Print

Die Ewige Liefde │ Deel 3: Die Mens se Reaksie

John 3:16-17

Yahuwah is liefde. Wanneer die stryd tussen goed en kwaad finaal verby is, sal YaHuwah die oorwinnaar wees omdat liefde die sterkste mag is in die ganse heelal.” Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ʼn man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.” (Hooglied 8 vers 7)

Die reeds lank bestaande stryd tussen die Koninkryk van Liefde en die koninkryk van die bose het twee verskillende beginsels geopenbaar. Yahuwah gebruik in Sy optrede en veldtog vir die lojaliteit en die wen van siele die beginsels wat gebaseer is op liefde, vergewingsgesindheid en regverdigheid. Satan gebruik die beginsels van mag, wreedheid en misleiding om menige na vernietiging te lei. Met tye blyk dit dat die stryd nie gelyk is omdat Yahuwah alleenlik die maniere gebruik wat in ooreenstemmig is met Sy norm van Liefde.  

Aan die einde, alhoewel Yahuwah wen omdat LIEFDE die mees magtiger mag van alles is.”  Liefde wek liefde. “Deur liefde te gee word liefde ontvang.”1 Hier kyk die Mens na Liefde in die Man looking off in the distancediepste geheimenis van sy geweldige mag.  Liefde is in staat om te transformeer – geweld kan nie.  Self die verhardste hart mag reageer op liefdevolle vriendelikheid, terwyl geweld eenvoudig net voortbring die hardheid van hart. 

Geweld kan die liggaam onderwerp, maar dit transformeer nie die verstand. “ ʼn Man wat teen sy eie  wil handel is steeds aangewese op sy eie sienning.Liefde alleenlik het die mag om emosies en geloof te transformeer, en om vyande in vriende te verander.

Die omvang van die menslike liefde word so opgesom in die Skrif: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.” (Johannes 15 vers 13)

Die bewys van die goddelike Liefde word gedemonstreer, toe Yahuwah Sy enigste Seun geoffer het, en dit het,  ʼn Liefde openbaar het wat by verre alle ander liefde oortref: Yahuwah  het Sy eie Seun geoffer vir die redding van Sy vyande!  

“Want so lief het Yahuwah God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het”.... alles.  Toe die sonde die wêreld binnegekom het, is Yahuwah se liefde geopenbaar tot op die dieptes wat nie voorheen gesien is.  Hy het ʼn liefde openbaar wat sondes vergewe en sondaars red. Hy het die wêreld so lief gehad dat “Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3 vers 16.)

Die Bybel voorsien aan ons die rede waarom Yahuwah gewillig was om Sy eie Seun op te offer: “Want Yahuwah het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Johannes 3 vers 17.)

Wanneer hierdie feit oordink word, en die realiteit oor hierdie liefdevolle liefde begin om in te sink in die verstand en om die transformasie te verstaan wat teweeg gebring word.  Kan dit nie gehelp word, dat dankbaarheid in die hart wakker gemaak word wanneer daar besef word dat Yahuwah Sy Seun gestuur het om te red en nie om te veroordeel!    

Dankbaarheid is baie noodsaaklik as deel van die gevoel van liefde. Die grootste geskenk mag gegee word, maar as hulle nie erken word vir wat hulle is, en deur die demonstrerings van liefde, sal daar geen ontwaakte dankbaarheid en terugkerende liefde  wees.

Kinders is lief om te gee. Hulle klein hartjies sien uit na maniere om hulle liefde te wys, al is dit ook ʼn kleurprent, of ʼn hand vol perdeblomme.

young girl holding flowersMy jongste kleinkind hou daarvan om vir my blomme te pluk en dit maak nie saak of dit perdeblomme of rose is.  As sy ʼn blom sien, moet dit gepluk word om aan iemand te gee vir wie sy lief is.  Sy sien dissels  nie as onkruid wat alles oorneem wat in sy pad is, en wat ons as volwassenes onkruid beskou.  Inplaas daarvan sien sy dit as ʼn pragtige stervormige blom, wat sy wil pluk en gee as ʼn blyk van haar liefde.   

Verskeie kere beantwoord ek haar klop aan die deur, net om haar stralende blink gesiggie te sien en haar hand wat agter haar rug is.  Sy glimlag stralend, “ Ek het ʼn verrassing vir jou!”  Dan hou sy haar kosbare geskenk van liefde omhoog.

Gedurende een geleentheid, het ek haar saamgevat dorp toe. Toe sy die groot uitstalling van blomme gewaar, het sy met smeking in haar oë gevra, “kan ek asseblief geld kry? Ek het geld nodig! Asseblief?”  

Wetende presies wat sy gesien het wat haar skielik gedronge laat voel vir die begeerte na geld, en dit laat my dink aan al die ander dinge waarvoor ek so versigtig geld gespaar het.  Alhoewel haar gretige blik, en die minsaamheid in haar oë, my  laat swyg het oor my behoeftes as volwassene en bekommernisse.

Toe ek aan haar geld gee, sy my entoesiasties beveel, “Moenie nou kyk nie! Dit is ʼn verassing!”

Na  ʼn paar minute  kondig haar dansende voete haar terugkoms aan.

“Hier! Dit is vir jou! Is hulle nie pragtig?”

Ek sal nooit die liefde wat uit haar gesig gestraal het, en die blydskap in haar stem kan vergeet, toe sy uitdrukking gee aan haar liefde vir my.  Ek het nie die blomme nodig gehad, maar sy het geleentheid benodig deur dit te gee om haar liefde te betoon.

As ʼn wyse hemelse Vader, weet Yahuwah dat al die liefdegawes in die heelal nie die harte van Sy kinders sal nader trek as hulle nie Sy gawes herken en ʼn gevoel van dankbaarheid betoon.  Hy benodig nie ons betoning van liefde en dankbaarheid – maar Hy weet van die behoefte om dit te gee.

Satan het Yahuwah daarvan beskuldig dat Hy wesens geskape het sodat Hy hulle dienste kan ontvang en in selfsugtigheid hulle aanbidding en prysing kan geniet. Ongelukkig glo baie mense hierdie leuen. Dit mis geheel en al die punt. Die enigste weg is, liefde wek liefde as dit erken word. Een maal as liefde erken word, en dankbaarheid wek word wederkerende liefde verkry.

Die wyse ouer sal verlang dat sy kind moet, “Dankie” sê.”  Alles wat aan ʼn kind gegee word moet deur hom erken en aanvaar word met ʼn gebaar van dankbaarheid.  So ook met gee van water om te drink, asook helder verpakte geskenke verdien om “Dankie te sê.”  Hierdie gewoonte van erkenning vir die voordeel bou die gevoel van liefde en van dankbaarheid in die verstand van die kind.

Met die geboorte is ʼn ouer onmiddellik lief vir hulle kind, maar is dit nie noodwendig so dat die kind die band van liefde voel vanaf die ouer.  So dikwels is daar stories in die nuusblaaie van aaklige verhale van kinders wat hulle bejaarde ouers misbruik en haat.  Terwyl daar baie redes is vir die onderleggende oorsaak dat kinders hulle ouers as vanselfsprekend beskou.  Dankbaarheid kan nie deur ʼn voorbeeld aan ʼn kind geleer word.  Dit word bekom as ʼn reël  van gewoonte en as deel van die karakter van die kind.  

Dit is vir hierdie rede dat Yahuwah vereis het na geleenthede vir Sy volgelinge vir die erkenning en die gebaar van dankbaarheid vir Sy seëninge. Die Vader is bewus wat in die hart en verstand aangaan van elke persoon. Hy is intiem bekend met elke individu asof daar nie een enkele ander persoon is op die aangesig van die planeet.  Hy is bekend met ons gedagtes en gevoel.  Hy benodig nie dat ons moet aanbid vir Sy onthalwe.  Die gebed is vir ons voordeel sodat ons verhef kan word om te dink volgens  Sy denke, en dat dit Sy verstand kan binnedring

Gebed voorsien aan die geleentheid om stil te staan van die gewoeste gejaag van die dag, en om na te dink oor die seëninge wat ons ontvang het, en die belydenis van ons mislukkings, en die ervaring van vergiffenis.  Die dankbaarheid word gevoel wanneer daar erkenning gegee word vir seëninge en dit die skep van liefde en vertroue in die menslike hart – wat dit benodig.

Eweneens Is,” Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat.” (Markus 2 vers 27) Yahuwah het geweet sonder die vereiste vir eendag se rus en aanbidding, die gulsige mens sal aanhou om te werk vir tydelike gewin en die verlies van sig oor die ewige realiteite.  Daarom dat voedsel voorbereiding gedoen moet word die dag tevore, en die bevryding van die vrou as slaaf voor ʼn warm stoof, in die voorbereiding van ʼn maaltyd vir die familie.  Die vereiste dat geen slawe werk  verrig word, verskaf aan geheel die familie en sowel as die diensknegte en diere, ʼn tyd om te rus en te verfris.     

Die huweliksherdenking kan ʼn tyd wees van kosbare herinneringe en ʼn verbintenis tot die toekoms.  Sabbatte is die herdenkings geleenthede van die Skepping van die wêreld.  Die tersyde stelling van die daaglikse arbeid op die Sabbat is ʼn herinnering aan die beloftes van die Skepper aan  heel die begin – en vir seëninge en die onderhouding van ons, en om te voorsien  aan alles wat nodig is vir ons onderhoud en geluk.  

Die maandelikse Nuwemane is ook tye van verheuging.  Die seëninge van die vorige maand word onthou met dankbaarheid en die aanmoediging en die hertoewyding vir die komende maand.  Die jaarlikse feeste het verreis, dat tye vasgestel is vir hernuwing en hertoewyding asook spesiaal vir danksegging.

Die Huttefees van al die jaarlikse feeste was spesifiek geskep vir danksegging. Dit was ʼn groot fees wat ʼn week lank geduur het met danksegging en feesvieringe!  Die jaarlikse oeste is ingebring en dit was ʼn tyd om te verwys na die baie liefdesgawes wat in die verlede van die Vader ontvang is.  Sonskyn, reën en vir die groei van die oeste, asook die beskerming teen vyande en die gesondheid van die families  – alles vir die opwek en die erkenning vir die spesiale seëninge van die hemel.   

Toe die Israeliete Kanaän verower, het hulle ʼn land wat reeds bewoon was verower.  Hulle vyande was vooruit verdryf en daar het op hulle gewag ten volle gemeubileerde huise en volop wingerde, vrugbare boorde, baie water en elke goeie ding wat benodig is vir ʼn voorspoedige lewe.  Yahuwah is bewus, en alhoewel die gevalle menslike hart gou is om die groot seëninge te vergeet, en om dit as vanselfsprekend beskou is.  

Hy wou hulle herinneringe vars hou sodat hulle in Hom sal vertrou om voort te gaan om vir hulle te sorg.  Hy het vereis dat die Israeliete in ʼn laer bymekaar kom en klein hutte te maak van takke en palmtakke.  Hulle moes dit doen elke jaar met die Huttefees en hulle verheug in die hemels se ryke goedertierenheid.  Dat hulle altyd moet onthou dat die hemelse Vader hulle uitgelewer het as ʼn nasie van die Egiptiese slawerny. 

Dankbaarheid vir algehele vryheid en vir die huidige aardse seëninge, wat die liefde en vertroue lewendig sal hou in hulle harte.  Dit sal die beskerming wees teen Satan se versoekinge en verleidings vir die afvalligheid vir afgode aanbidding.  Satan was bewus dat hy die Israeliete sal laat draai teenoor  hulle verbondskap tot Yahuwah, en hulle wend tot die aanbidding van valse gode, dan kan die hemel hulle nie beskerm teen die verowering van omliggende vyande.    

Dit is baie interessant dat die einste eerste fees wat die Israeliete nagelaat het om te onderhou was die Fees van danksegging die Huttefees.  Ware aanbidding het ontaard in bloot vormgodsdiens.  Dit het ʼn godsdiens geword van tradisie en redding deur werke.  Volle afgodeaanbidding het vinnig gevolg.  Hierdie ontaarding van hulle geestelike ondervindings moet dien as ʼn sombere waarskuwing vir die belangrikheid, om  al Yahuwah se feeste met ʼn opregte hart van dankbaarheid te onderhou. 

Yahuwah benodig nie dat die Israeliete se uitdrukking van dankbaarheid meer is as wat Hy jou uitdrukking van dankbaarheid benodig.  Alhoewel, Hy bewus is, net soos die Israeliete is dit nodig dat jy verander om Sy seëninge te onthou, met dankbaarheid herken en erken dat  Sy gawes  jou hart laat swel van liefde as reaksie.  

two smiling girlsWanneer daar vir iemand lief is, en hulle aanvaar word met ʼn onsterflike, onvoorwaardelike liefde word grense afgebreek.  Die hart kan dit nie help om te reageer omdatLiefde wek liefde!  

Die natuurlike reaksie van die hart wat die gevoel van liefde ervaar, is om deur die  reaksie van  wederkerige liefde, liefde te betoon. Dit word die mees natuurlike handeling om die Vader te gehoorsaam.  Die eens opstandige hart, is nou versag deur die liefde, en vind sy grootste vreugde in die onderhouding van die goddelike wet van Liefde.

Yahushua se voortgesette ware toets of ʼn persoon vir Hom lief is: “As jy vir My lief is, sal jy My gebooie onderhou.”3 Gehoorsaamheid aan al Yahuwah se gebooie is ʼn natuurlike reaksie van ʼn hart wat gevul met die liefde vir die Wetgewer.

Dit is nie wetties.  Satan is baie gou ten alle tye om hierdie aanklag af te maak as wetties as ʼn persoon probeer om die goddelike wet te onderhou.  Ongelukkig, gehoorsaam baie mense uit vrees vir gevolge – of omdat hulle glo dat hulle “ deur werke die hemel kan bekom” in gehoorsaamheid.  Dit is nie altyd moontlik om onmiddellik te onderskei tussen ʼn persoon wat gehoorsaam is net om “deur werke die hemel te bekom” teenoor ʼn persoon wat gehoorsaam is as gevolg deur liefde.  Gehoorsaamheid kan dieselfde lyk al word dit deur teenoorgestelde motiverings voorgesê.

Alhoewel, Yahuwah dit weet. “ Omdat Yahuwah dit nie sien soos die mens dit sien, omdat die mens na die uiterlike voorkoms kyk, maar Yahuwah kyk na die hart.”4 As gehoorsaamheid meer en deels ʼn manier is om die hemel te “verdien,” sal die persoon verlore wees.

Yahushua verduidelik:

“Nie elkeen wat vir My sê: Yahushua, Yahushua! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Baie sal in daardie dag vir My sê: Yahushua, Yahushua, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mattheus 7 verse 21 tot 23)

Dit is moontlik om deur al die bewegings te gaan, en elke gebod te onderhou en steeds verlore te wees. Die verskil is die motivering sulke handeling. Word Sy gebooie onderhou deur liefde? Of vanuit die begeerte om die hemel te “verdien”? 

Yahushua meld dat diegene wat al hierdie “baie wondervolle werke” verrig het, dat hulle nie kandidate is vir die hemel vir die eenvoudige rede: Dat Hy hulle nie ken.  Die woord “ken” in die Skrif het ʼn veel meer dieper betekenis as die moderne Afrikaans.  “En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar.....” (Genesis 1 vers 4) Dit is veel meer as die kennis van die verstand.  Dit is ʼn intieme kennis, soos met ʼn geliefde.

Deur Yahuwah te ken is om Hom lief te hê, en is gehoorsaamheid die natuurlike reaksie van die hart wat lief is. Dus, is alleenlik die diens en die gehoorsaamheid van liefde aanvaarbaar.

Vreemd genoeg, wanneer liefde die motivering vir gehoorsaamheid is, dat die “werke van die wet” nie eers opgemerk word as hulle uitgevoer word.  Liefde hou nie rekening, en verwag nie iets in ruil vir die diens wat verrig is.  Yahushua het dit pragtig geïllustreer  in hierdie les oor die einde van die wêreld:

“En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.”

“Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.”

“Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?”

“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (Mattheus 25 verse 31 tot 40)

Om die Vader en die Seun intiem te ken, en om deur hulle geken te wees, is dit nodig om tyd te spandeer met hulle.  As jy nie die verhouding met hulle het waarvan jy nie hou nie, spandeer tyd aan hierdie verhouding, soos jy sal doen met enige ander vriendskap.  Lees van hulle in hulle Woord, en studeer hulle uitdrukkings van liefde in die natuur.

As jy emosioneel verwyderd voel en nie lief is vir die Vader en Seun met jou hele hart, verstand en siel, kan dit verander word.  Deur doelbewus te kies en om te dink aan vrouens, en te dink aan woman thinkingdie baie seëninge in jou lewe, en op die baie maniere hoe hulle liefde aan jou gewys het.  Was daar tye in jou lewe waar daar spesiale beskerming was?  Kan jy geleenthede onthou toe jy ongewone voordele ontvang het?  Bepeins hierdie dinge.  Hou dit vars in jou geheue.  

Wees verseker om die baie klein dingetjie op te merk wat na jou toe aankom op ʼn daaglikse basis.  Laat jou hart aangetrokke wees tot jou Skepper in gebed.  As jy jou huis verlaat na buite, dank Hom vir die aangename weer...of die sambreel wat die reën uithou.  Wanneer daar berge van wasgoed is, dank Hom vir die voorreg om jou familie te klee.  Terwyl jy besig is in jou rondtes met jou daaglikse take, dank Hom vir die krag wat voorsien is en wat nodig is om die behoeftes te doen wat gedoen moet word. 

Vir lewe, vir gesondheid, vir waarheid, vir liefde, vir vriende, vir enige iets wat vreugde verskaf, vir tevredenheid en vrede, die groot gawes  Gewer kan erken word en bedank word. Dit is ʼn perfekte genesing vir eensaamheid en depressie ook.

Die vreugde wat jy sal ondervinding in die hemel sal in verhouding wees tot die liefde en vertroue wat jy hier op aarde geleer het om aan Yahuwah te gee. Regdeur die eindelose eeue van die ewigheid, sal die geredde sy grootste vreugde vind in die liefde en om geliefd te wees deur hulle Skepper. “Die beminde van Yahuwah—hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag.” ( Deuteronomium 33 vers 12)

Daar sal die onsterflike verstand bepeins oor die nimmer eindige vreugde die wonders van die skeppende mag en die geheimenisse van die versoenende liefde.  Daar is nie die hardvogtige misleidende vyand vir die versoekinge om van Yahuwah te vergeet.  Elke talent sal ontwikkel word en vermoë verdubbel word.  Die verkryging van kennis sal nie die verstand vermoei of jou energie uitput.  Die grootste ondernemings mag voortgebring word, en die hoogste ambisie sal realiseer, en daar sal steeds nuwe hoogtes wees om te bereik, en  om te oorkom asook nuwe wonders om te bewonder, nuwe waarhede om te begryp, en nuwe dinge wat die mag van die verstand en die siel en die liggaam oproep.   

......  Die jare van die ewigheid soos hulle aanbeweeg, sal voorbring ryker en meer glorieryke openbaringe van [die Vader en Seun] Soos die kennis toeneem, so ook die liefde, en die eerbied en die geluk vermeerder.5  

ʼn Ewigheid van altyd toenemende vreugde, tevredenheid, interessante nerings en die ewigdurende liefde wat vir jou wag omdat Yahuwah is liefde.

“Luister na die Stem van My geliefde”

Hoor die stem? Van my geliefde
Wat vriendelik roep met die sluiting van die dag.
“Kom, my geliefde! O kom en ontmoet My.
Staan op, O staan op, en kom weg.

Die winter se donker sal gou verby wees.
En die reën is amper verby.
Blomme blom en die bome bot.
Die tyd vir sing het begin.

Ek het gewag deur die skaduwee
Vir my Meester om na my te roep.
Nou breek die ewige môre aan.
In Sy lig, Sy aangesig sien ek.
Nou breek die ewige môre aan,
En eindelik sien ek Sy aangesig.

Wanneer jy die vyeboom sien bot
Sal jy weet die somer is hier.
Wanneer jy die woorde hoor wat ek gespreek het
Sal jy weet My koms is naby.

Hou aan om te luister my geliefde,
Want My koms is naby.


1 Paulo Coelho, emphasis supplied.

2 Samuel Butler (1612-1680), Hudibras., Part iii. Canto iii., Line 547.

3 See John 14:15, Nestle-Aland Greek New Testament, fourth edition.

4 See 1 Samuel 16:7.

5 E. G. White, Great Controversy, p. 677.