Print

4 Eenvoudige Stappe vir die versterking van Jou Geloof!

Geloof is die hand wat die beloftes van Yah aangryp, vir die gee van die Hemele se groot seëninge aan die nederige gelowige.

christus reik uit na jou om jou te help

Die voortreflikheid van die Christendom teenoor alle ander gelowe is dat dit ʼn God verteenwoordig deur die geboë knie, en ʼn uitgestrekte hand na hulp, wat in liefdevolle sagte stemtoon, Sy vyande bearbei met vriendelikheid, en doen alles wat nodig is om diegene te red waarvoor Hy lief is – hulle en vir die onthalwe van die wat Hom haat . Alles wat nodig is vir ons verlossing is beskikbaar as ʼn gawe van goddelike genade. Ons deel daaraan is om dit te aanvaar deur geloof.

Beide verlossing en oorwinning in Yahushua is afhanklik van die beoefening van geloof. Daarom, is dit in jou eie belang om te leer oor hoe om jou geloof te versterk.

Geloof is ʼn gawe!

Regdeur die Verlosser se lewe op aarde, het Hy eervollevermelding gegee waar ook al dit gevind is. “ o Vrou, groot is jou geloof,” groot is jou geloof,” het Hy aan die Siro – Feniciese vrou gesê voor haar dogter gesond gemaak is. Nadat die Romeinse hoofman aan Yahushua vertel het al wat nodig dat Hy net moet “die woord moes spreek,” en dat sy dienskneg gesond sal word, toe Yahushua dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie” (Mattheus 8 vers 10).

Dit maklik is om aan te neem dat geloof ʼn soort van buitegewone prestasie is wat sommige bekom het terwyl ander dit nie ontvang het en ander nie. Die waarheid is, desnieteenstaande, dat geloof nodig is om die beloftes van Yah te eis, en dat geloof opsigself ʼn gawe is! Verklaar Paulus onmiskenbaar dat Yahuwah: “ ʼn maat van geloof aan almal gee.” (Romeine 12 vers 3) As jy jou geloof wil versterk, is die eerste ding wat jy moet doen om te bid en om daarvoor te vra. Elkeen is genoeg geloof gegee om te glo sodat meer sal verkry, as jy kies om te glo.

1. Maak die keuse

gebed

Geloof is ʼn gawe maar jy het die vrye wil om dit te aanvaar of om dit te verwerp. Yahuwah sal nooit Sy gawes op enigiemand afdwing. Dit hang van jouself af as dit kom by geloof om te kies, en om dit ʼn keuse van gewete te maak, en om Yah te neem op Sy woord.

Geloof is nie ʼn gevoel! Die feit is, geloof is wat benodig word wanneer jou gevoelens in stryd is met jou oortuigings. Die woordeboek gefineer geloof as:

Geloof; is die instemming van die verstand tot die waarheid van wat deur 'n ander verklaar word as waar, wat op sy gesag en waarheid berus, sonder enige ander bewyse; die oordeel van wat 'n ander sê of getuig, is die waarheid ...

Geloof is] die instemming van die verstand tot die waarheid deur 'n voorstel wat deur 'n ander bevorder word.

[Geloof is] die instemming van die verstand tot die waarheid oor goddelike openbaring, en op die gesag van [Yah's] se getuienis, en wat vergesel is van die hartlike instemming van die wil of goedkeuring van die hart; 'n algehele vertroue of vertroue in [Yah] se karakter en leerstellings oor Christus, met 'n onvoorwaardelike oorgawe van die wil aan sy leiding en die afhanklikheid van Sy verdienste vir verlossing. Met ander woorde, die vaste oortuiging van [Yah] se getuienis, en die waarheid van die evangelie, wat die wil beïnvloed, dat dit lei na 'n totale vertroue op Christus vir verlossing.1

Geloof is een stap verder as om te glo. Geloof is die instemming of ooreenkoms van die verstand dit wat iemand anders verklaar as die waarheid sonder die nodigheid van enige ander bewyse. Sulke vertroue kom alleenlik as jy die ander persoon ken, en hom vertrou. Dus is die volgende stap vir die versterking van geloof om Yahuwah deur jouself te ken.

2. Een-tot-een met Yah

gebed

Wanneer dit kom by verlossing, is dit nie wat jy weet, maar wie jy ken. Die psalmis se uitnodiging: “Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!” (Lees Psalm 34 vers 9) Die enigste manier deur enigiemand om die woord van Yah te aanvaar vir wat dit werd is, en sonder die nodigheid van enige ander getuienis, is dat hy of sy moet weet om Hom te ken op ʼn baie persoonlike, en diepe intieme vlak.

As jy jou geloof wil versterk, maak dit ʼn gewoonte om te begin om jou geloof te beoefen op ʼn daaglikse basis. Soek na ʼn belofte wat pas by jou behoefte en maak daarop aanspraak! Bid daarvoor in elke besonderheid. Dit word gesê dat geloof soos ʼn plant is wat vinnig sal groei as dit vertroetel word. Dus, begin om dit te vertroetel! Die manier om dit te doen is om die keuse te maak om dit ʼn daaglikse gewoonte te maak om geloof te beoefen.

3. Geloof deur dit uit te leef.

duik in die osean

Die volgende manier om jou geloof te versterk, is om effektief en eenvoudig weg te spring: verdiep jouself in die woord van Yah. Paulus skrywe aan die Romeine: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van Yah.” (Romeine 10 vers 17) Die woord van Yah bevat bonatuurlike krag om te bereik wat daardie woord sê.

Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal
en daarheen nie terugkeer nie,
maar die aarde deurvogtig
en maak dat dit voortbring en uitspruit
en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;
So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal [My woord] nie leeg na My terugkeer nie,
maar [my woord] doen wat My behaag
en [My woord] voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. (Jesaja 55 verse 10 en 11)

Wanneer jy jou verstand verdiep in die beloftes van Yah, sal jou geloof versterk word!

4 . Wees dankbaar!

lofprysing

Laastens, maak ʼn punt daarvan om die gawes van Yahuwah op te merk, en om dan jou dankbaarheid daarvoor te betuig. Wanneer jy bewus word van Yah se teenwoordigheid in jou lewe en die seëninge wat Hy voortdurend oor jou uitgiet, sal liefde in jou hart ontwaak. Daardie liefde vermeerder vertroue in Sy woord, wat weer meer geloof bou.

Jy versterk nie jou geloof deur die opwekking van sterk emosies in jouself deur pure durf en vasberadenheid. Eerder, is geloof die natuurlike uitvloeiing van ʼn liefdevolle intieme vriendskap met Yah as beste vriend. “Want in Yahushua Christus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.” (Galasiërs 5 vers 6).

Geloof is nie iets wat jy kan verdien, en ook nie iets wat jy ooit kan bereik deur sweet of van jou aangesig en jou eie poging van ywer. Deur saam te werk met Yah, en die inwilliging van jou wil tot Sy wil, kan jy dieselfde gawe verkry van Yahushua, en die oorwinning sal joune wees.

“Want alles wat uit Yah gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.” (Lees 1 Johannes 5 vers 4)

Om te leer hoe jy die gawe van geloof kan gebruik om jou gehoorsaamheid van ʼn geswoeg te vander in vreugde, gaan kyk na “Gehoorsaamheid wat voortspruit uit geloof” op YouTube! Jy kan ook die artikel van WLC lees: Gehoorsaamheid wat voortspruit uit Geloof.


1 Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 ed.