Print

Die Groot & Kosbare Beloftes

In hierdie laaste dae van die aarde se geskiedenis, is die ware koste van die verkryging van die ewige lewe nou baie duidelik. Die Heiland self het die koste bekend gemaak toe Hy sê:

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met `n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy `n baie waardevolle die groot en kosbare pêrelpêrel raakloop, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop die pêrel.” (Matthéüs 13: 45-46)

Om die hemel te verkry vereis die versaking van alles. Van jou sal nie verwag word om net gewillig te wees om alles op te gee nie – jy sal alles moet opgee as jy die Koninkryk van die Hemel wil verkry.

Almal wie die ware Sabbat sal aanvaar sal uitgeroep word om die kruis van gehoorsaamheid op te neem. Dit is `n baie werklike kruis, omdat elke area van jou lewe geaffekteer word.

Aanvaarding van die ware Sabbat sal nuwe uitdagings voorstel. Nuwe situasies sal opduik wat meer as menslike wysheid verg. Hierin nes, in enige ander situasie, het Yahushua `n oplossing vir elke probleem verskaf.

“Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van [Elohim] en [Yahushua] onse Here! Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.” (2 Petrus 1: 2- 4)

Die woord van Yah bevat die mag om te doen wat dit sê. Maak dan aanspraak op Sy groot en kosbare beloftes! Dit is Sy geskenk aan jou. Jy kan veilig rus op al die beloftes omdat hulle die Woord van Yah is en hulle bevat die mag om te doen wat hulle sê.

Al die beloftes van die Skrifte is vir diegene wie hul Maker eerbiedig deur die onderhouding van Sy Sabbat dag. As jy, in gehoorsaamheid van Sy gebod, jy jouself oorweldig vind met probleme, maak aanspraak op Sy belofte!

Die oë van Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hulle hulpgeroep. Hulle roep, en Yahuwah hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. (Psalm 34: 16 & 18.)

Dit kos moed om die waarheid wat jou anders maak te gehoorsaam. Mense wat die waarheid teenstaan mag baie hatig en selfs `n bedreiging word teen diegene wie `n ferm stand inneem vir die waarheid.

“Yahuwah, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! (Psalm 35: 1, 4)

Eerbetoon aan Yahuwah deur aanbidding op Sy heilige Sabbat mag uitloop op die verlies van jou werk. Yahuwah ken jou behoeftes. Niemand wie op Hom vertrou sal van honger omkom nie.

Deur Yahuwah word die gange van `n man bevestig, en Hy het `n welbehae in Sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want Yahuwah ondersteun sy hand. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. (Sien Psalm 37: 23-25)

Die woord van Yahuwah bevat die mag om te doen wat dit sê. Maak dan aanspraak op Sy groot en kosbare beloftes! Hulle is Sy geskenk aan jou. Jy kan alles veilig vertrou op die beloftes omdat hulle die Woord van Yah is en hulle die mag het om te doen wat hulle sê.

Yahuwah is bewus van elke besonderheid van jou situasie.

Die oë van Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hulle hulpgeroep. (Psalm 34: 16)

Diegene wie die waarheid teenstaan mag inderdaad `n bedreiging vir jou wees, die gevare wat jou in die gesig staar, baie werklik. Yahuwah het Sy beskerming aan jou belowe.

Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos grasspruitjies sal hulle verdroog. Vertrou op Yahuwah, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in Yahuwah; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan Yahuwah oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat Yahuwah verwag, hulle sal die aarde besit. Want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar Yahuwah ondersteun die regverdige. (Sien Psalm 37: 1-17)

Situasies sal opduik waarin jy nie weet hoe om op te tree nie. Moenie vrees nie! Maak aanspraak op `n belofte!

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dít van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jakobus 1: 5, OV)

“Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.” (Matthéüs 24: 13, NV)

Die stryd tussen waarheid en leuens, geregtigheid en rebellie, sal net intenser raak namate ons die Tweede Koms nader.

“En almal wat ook godvrugtig wil lewe in . . .[Yahushua], sal vervolg word.” (2 Timothéüs 3: 12, OV)

Familie betrekkinge is nie uitgesluit van die aangewende druk op die gelowiges nie. Bejaarde ouers sal verlaat word; kinders sal verwerp word. Huwelike is en sal vernietig word omdat een maat verkies om die waarheid te volg en die ander dit verwerp. Wanneer dit gebeur, sal Yahuwah jou moeder, jou vader en jou wederhelf wees.

Want my vader en my moeder het my verlaat, maar Yahuwah sal my aanneem. (Psalm 27: 10.)

“Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees nie skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; ….[Yahuwah] van die leërskare is Sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die [Elohim] van die hele aarde genoem word. ” (Jesaja 54: 4, 5 OV)

Die Heiland weet dat Sy geliefde volgelinge toenemende vervolging sal ervaar tot aan die einde van die tyd. Een van Sy laaste kind wie aan Yahushua vashoustellings die aand voor Sy kruisiging voorsien liefdevolle versekering vir almal in dié dae:

“In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Johannes 16: 33, NV.)

Ongeag van die situasie wat ontspruit namate jy die waarheid volg, het Yahuwah Hom voorgedoen om met jou elke tree van die weg te wandel, deur jou veilig deur elke beproewing te bring.

“Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou.” (Psalm 32: 8, NV.)

Dit is veilig om op Yahuwah te vertrou.

Vertrou op Yahuwah met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. (Sien Spreuke 3: 5, 6.)

Ongeag van wat voorlê, is jy veilig in die beskerming van jou Heiland. Namate jy in geloof uitgaan, vasbeslote om te gehoorsaam, sal Yahuwah `n wandelpad uitwys wat veilig is om te volg.

Vertrou Yahuwah. Lê elke las op Hom. Daar is geen beproewing vir Hom te hewig om te dra nie; geen probleem te gekompliseerd wat Hy nie kan oplos nie; geen eensaamheid te groot vir troos deur Hom nie.

Yahuwah spreek vandag met jou:

“Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” (Johannes 14: 27, NV.)

“En onthou, Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

(Matthéüs 28: 20b, NV.)

 



Verwante artikels: