Print

Die Ewige Liefde │ Deel 1: Yahuwah se Liefde vir die Mens

Yahuwah is liefde. Sy denke, Sy gevoel, die hele wese van Sy natuur, vir wie en wat Hy is, bestaan uit suiwer onverdunde, onmeetlike liefde. Elke handeling van skeppende mag vloei daar oneindige liefde, en is ʼn uitdrukking van die LIEFDE van Homself

LIEFDE streef daarna om goed te doen aan ander, en ook om vreugde aan ander te verskaf.  Dit was vir hierdie rede dat deur die LIEFDE daar ʼn volmaakte wêreld geskape is.  “Laat daar lig flowerswees!  En daar was lig.” (Genesis 1 vers 3.)  Die droë grond wat benat is deur water wat geskei is, die ligte aan die hemele, die statige bome, die pragtige blomme, die vrolike voëls, en die liefdevolle diere, was alles Sy liefdegawes, en was dit deel van die beplanning vir ʼn volmaakte wêreld aan die menslike ras. 

Nadat die Skepper die volmaakte wêreld geskape het, was daar niks om dit te verbeter.  Deur die aanskoue van die toneel, het LIEFDE gewaar geword dat “dit goed was.” (Lees Genesis 1.)  Nadat die wêreld voltooid was, is daar deur LIEFDE die mens geskape. Nie as robotte of as diensknegte, maar as Sy kinders, “na die beeld van die Elohim” Het Hy hulle geskape, “ man en vrou het Hy hulle geskape.” (Genesis 1 vers 27)

Yahuwah het mond tot mond Sy asem in die mens geblaas vir die gee van die lewe.  Yahuwah, wie “EK IS WIE EK IS”, het ʼn verbond gemaak om vir die mens sy Elohim te wees, en om te voorsien in alles wat hy benodig, maar nie net alleenlik vir die lewe, maar ook om gelukkig te wees, en vir interessante aktiwiteite, tevredenheid, liefde en vreugde. Dit is alles deel van die groot geskenk, wat vanaf die groot hart van LIEFDE van Homself gegee is.      

Maar ware liefde is meer as net geskenke.  Dit is meer as net woorde. Ware liefde bestee tyd aan die geliefde.

Die seun se tone krul van pure opgewondenheid onder die komberse.  Vandag is sy verjaarsdag!  Sy Pappa het aan hom belowe dat dit ʼn baie spesiale dag sal wees.  Hy spring toe uit die bed, en hardloop na die voorkamer in volle afwagting.  Die gesig wat sy oë ontmoet het sy verwagtinge vervul: Kleurvolle versierings en vele ballonne het ʼn gewone woonkamer in ʼn helder fees gewaad verander.  Kleurvolle versierings en vele ballonne het ʼn gewone woonkamer in ʼn helder fees gewaad verander. ʼn Hoop van toegevoude kleurvolle geskenkpakkies hou die belofte in van vele plesier wat nog gaan kom.

Ywerig word daar gesoek vir die gewer van al hierdie goeie dinge, en haas die seun hom na die kombuis.  Selfs die ontbyt tafel was gedek om ekstra spesiaal te lyk, en die reuk van sy geliefde kos het sy mond laat water.  Daar op die bord staan daar ʼn kaart.  Dit is verseker ʼn verjaarsdagkaart!  Met vreugde skeur hy die koevert oop en lees:  

Die seun wriemelende van opgewondenheid. Sy Pappa is die beste in die hele wêreld! Kan my spesialedag beter wees as net dit? Dan sien sy oë die volgende woorde:

Die vreugde en die angstigheid van die dag was verby.  Sy oë is vol met trane as hy kyk na al die geskenke vanaf sy vader.  Wat die huilende seun eerder wou gehad het, is sy Pappa om boy cryingmee te speel, en dat sy Pappa na hom kon luister wat hy te sê gehad het   

As ʼn liefdevolle wyse Vader, was Yahuwah bewus van al Sy geskenke, dat dit nie sonder Sy teenwoordigheid ten volle geniet kan word.  Meer as enige iets anders as wat Hy aan Sy kinders kon gee, het Hy geweet dat hulle Sy aandag, en dat hulle Sy wisselwerking van die LIEFDE van Homself verlang.  Dus het Yahuwah meer as genoeg voorsien as net materiale geskenke, het Hy meer gegee as net geuiterde woorde van liefde.  Hy het Homself gegee deur aan hulle Sy tyd te gee.

Elke week, elke sewende dag was apart gestel as ʼn spesiale tyd tussen die Skepper en Sy kinders. Deur die LIEFDE het, “Toe sien Yahuwah alles wat Hy gemaak het, en – dit was baie goed.....  So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.  En God het op die sewende dag ... (in LEFDE) sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.” (Genesis 1 vers 31 tot 2 vers 2)

Yahuwah het bepaal dat daar deur tyd, ʼn geleentheid is vir Sy teenwoordigheid met die: weeklikse Sabbatte en die maandelikse Nuwemane wat ʼn  uitnodig is om saam met Hom tyd deur te bring.   

father and sonʼn Vader wat lief is vir sy kinders geniet dit om tyd te spandeer saam met sy kinders. In die wêreld van vandag is die meeste vaders vir die meerderheid van tyd, weg vanaf die huis as gevolg van hulle werk.  Hy sien daarna uit vir die aanbreek van die naweek sodat hulle saam ʼn dag saam te kan deurbring, maar een dag per week is nie genoeg.  Wanneer die werk van die dag afgehandel is, haas hy hom na sy huis en spandeer tyd saam met sy kinders voor slapenstyd.  So is een dag per week ook nie genoeg vir Yahuwah.  LIEFDE  sou gegee word “in die koelte van die aanbreek van die aand”1 om tyd te spandeer met Sy kinders.   

As Sy kinders sondig, onttrek Hy nie Sy LIEFDE en teenwoordigheid, maar word hulle steeds nader getrek, die jaarlikse feeste was gegee, en is dit benodig  soos Hy bewus van is,  as ʼn vereiste vir Sy gevalle kinders, omdat hulle nie lank genoeg sou ophou om te werk, om tyd aan Hom te spandeer. Hulle sou vergeet dat hulle grootste vreugdes gesentreer is in die LIEFDE.  

Goddelike liefde is ewige liefde. Dit vloei vanuit die groot hart van Yahuwah wat die bron is van alle liefde, vreugdes en geluk. Yahuwah se liefde is die grootste en mees kragtigste enkele mag in die ganse heelal. Dit is absoluut wie en wat Hy is.  

Jong kinder hou gewoonlik nie daarvan om hulle tande te borsel.  Die kruie in die tandepasta brand gewoonlik hulle tonge, en die waarheid is, as hulle nie daaraan herinner word nie sal hulle vergeet om dit te doen.  Liefdevolle ouers vereis dat hulle kinders hulle tande borsel omdat die ouers bewus is as die tande nie skoon gehou word die kinders tandpyn en verrotting sal ondervind.  Die ouers weet ook dat dit nodig is om die tande daagliks te borsel vir die behoud van hulle tande wanneer hulle groot en opgegroei is.  Wat blyk te wees as veeleisende  vereistes te wees vir die kinders, spruit voort vanaf die gevoel van liefde vir hulle kinders.

So is dit met geval vir die tyd wat deur die LIEFDE vereis word vir Sy kinders om saam met Hom te spandeer.  Omdat, “ almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah.” (Lees Romeine 3 vers 23.)  Die mense wat tyd wil deurbring met hulle hemelse Vader is meer en deels net soos ʼn stout kind, en met ʼn skuldige gewete wat tyd wil spandeer met sy ouers.  Alhoewel, die LIEFDE bewus is dat Sy kinders se grootste vreugde en geluk word gevind word  wanneer hulle tyd met Hom spandeer, dus vereis Hy dat die tyd wat met Hom gespandeer word, in die hoop dat Sy kinders sal leer dat hulle Hom nie hoef te vrees, dat hulle inplaas daarvan die mooiheid van die LIEFDE sal sien, en op sy beurt nader na Hom toe sal beweeg in liefde. 

Die mensdom sien die Sabbat as ʼn Opdrag, wanneer dit eerder ʼn uitnodiging is.  Hulle sien die feeste as ʼn vereiste wanneer dit in werklikheid ʼn voorreg is.  Volgens die Hebreeuse ekonomie, het Yahuwah elke sewende jaar gestel as ʼn jaar vir Sy kinders om tyd met Hom te spandeer.  Die jaar in sy geheel is gewy as ʼn sabbatsverlof!  Elke vyftiende jaar was ʼn baie spesiale sabbatsverlof tydperk, ʼn Jubileumjaar wanneer slawe vrygestel en skuld kwytgeskeld was.       

Alleenlik wanneer liefde gegee word liefde wederkerig ontwaak, dus het Yahuwah genoegsame tyd apart gestel vir almal om die geleentheid te verkry om met Hom bevriend te raak, en deur die bekoring van die mooiheid van Sy karakter en om te leer om te vertrou in Sy liefde.  Dit was nodig omdat die goddelike Liefde is baie verskillend van die menslike liefde.  Die menslike liefde is ʼn emosie wat wispelturig is en onbetroubaar.  Goddelike Liefde is ʼn beginsel wat geen verandering ken, en is dit die enkele en mees kragtige mag in die ganse heelal.    

“want liefde is sterk soos die dood,.....  Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ʼn man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.” (Hooglied van Salomo 8 verse 6 en 7.)

Die Goddelike LIEFDE teenoor die MENSLIKKE LIEFDE.

Digters, romanskrywers, liedjiesskrywers en baie ander het munt geslaan uit die basiese menslike begeerte om geliefd te wees.  Rolprente vertel die verhaal van mense “liefde” vind, en happy coupleneuriesangers wat gekoppel word aan “Eindelose Liefde” of die bejammering van diegene wat “Soek na Liefde op Al die Verkeerde Plekke.” Elkeen soek op elke plek  na diegene wat vir hulle lief sal wees en  vir wie en wat hulle is, en vir die aanvaarding ten spyte wat hulle nie is. Al hierdie is wat hulle “liefde” noem.  

Sulke liefde is nie dieselfde as die goddelike Liefde. Die menslike “liefde” word altyd oorskadu deur ʼn soort van graad van selfsugtigheid. Self die woordeboek se beskrywing van “liefde” is dat dit bevlek is met selfsugtigheid: “In die algemeen die gewaarwording om behaag te word ten opsigte van ʼn gevoel deur ʼn  sekere toegeneentheid, en die  rekenskap van sommige  eienskappe wat die gevoel opgewonde maak vir gevoelsgewaarwordings....”2       

Alhoewel opregte liefde, sy bron in die hart het van die ewige LIEFDE: van Yahuwah Self. Is die goddelike Liefde, vry van selfsugtigheid, en is dit baie meer akkurater vertaal in die Bybel. (1Korinthiërs 13 )  dit is die opregte Liefde wat die hart van die Vader vul:

daardie gesindheid van hart is wat die mens geneë maak om goedgunstiglik na te dink oor sy medemens, en aan hulle goed te doen..... In die besonderse manier van, liefde, vriendelikheid, toegeneentheid, teerheid,..... ruimheid van gees in die oordeel van die mensdom en hulle handelinge, en die ingesteldheid wat die mens laat neig om goedgunstiglik te  laat dink en te oordeel, en om die beste samestelling van woorde en handelinge wat die saak sal toelaat.3

open BibleDie hele Skrif is ʼn lang lys wat ontvou van die onsterflike goddelike LIEFDE.  Vanaf die begin tot die laaste bladsy, openbaar die Bybel die persoonlikheid van Yahuwah as opregte Liefde, en vlekkeloos sonder enige aanduiding van selfsugtigheid.

Die ingesteldheid van Yahuwah en die lys wat deur die Skrif bewaar is vir die openbaring van Yahuwah se liefde wat Hy gemaak het tot alle skepsele.  Alhoewel ons almal teen Hom gesondig het, en Sy hart seer gemaak het, soos die ontroue vrou aan haar Man wat altyd in liefde vir haar gesorg het (Lees Hosea), Die LIEFDE se oordenking van sondaars is “goedgunstiglik” ten opsigte van sondaars en streef daarna om aan “hulle goed te doen.”  Liefde is “geneig... tot die denke van goedgunstige oordeel, en gebruik die die beste samestelling van woorde en handelinge wat die saak toelaat.”4  

Dit is hier waar die groot kloof tussen LIEFDE en die mens baie duidelik gedemonstreer word.

Daar is ʼn verskil tussen aksie en reaksie.  ʼn Persoon se aksies is die resultaat van besluite.  Reaksies op die anderkant, is gebaseer suiwer op fisiese of emosionele stimulus.  Raak aan ʼn warm element van jou  stoof, en jy sal nie tyd neem om te besluit hoe jy wil reageer. Jy sal onmiddellik reageer: Jy sal jou hand onmiddellik wegruk en heel moontlik uitroep, “Eina!”

Om te weet wat is werklik in die diepte van ʼn persoon se hart en siel, bestudeer sy reaksie. ʼn  Reaksie onthul wie en wat ʼn persoon is,  op so  ʼn manier wat eenvoudig aksies nie kan doen. Hier is ʼn voorbeeld van ʼn verdigende moeder wat die verskil  tentoonstel van menslike reaksie in vergelyking met die goddelike Liefde:    

scared child“Toe my dogter vanaf die skool begin kom het met beserings wat deur ʼn boelie veroorsaak is, het ek ʼn baie sterk reaksie ondervind..... was nie ‘reaksie van onmiddellike vergiffenis vir die seun wat beserings gelaat het aan my kleine dogter.  Ek het kalm gereageer deur aan my dogter noukeurig te verduidelik hoe om ʼn sterk hou wat goed gemik is tot sy buikvleg pleksus om die lug uit sy longe te haal en om respek te verkry ( tenminste respek vir haar sterkte as enige iets anders) sodat hy haar sal uitlos...”

Hierdie ongeoorloofde reaksie was gebaseer op die moeder se liefde vir haar dogter.... met al die liefde verlore wat ook al oor is, vir die seun wat haar beseer het. So ʼn reaksie is geheel en al menslik, en heeltemal teenoorgesteld van Yahuwah se reaksie tot ʼn persoonlike besering of misbruik. Yahuwah se reaksie is  konsekwent en oombliklik en dit is : vergiffenis. Yahuwah se reaksie op persoonlike belediging en seerkry, plaas Hy  die beste samestelling van die ander persoon se woorde en handelinge, al veroorsaak daardie woorde en handelinge intense en persoonlike pyn, aan Yahuwah!    

Dit is die presiese kern van LIEFDE.  Hy gee omdat Hy lief het, sonder om boek te hou hoeveel Hy terug te ontvang.  Sy gevoellings is seergemaak wanneer Sy gawe as vanselfsprekend aanvaar word, maar Sy eerste reaksie is om te vergewe!  Ons bespeur dit met die grondbeginsel van die offerande  van Sy Geliefde Seun, Yahushua, ons perfekte voorbeeld vir die gedrag in ALLE dinge!

Die denke van LIEFDE is goedgunstelik vir ander. Die LIEFDE handel op maniere wat vreugde bring vir ander en Hy reageer met onmiddellike vergiffenis ongeag die treitering.

Liefde is barmhartig en word maklik beïnvloed deur die seerkry en droefheid  van ander.

LIEFDE is goedhartig: Hy is “geneë” om goed te doen aan andere, en om hulle gelukkig te maak deur  aan hulle versoeke te voldoen, deur te voorsien aan hulle behoeftes of die ondersteuning in droefheid, deur die besit van die natuur van  teerheid of goedheid, enliefdadigheid.”5   

LIEFDE IS innemend: Hy is “goedhartig, vriendelik.... geneë om oortredings te vergewe en deelagtig aan seëninge.6 

LIEFDE is genadiglik: Dit besit “saggeaardheid of sagmoedigheid van hart, en  wat ʼn persoon gewillig maak om seerkry te oorsien, of om ʼn oortreder beter te behandel as hy verdien, en ʼn open handgeopende hand te reik,  en die gesindheid en gemoedstoestand vir geregtigheid, en om die persoon wat seergemaak is te oorreed, om oortreders te vergewe, en om straf te weerhou, of om ʼn staf op te lê wat minder is as wat die reg regverdig.”7   

As die Vader vir almal, LIEFDE deel met piëteit: Dit het die aanvoeling van “pyn of bedroeftheid vir diegene wat in bekommernis verkeer.”8  

Verhewe oor alles, is LIEFDE liefdadig: Dit het “ ʼn ingesteldheid om goed te doen, deur liefde te besit vir die mensdom, en ook die begeerte om hulle voorspoed en geluk te bevorderg.”9 

Opregte en goddelike Liefde is die mees kragdadigste mag in die gehele heelal, en Yahuwah, Homself is die bron van opregte Liefde en voorsien aan Sy kinders om in die diepte van Sy persoonlikheid te kyk en wat bekend is as die Die Hoofstuk oor Liefde:  

“Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan.  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.  Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.  Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê.  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.“ (1 Korinthiers 13.)

Hierdie hoofstuk is ʼn goddelike geinspireerde beskrywing van die LIEFDE van Homself. Elke keer as die woord “liefde” gebruik word vervang dit met die persoonlike naam van Yahuwah:

Yahuwah is lankmoedig en vriendelik, Yahuwah is nie jaloers nie, Yahuwah praat nie groot nie, is nie opgeblase, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie Sy eie belang, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid, dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  Yahuwah stel nooit terleur.  

alt

Om ʼn nugterde vergelyking tussen goddelike LIEFDE en menslike liefde te verkry, probeer om dieselfde hoofstuk te lees en jou naam daarin te vervang:

[Vervang met jou naam] is lankmoedig en vriendelik, [naam] is nie jaloers nie, soek nie sy eie belang [naam] praat nie groot oor haarself / homself, is nie opgeblase, handel nie welvoeglik. Soek nie sy/ haar eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid, dit bedek alles, glo alles, hoop alles, en verdra alles. [ Naam] stel nooit terleur nie.  

Sjoe! My naam pas ook nie  daarin. Hoe het joune daarin gepas? Alleenlik LIEFDE beantwoord aan al die vereistes en net  Sy goddelike persoonlikheid kan alleenlik beskryf word.

Dit is hierdie Liefde, die  opregte Liefde, daardie LIEFDE van Homself wat aan jou aangebied word.

Alle ouerlike liefde wat oorgelewer is van geslag tot geslag deur die kanaal van die menslike hart, en al die fonteine van sagmoedigheid wat in die siel geopen is van die mens is maar ʼn kleine druppel van water in vergelyking met die grenslose oseane wanneer dit vergelyk word met die oneindige en onuitputlike liefde van Yahuwah.  Die tong kan dit nie uiter en die pen kan dit nie beskrywe.  Jy kan daagliks jou lewe lank daaroor bepeins, en jy mag die Skrif ywerig ondersoek om dit probeer te verstaan, en jy mag enige mag aanwend en die vermoë wat...  Yahuwah aan jou geskenk het, in die strewe om die liefde te verstaan en die barmhartigheid van die hemelse Vader, is daar ʼn oneindigheid vêr benede ons verstand.  Jy mag die oor die liefde vir eeue studeer, en tog sal jy nooit ten volle verstaan die lengte en die breedte, die diepte en die hoogte van die liefde van Yahuwah...10

Die Liefde van God [Yahuwah]

Die liefde van God [Yah] is baie groter as wat
Die tong of die pen kan vertel;
Dit reik verder as die hoogste ster,
En reik tot in die doderyk daaronder,
Die skuldige paar , buig neer in besorgtheid,
God gee Sy Seun as oorwinnaar vir,
Sy sondige kind as Sy versoening,
En vir die kwytskelding van sy sondes.

Refrein:
O, die liefde van God, so ryk en opreg!
Hoe onmeetlik en sterk!
Dit sal  vir altyd bly bestaan -
Die lied van  heiliges en van engele.

Kan ons die oseane vul met ink,
En was die hemel gemaak soos die perkamentrol,
Was elke halm op aarde ʼn pen,
En elke mens ʼn skrywer van beroep,
Om neer te skrywe die liefde van God vanaf bowe
Wat die die oseaan sou opdroog.
Ook sou die perkamentrol dit nie volledig kan bevat,
Deur gerek te word van hemelruim tot hemeruim.

Refrein:
O, die liefde van God, so ryk en opreg!
Hoe onmeetlik en sterk!
Dit sal vir altyd bly bestaan -
Die lied van heiliges en van engele.

Open jou hart vir LIEFDE. Sy woorde van pleit weergalm regdeur die eeue: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” (Jeremiah 1 vers 5 en 31 vers 3)

Vertrou jou Skepper. Spandeer tyd bestudeer Sy persoonlikheid. Verbind jouself tot  Sy sorg en bewaring omdat Yahuwah Liefde is.

man praying


1 Genesis 3:8

2 LOVE, Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1928.

3 CHARITY, Ibid., emphasis supplied.

4 CHARITY, Webster, op. cit.

5 KIND, Webster, op. cit.

6 GRACIOUS, Webster, op. cit.

7 MERCY, Webster, op. cit.

8 PITY, Webster, op. cit.

9 BENEVOLENT, Webster, op. cit.

10 E. G. White, Testimonies for the Church, Vol. 5, p. 740.