godsvrugtige en toegewyde pastore, werksame en patriotiese burgers, briljante geleerdes, talentvolle kunstenaars, bedrewe vakmanne, vermoor, of geforseer om te vlug na ander lande.

Die boek Openbaring voorspel dat daar baie martelare sal wees in die dreigende stryd (Openbaring 6:11). Gedurende hierdie tyd sal sy getroue volgelinge onder uiterste toestande vir 1,260 dae profeteer. (Openbaring 11:3)Die inkwisisie van die Middeleeue sal weer ingestel word, onder verskillende vermommings en verskonings; en die verbeterde slinksheid wat die Jesuïete verkry het vir die uitvoering van hierdie verskriklike Amp sal nou tot die diens van hul kameraad , Pous Francis, se beskikking wees namate hy `n onversetlike oorlog voer om die onthalwe van sy meester teen Yahuwah se getroue Lunar Sabbat houers. (Neem gerus tyd om “The Sabbath | Part 3 –The Seal of Yahuwah.”) te lees.

Die Jesuïete se Bloed Eed

Niks dra die onmenslike wreedhede van hierdie Rooms Katolieke militêre orde meer duidelik oor as die eed wat deur diegene geneem word wie verhef word na `n bevelvoerende pos binne in die sosïeteit nie. Dit is `n lang eed, maar dit is belangrik dat ons dit in sy geheel deel, sodat niemand mislei  word deur hierdie Sataniese orde, wie spog dat hulle nou een van hul lede as pous het, nie:

Afbeelding van Pous Paulus III en Ignatius Layola, die stigter van die Jesuïete Orde (ook bekend as die “Sosïeteit van Jesus”)

Afbeelding van Pous Paulus III en Ignatius Layola, die stigter van die Jesuïete Orde (ook bekend as die “Sosïeteit van Jesus”)

“Wanneer `n Jesuïet van `n laer orde verhef word as kommandeer, word hy binne in die Kapel van die Klooster van die Orde begelei, waar daar net drie ander persone teenwoordig is, die prinsipaal of die Owerste wat voor die altaar staan. Aan elke kant staan `n monnik, waarvan die een `n geel en wit banier vashou, wat die kleure van die pous is, en die ander `n swart banier met `n dolk en rooi kruis bo aan `n skedel met gekruisde bene, met die woord INRI, en net onder hulle die woorde IUSTUM, NECAR, REGES, IMPIOUS. Die betekenis hiervan is: Dit is regverdig om die goddelose of ketterlike Konings, Regerings, of Heersers uit te wis of te verwoes. Op die vloer is `n rooi kruis waarby die aanspraakmaker of kandidaad kniel. Die Owerste oorhandig `n klein swart kruis aan hom, wat hy in sy linkerhand neem en teen sy hart druk, en die Owerste gee terselfdertyd `n dolk aan hom, wat hy beetneem aan die lem en die punt teen sy hart hou, terwyl die Owerste dit steeds aan die hef vashou, en sodoende die kandidaad met hierdie woorde aanspreek:”

Owerste:

My seun tot hiertoe was jy geleer om die huigelaar te wees: onder die Rooms Katolieke moet jy `n Rooms Katoliek wees, en om `n spioen te wees selfs onder jou eie broeders; om geen mens te glo nie, om geen mens te vertrou nie. Onder die Hervormers moet jy `n Hervormer wees, onder die Hugenote `n Hugenoot, onder die Calviniste, `n Calvinis; onder ander Protestante, in die algemeen `n Protestant te wees, en om hul vertroue te wen, en selfs om van hul preekstoele te preek, en om met al jou mag tot jou beskikking onse Heilige Geloof en die Pous ontken; en om só laag te daal om `n Jood te word onder die Jode, sodat  jy by magte kan wees om alle inligting bymekaar kan maak ter voordeel van jou Orde as `n getroue soldaat van die Pous.”

“Jy was geleer om met slinksheid die sade van afguns en haat te plant tussen gemeenskappe, provinsies, state wat in vrede heers, en hulle opstook tot bloedbaddens, hulle in oorloë met mekaar te betrek, en om rewolusies en burger oorloë te veroorsaak in lande van onafhanklikheid en voorspoed, wat die kunste en wetenskappe bevorder en die welvaart van vrede geniet. Om kant te kies met die oorlogsvoerders en om in geheim te werk met jou Jesuïete broeder, wie betrokke mag wees aan die anderkant, maar openlik teenstrydig te wees met dit waarmee jy betrokke mag wees, net dat die kerk die bevoordeelde mag wees in die einde, in die voorwaardes wat opgestel is in die vredesverdrae en dat die doel die middele heilig.”

“Jy was jou plig as `n spioen verduidelik, om alle statistieke, feite en informasie in jou mag te versamel van enige bron, om jou bemind te maak in die vertroue van die familie kring van Protestante en ketters van elke klas en karakter, sowel as die handelaar, die bankier, die regsgeleerde, onder die skole en universiteite, in die parlement en wetgewende vergaderings, en die howe en stadsrade, en om alle dinge vir alle mense te wees, vir die omhalwe van die Pous, wie se diensknegte ons tot die dood toe is.”

Jy het al jou instruksies tot op hede ontvang as nuweling, `n beginner, en het as `n mede-bevelvoerder, biegvader en priester gedien, maar jy was nog nie beklee met alles wat nodig is om te dien in die Leër van Layola in die diens van die Pous nie. Jy moet die nodige tyd dien as die instrument en uitvoerder soos beveel deur jou owerstes; want niemand kan hier dien wie nie sy werke gewy het met die bloed van die ketters nie; “want sonder die storting van bloed kan niemand gered word nie.” Dus, om jouself vir jou werk reg te kry en jou redding te verseker, sal jy, bykomend tot jou vorige eed van gehoorsaamheid aan jou orde en onderhewigheid aan die Pous, agter my aan sê:-“

Die eed verskyn in sy geheel, in die boek, THE SUPPRESSED TRUTH ABOUT THE ASSASSINATION OF ABRAHAM LINCOLN, deur Burke MacCarty, bl.21-23. (Sien:  https://www.masters-table.org/forinfo/jesuit%20oath.htm) Die eed is ook aangehaal deur Charles Didier in sy boek, Subteranean Rome (New York, 1843), vertaal uit die Franse oorspronklike. Dr. Alberto Rivera, wie van die Jesuïete Orde in 1967 ontsnap het, bevestig dat die bekendstellings seremonie en die teks van die Jesuïete Eed wat hy geneem het identies was met wat ons hieronder aangehaal het). 

Jesuïete Pous Francis ek“ Ek,     . . . . . . ., tans, in die teenwoordigheid van Almagtige God,  die Heilige Maagd Maria, die heilige Michael die Aartsengel, die heilige St. Johannes die Doper, die heilige St. Paulus en al die heiliges en die heilige menigtes van die hemel, en aan u, my geestelike vader, die Owerste Generaal van die Orde van Jesus, gestig deur Ignatius Layola in die Priesterskap van Paulus die Derde, en wat voortgaan tot die hede, sweer by die moederskoot van die maagd, die moedervorm van God, en die staf van Jesus Christus, verklaar en sweer, dat sy heiligheid die Pous  die Onder-Koning van Christus is en die ware en enigste hoof van die Katolieke of Universele Kerk regdeur die aarde, en deur die deugde van die sleutels om te bind en te ontbind, gegee aan sy Heiligheid deur my Heiland, Jesus Christus, het hy mag om koninklike ketteraars, prinse, of state, statebonde en regerings  te onthef, as almal onwettig sonder die heilige bevestiging en dat hulle veiligheids halwe vernietig word.”

“Dus, tot die uiterste van my mag sal en wil ek die leerstelling van die Heilige se reg en gewoontes teen alle onregmatige besitters  van die ketters en Protestantse outoriteit hoe ook al, verdedig, veral die Lutheraan van Duitsland, Holland, Denemarke, Swede, Noorweë, en die huidige sogenaamde outoriteit en kerke van Engeland en Skotland, en die vertakkinge daarvan  nou gestig in Ierland en op die Amerikaanse Kontinent en elders; en alle volgelinge  hul regte hulle ontneem word en as ketters beskou word, wie die heilige Moeder Kerk van Rome teenstaan. Ek ontken en ontneem enige verbintenis wat enige van die koninklike ketters, prinse, of staats genoemde Protestant of Liberaal, of gehoorsaamheid aan enige van hul wette, magistrate of offisiere.”

“Ek verklaar verder dat die doktrine  van die kerke van Engeland en Skotland, van die Calviniste, Hugenote en andere met die Protestantse naam of Liberales verdoemd sal wees en hulleself verdoem sal wees wie nie die dieselfde sal opgee nie.”

“Ek verklaar verder,  dat ek alle en enige van sy Heiligheid se agente wil help en sal adviseer in enige plek waar ek ook al sal wees, het sy  in Switserland, Duitsland, Holland, Denemarke, Swede, Norweë, Engeland, Ierland, of Amerika, of in enige ander koninkryk of gebied waar ek sal aankom, en om my uiterste te doen om hierdie verfoeilike ketteraar Protestante of Liberale doktrines uit te roei en om al hul sogenaamde magte, wetlik of andersyds te vernietig.”

“Verder verklaar en belowe ek, nieteenstaande alles waarsonder ek kan klaarkom, om my godsdienstige ketteragtige beleidenis aan te neem, vir die propaganda van die Moeder Kerk se belang, om al haar afgesante se raadgewinge wat sy van tyd tot tyd gegee het geheim en privaat te hou, wat hulle aan my toevertrou en om dit nie regstreeks of onregstreeks te verklap, deur woord, geskrifte of omstandighede wat ook al nie, maar om alles wat voorgestel word uit te voer, wat aan my gegee is of deur my ontdek word, deur u, my geestelike vader, of enigiets van hierdie heilige verbond.”

“En verder verklaar en belowe  ek dat ek geen opinie van my eie sal of wil hê nie, of enige verstandelike terughouding wat ook al selfs soos `n lyk of kadawer  (perinde ac cadaver), maar sal alle en elke bevel wat ek mag ontvang van my owerstes in die Militia van die Pous  en van Jesus Christus sonder versuim uitvoer.”

“Dat ek na enige deel van die wêreld mag gaan waarheen ek gestuur is, na die yslande van die Noorde, die gloeiende duine van die  Afrika woestyn, of die woude van Indië, na die sentra van die Europese ontwikkelde stede, na die wilde gewestes van die barbaarse woestaards van Amerika, sonder murmerering of ontevredenheid, en dat ek toegee in alle dinge wat ook al aan my gekommunikeer word.”

Pouslike inkwisisie Marteling Wheel“Ek belowe en verklaar verder dat ek sal, wanneer die geleentheid hom voordoen, onversetlike oorlog sal voer, heimelik of openlik, teen alle ketters, Protestante, en Liberales, nes ek beveel is, om hulle te verdelg en uit te wis van die aangesig van die hele aarde af; en dat ek nie ouderdom, geslag, of toestand sal oorsien nie; en dat ek hierdie berigte ketters sal hang, vernietig, kook, afslag, verwurg en lewend begrawe, die mae en baarmoeders van hul vroue oopkloof en hul kindertjies se hoofde teen die mure verpletter,  om hierdie verfoeilke ras vir ewig uit te wis. As dit nie openlik gedoen kan word nie sal ek dit heimlik doen met die gifdrankie, die wurg tou, die lem van die dolk of die lood koeël, ongeag die eer, rang, amp, of die gesag van die persoon of persone, wat  hulle toestand  in die lewe ook mag wees, hetsy privaat of publiek, soos ek in enige tyd beveel is om te doen deur my agent van die Pous of Owerste van die Broederskap van die Heilige Geloof, van die Orde van Jesus.”  

Ter bevestiging  waarvan, ek my lewe hieraan wy, my siel en al my liggaamskragte, en met hierdie dolk wat ek nou sal ontang, sal ek my naam in my eie bloed skryf, ter getuienis daarvan; en as ek vals of verswakt in my vasberadenheid mag wees, mag my broeders en my mede-soldate van die Militia van die Pous my hande en my voete afkap, en my  keel van oor tot oor, my maag open en swaelsuur daarin verbrand, met al die straf wat op my uitgeoefen kan word op aarde en my siel deur demone in `n ewige helse vuur gemartel word!”

“ Ek, . . . . . .sweer hierby, by die Heilige Drie-eenheid en die heilige Sakramente, wat ek nou sal ontvang, om  uit te voer en van my kant onskendbaar te bewaar;  en roep die hele hemelse en verheerlikte   menigte as getuies van  die heilige Sakramente van die Eucharis, en om dieselfde verder as getuies te wees met my naam geskryf en met die punt van die dolk gedoop in my eie bloed en verseël in die aangesig van die heilige verbond.”

(Hy ontvang die wafel van die Owerste en skryf sy naam met die punt van die dolk gedoop in sy eie bloed wat geneem is oor sy hart.)

Owerste:

“Jy kan nou opstaan en dan sal ek jou instruksies gee in die Kategisme nodig om jouself bekend te stel aan enige lid van die Orde van Jesus wat aan jou rangorde hoort.”

Pous Francis en Jesuit Logo“In die eerste plek, sal jy, as `n Broeder Jesuïet saammet `n ander die gewone teken van die kruis wedersyds maak soos enige ander Rooms Katoliek sou doen; dan sal een sy gewrigte kruis, met die handpalms oop, en die ander in antwoord sy voete kruis, die een bo die ander; die eerste wys sy voorvinger van die regterhand na die middel van die palm van die linker, die ander met middelvinger van die linkerhand wys na die middel van die palm van die regter; die eerste met die regterhand maak `n sirkel om sy kop en raak daaraan; dan sal die ander met sy wysvinger van die linkerhand raak aan die linkerkant van die liggaam net onder die hart; die eerste met sy regterhand trek dit oor die keel van die ander, en die laaste met `n dolk trek dit oor die maag en abdomen van die eerste.Die eerste sê  Iustum; en die ander antwoord Necar; die eerste Reges. Die ander antwoord  Impious.”( Die betekenis daarvan was alreeds verduidelik.)  ‘Die eerste sal dan `n klein stukkie papier in `n besonderse metode , vier keer gevou,  te voor skyn bring, wat die ander oorlangs sny en met die open daarvan sal die naam Jesu gevind word drie maal geskryf op die hoof en arms van die kruis. Dan sal jy die volgende vrae en antwoorde met hom ontvang en gee:-”

Vraag :- Van waar is jy?

Antwoord:- Die Heilige Geloof

V.:-Vir wie dien jy?

A.:-Die Heilige Vader van Rome, die Pous, en die Rooms Katolieke Kerk Universeel   regdeur die wêreld.

Francis I se Wapenskild

Francis I se Wapenskild

V.:- Wie is jou bevelvoerder?

A.:- Die opvolger van St. Ignatius Layola, stigter van die Sosïeteit van Jesus of die Soldate van Jesus Christus.

V.:- Wie het jou ontvang?

A.:-`n Eerbiedwaardige met wit hare.

V.:- Hoe?

A.:-Met `n ontblote dolk, waar ek kniel op die kruis tussen die baniere van die Pous en onse heilige orde.

V.:- Het jy `n eed gesweer?

A.:- Ek het, om ketters te vernietig,  hul regerings en regeerders, en om nóg ouderdom, geslag of toestand te oorsien. Om soos `n lyk te wees sonder enige opinie of wil van my eie, maar om my Owerstes blindelings te gehoorsaam in alle dinge sonder om te huiwer of te murmureer.

V.:- Sal jy dit doen?

A.:- Ek sal.

V.:- Hoe reis jy?

A.:- In die skuit van Petrus die visserman.

V.:- Waarheen reis jy?

A.:- Na die vier windstreke van die aarde.

V.:- Vir watter doel?

A.:- Om die bevele van my generaal en Owerstes te gehoorsaam en die wil van die Pous en om die voorwaardes van die eed getrou na te kom.

V.:- Gaan dan heen, die hele wêreld deur en neem al die lande in besit in die naam van die Pous. Hy wie hom nie as die Plaasvervanger  van Jesus en sy Vise-regent op aarde aanvaar nie, laat hom vervloek en uitgewis word.”

Finale Woord

vrou op soek na die hemel met 'n reënboog in die agtergrondNie eens die Jesuïete met hulle berugte wreedheid kon die waarheid van Yahuwah  in die verlede stil maak nie. Sy volgelinge tydens die MIddel Eeue het verkies om hul lewens  neer te lê , eerder as om Hom te verloën. Net so, in hierdie laaste dae sal Yahuwah se ware volgelinge onwrikbaar getrou wees, selfs tot die dood toe. Pous Francis en sy militia mag suksesvol wees om die liggame van baie dood te maak, maar hy sal nooit slaag om hulle van die liefde van Yahuwah te skei nie. Ongeag van hoe verskriklik die vervolging wat op die getroues sal wag, laat dit onthou word dat Yahuwah saammet ons elke moeilikheid en pyniging sal trotseer wat ons moet deur gaan. “In  die nood sal Ek by hom wees ” (Psalm 91:15) is Sy kosbare belofte. Dit is goed om die volgende heilige belofte uit die hoof te ken, namate ons gereed maak om Satan se wraak, deur sy afgesant hier op aarde, die 8ste en laaste koning, Pous Francis I, te ontmoet.

“Wees nie bevrees nie, want Ek [is] met jou;  kyk nie angstig rond nie, want Ek [is]jou Eloah. Ek versterk jou , ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie –manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek Yahuwah jou Eloah gryp jou regterhand aan, Ek sal vir jou sê: Wees nie bevrees nie Ek help jou. (Jesaja 41:10-13).